NG Kerk en gays: Albei partye ‘optimisties’ oor hofuitspraak

Ds. Nelis Janse van Rensburg

“Optimisties.” Dís hoe Laurie Gaum, een van die hoofaansoekers in die aansoek om die NG Kerk se jongste besluit oor selfdegeslagverhoudings ongeldig te laat verklaar, oor die saak voel.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, is eweneens positief oor die uitkoms vir die kerk.

Uitspraak oor die aansoek wat Dinsdag deur ʼn groep NG Kerk-lidmate voor die hooggeregshof in Pretoria gedien het, word later vanjaar verwag.

Die NG Kerk se algemene sinode het in 2015 besluit kerke kan self besluit of hulle gay-verhoudings erken, gay paartjies in die kerk mag trou en of hulle gay predikante wil aanstel. Die sinodebesluit is egter in 2016 tydens ʼn spesiale sitting vervang.

ʼn Groep mense het egter die NG Kerk hof toe gesleep oor die standpunt wat die kerk ingeneem het oor selfdegeslagverhoudings.

Die aansoek is deur dr. Frits Gaum, gewese redakteur van die Kerkbode, sy seun Laurie, Judith Kotzé en Michelle Boonzaaier ingedien. Hulle verteenwoordig altesaam 11 teoloë, proponente en lidmate van die kerk.

Ds. Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk, sê die kerk wou nie hof toe gaan nie. “Ons het gedink ons kan kerklike weë volg.”

Die NG Kerk se moderatuur het vroeër gesê hulle is teleurgesteld dat daar nie daarin geslaag kon word om die aansoekers te oortuig om die tegniese kwessies binne die kerklike opset en raamwerk van hul Kerkorde te hanteer nie. Die kerk stem nie met die bewerings saam dat die kerk met sy 2016-besluit gay mense se reg op vrye assosiasie aantas nie.

“Die konstitusionele deel gaan oor die balansering van regte, maar die konstitusionele bedeling maak ook ruimte daarvoor dat geloofsgemeenskappe se standpunte gehandhaaf word,” het Janse  van Rensburg gesê.

Dr. Claassen sê dat hulle vanuit kerkgeledere ook baie positief oor die uitspraak voel. Hy het net lof vir adv. Schalk Burger wat vir hulle verskyn het. “Die lede van ons regspan het hulle baie goed voorberei en goed van hul taak gekwyt. Natuurlik is mens nie seker oor die uitspraak nie.”

Die groep applikante in die hof. Foto: Verskaf

Volgens Gaum jr. is amper die helfte van die aansoekers self gay. Hy het gesê dat hy die voorleggings waardeer het en dat die regsproses hom beïndruk het.

“Die argumente was helder en goed uiteengesit. Die probleem het met die kerk se proseduriële verrigtinge ontstaan wat ons in hersiening wou neem. Die kerk het nie volgens sy eie reëls (die Kerkorde) opgetree nie en dis alleen ʼn hof wat onafhanklik is wat hieroor kan beslis.”

Die “privatisering van diskriminasie deur ʼn kerk” is deur adv. Jeremy Gauntlett namens die aansoekers betreur. “Die kerk skuil dikwels agter godsdiensvryheid terwyl hy self agter die deur staan wat diskriminasie betref,” het Gaum gesê.

Hy sê daar was ʼn “openheid” rondom die kerk se besluit van 2015 wat beslis meer in ooreenstemming met die Grondwet was. Die besluit het godsdiensvryheid eerbiedig deurdat gemeentes hulle deur hul gewete kon laat lei.

Die applikante en hul ondersteuners. Foto: Verskaf

“2016 het ʼn streep deur hierdie ‘openheid’ getrek. Die regters het indringende vrae gevra en dit het vir my na ʼn regverdige verhoor gevoel. Ek is van mening dat ons prosedureel sowel as grondwetlik gesproke ʼn sterk saak het. Die hofsaak was vir my ʼn positiewe ervaring.”

Die lidmate is deur die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KVG) as vriend van die hof ondersteun, wat van mening is dat dit ongrondwetlik vir kerke is om teen mense te diskrimineer. Hulle vra dat die hof teen kerk- en geloofsgroepe moet beslis wat oor die mag beskik om teen selfdegeslagverhoudings te diskrimineer.

