NG Kerk aanvaar nuwe besluit oor gays

Die NG Kerk se algemene sinode het ’n besluit aanvaar waarvolgens daar ruimte is vir verskillende standpunte oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag.

Die besluit is Dinsdagaand by die vergadering van die algemene sinode in Benoni aan die Oos-Rand geneem nadat die vorige besluit in dié verband nietig verklaar is. Daar is beslis dat die vorige besluit wat in 2015 geneem is, prosedureel foutief was.

Die algemene sinode se 2015-besluit was dat gay mense wél in die kerk mag trou. Dié besluit is egter daarna verskeie kere herroep en weer ingestel.

Tydens Dinsdagaand se algemene sinode is ’n beskrywingspunt van die Wes-Kaapse sinode bespreek en met enkele wysigings aanvaar.

Volgens die besluit is die eenheid van die kerk gefundeer in ’n eenheid met Christus en die belydenisgrondslag en verbrokkel hierdie eenheid nie wanneer daar verskil word oor die Bybel nie.

Die algemene sinode moedig kerkrade aan, om by die aanwysing van persone in die ampte, lidmate se doop, belydenis, roeping, spiritualiteit en getuienis van leer en lewe; toegang tot die sakramente; integriteit van verhoudings, asook geskiktheid vir die spesifieke rol in ag te neem ongeag ras, geslag, klas of seksuele oriëntasie en identiteit.

Die algemene sinode het erken dat daar kerkrade en predikante is wat nie hulle weg oopsien om burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag te bevestig nie, maar dat daar ook kerkrade en predikante is wat wel bereid is om dit te doen.

“Die algemene sinode wil graag die ruimte wat vir almal geskep word, om volgens hulle oortuiging op te tree, bevestig.”

Daar is dus besluit dat ’n span saamgestel sal word om elke streeksinode te besoek om die saak duidelik en deeglik deur te werk.

Die algemene sinode het dit aan die Algemene Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (Atlas) oorgelaat om ’n formulier te ontwikkel vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag.

Volgens die algemene sinode betreur hy die verloop van die debat en besluite oor selfdegeslagverhoudings die afgelope paar jaar aangesien dit lidmate “verwar en seergemaak” het. Gay lidmate en hul families wie se menswaardigheid wetend en onwetend misken is, is ook uitdruklik om verskoning gevra vir die pyn wat hulle in die kerk beleef het.

Atlas is verder deur die algemene sinode versoek om voort te gaan met sy studie oor die huwelik en menslike seksualiteit met die oog op terugvoer aan die volgende sinode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

243 Kommentare

Elred Ferreira ·

Dis werklik tragies hoe die NG Kerk in n totale grap ontaard het…..

Anon ·

Ek verskil met jou. Dis tragies dat mense dit heel aanvaarbaar ag om te skei, voor huwelike seks te hê, geldgierig te wees, te oordeel, dronk te raak gedurende ‘n Saterdag rugby, die ou kindertjies onbeperkte toegang tot die internet (met al sy pornografie en donker webblaaie) te gee en so kan ons heeldag punte uitwys. Sondae sit hierdie einste heilige mense in die kerkbanke en oordeel fel oor gay mense, die “slawe” (mense van ander kleure), só asof hulle bo God verhewe is en die reg het om te oordeel. Ek is ‘n Christen en ek skaam my vir al die mense wat so vuur spoeg terwyl hulle kaste vol skedels is.

Frank ·

Manie, maar dit gaan mos nie oor jou nie! Indien jy “nie meer die Boodskap kry” soos wat die Here dit in Sy Woord bedoel het nie, is dit mos jou PLIG as lidmaat van die kerk( Sy Liggaam), om na ‘n gemeente te SOEK waar Sy Woord suiwer verkondig word!!! Absoluut GEEN verskoning om kerklos te word nie. Kom weg van die sirkusse af en soek ‘n ware kerk! Gaan lees ook groot asseblief Nederlandse Geloofsbelydenis Art 27, 28 en 29. Maak alles baie duidelik.

Karen ·

Om sulke mense te trou is n groot nee, Bybel is duidelik oor sulke verhouding, maar kerke is nie vir “gesonde” mense nie, dis net soos n hospitaal, die deure moet wawyd oopstaan vir enige een, sonde of de nie, gay, dronkaard, rondloper…. watse sonde ookal, kerke is nie net vir mense wat bekeerd is nie, maar om verkeerd reg te noem is nie reg. Mens word in sonde gebore, elkeen het iets teen wat hulle moet veg. Net soos n man of vrou wat nie getrou aan hul lewensmaat kan bly nie en hou van rond kyk en rond slaap. As so iets in jou is, is dit iets teen wat jy moet veg, dieselfde met gay wees. Sodom en Gamorroh is juis oor sulke sondes vernietig. God is gister vandag en tot in ewigheid dieselfde, Hy sal nie nou dit goedkeur nie. Laaste dae sal mense kerke soek om hul ore te sus… lyk my ons is nou in daai tydsgreep.

Charl ·

“‘n formulier te ontwikkel vir BURGERLIKE verbintenisse”? Nou is ek stom geslaan. Ek dog die kerk beheer Christelike verbintenisse en die regering burgerlike en tradisionele verbintenisse uit ‘n regsoogpunt. So “sidestep” hulle nou die Godsdienstige vraag en verbeel hul hulself, hulle is Binneland Se Skae????

Ja swaer ·

Dus, eintlik sê die NG Kerk dat sonde maar toelaatbaar is om die wette van die ANC regering te gehoorsaam

Piet ·

Na 43 jaar is ek klaar met die NG kerk, hulle sien my nooit weer nie.

Jakkie ·

Anon ek stem saam met jou, die NGK het met die jare homself “moderniseer” om by die mens aan te pas, nie die mens by die kerk nie. Neem bv die Rooms Katolieke Kerk, hul staan en val by hul riglyne en niemand sal die RK daarvan laat afwyk nie. Die NGK pas homself aan by wat die mens wil hê en nie wat die kerk se orde bepaal nie. Deesdae is dit nie eers meer snaaks dat predikante skei nie. Vroeër jare was dit nooit toegelaat nie en moes ‘n predikant wat skei sy amp verlaat, al was die vrou die skuldige party. Deesdae, terwyl hul skei, bly hul op die preekstoel. Wat het geword van sensuur vir ongehuude moeders, veelwywery ens – al die “sondes” wat die kerk verdoem het, word nou openlik aanvaar. Die NGK het ‘n groot klug geword.

dennis ·

dit gaan nie oor sonde , of oor die wat die regering se nie my vraag is, as n persoon 43 jaar in die NG kerk of in n ander kerk soos bv. n pinkster kerk, klein gedoop of groot gedoop, sing psalms en gesange of evangelieliedere . en n persoon het nie verander in sy gemoed nie , dan jet jy jou jare van 43 jaar gemors die die banke blink gesit, wat se die woord, wees lief vir almal moet nie vrae vrae nie, se die woord nie dat jy moet vir hulle bid nie, besef jullie watter skade die kerk in die verlede aan baie jong mense gedoen het nie, die woord se elke persoon vir sy eie dade gestraf word. aan die wat so die gays veroordeel, bly julle in glas huise, weet julle dat julle glashuise kan ook breek, as my seun of dogter gay is dan will ek nie my kinders verloor nie maar met liefde kan jy jou kinders behou en ook die persoon wat hulle gelukkig maak. ek is bly dat die kerk begin om die lig te sien en nie net ons bank rekening nie welgedaan kerk preek die woord en laar God die werk doen wat, wat die mens afbreek

dennis ·

wat is sonde broer: ons is baie vinnis om n vinger te wys, sonde is to miss the point of God, do you love your wife and kids, if your kids are Gay will you love and support them, ons as mens is besig om ons self regverdig voor God te doen, to miss the point of GOD is die liefe loosheid wat in die kerk gebou aangaan, his point is to love every body dit beteken om mekaar lief the he soos God ons lief het sonde vrae met al ons foute, as jy so kan liefhe dan is jy halfpad hemel toe , as jy n voorbeeld is vir jou mede mens dan kan jy maar die klippe gooi

Frank ·

Ek glo daar is nog baie NG gemeentes wat nog steeds erns maak met die suiwere verkondiging en handhawing van die Woord, wat hulle nie steur aan die Sinode se “kat op ‘n warm plaat” aapstreke nie?
Ek hoop van harte maar so…

Frank ·

O ja, en polities gesien bring hierdie onverantwoordelike, ruggraatlose besluite van die NG kerkleiers net nog verdere tweespalt tussen ons Boere.

Gaitsigubib ·

Dennis ek sien in julle kerk word die woord gepreek. In ons kerk ontvang mens die Woord. Dis God se Woord en mens het respek daarvoor en probeer daar volgens te lewe. Die heidene verwerp dit egter en dink dit is net nog n boek – selfde waarde dus as die agter kant van die chappies papier.

Oudekerk ·

Jakkie, ek sou nie so seker wees oor die katolieke kerk se beginselgetroudheid nie.

Onder pous Francis het die kerk baie van sy standpunte oor fundamentele leer verander. Soveel so dat van die meer konserwatiewe elemente in die kerk die pous in Mei van die jaar van ketter (heresy) aangekla het in ‘n ope brief onderteken deur 1 500 katolieke geleerdes en biskoppe.

Die katolieke kerk dreig om in die volgende 10-15 jaar die grootste skeuring wat hy in sy hele geskiedenis, naas die skeuring tussen die weste katolieke en die oosterse katolieke kerk, te ondergaan.

M.s ·

Ek is gay en n kind van die Here, ek weet wat die Bybel se, en dit is nogal moeilik om te twyfel aan wat die Woord se nie. Maar ek ken die Here, Hy het my aan geraak en hy het my lewe verander, ek Weet hoe dit voel om gevul te wees deur die Heilige Gees. Ek is in n verhouding met n man, albei Christine. Ons ken die Here. Geen kerk of vers in die Bybel is groter as die Gees van God nie. My boodskap aan alle gelowiges, God het elke mens perfek geskape, elke mens is anders. God is al wetend, Almagtig Hy is vergifnis en Liefde. As Jy glo, maak nie saak wie of wat jy is nie, sal God se Gees daar wees en as jy die Heilige gees ken, maak geen debat eers saak nie. Weet deur geloof, Jy sal nie een oomblik twyfel aan enige iets as jy deur die Gees gelei word nie. God Is Liefde Punt.

Deurmekaar ·

SO laat ek dit nou reg verstaan. Eers aanvaar hulle nie “die sonde” nie dan doen hulle, dan doen hulle nie en nou doen hulle weer. Ek het nie gevra om gay te wees nie, niks het in my kinderjare gebeur om my oriëntasie te manipuleer / beïnvloed nie, maar niemand sal dit verstaan nie en ek verwag ook niemand moet nie, net soos ek nie oordeel as jy met honger oë die man of die vrou in die gym, straat of selfs basaar met begeerte dop hou nie – oh ja wag, NG Kerk mense doen dit mos nie.

Al wat ek weet is dat ek die Here dien net soos die wat gay mense oordeel. Ek is ongelooflik Geseënd en ek dra alles tot Hom toe, want sonder Hom het ek geen krag. Tenspyte dat ek al menig male opreg gevra het om “bekeer” te word, wel hier sit ek, wat vir my sê Hy is lief vir my soos ek is want is dit nie waaroor dit werklik gaan nie, ware, opregte liefde tussen mens.

Mag almal ‘n mooi dag hê!

wet ·

Miskien beoefen jy godsdiens wat jou goed laat voel? Die Bybel is duidelik tov verhoudings van dieselfde geslag. Niemand oordeel jou nie aangesien dit jou keuse is. Gaan ek die mens se goedkeuring najaag aangesien dit alles oor ‘liefde’ moet gaan of die Een wat die bybel geinspireer het en Sy gedagtes neer gele het oor wat volgens Hom reg en verkeerd is? Jesus het ook nie gevra om gekruisig te word nie. Tog was Hy gehoorsaam. Ons almal het issues waarmee on sukkel.

Adolf ·

Deurmekaar – asb verstaan dat ek werklik van ‘n eerlike plek kom met my volgende vraag, en die vrymoedigheid het om dit te vra omdat u ook so oop kaarte hier is.

