NG Kerk besin weer oor gay-kwessie

kerk-banke

Argieffoto

Die NG Kerk hou vandeesweek ʼn buitengewone algemene sinode, waar die besluit oor selfdegeslagverhoudings weer indringend bespreek gaan word.

Die kerk het in ʼn verklaring gesê die besluit om ʼn buitengewone vergadering te hou, is tydens die moderamen van die algemene sinode (ASM) se onlangse vergadering geneem. “Appèlle, beswaarskrifte en gravamina sal ook hanteer word.”

Twee besluite is tydens die afgelope ASM-vergadering geneem oor die 2015-besluit oor selfdegeslagverhoudings. “Die ASM het sy besluit van November 2015 (4.1.1.8.1 Notule ASM 16-18 November 2015), waarin die advies van die algemene taakspanregte oor die hantering van appèlle teen die besluite van die algemene sinode oor selfdegeslagverhoudings aanvaar is, herroep.” Die tweede besluit was om die buitengewone algemene sinode te hou.

“Die eerste besluit beteken die besluit oor selfdegeslagverhoudings, wat deur die algemene sinode van 2015 geneem is, maar in November 2015 op advies van die algemene taakspanregte opgeskort is, nou van krag is. Hierdie twee besluite is geneem sodat ʼn saak waaroor daar diep verdeeldheid in die kerk is, herbesoek kan word.”

Die NG Kerk se leierskap het ’n uitnodiging gerig aan “ieder en elk” om hulle oor regsmenings te nader ná die kerk se omstrede besluit dat gay lidmate en predikante voorlopig nie in die kerk mag trou nie.

Die algemene sinode het verlede jaar besluit gay mense mag wél in die kerk trou. Die sinodebesluit is egter kort ná afloop van die sinode vir eers tersyde gestel toe verskeie lidmate daarteen appèl aangeteken het.

Die buitengewone algemene sinode word van 7 tot 10 November in Pretoria gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.