As iemand wat hiermee “sukkel” (as ek dit so mag stel) sal u nie sê dit is bes vir die NG om te hou by wat die Bybel sê, en te erken dat hulle nie sulke verhoudinge sal sluit nie – maar in die selfde asem dit duidelik te maak dat gay’s welkom is in die gemeente, net soos alle ander mense wat BESLIS ook ELKE DAG sonde pleeg nie?

My opinie is eintlik heel eenvoudig: ALMAL doen sonde, maar nooit sluit enigiemand ‘n verbond met God om te beloof dat ons met die sonde gaan aanhou tot ons sterf nie. Dus, ALMAL moet welkom wees, maar die gay-huwelik kan nie gesluit word voor God nie, want dit is dan ‘n belofte aan God dat daardie persoon gaan aanhou daarmee en dit nie probeer “oplos” nie.

Ek hoor graag u opinie.

Groete

DG ·

Ek besef dit is ‘n moeilike stryd, maar almal van ons sukkel met sekere sondes. Geldgierigheid, egbreuk en klom ander is ook sondes waarmee ons sukkel. Uit ons eie krag kan ons nie die sonde oorwin nie, ons het die Gees van God nodig om ons die krag te gee om die reguit pad te loop. Dit maak nie saak waarmee ek of jy sukkel nie, ons het Hom nodig.

C.B ·

Adolf ek stem 100% saam met jou.
Hulle is welkom soos enige ander sondaar maar hulle kan nie in die kerk in die huwelik bevestig word nie.

Frank ·

Onthou, die Here haat die sonde, nie die mens nie. Ja, die Here is baie, baie duidelik in Sy Woord rakende homoseksuele verhoudings. Dit is die eerste plek waar almal oor moet saamstem. Geen debat nie. Dis maar net nog ‘n veragtelike sonde voor Hom. Ons sit egter nie op God se regterstoel nie. Ons opdrag as Sy Liggaam is om mekaar in liefde te vermaan (in die wete dat ons almal self sondaars is), met die klem op liefde en nie geloofshoogmoed nie. My raad is dat jy werklik (in opregtheid) ‘n gebedsaak daarvan maak, sonder ophou. Ons moet elke dag strewe om heiliger te word, elke dag strewe om ons sondes minder te maak, af te sterf.
Glo ook dat “Ek is tot enige iets in staat deur Christus wat my krag gee”.

Waarheid ·

Ons kan nie besluit hoe ons God wil dien nie, Dankbaar. En dit gaan geensins oor die kerk nie. Hy is God en om Hom te dien, beteken om Hom te gehoorsaam. Dit maak nie saak wat enige kerk sê nie. Wat sê die Woord van God? Ons moenie onsself mislei en dink ons dien God terwyl ons direk teen Sy wil gaan nie. Dan dien ons ‘n ander god, nie die ware God van die Bybel nie.

Deurmekaar ·

@Dankbaar: Dit het my 29 jaar geneem. Daar is baie daar buite wat skelm verhoudings het agv. dit en ek kry hulle jammer (meeste van hulle sit in die NGK – tong in die kies).

@wet: Dit hang seker af watter vertaling ek lees en watter vertaling jy lees. :)

@Adolf & C.B: Ek neem geensins aanstoot nie, dit is lekker as mens menings en opinies kan lig (as ek na van hierdie kommentaar lees lag ek so bietjie en wonder of hulle nog in laerskool is – weer tong in die kies). My antwoord op jou vraag is, nee. Die NGK moet ‘n besluit neem waarvolgens hulle glo en wat hul volgelinge glo (daai wat die R200-note in die koevert sit) en daarby hou, hulle glo dit is verkeerd en dan moet hulle daarby staan. Wat my mening dan ook bring oor mense wat geskei is @ C.B. Hulle mag dan ook nie weer deur die NGK getrou word nie – nie waar??

@TDW: Ek stem nie heeltemal met jou saam nie. Dink jy ek sal kies om teen die stroom te WIL gaan? Ek weet nie of jy kinders of naasbestaandes het waarvoor jy lief is nie, maar hoop nie jy moet eendag persoonlik met dit gekonfronteer word, jou fondasie gaan geruk word.

@Ruiklont: Soveel wat ek ken is al “reg gebid” en soek steeds liefde by dieselfde geslag? Kan jy hulle help?

Weereens, dit is my nederige opinie, nie hier om kwaad te stook. :)

Vreedsaam ·

Die algemene sinode is ‘n uitgediende liggaam wat die NG kerk baie meer skade as goed doen. In my opinie is die sinode een van die hoofredes hoekom so baie NG kerke hulle deure moet sluit. My opinie het ook niks te make met hierdie artikel nie. Gays behoort presies dieselfde regte as enige ander persoon te hê. Uit persoonlike ervaring het ek gesien hoe dieselfde mense wat gay persone geen regte gun nie, met ‘n glimlag al hul bydraes aanvaar.

Kobus ·

Ek het gedink die NG kerk lewe volgende die bybel. Maar nou sien ek hulle lewe volgende die ANC. Dis lagwekking.

Cornelius ·

Daar hoef nie oor die Bybel verskil te word as ons tradisie uit die kerk haal en net kyk wat die Bybel sê nie. Die Bybel is duidelik oor die onderwerp.

Capitan ·

NG kerk het nog altyd gegaan waar die wind hom waai. Wat sal volgende toelaatbaar wees?

wet ·

Karin..daar is vergifnis wanneer mens verkeerd doen. Dis ‘n heel ander saak om goedkeuring te gee aan iets waaroor die bybel duidelik is en dan voort te gaan met dit

Sinies ·

Jy het dit reg, dit is die tydsgees van die dag en optimaliseer die voordele.

Interessant hoeveel voorgangers van die NG kerk na 94 openlik gese het hulle was deel van die NG kerk vir die ‘voordele’, niks meer nie.

Judie ·

Wat n treurige dag as die kerk besluit om eerder mense gelukkig en tevrede te hou as God. En nee ons oordeel nie en nie een van ons is sonder sonde nie maar dit beteken nie ons maak God se Woord waardeloos nie. Wat Hy se is in bly ons lewensriglyn. God het nog nooit Sy siening oor sonde verander nie. Punt.

Schalk ·

Die Kerk(enige een) is nie die maatstaf om te bepaal wat reg of verkeerd is nie. Ek lewe my eie lewe so na moontlik aan die Bybel se riglyne. Laat elkeen sy eie gemoed oortuig of sy beginsels vir hom werk of nie. Beoordeel en veroordeel kom ons as mense en instellinge nie toe nie.

Saartjie ·

@Schalk – dankie vir daardie opinie. Daarmee kan ek my vereenselwig. Mag ons genade vind.

Judge Dredd ·

Probleem is hoe lank voordat hierdie mense die Bybel ook verander?

Voete van klei ·

Volgende stap? Waarnatoe nou?

Wanneer die kerk soos die wêreld wil wees is sy rol uitgedien as kerk.
Die mens word sentraal geplaas, en God op die kantlyn. Hierdie moeras van etiese, polities korrekte, menseregte brousel verdoesel die lyne van wat reg en verkeerd is en mense word godstatus gegee om te besluit nav persoonlike voorkeur, terwyl die riglyne in die Bybel staan.

pieta ·

Die lidmate is homophobe by uitstek. Het selde sulke brute haat gesien. bybel onder die arm haat.

Oop Oge ·

Daar is net EEN Reg en dit is GOD se Reg – Sy Woord – ONGEAG mense se gevoelens.

Die enigste brug van versoening tot God is BEKERING…om God se Gees te ontvang… en dan sodoende `n Skriftuurlike lewe te leef. Die Bybel in vlees …. `n Woning vir die Heilige Gees.

Verwoes die Woord van God en die gevolge sal wees dat die dood jou nie eers sal wil hê nie …

Pieter ·

EK stem nie saam met nie besluit nie die NG Kerk dwaal en vir die mense wat nou sê almal is sondig jy sal in jou hart weet of jy opreg voor GOD is sien wat staan in JAMES 4:17 AMP
So any person who knows what is right to do but does not do it, to him it is sin.

WMirabilis. ·

Dis hartseer dat die wêreld die kerk se stem, wat in hierdie donker tye veronderstel is om rigting en bemoediging aan haar lidmate te bied, stil gemaak het.

Uilspieel ·

In di laaste dae sal alles wat reg is, verkeerd wees en wat verkeerd is, sal as reg aanvaar word….

Angelique ·

“He without sin, cast the first stone”. Toe Jesus gekom het, het Hy nie eers gekom om die mens te oordeel nie, in teendeel, het Hy Sy lewe af gelê vir ons sonde.

@Angelique ·

Jesus het die wet 100% onderhou. Hy het nooit die sonde goedgepraat of die mens kwytgeskeld van die onderhouding van die wet nie.

Kolle ·

@Angelique. Wat het Jesus gedoen toe Hy sien daar word besigheid in die tempel gedryf? Hy het kwaad geword en tafels omgegooi want dit was VERKEERD. Hierdie is nie oordeel nie maar wel kyk na wat Jesus se Woord sê. God het die beginsels daar gestel vir ‘n rede, daarom is dit Adam en Eva alleen. Jy word nie so gebore nie. Iewers loop iets skeef in jou gees of lewrnsgebeurtenisse. Jammer, maar sonde word heerlik bedryf onder die vaandel van menseregte.

Judy ·

Jesus het gekom en Sy lewe afgele vir ons sonde. Nie sodat ons moet voortgaan om daarin te lewe nie maar vry te wees van die mag daarvan. Daarom sal daar geen verskoning wees vir diegene wat in hul sonde voortploeter en goedkeuring gee aan ander om dit te dien nie. En nee ons veroordeel nie ons waarsku want dis ons opdrag.

Patrys ·

Jesus het ook verder in daardie gedeelte gesê, “Jou sonde is jou vergewe, GAAN EN SONDIG NIE MEER NIE”.

Pieter ·

Johannes 8 v 11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

Wil jy nou meer ·

God sê duidelik in Sy woord (nuwe en ou Testament) homoseksualiteiteit is ‘n gruwel in Sy oë. Nou wil mense dit regverdig en in ons kele afdruk. Onthou net as iemand so troue bywoon dan beteken dit jy stem saam daarmee. Dan kan die Bybel maar as nietig verklaar word. Ons kan nie op twee weë wandel nie.

Arno Scheepers ·

Namens wie besluit die ng Kerk dit?
Rondom homosekseuliteit is daar net één besluit en dit het God duidelik vir ons in SY Skrif opgeteken.
Totsiens ng…..ek kan net hoor hoe storm die voete by die voordeur uit.

Recardo ·

Dis jammer dat n Gereformeerde beleid Kerk so standpunt inneem. Tog is dit nie almal se standpunt wat in Gereformeerde beleid staan daarom glo ek in die Evangelies Gereformeerde Kerk se sterk evangeliese beleid gekoppel aan die Gereformeerde beleid. Gaan soek so gemeente en dien die Here in waarheid.

Maranatha ·

Dit is waar die verskil lê tussen ware kinders van die Here, mense wat in gees en waarheid ‘n verhouding met God het, en Kerk-Christene – mense wat die “ek is ‘n Christen” geloof aangeleer het, so gebore en so laat staan wat glo saam die “kerk” dat ek nou maar eenmaal gered is en kan doen wat ek wil – die wat geen meer respek vir God het nie, die wat ook nie meer die enigste Lewende God Vrees nie….. Want wanneer jy jouself bekeer,die besluit neem, jou sondes bely en Jesus Christus aanneem, werklik aanneem as jou Saligmaker en Verlosser en die Heilige Gees in jou kom woon, sal jy oortuig word van sonde en die waarheid weet. Ken die Waarheid en die Waarheid sal jou vrymaak. Ek is oortuig dat wat nou in hierdie NG Kerk gebeur meer na mense se pype dans en nie na God se wil nie……… allermins! Ook weet ek dat die wat reken hulle is Christene nie almal ligdraers is nie, en eerder die mense se ego’s wil streel as God sin.

Bekkie ·

MUIS gaan lees jou Bybel (as jy een gebruik), Rom 1:32, die wat die verordening van God ken en teen dit is, verdien die dood, en al doen jy nie die “sonde” nie, maar stem daarmee saam en gee goedkeuring – hulle verdien ook die dood

Maraai ·

Ek wou aanvanklik nie die kommentaar lees nie. Ek is so spyt ek het.
Alle sondes is ewe groot!
Gay wees is nie ‘n geloof nie.
Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip optel.
Die woord homoseksueel is verkeerdelik vertaal.
Laat my asb toe om in God te glo en lief te he. Ek het bitter lank gebid en gevas oor my orientasie. Ek het vrede gemaak en vrede gevind. Dit maak my bitter seer dat mense nie die son oor ander wil laat skyn nie.

Mo ·

Dit is nie die dwaling of selfs ongehoorsaamheid van ‘n kerk/instansie wat hierdie besluit meebring nie. Dit is die oordeel van God oor dié wat nie die waarheid liefhet nie.

Hartseer ·

Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg … Vir elke lidmaat is dit nou eenvoudig ‘n keuse tussen die navolging van die humanisme en onderdanigheid aan God. Ek doen ‘n beroep op wedergebore Christene om te bid vir ons, jul broers, wat nie meer hul weg oopsien om deel van die NG Kerk te wees nie.

Meisie ·

Herman wat maak jou beter as n gay persoon? Jy is die fariseer wat langs die boemelaar gestaan het voor God en gese het dankie Here dat ek nie soos hierdie boemelaar is nie.
Pasop dat julle klipgooiers nie op die verkeerde plek beland as gevolg van julle veroordeling.

Blommie ·

1 Korintiërs 6:9 (NLV) “Besef julle nie dat mense wat ‘n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat ‘n onsedelike lewe lei, afgodsdiensaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan.” Nie my woord nie, die Bybel sê so!

Johan ·

Tog antwoord Jesus daardie vrou 4 verse later en sê vir haar: “Gaan heen en sondig nie meer nie.”

Kolle ·

Net so. Jesus oordeel die sonde en die gees agter dit. Hy oordeel nie die mens nie. Raak bevry van die sonde en die geestelike oorsaak verloor sy houvas. Steeds bly die feit staan dat net ‘n man en vrou gemaak is.

J J Schoeman ·

Jeremia 5:31 “…..en my volk wil dit graag so hê.”

En: 2 Tim 4:3….”want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor.”

Waaroor bestaan die NG Kerk nog?

Ronnie ·

Moeilik om te glo dat dit nog ‘n wroeging, ‘n kwessie en ‘n besprekingspunt kan wees.
Ek onthou min of meer tydens die jare van die oorgangsregering was dit aan blanke gemeentes oorgelaat om te besluit of hulle almal in die land wil toelaat om dienste by te woon. Dit het families en gesinne uitmekaar geskeur. In sommige gevalle het die jonges uit protes letterlik uitgestap en in sommige gevalle was dit die ouer geslag vir wie dit ‘n bitter pil was om te sluk. Uiteindelik was daar, (weer), ‘n skeuring.
In die gang van Sy lewe en selfs aan die kruis tussen moordenaars was daar deurgans een tema: “No terms and conditions apply”.

Tjoppie ·

Net my 5sent…… ek glo nie ek is in die posissie om te oordeel nie, daarvoor wag ons elkeen op oordeelsdag, n kerk is buitendien net n saamkom plek om ons God te eer! Mag ons elkeen na onself kyk en eers ons eie doen en late OORDEEL! Ek is ook nie n kerk-ganger nie, want ek voel dis n saam-kom-plek ve mense om te skinder, maar die wat wel gaan, gaan vir die regte rede, nie om ander te oordeel oor hulle gay, swart, wit, bruin, lesbies of gebreklik is nie???

En Geen Kerk ·

Ons het as gesin reeds in die sewentigerjare uit die NGK bedank omdat dit reeds toe al duidelik was dat die regering, en nie die Bybel nie, hulle rigting wyser was.

Jaco ·

Die enigste besluit wat hier gemaak is is ‘n besluit om nie ‘n besluit te maak nie. Die netto effek is ‘n voortsetting van die NG Kerk se onbeholpe rondvallery oor sake soos hierdie. Ons het dit ook gesien met apartheid: vir jare is daar van kansels gebid vir “ons manne op die grens” en is die oorlog ondersteun, maar later moes ons die totale ommekeer sien en is ons trakteer op die sirkus waar al wat leef en beef die hele Belhar se voete gewas het. Is hierdie instelling hoegenaamd nog relevant en bring dit ons nader aan God?

Adam ·

Hoe kry die NG Kerk dit reg om eers in 2019 te verstaan dat daar ruimte vir verskillende standpunte is terwyl hulle eie interpretasies van alles en nog wat oor die jare so verskil het dat dit saam met die weervoorspelling uitgesaai kon word. Tragies!!

Jan ·

Die Ng kerk het geloof in Jesus verloor en so is die kerk moreel en geestelik bankrot.Daar is ń behoefte aan herlewing, maar met heelwat predikante wat nie in die opstanding van Jesus glo nie, is die kerk net n sosiale instelling.Ons moet almal terug draai na die Here Jesus.

Andre ·

Die kerk wat aangepas word om deur die wereld aanvaar te word. Geen beginsels.

Erick ·

Daar is duisende videos op YouTube van LGBTQ mense wat tot bekering gekom het en hulle sondes laat staan het, bevryding gekry deur die Bloed van die Lam. Enige moet nie vertroetel word nie maar gekonfronteer word met sagmoedigheid uit die Skrif. Die NGK het ‘n mes op sy eie keel gesit. My kinderdae NGK het doodgeloop a.g.v. Liefde sprekers en is vandag ‘n Sewendagse Atvintiste sentrum.

Susan vl ·

Alle kerke aanvaar “gays”
Alle kerke. Hoekom Ng kerk in die kollig is, is omrede hulle dit nooit toegelaat, en word dit maar toegelaat. Saam bly en buite egtelike babas was altyd taboe… nou is dit mode. En is toelaarbaar sonder sensuur.
Dus as jy sê totsiens NG jerk, groet jy eintlik alle kerke. Almal dieselfde.
Vra jouself af, lees ek nog elke dag Bybel, tree ek op soos God dit wou hê, behandel ek my medemens soos God dit wou hê, behandel ek my vrou of man en kinders met liefde en respek en hou Godsdiens in huis?
Is ek mense “pleaser” of is God my eerste prioriteit.. mense ons moet eers by onsself begin. Bly bid vir die regte goed, regering,oumense,hulpelose kinders, siekes ens .

Atta ·

@Susan vk. Beslis nie die gemeente waar ek nou is nie! Ons staan 100% op God se Woord en sal nie daarop kompromieë aangaan nie. Ons rig ons lewens volgens Bybelse beginsels. Almal is welkom om die eredienste by te woon, gays ingesluit. Maar ‘n persoon wat in sonde bly voortleef sal nie ‘n lidmaat word nie.

MJN ·

Almal is in sonde ontvang en gebore, en almal het verlossing daarvan nodig. As jy dus nie van sonde verlos wil wees nie, wat wil jy nog in die kerk wees? En as die kerk nou saamstem dat jy jou sonde mag behou, nou ja, dan is die kerk nie meer kerk nie, en is jy in elk geval nog op die verkeerde plek. Leef dan maar jou lewe soos jy wil maar onthou dat God jou daaroor in verantwoording sal bring.

net die waaheid! ·

@Judy, ek stem heeltemal saam met jou! ons Lewe in Tye waar mense die Waarheid verdraai vir n leuen….as mense nie die Bybel wil glo nie, skeur die bladsye uit. ek weet nie hoeveel gaan oorbly van die Bybel nie. die Wat in die Bybel glo We will Act like the Bible is True…
@deurmekaar
Jy is heeltemal reg, Dit is n Deurmekaar spul! die kerk is veronderstel om ons Te COVER, Die Waarheid te Preek net soos dit staan in die Bybel, Niks minder as dit.
ek dank die Here vir my Kerk, die Waarheid word Gepreek sonder om die Woord van God af te water, en weet jy Ons Staan nog, ons sink nie. ONS IS NIE BANG OM LEDEMATE TE VERLOOR NIE, IN STEDE GROEI ONS WANT DIT IS GOD WAT SY KERK BOU, N HEILIGE UITVERKOSE BRUID VIR JESUS CHRISTUS!DIT IS WAT ONS MOET WEES VIR SY KOMS. JESUS GAAN KOM OM DIE BRUID VAN CHRISTUS TE KOM HAAL, DIE WAT NIE IN DIE WERELD SE BEGEERTES LEWE MAAR WAT VIR HOM SPESIAAL

JP ·

Hoe verder ons in die toekoms gaan hoe verder beweeg ons weg ……..’

SJ ·

Dit is tragies waar alles heengaan. Dan huil ons oor die elende, droogtes en aanvalle op ons in die land. Was nog nooit n NG man gewees, elke dag besef ek hoekom nie. Die NG kerk het hom teveel met politiek en strooi besig gehou, miskien moes die Bybel eerste gekom het.

Leon Pit ·

So verdraai en verraai die NG Kerk God se woord. God sal hul straf hy laat nie met hom die spot dryf nie. Ek bid vir hulle.

HPV ·

Kwade dag dat ‘n klein minderheid slaag om hul wil op die grote meerderheid af te dwing. Dit maak die deur nou oop vir allerhande soorgelyke groepe om hul wil ook af te dwing, die Bybel en kerk so te verander dat dit alle menslike behoeftes, begeertes en sonde pas. Ek sien geen doel om dit langer ‘n kerk te noem nie.

Johann M van Heerden ·

Ek is nie ‘gay’ nie maar probeer die mense verstaan. Ek dink net mense Laurie Gaum het verkeerd opgetree om ‘n regsaksie teen die NG kerk te begin. ‘N kerk en sy leerstellings is nie ‘n menseregte organisasie nie. Hulle hang ‘n sekere geloof aan wat hopelik skriftuurlik korrek is.

Hoekom word die NGK so geteiken? ·

Wanneer die kerk soos die wêreld wil lyk vervul dit nie meer die rol van ‘n kerk nie. Wanneer mense se gay regte die riglyne van God se woord oorskadu, word die mens sy eie god, wat bepaal wat vir hom aanvaarbaar is of nie. Vergifnis is vir alle sonde. Wanneer sonde egter nie meer as sonde geklassifiseer mag word nie, omdat mense se gevoelens seer kry, kry die sonde hoër gesag as die Bybel. So word God se Woord uiteindelik oorbodig, want nou kan ons tog self besluit wat ons as sonde beskou en wat nie.

Kandas ·

Presies Werner!! Ek wonder net, as Jesus nog op aarde geleef het, sou Hy 2 mense van dieselfde geslag in die huwelik bevestig??

HEVW ·

Opeb. 2 : 5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het,
en bekeer jou,
en doen die eerste (belangrikste werk nl die liefde tot God)
Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek vewyder
as jy jou nie bekeer nie.
Die kerk wat sy liefde tot God en sy Woord versaak het, en eerder homself
tot maatstaf verhef het, verloor sy gekoofwaardigheid en dan word daar
gese sy kandelaar sal van sy plek verwyder word. Dit beteken God se Hy sal
hom sy getuienistaak ontneem.
Maak nou vir uself uit in watter mate het die kerk al sy geloofwaardigheid
ingeboed en sy getuienistaak verloor.

Christo ·

Kyk by alle kommentaar verby. Op hoeveel plekke in die Bybel word homoseksualiteit aangespreek? Hoeveel van hierdie tekste keur dit goed? Wat word as ‘n gruwel in die oë van God genoem? Twee mans (selfde geslag verhoudings) wie se wellus brand vir mekaar.
Ja, daar is vergewing van sondes, indien dit bely word en gestaak word.
Nêrens staan dit dat indien enige dwaling goedgekeur word net omdat die oortreder nie die wíl het om te bekeer en bely nie of dat dit deur meerderheid praktyk goedgekeur word nie.
Dít is wat die Sinode nou doen. Gee toe aan mense om die eer van mense te respekteer en nie Goddelike Woord nie. Die laaste woord word deur die Bybel gespreek.

Anon ·

Die Bybel se riglyne oor voor huwelikse seks ook, sowel as skei maar dit is natuurlik nie siek nie?

toy ·

Wie is ons om van die Bybel te verskil. Dit is GOD se woord. Dit is nie ‘n Wet wat ons links en regs kan gaan verander soos dit ons pas nie.

San ·

Stem saam met jou Toy. Ons is besig om die Bybel te herskryf sodat dit by ons sondes aanpas.

Jan ·

Die Bybel is nie God Se woord nie. Wat in die Bybel staan is stories wat oorvertel is vir geslagte voordat iets op skrif gestel is deur gewone mense wat mekaar nie eers geken het nie. So dit is verkeerd om te Se dat dit sy woord is.

Kavalier ·

Jan, met daai soort redenasie is alles ‘n klug om ons beter te laat voel en het jou oer ouers net sowel eons gelede nog in die takke rond geswaai. Kom ons skryf dan almal ons eie bybels met stories soos dié wat ons vir mekaar vertel het.

JOHAN ·

VERKEERD
Ek sing nog dieselfde lied en bly by my begisels.
Balie lief vir my kind, maar hoef nie homoselsuele praktyk te aanvaar nie.
Selibaat lewe is sekerlik nie sonde nie

Ekke ·

Net waarteen die Bybel ons waarsku…. 2 Tim 3: 4-5. Wat ‘n gruwel vir God !!

Sodom en Gomorrah ·

Ek het my kind van kleins af geleer, wat reg en verkeerd is volgens God se Woord. Hy sal nie saam ñ vrou bly as hul nie getroud is nie, hy sal nie oor die kleurgrens trou nie, soos die Here duidelik vir Simson ook gewaarsku het, en kyk die gevolge. Sou hy God verwerp, dan het hy ons ook verwerp. Elie die priester het sy kinders laat begaan, en toe ook sy siel verloor. My God is eerste. Altyd.

Dankbaar ·

So dankbaar dat ek deur die NG kerk Se Leuns gesien het en n wonderlikke gemeente ontdek het wat die WAARHEID verkondig. Baie hou nie van verandering nie en is gemaklik waar hulle is want hulle is te bang om die waarheidte hoor en te besef hulle was ook maar al die jare verkeerd Ag foutiewe weergawes. Want as jy moet begin erken Jy was al die jare verkeerd, kan jy mos nou nie meer maak of jy so hoog heilig is nie!

Kobus ·

Die NG kerk streef die wêreld na en preek wat die wêreld wil hoor, nie wat in die Bybel staan nie. Ek het al jare gelede uit die NG kerk gestap

HPV ·

Wenz, ons leef almal in sonde maar dwing nie ons sondes vir aanvaarding op ander af nie. Daar is ‘n reuse veskil om mekaar te aanvaar en dan my spesifieke sonde vir aanvaarding op ander af te dwing, dit boonop deur ‘n hofsaak. Persoonlik is ek ook nie bewus dat gays ooit die deur gewys was in die NG Kerk nie, hulle was as mense altyd welkom.

Een Kerk ·

Daar is eintlik maar net een kerk en dis die liggaam van God. Daar is net een woord wat n riglyn is en dis die bybel. Dan is daar een middelaar tot God en dis Jesus. So eenvoudig soos dit. Elkeen wat hier boodskappe stuur moet hulle eerder besig hou met hul eie verhouding met ons lewende God, wie is jy om iemand anders te probeer red? Dis wàarom die Heilige Gees jou self sal waarsku van jou foute, en daarom kom die oordeel aan beide kante van hierdie spectrum niemand toe nie.

Frank ·

Een van die pilare van die kerk is die suiwer handhawing van die tug. Lees, wedersydse vermaning in liefde (omdat, soos jy gesê het, ons EEN liggaam is). Mat 18

Attie ·

Andre, moet nie die wêreld se definisie van liefde probeer in lyn bring met God se definisie van liefde nie. As morele waardes deur die samelewing bepaal word, dan kan pedofilie mos maklik verdedig word as die samelewing sou bepaal dat dit nie verkeerd is nie. Die pedofiel kan aanvoer dat hy vir die kind lief is, en net so kan die kind ook aangetrokke voel tot so persoon. Wat sal dan nou verkeerd wees met so ‘n verhouding, want “liefde is mos liefde”? God se morele standaarde bly altyd vas, dit verander nooit en daarom moet mens God se definisie van liefde aanvaar (as jy jouself as ‘n gelowige reken). Mense se waardestelsels is soos die wind. Dit verander elke dag soos wat dit koning mens pas. Jesus se sterwe aan die kruis bring nie net vergifnis van sonde nie, dit bring ook bevryding van sonde.

Viss ·

Ek sal die Bybel volg dan weet ek ek kan nie verkeerd gaan nie. Daar is baie onbeantwoorde vrae…..en antwoorde nie altyd daar nie.

Jerry ·

#ImStaying. Menseregte in SA het die hef in die hand wanneer die kerk net die sonde en nie meer die mens nie, veroordeel, wat het dit verander? Links liberale denke aangaande menseregte en die bevrydingsteologie, dit is wat stadig maar seker gebruik word om denke te verander. Teenoorgestelde idees van bestaande idees word gehuldig (bybel ingesluit), om dit wat goed was as sleg af te maak, dit wat reg was verkeerd te maak, dit wat gewerk het te verander, om bevoordeling/erfreg as n onreg teenoor die ander te beskou ens. Menseregte, ook gay regte, word ingespan as middel tot die doel vir ideologiese verandering mbt taal, geloof en kultuur. Dit hou die belofte in om bestaande identiteit te vernietig, te vervang en die bybel te herskryf om gay/menseregte te akkommodeer. Van die ontstaan van die bybel was die bybel talle male vertaal en aangepas soos wat dit sekere ideologiee beter gepas het, ons het duidelik nou weer so n tydvak betree, wat n mens tot die besef bring dat dit alles ook maar net mensgemaakte idees was van mense (profete) wat aanvanklik geinspireer was deur die werke van God, maar met tyd afgewater is. Tans word die idees geinspireer deur menseregte en deur verandering na die teenoorgestelde van die bestaande idees. Dit blyk asof dit nou die tyd is vir die anti-chris om sy merk te maak en gelowiges in chaos te dompel. Trek dus die wapenrusting van God aan en begin om julle Godgegewe verstand te gebruik!

Bekommerd ·

Legallised sin. Verskoon die Engels. Begin om bladsye uit julle bybels te skeur, nie meer van toepassing.

Sam ·

So val nog een van ons land se afgodstempels saam met die vlag en monumente … So sal ons Vader alles vernietig wat tussen Hom en Sy volk staan totdat ons buigend en afhanklik voor Hom alleen staan … dan sal daar hoop wees vir ons land en volk. Daar is nog baie om te verloor.

Laat dié wat ore het, vanuit die Woord (1933/53) Sy stem hoor in hierdie tyd, want ons oordeel tussen reg en verkeerd, tussen waarheid en leuen, sal baie skerp moet wees om staande te bly.

Hou vas, my volk. Hou vas aan Hom.

Lindtjies ·

Ek en my hele familie is en ons voorouers was lidmate van die NG Kerk en dit is vir ons ‘n baie bitter pil om te sluk om te sien hoe die kerk dalk tot niet mag gaan. Wat die Woord sê en wat die kerk doen stem glad nie ooreen nie. Die Woord sê dit is verkeerd maar die kerk keur dit nou goed. Praat van dubbele standaarde. Hoe kan die NG Kerk dan nog geseënd wees?

skurweberg ·

Hoe ‘n mens na hierdie saak behoort te kyk hang af van jou Godsbeeld (hoe jy Hom leer ken het) in jou persoonlike Bybelstudie, in jou ouerhuis, in die media en in die kerk.

Jan Brand ·

Aan die arme verwarde NG-kerk en almal wat bybelversies aanhaal, wil ek net die volgende noem: daar is bybelversies, nee gebooie, wat onder meer sê dat die Sabbat geheilig moet word. Nou ek hoop nie dat die dominees en ander wat so “reg” en volgens die bybel lewe dalk op die heilige dag handel dryf deur goed te koop nie of op die heilige dag sport beoefen of kyk nie.
Daar is ook ‘n gebod wat egbreuk verbied en sê dat egbrekers nie welkom is nie. Daar is selfs ‘n versie wat sê dat ongetroude vroue wat nie maagde is nie, met klippe doodgooi moet word.
Ek glo dat almal wat bybelversies aanhaal by al die gebooie en voorskrifte hou. En ja, moenie vergeet dat jy nie garnale mag eet nie!
Nou ja, ek ken ook die kunsgrepie om net die versies te gebruik wat jou pas.

Frank ·

Sjoe Jan Brand, sonder om alles wat jy in jou onkunde kwytraak af te skiet, wil ek eerder net sê: Jy speel met vuur!
Mag die almagtige Here jou tot bekering lei sodat jy eendag ‘n konstruktiewe instrument, eerder as ‘n destruktiewe een kan wees.

Frans C ·

Sjoe wat ‘n deurmekaar spul. En wie moet ons bedank,die kerklike instansies en die bedienaars van die woord.Die Genesis skeppingsverhale is lank geskryf na die skepping
en is die eerste geskryf deur die Joodse bannelinge so 538 vC.Die ander kom uit ‘n landelike gemeenskap van die koning tydperk.

Ons het dus nie hier te doen met ‘n letterlike skeppingsverhaal en ‘n sesdag 24 uur skepping en 6000 jaar oue aarde nie.Dit is ‘n dwaling om die Skepper wat vir ewig daar was en altyd in ‘n oneindigheid bestaan het in’n gedagtegang van 6 dae en 6000 jaar oue
aarde toe te sluit.
Tyd bestaan nie in die oneindigheid nie en is daar gestel om ons menslike lewe te orden.

Wanneer die Jode dus kommunikeer met die mense wat hul gevange hou,stel hul dit duidelik,daar is net een heelal en een Skepper en nie baie nie.Soos Jesus aan Pertrus
verduidelik het dat sy gedagtes oor Jesus nie sy eie is nie,maar deur die Vader aan hom geopenbaar is,deur die werking van die Heilge Gees,netso is dit aan die bannelinge
geopenbaar wat die die plan van die Skepper met sy skepping en skepsels is en dat daar
uit die natuur manlike en vroulike mense onstaan het,elkeen in besonder toegerus vir hul taak,
Daarom is dieselfde geslagverhoudings onnatuurlik en is tussen 3 tot 5 % van die wereld
homoseksueel en tussen 97 en 95 % nie omdat daar ook gegronde mediese gevare is.

Frank ·

Nee Frans. As die Here deur Sy Heilige Gees geinspireerde Woord vir jou sê “Ek het die (volwasse) skepping 6000jaar gelede binne 6 dae tot stand gebring”, doen Hy dit sekerlik met ‘n rede?? Hoekom probeer mense altyd die wetenskap en Gods handelinge versoen? Hoekom probeer mense daardeur God se skeppings werk verklaar en/of vir Hom makliker maak? Alle verborgenhede sal tog eendag aan ons geopenbaar word, maar vir nou moet ons Sy Woord glo (sonder om iets by te voeg of weg te laat).

Atta ·

@JJ. Op jou vraag oor die Nuwe Testament:
In Matteus 19:3 tot 6 bevestig Jesus dat God van die begin af die huwelik tussen man en vrou gemaak het en dat dit God is wat hulle saamvoeg. (Terloops, Jesus bevestig dus ook die Ou Testament se beginsels hierdeur)
1Korintiërs 6:9 noem dit ook direk. Baie ander skrifgedeeltes in die NT verwys na onsedelikes. Verstaan asb mooi dat God ALLE seksuele gedrag buite die huwelik tussen een man en een vrou as sonde reken. Dit sluit buite-huwelikse seks tussen ‘n man en ‘n vrou IN. Alle losbandigheid is verkeerd in God se oë, of dit nou ‘n straight of ‘n gay verhouding is, is irrelevant. Hoop dit antwoord jou vraag.

Albert ·

Romeine 1, lees vanaf vers 18. Hoor graag jou opinie nadat jy dit gelees het.

Catherine ·

Boer. So waar!! As n kerk se senode die
BYBELSE WAARHEID verkondig gee hy nie om wat die mens daaroor verskil nie.
Ons regverdig nie een om hemel toe te gaan. Jesus het vir elk van ons sondes gesterf aan die kruis. As ons nie belei en omdraai om reg in Sy oë te leef nie sal ons nie die hemel sien nie. Die kerk het geen reg om die WOORD te omseil nie. Die duiwel sal nie sy eie kerk begin maar wil juis indring sodat hy die hele kerk kan vergiftig. Ek is nie NG nie maar bid vir die opregtes dat hulle sal aanhou om die Here opreg te dien.

Rudolf ·

Die redenasie hoe hulle agter die besluit gekom het verstom mens, die sout het laf geword… Dit is geen instansie se besluit wie aanvaarbaar is nie, die besluit om toepassings van die aard ook te verwelkom of nie is nood saaklik, allermins is alles en almal voor die troon, op watter vlak is die kerk instansie teenoor die Skepping, die twee se wette bepaal verskellind, dit spreek boekdele, waaruit vorm die kerklike, en dan, waaruit vorm die Skepping, en laastens van my kant af, wat van die ‘individual’ dit is mos waarom dit draai…

Faan ·

Almal se altyd…..en dis die maklikste om te se….jy mag nie oordeel nie…….Die Woord se…jy mag oordeel… maar in geregtigheid…..Ek is n Koningskind en ek oordeel in geregtigheid……

Frank ·

Ja Matt 7 se “oordeel” bedoel “veroordeling”, en dit kan net God doen.
Ons moet mekaar oordeel (in lyn met God se verordeninge) sodat ons mekaar kan vermaan in liefde (Matt18) om op die pad te bly.

Frans C ·

Beste Frank
Dink logies en nie verward nie.Ons weet dat ons die son ,maan en sterre en die omwnteling van die aarde nodig het om te weet wanneer dit dag of nag is.Dag ‘n tydperk van lig,Nag ‘n tydperk van donker.Neem die son,maan en sterre weg al al om wentel die aarde om sy as en jy is in ewige duisternis.
Die son, maan en sterre maak eers hul verskyning op die 4de dag.Dit is dus duidelik dat ons met iets ander as ‘n 24 uur dag besig is, anders sou die hemelligame al op die eerste dag ‘geskep’ gewees het.Onthou dag en nag is natuurverskynsels en is onafgebroke gebeurtenisse solank as die aarde om sy as wentel.
Dit net die slim mens wat dit nodig vind om ‘n natuurverskynsel soos die nag in twee te verdeel en een helfte aan een dag en die ander helfte aan ‘n ander dag toe te ken.
Dit was nie so nie en het die dag in Bybelse tye begin wanneer dit donker en nie lig is nie.
Dus as dit donker word om 6 uur vanaand begin die nuwe dag en nie om 12 uur middernag nie.
Toe God geskep het was dit eers donker en toe lig-so nag kom voor dag en nie omgekeerd nie.

Sowaar ·

Presies, wat is volgende?
Met bekering draai ons weg van die sonde sover ons kan onder leiding en bewusmaking deur die Heilige Gees. Ons almal sukkel en moet voordurend luister na Sy stem.
Sowat 10% (4% mans en 6% vroue) wroeg volgens studies met hulle seksualiteit. Ek is seker dat hierdie debat klaar baie meer Christene vervreem het van die kerk. Die homoseksuele stert swaai die hond deur liberale aardse teologie te skep om hulle te laat beter voel oor hulle onnatuurlike begeertes. Hulle gee nie om wat met die kerk gebeur nie.
Dis tragies dat die kerkleiers so verblind word deur debatvoerders en die bybel so maklik by die deur uitvee.

Patricia ·

Lees net Gaan Uit Haar My Volk dan hoef mense nie vandag soos bedelaars voor God te staan nie turn from your wicked ways

Karin ·

Liewe mede beginselvaste vriende.
Besoek gerus die APK op Jeffreysbaai.
Ons gesin het reeds uit die NGK bedank.

JvA ·

In die boek van Levitikus praat Moses en Aaron van bloedskande, bestialiteit en homoseksualiteit as sonde so kan enige van die wees.

Boshoed ·

My eenvoudige opinie is dit: Sonde is die teëlaarde vir genade. Genade is nooit die teëlaarde vir sonde nie. As ons weg beweeg van ons kern, nl. Jesus het gesterf vir ons sondes en opgestaan vir ons saligheid, dan gaan ons begin stry oor dinge soos nagmaal met of sonder die beker, groot doop vs. die kinderdoop, groot en klein sondes. Ons intensie om sonde te pleeg en miskien nie tot daad oor te gaan nie is presies dieselfde as om die daad te doen. So as ek ander man se vrou begeer, maar nooit oor gaan tot aksie nie, het ek gesondig. Hoe ons ookal die ding bekyk, ons is totaal en al afhanklik…elkeen van ons….van genade. Ek is nie ‘n gay persoon nie, maar ek gaan niemand oordeel op grond van my verwysingsraamwerk rondom sondes nie. Oordeel kom my nie toe nie. Wat ek wel sal voorstaan is ‘n duidelike standpunt deur iemand soos die NG kerk, sodat mense presies weet waar hulle staan met die kerk se standpunt en dan besluit of hulle hulle self kan vereenselwig met die standpunt. Draadsittery is ook ‘n sonde. Jy is of warm of koud, anders sal jy uitgespoeg word. Is dit nie ook Woord nie?

Frank ·

Ek verstaan wat jy sê maar wees versigtig hoe dit uitkom! Dit moet nie ‘n obsessie wees nie, eerder ‘n leefwyse. “Wat sou Jesus gedoen het….”.
Deut 6:6-9 maak dit ook baie duidelik.

Albert Nel ·

My nederige mening oor die besluit is dit wat die NG Kerk my laat bely en dit is dat ek Die Woord van God as enigste maatstaf en lering van die Kerk aanvaar. Dat ek daarvolgens sal handel. Dat ek nie moet splinters soek in ander se oë is gewis maar dat ons wat sondig is ons sonde sal bely en bekeer na die regte maatstaf van die Woord. Geen selfde geslag verhouding of huwelik sal die maatstaf van die Woord van God kan deurstaan of geregverdig kan word. Nadat elke sinode besluit het daaroor moet die Kerk dalk opsplit vir die daarvoir en die daarteen. Daar kan onmoontlik n goue middeweg wees nie.

Nika ·

Ek stem nie saam met die besluit nie, In die Bybel is daar geskryf dit is verkeerd. God se Woord word hoër geag in my lewe as die kerk sin. Ek is jammer maar as jy lief is vir die Here sal jy Sy wet en Sy woord onderhou.

Gen 19!! Lees sommer die hele hoofstuk!
Lev 18:22 en 20:13
Rom 1: 27-28
1 Kor: 6:9-10

Anon ·

Jy is 100% korrek. Dan sal mense ook weet om nié te oordeel nie. Dit is immers een van die gebooie. Nou hoe nou?

Charles ·

Hallo, vir enigiemand wat belangstel, lees asb. Dr. Dan Roodt se artikel op PRAAG indien julle verdere toeligting oor hierdie kwessie wil kry en agter die ware kap van die byl wil kom. Dankie!

Ruiklont ·

Anton moet aseblief nie probeer regverdig deur ander verkeerde dinge te niem nie, alles maar alles wat as verkeerd bestenpel word deur die woord is verkeerd. Die mens is hoogsaaklik volgelinge en wil graag deel van die “wêreld “ wees. Die wat nie wil verstaan wat Gids Woord verwag van sy kinders nie se OË en ORE sal nooit opgaan nie

Paul ·

Die Here sè, jy moet jouself verloèn, jou kruis opneem en Hom volg – hoe deal jy met dit?

OWO ·

@ Paul.Die antwoord is eenvoudig.Baie mense ken die Bybel, baie beter as ekself.Die vraag wat ek vra is:Ken jy die Outeur van die Bybel?As jy die antwoord ken sal jy jou vraag kan beantwoord.Sterkte.

Werwels ·

My nederige gevoel is dat NG Ker ons tydens voorstellings doop en ander sakramente laat bely dat ons Die Woord van God as enigste riglyn vir ons aanvaar. Dan kan die besluit mos nie geregverdig wees as ons volgens sodanige riglyn wandel nie

Christa ·

Al het wat ook Al in verlede gebeur. God het elkeen met verstand voorsien. As jy Kan lees, kan jy ook besluite Neem. Besluit Watter weg Hy Kies. Die persone wat ander verkeerd leer Kan Al lankal bekeerd wees, dan loop jy nog aan op die sondige pad na die hel en Gaan jy verlore.

petro ·

So, ons moet net sekere gedeeltes in die Bybel lees en die waarvan ons nie hou nie sommer net ignoreer of sê dat ons nie saam stem nie.
Ai, die mensdom darem. Die Bybel is daar aan ons geskenk deur God om aan ons riglyne te gee oor hoe ons moet lewe. Hoe kan jy nie saam met God stem nie? Dit gaan my verstand te bowe. Ons kan nie net maak wat ons wil nie!

Dink na ·

Dis soos jy sê, Helen. Elke ou se lewe is sy eie besigheid. En sonde is sonde. Maar as ons sê dat ons God dien, kan ons nie lewe volgens ons eie opinie nie. God het die Bybel vir ons gegee as ‘n baie duidelike riglyn. As ons sê dat ons Hom dien, sal ons vir Hom luister en klaarkry met enige sonde in ons lewens, want dis waarom Jesus vir ons elkeen gesterf het aan die kruis. As ons die ware God wat hemel en aarde gemaak het dien, sal ons trou met ‘n lewensmaat van die teenoorgestelde geslag soos Hy ons lei en soos dit van die begin van die skepping af was. God sal nie teen Sy eie natuurwette werk nie.

Drikus Kotze ·

Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende:
1. Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het,
2. en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf – kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp,
3. en Jesus Christus as die enigste Hoof erken.

Eers dan is die samekoms van mense ‘n ware kerk.

Matthéüs 12:25 “Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.”

NG Kerk – Die EINDE.

Anton ·

Die Sinode van die NG Kerk lees die. Bybel selektief en vertolk dit soos dit hulle pas. Na 77 jaar in die NG Kerk lyk dit vir my asof reg nie meer reg is nie en verkeerd is ook nou reg. Aanvaar die gays in liefde, Maar verdoem hulle gay dade in alle erns. Die Sinode se besluit laat my ernstig twyfel oor my voortgesette lidmaatskap van die NG Kerk. Die Bybel is tog baie duidelik oor hierdie saak.

Hoop ·

Openbaring sê “gaan uit haar uit”… die Woord verwys na Babylon (die hoer op die dier se rug) wat die Rooms Katolieke stelsel is. Wat doen die Pope nou wereld wyd? Hy mislei die wereld deur te sê almal het een God of jy nou moslem, christen, hindu, satanis, of watookal is, ons moet almal een word. Wie is die dogters van die vrou op die dier se rug? Dit is die denominasies wat verlei word deur die Rooms katolieke valse leerstellings.
As ons aanvaar dat “anything goes” in die kerke en dat gay huwelike goedgekeur moet word, aanvaar ons dan die beker van die vrou wat ons dronkmaak met haar vals leerstellings. God haat sonde. Hy is baie lief vir die mens, maar nie die mens se sonde nie. Jesus het gekom om vir ons sonde te sterf sodat ons skoongewas saam met God verewig kan lewe. Diè wat kies om teen God se Woord te gaan, kies die ewige dood. Bid dat alle gay mense oortuig sal word van hulle sonde, want God het hulle ook waarlik lief. Net so vir al ons sondenaars. Die Here se koms is baie naby. Ons gaan moet kies n die tyd hardloop uit.

Jerry ·

Kerke is die teiken, die aanslag begin maar net by die NG kerk wat meer kerkgeboue as enige ander kerkgroep het. Die kerk moet gemeentelede se vryheid van keuse en van assosiasie in ag neem en gemeentes laat stig wat net vir gays is, wat vir gays en heteroseksueles is en gemeentes wat net vir heteroseksueles is. Sodoende sal die kerk almal se voorkeure en afkeure akkommodeer en nie diskrimineer nie en gays en gemeentelede se vryheid van geloofskeuse en geloofsassosiasie word gerespekteer en keer dat die NG Kerk leegloop uit Christen gelowiges. Mense/gayregte is maar net die begin van n aanslag en dien as middel tot die doel vir anti-christen en bevrydingsteologie opportuniste, wie heimlik agter die kerkgeboue aan is. Net soos gayregte, sal verengelsing met gepaardgaande verswelging van getalle ook een of ander tyd as middel tot die doel ingespan word, met die doel om afrikaanssprekende Christen gelowiges uit die kerkgeboue uit te verdryf! Bevrydingsteoloe is nie langer gediend daarmee om buite onder die bome kerk te hou nie en gay predikers/lidmate mag dalk meer daartoe geneig wees om die ander met ope arms te verwelkom. Indien die NG kerk nie wyslik optree nie dan kan hierdie oomblik in die geskiedenis van die NG kerk, die begin van die einde van die NG kerk beteken! Alhoewel ek reken dat in n mate is die skrif reeds aan die muur vir die NG kerk, veral as een van hulle leraars eersdaags skuldig bevind word aan diskriminasie teen gays!

AB ·

Die kerk is beslis nie die teiken nie. God se “skape” is die teiken. Die kerk is die “wolf” in skaapsklere.

Frank ·

Nee AB, die kerk is die liggaam van Christus en bestaan uit Sy skape. Daarom is die kerk die teiken.

Stefaans ·

Ek is ‘n sondaar mens. Die woord van die Here is my riglyn in die lewe. My sondes is deur Jesus Christus aan die kruis betaal deur sy kosbare bloed. Nou wil die mensdom en ons Afrikaners weet hoekom dit so sleg gaan. Dis ‘n skryende skande, maar wie is ek om iets te sê. Dis mos elkeen se “HUMAN RIGHT”.

@Jonathan ·

Gaan Google gerus watter manne se motto is “Do as thou will”….( of soos jy dit stel “Everything goes”) dan kry hierdie aanslag teen God se Woord veel meer betekenis.

HPV ·

Johanna, dit is nie wie die eerste klip gooi nie. Hierdie mense wat in die minderheid is dwing die meerderheid om hul leef en sienswyse te aanvaar. Dit gaan nie oor oordeel of klippe gooi nie, maar om jou eie wil aan kerke en ander op te dwing sonder in agneming dat mense van jou mag verskil.

Liamari ·

Niemand bevraagteken wat sonde is of nie is nie. Ja, Christene doen sonde, niemand is daarsonder nie al probeer hy sy bes. Maar wat die NG kerk nou doen is om te ontken dat seksuele omgang tussen dieselfde geslag wel sonde is. Deur dit as sonde to ontken, volhard jy daarmee en bekeer jy jou nooit nie. Dis glad nie liefdeloos om ‘n persoon reg te wys op sy sonde nie, inteendeel! Dis juis uit liefde uit dat jy ‘n persoon waarsku van die oordeel wat op ons almal wag. Die NG kerk gaan skeur.

Pieter ·

Die goeie ding wat gister gebeur het, is dat die 2015 beluitte ongedaan gemaak is – onthou die hof het dit weer ingestel (Maart 2019) en dis ‘n groot kommer dat die sekulêre staat betrokke raak in geloofskwessies.

In terme van die besluit wat toe nou wel geneem is, herinner aan Romeine 6 v 1 “Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem?”

En dan kom vers 2 “Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?”

Fanie ·

Pieter baie goed gestel. Mense kan ook gerus Hebreërs 10:26-27 lees waar dit duidelik sê dat elkeen wat tot die kennis van die waarheid gekom het (in my opinie die Woord ken) en opsetlik sondig verloor die genade en al wat vir hulle oorbly is die helse vuur. Sou jy jou sonde opreg bely en daarvan wegkeer, glo ek dat enigeen gered kan word deur die genade maar jy kan nie aanhou sondig en nog steeds die genade verwag nie. Altans dit is wat my Bybel sê.

Johann cb ·

Hou op om so te oordeel mense! Tel eerder jou seëninge en kyk na die behoeftes van diegene om jou!

Marietjie Blignaut ·

Alles draai deesdae om humanisme. Die mens moet gelukkig gehou word en Nie God nie. Gelukkig is daar nog kerke wat net die Bybel as riglyn handhaaf.

Artus ·

“Homosexuality is NOT like any other sin. No other sin seeks to be so normalized in the public square. No other sin seeks to be a protected class by law. No other sin seeks to rewrite education and rewire our children. No other sin claims to love so much, yet manifests such hate towards anoyone who dare stand against it. I have seen no thief, no murderer, no rapist, no adulterer, no liar, no addict, etc… militantly propagating and promoting their deviance in every avenue of life. No other sin has its own flag and its own month. No, this sin is different. This sin seeks to divide and conquer. This sin seeks to silence all those who would oppose. This sin is the biggest bully on the block.

The only cure….Jesus.”

Pride ·

The human beings you are trying to reduce to a little word called “sin” has a reason to be very angry. Read all the hate in just this article’s response. The flag you are referring to is a symbol of Love, Respect and Acceptance, maybe you should try the same. Loads of young gay people commit suicide each year, because of missinformed people like yourself. Before you echo Amen in your homes and place of worship, stop and think, young people are listening. That is why we will stand up for our rights, I did not choose to be gay, I was born gay. So damn you for reduseing my being to the word sin.

@Pride ·

Your will, your rights, your hurt, your way. The truth only sounds like hate to those who hate the truth.

Swartwolf ·

@pride – wat anders kan mens verwag van iemand wat kies om aan te hou doen wat verkeerd is om agter “ek is so gebore” te skuil. Die gebruik van “damn” is redelik hoe risiko as jou leefstyl jou in “damnation” kan laat beland. Dis dalk nie tyd vir arrogansie en “pride” nie maar tyd vir inkeer.

Report, not reduce ·

@ Pride. Artus did not reduce. The Bible already did the reducing. He just reported and reflected exactly what the Bible says about a deliberate sin. The Bible clearly calls it “sin”. The terms “love”, and “hate” are strictly relevant terms. It all depends on what you love or what you hate. To love sin or evil is bad and immoral. To hate sin or evil is good and correct. Thus not all “hate” is bad and not all “love” is good. Some people cry about “hate” when they themselves love sin. Don’t expect people to “love everything”. People have the fullest right to hate sin, evil or what is against God’s Word. You cannot force or expect people to just “love all and everything”. It doesn’t work like that. Pride is also a sin.

Frank ·

Ja Artus, die groot probleem is dat hierdie mense homoseksualiteit nie as sonde sien nie. Dis suiwer ‘n gebrek aan kennis van die Woord. Baie raak inderwaarheid kwaad vir die Here omdat hy dit verbied.
Ons is almal sondaars voor die Here. Maar moet ons sondes ERKEN en streef om minder sonde elke dag te doen, op ons pad van heiligwording.

Waarheid ·

Artus,
Goed saamgevat.
Ek staan verstom om te sien hoe ons kerk gebreinspoelde volksgenote boosheid goedpraat. Alles in die naam van die sogenaamde ‘liefde’…
Kritiese denke en begrip, is verwoes met die benadering dat wanneer jy ‘n ‘goeie’ mens en ‘christen’ is, is dit boos om die bose te haat…
Nee jy moet dit mos eerder verdra, regverdig, goedpraat, ondersteun en selfs bemark as normaal, terwyl jy tande wys en gif spoeg teen diegene wat die boosheid herken, uitwys en verafsku.
So erg is die wêreldstelsel se greep op en beheer oor die sogenaamde en self geagte goeie mense, dat die goeie mense glo hulle doen goed as hul die bose aanvaar as normaal…
En dan klop hierdie verwardes mekaar op die skouers, omdat hul so ‘beskaafd’ is om boosheid en goedheid ‘gelyke behandeling’ te gee.
Maar, laat ek my nie verder uitspreek oor hierdie geestelike verval van die ‘goeie mense’ en ‘n eens goeie Godvresende volk nie.
Ons betaal vandag die prys vir die ‘goeie mense’ se gewilligheid om agter die wêreld aan, aan die neus gelei te word.

Gaitsigubib ·

Goeie brief Artus! Jou punt word mooi gestaaf deur “Pride” wat almal vervloek omdat ons nie met hom saam stem nie.

Yvette is ·

Ek hoop daar sal NG Gemeentes wees wat sal kies om by Bybelse waarhede te staan ongeag druk van die regering of ‘n sinode.

Jes ·

Yvette
Dan moet hul net hul naam verander en onder die vaandel van die NG kerk uitkom, anders moet hul steeds erken dat hul NG is wanneer iemand hul vra aan watter kerk hul behoort.

Frank ·

Ek glo daar is Yvette. Was dit Elisa wat vir die Here gesê het “maar ek is dan al gelowige oor”? Toe sê die Here nee, daar is nog 7000 in Israel.

Johannes ·

Die Bybel is baie duidelik oor opsetlike sonde. Daar is geen manier dat “Gay wees” en Egbreuk nie opsetlike sondes is nie. Hoeveel kerke het hulle al ooit gesteur aan Jesus se bevel t.o.v. Egbreuk?

Hebr. 10:26-27 “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.”

Matt. 5:32 “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.” [Ooreenkomstig met Matt. 19:9 en Mark. 10:11-12 en Luk. 16:18].

Paulus bevestig dit:

Rom. 7:3 “Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.”

1Kor. 7:10-11 “En aan die getroudes beveel ek – nie ek nie, maar die Here – dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.”

Watter kerk onderhou die bostaande?

Frank ·

So Johannes, dink jy nie hierdie paartjies gaan deur kommissie ondersoeke, kerklike berading en uiteindelik die kerklike tug proses nie? Ek kan jou verseker almal is bewus daarvan dat dit sonde voor die Here is. Daar is net een sonde wat God nie vergewe nie en dis sonde teen die Heilige Gees. En terwyl jou Bybel voor jou oop is lees sommer Jesus se antwoord aan die Fariseers in Matt 19 oor egskeiding.

Boer ·

Vir my is die ergste dat Frits Gaum daarin geslaag het om die land se howe ‘n uitspraak te laat gee wat bindend is vir alle kerke.

Die Bybel verbied ons om mede-gelowiges voor die geregtelike gesag op Aarde te daag. Die NG kerk het nie net homself skade gedoen nie, maar God se hele kerk in Suid Afika. Gelukkig is dit God se kerk en sal Hy ons genadig wees, maar Frits Gaum gaan spesiale verantwoording doen eendag.

WarHorse ·

Ai tog, al hierdie kwaaie, KWAAIE stoere Afrikaners wat hier vir Volk en Vaderland en JESUS kom baklei, terwyl hulle self nie verstaan dat onse liewe Jesus beter dinge het om Homself oor te bekommer as wat in mense se slaapkamers aangaan.

Kom tog reg, liewe volk.

Andreas ·

Jy is mal, “mense se slaap kamers”? Die ding verwoes ons hele samelewing, die hele geloof. Die LGBTQ plus die amder klomp snert se agenda werk mooi, verwoes alles wat moreel is.

Get with the Program ·

Die jaar is 2019 en all julle oumas en oupas wat in die NG kerk is, dis tyd om van julle high horses af te klim en mense te aanvaar vir wie en wat hulle is. Die homophobes op die page… wow! Kyk ne, ek hou van mans en ja eks Gay, dit maak my nie n terrible persoon nie, ek glo in God en eks presies soos JY (Human) – ons leef nie meer in die 60/70/80s nie.

Charles ·

Ek’s ook gay,(maar tog ultra-konserwatief-‘n teenstrydigheid-ek weet-maar vat dit soos jy wil)maar dit beteken nie dat ek kan karring aan die Woord van God;soos ‘n hedendaagse “eie-ek,en slegs ek en my ‘seergemaakte’ gevoelens is belangrik” behepte; en die woord van God ongedaan kan maak, en vir ‘n instelling wat veronderstel is om die woord van God te eerbiedig en voldoening daaraan te preek kan vertel wie en wat hulle moet toelaat in God se Huis nie!Die Bybel is ONDUBBELSINNIG.

Die hele petalje word gedryf onder die dekmantel van “gelykheid” en “regte”;maar eintlik spreek dit van erge ONVERDRAAGSAAMHEID,anti Vryheid van Geloof sentimente,en aanbiddery voor die “heilige” altaar van linksheid,”humanisme”(verkeerd gegaan) en internasionalisme.In die VSA sal iets soos hierdie NOOT gebeur nie. Daar was onlangs selfs ‘n saak gewees waar ‘n gay paartjie wat ‘n bakker wou dwing om vir hulle ‘n “gay koek” te bak,hulle moses in die “Supreme Court” teëgekom het-in ‘n uitspraak ter bevestiging van Vryheid van Geloof en van oortuiging, en teen die dwingelandy van die hedendaagse “LGBTQ”(lees: ons wil eintlik by wyse van propaganda die Weste en die kern-gesin en gesinseenheid vernietig)beweging.

Ek KAN NIE die Kerk dwing om my te aanvaar en my rituele in die Huis van God toe te laat nie!Net so min as wat hulle vir my kan voorskryf in my privaat lewe,maar hierdie is VERKEERD en ‘n aanval teen die Christendom en die westelike samelewing!

Willem ·

God is dieselfde gister vandag en môre. In Hom is geen skadu van verandering nie. Hy is nie ‘n man nie. Hy is God. My opinie en jou opinie gaan nie op Oordeelsdag water hou nie. Net SY WOORD gaan staan. Ek en jy gaan val op ons knieë en besef ons is maar net stof. Gay of nie. SY Woord is die enigste wet. Nie ons opinie of persepsie nie. Kan ek God vorm na my opinie…..ek glo nie so nie.

Rinkhals ·

Get with the program – Gelukkig is God en Sy woord ewig, en dieselfde, en verander nie volgens menslike giere en besluit wat sonde is of nie. So “get with His word” nie jou eie programmetjie nie.

pieter ·

Kom ons kyk wat se Christus oor mense wat die Skrif wil verander(aanpas) om by hul sienswyse (behoeftes) aan t pas . Mat 5.
“dit verseker Ek julle:Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet (woord) sal wegval voordat alles voleindig is. Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer,sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel.
Ek verstaan dat ons almal verlore sondaars is, maar wanneer ons sondig (ons weet wanneer ons sondig) en ons het opreg berou ,dit bely en LAAT STAAN word dit vergewe.
Ons kan nie God wil manipileer om by ons behoeftes te moet aanpas nie

Israel ·

Ek sê weer die NG Kerk is n occult, soos wat die beleid nou is , gaan kyk hoveel vrymesselaars simbole is op die NG Kerke aangbring!

FreeHorse ·

Ek is bevrees Johannes se skrywe hierbo oortref baie skrywers se sienswyses en laat baie kerke en Christene tot skande staan. Ek vermoed egter dat daar weinig rooi gesigte sal wees onder die eiewyse, humanistiese en self-voldane samelewing van vandag.

sannie ·

Al die reiskoste!;al die verblyf koste. Die sentrum huur waar die sinode gehou word. Kan net so geneem word en die baie mense wat sonder heenkome en kos is te help.

vragie ·

Ek lees Johannes se skrywe hierbo en dan vra ek myself: Hoeveel van die christelike kommentators was getroud, geskei en weer getroud (terwyl hulle vorige gades nog leef)??

Ma ·

My seun is gay bitter seer …maar beoordeel hom nie …maar gee hom NIE goedkeuring nie ….ek bly hom lief he en my kind sal aanhou bid vir jou.

Hannes ·

MEV kyk Prayers for Bobby, hopenlik sal dit jou help, voor dit te laat is, jou seun kan saam met jou dit kyk. Jou seun het jou ondersteuning nou meer as ooit nodig, en hy moet weer geduldig wees en jou tyd gee.

#justsaying ·

Jud. 1: 10 : “Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken
nie ; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wy-
se verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.”

Lee-Anne jhb ·

En eks seker niemand is geskei wat die kommentaar lewer nie. Jy aanvaar iets wat duidelik verkeerd is in Bybel. Met gay, lees mense tussen lyne en se dis verkeerd. Die gaan nie oor die kerk nie dit gaan oor jou opninie

Cassie ·

Ek wil net baie dankie aan julle ”Christene“se. Julle woorde en julle harte is ‘n baie groot bevestiging vir my dat julle niks met Jesus van die bybel te doen het nie. Jesus het met almal gemeng, arm mense siek mense, prostitute. Onthou bietjie, die julle way nie swart mense in julle kerk toegelaat nie, nie gays toegelaat , nie gay troues toegelaat nie ens . Julle is so skynheilig om die bybel aan te haal maar eintlik verstaan julle niks nie. Dis jou hart wat belangrik is, maar eendag sal julle dit besef en dan sal dit te laat wees.

Neels ·

Vraag is, indien Jesus môre op die aarde neerdaal, wie moet vannag onrustig slaap? Ek reken ‘n klomp kerke se tafels gaan omgekeer word.

Frik ·

Ek dink Jesus sal daarna weer meng met die bedelaars, siekes, prostitute, vlugtelinge en verwerptes.

Kallie ·

Soos my oorle ouma altyd gesê het, kwepers en dwepers galore.

JdV ·

Wat gaan volgende die kerk se goedkeuring wegdra? Aborsie, pedofilie, bestaliteit, bigamie?

“Wee hulle wat goed sleg en sleg goed noem …”

Net soos die kerk sy bestaansreg verloor as hy ophou om sondaars in sy midde te verwelkom, net so verloor die kerk sy bestaansreg as hy ophou om sonde by die naam te noem.

Bianca ·

EERDER GAY MET ‘N HART VAN GOUD IEMAND WAT DIE HERE KEN EN KERK TOE GAAN AS JULLE WAT SO OORDEEL EN MET DIE BYBEL ONDER DIE ARM LOOP EN DIE DUIWEL IN JOU HART. VEE EERS VOOR JOU EIE STOEPIE SKOON. LAAT HY SONDER SONDE DIE EERSTE KLIP KOM GOOI. SONDE BLY SONDE OF JY NOU LIEG OF WATOKAL JY BLY ‘N SONDAAR. I THANK YOU VERY MUCH

Apools ·

Moeg geryde cliches vir die wat niks anders kan se nie. Hart van goud red jou nie vergifnis van sonde doen. Aanhou met sonde maak genade en die kosbare bloed wat dit gekoop het gekoop. Gaan lees die sendingbriewe.

Jane ·

Bianca, dit help nie om met die mense wat hier kommentaar lewer te probeer redeneer nie. Hulle wêrelde is piepklein en so ook hul verwysingsraamwerk. Niks sal ‘n haatdraende persoon se houding en opinie ooit kan verander nie, want hy/sy voel altyd dat hul is alleen reg. Die haat teenoor die wat anders is en dink as jyself is wat Suid Afrika in die verknorsing laat beland het waar hy vandag is. Moet jou nie steur aan al die oordeel hier nie, want hierdie mense is duidelik (uit hul kommentare) nie ware kinders van die Here nie. Ek dien ‘n God van liefde en ek kan met sekerheid weet dat Hy het my lief net soos ek is en Hy sal my NOOIT verlaat nie.

#justsaying ·

Alles in die Bybel is nie Natuurlik nie, anders sou baie dinge nie sin gemaak het nie. God is nie natuurlik nie, Hy is Geestelik, die Bybel is Geestelik. Muskien moet julle bietjie julle oog verander. Muskien lees julle die Bybel verkeerd, “soos redelose diere van die veld”, alles op ‘n natuurlike wyse Jud. 1 vers 10 : “Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie ; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.”
God het geen behae in die mens nie, niks nie!!! Jy is niks in God se oe nie maar jou Siel is meer werd as al die skatte op aarde so nou vra ek is die mens gay of die Siel????? Julle wat so oordeel God het ons n taak gegee om Siele te red en te behou, nie mense nie, Siele. Jou Siel het net een geslag of jy man of vrou is jou Siel is Vroulik

Gerhard ·

DAN VRA DIE MENSE HOEKOM GAAN EK NIE KERK TOE NIE………………………………

Piesang ·

Ons redding word nie bewerkstellig deur nie sonde te doen nie, want dít is onmoontlik, maar slegs van geloof in Jesus Christus die Seun van GOD. Ons sondes kan ons egter verhinder om in die Gees te groei.
Praksering van homoseksisme is sonde. Net so ook egbreek en moord. As die NG kerk die praksering van homoseksisme goedkeur(wat hlle doen wanneer hulle homehuwelikke goedkeur) dan kan hulle die voortdurende praksering van alle sondes ook goedkeur.
Aangaande kerke wat dit goedkeur se leerraars die volgende verse: Jes 3:12 en Jes 9:15.

corne ·

Ons praat hier van die bybel en wat reg is is reg en berkeerd verkeer.Daar is geen grys areas nie.Gay is verkeerd klaar oor en verby geen ander maniet te redeneer nie.Wat my egyer pla is wat se die NG kerk volgende is reg?

Frans C ·

Om Gay te wees is nie insigself ‘n afwyking van die Skepper se plan nie.Dit is die dade
wat daaruit voortspruit wat ‘n anwyking is, Daar is teminste sover ek weet 20 woorde in Hebreeus wat sonde beskryf.

Apools ·

Moeg geryde cliches vir die wat niks anders kan se nie. Hart van goud red jou nie vergifnis van sonde doen. Aanhou met sonde maak genade en die kosbare bloed wat dit gekoop het gekoop. Gaan lees die sendingbriewe.

Frank ·

Frans, die Skepper se raadsplan kan nie afwyk nie, nooit nie. Dis vas. Onthou ons is na Sy beeld geskape betreffende geregtigheid, heiligheid en kennis. Ons kies self om Sy beeld in ons te skaad (sien ook Adam en Eva). Gay wees is maar net ‘n sonde soos enige ander sonde waarteen ons daagliks moet veg. Geen rede om dit te probeer kamofleer, mooi praat of te filosofeer daaroor nie. Verkeerd voor die Here bly verkeerd.

Tokkie ·

Almal wat al n skulpvis (prawn) geeet het gaan hel toe volgens dieselfde vers wat homoseksualiteit verbied – gaan lees dit

Frank ·

Buffel, ekself is allesbehalwe lelie-wit, maar ek weet regtig nie wat om ‘n man te antwoord wat nog sulke goed kwytraak nie….. ‘n Man moet darem ‘n behoefte hê om die God van die Woord werklik beter te leer ken?

Buffel ·

Frank ja sure as mense ‘n behoefte gehad het om die bybel te verstaan sou mens nie die prawn voorbeeld hierbo in die gesprek aangetref het nie of hoe ?

Gaitsigubib ·

Tokkie wees asb so gaaf om die teks te verskaf. Ek ken nie die bybel so goed soos ek dit behoort te ken nie en sou graag hierdie gedeelte wou sien voor ek ophou garnale eet.

Frans C ·

Ons lewe nie in ‘n volmaakte wêreld nie.Daar is mense wat misvorm gebore word.
Onthou ons is deel van die natuur.Die natuur is verdorwe en vervloek en bring onkruid voor.Om gay te wees is nie sonde nie,maar deel van ‘n gebroke mensdom. As dit nie so was nie het ons nie die versoeningswerk van Jesus Christus nodig gehad nie.In die Hebreeus is daar 20 woorde wat almal ‘sonde’ omskryf
en selfs David vra aan Saul hou hy teen hom gesondig (oortree) het.

Adam en Eva het ‘n verbod van God oortree en so gesondig.
Dit is die dade wat daar uit voortgespruit wat gestraf is.’n Mens kan nie sonde erf nie, jy kan wel aan die gevolge daarvan ly.Dit is om die rede dat kinders dikwels onder die stigma lewe van hul ouers se oortredings en straf al het hulself nie daaraan deelgeneem nie.
‘n Beter vertaling is :Toe het God gesê:’Ek wil ‘n mens maak ,’n mens wat iets van My in hom het en selfs ‘n bietjie soos Ek lyk”. Onthou niemand weet hoe God lyk nie,want toe Moses sy nuuskierigheid wou bevredig, moes hy hoor,niemand kan God sien en bly lewe nie.
Die ‘beeld’ is dus suiwer beeldspraak en weerspieël die mens iets van sy Skepper ,soos dit in die Bybel geopenbaar word, maar dan word dit alles deur byvoeglike naamwoorde
gedoen, soos bv God is getrou, regverdig ens.

Andre ·

I Corinthians 6:9‭-‬10 NKJV
Do you not know that the unrighteous will not inherit the kingdom of God? Do not be deceived. Neither fornicators, nor idolaters, nor adulterers, nor homosexuals, nor sodomites, nor thieves, nor covetous, nor drunkards, nor revilers, nor extortioners will inherit the kingdom of God.

Fouche ·

Thou shalt not boil a kid in its mother’s milk. Exodus 23:19

Frans C ·

Ai Fouche
Die Jode het in ‘n verhouding met die natuur gelewe en was lief vir hul diere,lees bv David wat as herder nie geaarsel het om dit wat sy kudde bedreig aan te pak nie en het dus die praktyk as ‘onmenslik’ beskou en die verbod ingestel.

Jy moet dus die Bybel lees teen die historiese en kulturele agtergrond waarteen dit geskryf is.

John ·

168 (and counting) kommentare oor hierdie situasie. Hoogtepunt van my dag om al die snert te lees wat julle klomp hoogheiliges kwytraak. Plaas werk julle eerder.

Frank ·

John, nou hoekom lees jy al die snert as jy geen belang daarby het nie?
Hierdie is ongelooflik aktueel wat dit raak die kern van ons samelewing. Dis nie bedoel om jou seer te maak nie, maar moet eerder tot opbouing van Sy liggaam dien.

Gaitsigubib ·

Dennis ek sien in julle kerk word die woord gepreek. In ons kerk ontvang mens die Woord. Dis God se Woord en mens het respek daarvoor en probeer daar volgens te lewe. Die heidene verwerp dit egter en dink dit is net nog n boek – selfde waarde dus as die agter kant van die chappies papier.

Koosman ·

Die Broederbonders het toe tog die kniee voor Als gebuig . NP NG !!!

Geitjie ·

Paulus beskryf die Gay Siel mooi in Romeine…

Rom. 1:25-27 “because they exchanged the truth about God for a lie and worshiped and served the creature rather than the Creator, who is blessed forever! Amen. For this reason God gave them up to dishonorable passions. For their women exchanged natural relations for those that are contrary to nature; and the men likewise gave up natural relations with women and were consumed with passion for one another, men committing shameless acts with men and receiving in themselves the due penalty for their error.”

Johannes ·

@Frank. Die egbrekers mag miskien (soms) deur al die kerklike ondersoeke, berading en tug gaan, maar steeds trou hulle weer (en weer) en sit hulle steeds lekker in die kerkbanke met hulle nuwe gades. Die “Pride-reënboog” mense word blykbaar gevrywaar van hierdie lang-gesig kerklike ‘tug’ prosesse (hoe gerieflik). Net soos ‘sonde teen die Heilige Gees’, word opsetlike sonde óók nie vergewe nie. Vergifnis kom eers ná berou en bekering. Bekering beteken eenvoudig “jy doen dit nie meer nie”. Nes jy sê: die egbrekers wéét hulle doen verkeerd voor die Here, maar steeds hou hulle aan daarmee. Hulle doen dit geensins “per ongeluk” nie.

Jo ·

Kom ons oordeel niemand nie, want dit is net God wat mag oordeel. Aangaande die NG Kerk, doen jouself die guns en gaan doen die navorsing oor die geskiedenis van hierdie organisasie en jy sal in elk geval nie wil deel wees daarvan nie. Enige organisasie wat behoort aan die Wereld Raad van Kerke moet vermy word.

WWJD? ·

As almal net so passievol was oor hulle medemens soos hulle is oor die artikel, dan sal die wereld darem ‘n great plek wees om in wakker to word elke dag. Sien ALMAL deur God se oe, wees lief, help ander (veral as God vir jou baie blessing gegee het) en glimlag, want die lewe is kosbaar en kan maar moelik raak vir ons almal. Gaan uit en maak ‘n verskil in iemand se lewe.

Andre ·

Nee as almal maar net so passievol was oor die Here en Sy woord gehoorsaam sal die wereld n beter plek wees. Dit is omdat almal “MENSE REGTE” het in vandag se tyd dat die wereld in so n gemors is. Dit is omdat mense people pleasing is en nie God pleasing nie. Mense is te bang om op n ander se tone te trap en verdraai wat reg is in die oe van die Here om mense te please instede om eerder vas te staan in die waarheid van God se woord. Die woord sê dat dit wel sal gebeur in die laaste dae en die wereld weer en erger sal wees soos in die dae van Noag voor die groot vloed. Jesus het Sy lewe aan die kruis vir ons gegee, maar as jy nie glo dat Hy dit vir jou gedoen het nie en sonde belei en wegdraai van jou sondes nie en kies om Godeloos te leef sal jy die dag van oordeel voor die Here God Almagtig in die gesig staar.

Adam ·

Boer trek heel tereg te velde teen die feit dat Fritz Gaum die howe genader het oor die kwessie. Dit is onvanpas dat die howe inmkeng in die kerk se beleid net soos dit onvanpas is dat politiek in die kerk ingesleep word. Wat gaan die NGK volgende doen? Gaan hulle sonde kategoriseer en spesiale beleidsrigtings formuleer vir die hoereerders, egbrekers, suiplappe, dobbelaars, diewe, moordenaars ens ens, net om te verseker dat elkeen se regte nie geskend word nie. Ek wil nie myself begewe in’n debat oor die gay-kwessie nie, maar indien daar slegs mense sonder sonde in die kerke toegelaat word, kan die NGK maar sy deure sluit.

Frans C ·

Mense moenie dat perdikante,Pastore en what have you,met julle koppe smokkel nie.
Die mens is deel van die natuur,ons is gevorm uit die natuur,want bogrond is deel van die natuur en ons keer terug na die natuur.
Ons weet uit die Skeppingsverhaal dat die natuur nie volmaak is nie,maar eintlik ‘vervloek’ is.Die onvolmaakte kan nie die volmaakte voort bring nie.Ons word dus gebore nie as volmaakte mense wat vir ewig lewe nie,maar as sterflike mense met allerhande gebreke en afwykings,met baie talente en minder talente.God het nie onsterflike mense geskep nie,want iets wat onsterflik is kan nie sterf (dood gaan nie).
Selfs ons natuur is verdorwe en daarom leer die Bybel ons, niemand is goed nie,nie een nie.Ons is gebore rebelle en sal so sterf en bly slegs staande deur ons geloof en nie ons
goedheid nie.
Daarom gaan die heelal en ons planeet en alles wat daarin is tot ‘n einde kom,Eers wanneer daar ‘n nuwe hemel en aarde is,sal alles en almal wat Jesus Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aangeneem het,volmaak en onsterflik wees en dan word God se plan ‘n werklikheid.

Andre ·

Nee as almal maar net so passievol was oor die Here en Sy woord gehoorsaam sal die wereld n beter plek wees. Dit is omdat almal “MENSE REGTE” het in vandag se tyd dat die wereld in so n gemors is. Dit is omdat mense people pleasing is en nie God pleasing nie. Mense is te bang om op n ander se tone te trap en verdraai wat reg is in die oe van die Here om mense te please instede om eerder vas te staan in die waarheid. Die woord se dat die wel sal gebeur in die laaste dae en die wereld weer en erger sal wees soos in die dae van Noag voor die groot vloed. Jesus het Sy lewe aan die kruis vir ons gegee, maar as jy nie glo dat Hy dit vir jou gedoen het nie en sonde belei en wegdraai van jou sondes nie en kies om Godeloos te leef sal jy die dag van oordeel voor die Here God Almagtig in die gesig staar.

Cindy ·

Nou toe nou ek wil graag aan elkeen vra wat die Bybel so aanhaal WAAR staan daar dat jy ander mag oordeel? Waar in die Bybel staan daar dat jy ander mag sleg sê en hulle lewenswyse mag oordeel? Nee wat haal die balk uit jou oog voor jy die splinter in n ander een sin gaan soek.

Ahaa ·

Oordeel die sonde nie die mens. Niemand gooi iemand hierso met klippe nie. Dit gaan daaroor om sonde goed te praat. En dit kan ek as Christen nie doen nie!!

Johannes ·

@Cindy. Daar is ‘n reuse verskil tussen “oordeel” en “rapporteer”. Wanneer mense uit die Bybel aanhaal dan oordeel hulle nie noodwendig. Hulle rapporteer wel. Dus rapporteer ek aan jou wat die Bybel t.o.v. hierdie saak sê:

1Cor. 6:9-10 “Or do you not know that the unrighteous will not inherit the kingdom of God? Do not be deceived: neither the sexually immoral, nor idolaters, nor adulterers, nor men who practice homosexuality, nor thieves, nor the greedy, nor drunkards, nor revilers, nor swindlers will inherit the kingdom of God.”

Lourens ·

Soek ons die guns van mense of hulle redding? Hulle “voordeel” op aarde, maar ‘n ewige verdoemenis hierna. Daar is te veel getuienisse wêreldwyd van mense wat deur die genade van God, in Christus Jesus, weergebore en bevry is van so ‘n lewe, dat ons moet opgee op hulle. Goedkeur egter nie, want dan gee ek nie werklik om nie, dan het ek hulle nie werklik lief, soos Christus wil nie.

Lourens ·

Luther was oortuig van sy standpunte en het gebreek met die kerk van sy tyd. Hoekom die kerk prober verander? Indien gays oortuig is van hul standpunt, hoekom nie uitstap en hul eie “kerk” begin nie. Indien ‘n person oortuig is, dan maak hy/sy opofferings vir hul saak. Stap uit en begin ‘n “nuwe” kerk.

Kyker na mense ·

Mense begin julle eie kerk, lees die bybel soos jy wil en interpreteer hom so, glo wat jy wil, leef soos jy goed dink. Hoekom worry jy oor ander. Maak net seker jou lewe/siel is reg. Almal wat so moan oor die mense regte wat by die kerk ingesleep word en dit is onnodig, in die proses van jou eie lewe lei gee ook asseblief al jou mense regte op. Maar soos in alles… Kom ons kyk hoe lank jy sal oorleef… miskien 2 dae…

J J Schoeman ·

Hoekom het die Algemene Sinode my nog nooit omverskoning gevra vir die leuens wat die NG Kerk verkondig, my as lidmaat weggedryf het van die instelling af nie?

As daar nou een boek is wat ek kan aanbeveel vir ons mense, is dit “Kerverraad” van Francois Richter & Dr. X

Ons behoort regtig erns te maak met ons verhouding tot die Allerhoogste en besef dat die “Kerk” so vals is soos ‘n R17-noot!!

Red ons volk ·

Vervolg vanaf 3.

Bladsy 4

Hierdie volk word reeds vir dekades bedrieg en mislei en op die breë pad na die hel vergesel deur sy teoloë en sy LOU ‘gematigde’ en ‘middelgrondsoekende’ ander meningsvormers (koerante en tydskrifte) en politieke leiers.

Klim af van die TV sepies en sosiale media se aandag en tyd vretende intriges, wat alles daarop gerig is om jou gees te werf vir die LOU wêreld. Val eerder neer op jou knieë en bid tot God vir leiding, lees God se woord vir jouself en as jy hulp nodig het, soek ‘n ware Godgelowige leraar soos ds Ben Strydom van Bethal en volg sy preke en lesings op internet.
Einde van relaas…

Red ons volk ·

Vervolg vanaf 2.
Bladsy 3.
Onthou dit is die Heilige Gees van ons God wat gister, vandag en in die toekoms NIE verander nie en altyd dieselfde is… So wie lieg blatant vir wie? Het die kerk voorheen gelieg, of lieg hulle nou? Of dalk lieg hul altyd om te verseker dat hul binne die politieke gees van die tyd, hul hand steeds in die goeie kerkgangers se beursies kan steek en lewe in oorvloed, terwyl minstens die helfte van meeste gemeentes se lidmate harde bene kou?
Dieselfde geld ook vir ‘nuwe’ vraagstukke waarmee die ‘kerk’ en sy ‘goeie’ lidmate deesdae worstel… Die kerk het oor homoseksualiteit ‘n besluit geneem wat in die verlede geldig was. As kerk-leierskap geloofbaar is, sou hierdie besluit dus deur die Heilige Gees geleid wees…
Of nie?
Want as die Kerk, Heilige Gees geleide besluite neem oor hierdie moeilike sake, dan beweer die kerk tog dat die Heilige Gees Sy opinie 3 keer verander het oor hierdie saak. Soos ek dit verstaan is dit ‘n onvergeeflike sonde om teen die Heilge Gees te sondig. Sou valse bewerings dat besluite geneem word onder leiding van die Heilige Gees, dan nie sondig teen die Heilige Gees wees nie?
Daar is geen manier dat die Heilige Gees 3 keer Sy opinie verander het oor die kwessie van homoseksualiteit binne die kerk nie!

Red ons volk ·

Vervolg vanaf 1.
Bladsy 2.
Herstel jou ‘filters’ wat die bose moet uitwys. Diegene wat aan die lippe hang van die ‘geleerdes’ en alles glo wat die ‘kerk’ aan hulle opdis, vra jouself wie is diegene wat onderstaande betugtiging gaan kry:
Matt 7: 22-23:
22. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’
23. Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Vra jouself verder die volgende af:
1. As jul gunsteling teoloë deur God Se Heilige Gees gelei word in hul besluite, hoe kan verskillende teoloë veskillende sienings hê? Iemand of selfs niemand van hulle word dus deur die Heilige Gees gelei nie, maar sekeres word wel deur dwaalgeeste gelei, terwyl andere voortploeter met hul eie politieke opinies en dit afdwing op hul gemeentes onder die valse voorwendsel dat dit God se wil is.
2. Hoe kon die Heilige Gees die Afrikaner se kerke, se teoloë, voor 1994 lei, om te glo Apartheid is God se wil, maar na die losbars van die ‘reënboogland’, besluit dat Apartheid sonde en ‘n misdryf teen die mensdom is?
Vervolg na 3

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.