Die alliansie vir Verdediging van Suid-Afrikaanse Kerke se Onafhanklikheid (Adacsa) meen weer dat hierdie aansoek inbreuk op kerke se grondwetlike reg op vryheid van geloof maak. Sou die hof die KVG gelyk gee, mag dit teen hulle geloofsoortuigings en vertolking van die Bybel indruis. Maar die KVG sê die NG Kerk moet by landswette hou en nie “godsdiensvryheid” misbruik om teen gay mense te diskrimineer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

marius ·

Hoekom wil die een groep hul indwing waar die ander groep nie dieselfde oortuiging deel. Breek weg en doen jou eie ding…

Liberaal ·

Ons linkse globale superryk heersers het ander planne, die plan is om massamedia en sekere minderhede te gebruik om enige sterk plaaslike instellings af te breek, soos kerke.

Loon ·

Gaan stig julle eie kerk, hou op om julle aan ander af te smeer, niks keer julle nie.

Faan ·

As Gaum en sy trawante sou slaag lui hulle die doodsklok vir hierdie eens magtige kerk.

AgAsseblief ·

Hoe laat jy my nou lag! Die doodsklok het lankal gelui vir die eens ” magtige ” kerk.

HPV ·

Faan jy is reg, wat mens verbaas is dat ‘n klein groepie liewer die kerk sal vernietig as om terug te staan of dan hul eie ding te begin of gemeentes te stig. Hulle was nog altyd welkom in die NGK maar nou wil hulle hul eie wil of siening, sonder in agneming van ander mense se siening, afdwing op meer as 1000 gemeentes.

papgelag ·

AgAsseblief, ek stem saam met jou. Duisende mense word nie meer deur kerke geflous nie. Hul volg die weg van Jesus…Hy was spiritueel, maar glad nie godsdienstig nie. Hy het aan geen kerk behoort nie.

Boerseun ·

Lagwekkend die tyd waarin ons leef. Hoekom in n plek wees waar jy binne jou weet niemand soek jou daar nie??? Gaan ons volgende gesê word wat se kleur hare mense ons moet van hou?

Blondie ·

Gelukkig is God nie beperk tot die vier mure van die kerk wat jý na toe gaan nie.

Riaan Myburgh ·

So volgens Gaum moet die kerk volgens wereldse beginsels gelei word, en nie deur God se woord nie. Jammer mnr Gaum, God regeer sy kerk , NIE DIE WERELD NIE

JW ·

Die Bybel is duidelik daaroor en is ook nie onderhewig aan die grondwet nie. Die kerk se besluit was ‘n wêreld se besluit en definitief nie ‘n Bybelse besluit nie.

Ag ·

Laat hulle asb hul eie kerk stig met deur hulle aangestelde predikante, sn nie sal die NG kerk onder gaan. Hulle het reeds soveel lede verloor deur hierdie twyfelagtigheid.

marous ·

Dis juis as gevolg van vertolkings en verdraaing van die Woord deur die kerkleiers dat die ng kerk uitmekaar gefoeter het .
Die leiers buig voor die keiser . Hulle en hul aardse heersers sal nie waag om aan Moslems voorskriftelik te wees of om aan die Koran te karring nie , want hulle weet hulle sal sleg tweede kom .

Ratkas ·

Die kerk soos deur die eeue moet aanpas by die mense, nie anders om nie.

Erika ·

Die Kerk het verantwoordelikheid om Die Woord aan Mense oor te Dra. God Se Jy mag nie die woord bylas of wegvat nie Dit is n feit dat dit teenstrydig met God se woord is.. wat Gays doen. As jy dit Normaliseer-wat hulle wil juis wil he is dit teenstrydig met die Bybel Jy kan nie die Bybel aanpas wat mense wil he nie..

AgAsseblief ·

@Erika, en so het jy jou opinie, en biljoene ander op aarde hulle eie opinie. Joune kan dalk net die verkeerde een wees.

X SA'ner ·

Erika ek het nuus vir jou, gaan doen navorsing dan sal jy agterkom hoeveel keer is die bybel wat jy ken oor geskryf en verander is, bygelas en weg gevat, jy sal op jou rug val, gaan ‘n paar honderd jaar terug, dis hemelsbreed anders, mense word gelei en is naif oor hoe dit is, soos skape in ‘n trop loop almal net saam in dieselfde rigting, klim uit en gaan doen jou eie navorsing.

corne ·

Die kerk kan nie ingee en sonde goedpraat of hoedkeur nie.Ja ons het almal sonde maar die oomblik wat die kerk sonde begin goedkeur is daar groot vout.Wat is volgende dan reg. Nee selfdegeslag huwelike in n kerk trou is taboe en klaar.Hou by die woord van God.En ek se weer ja ons almal het sonde maar kerk kan nie sonde begin goedkeur nie

NEE ·

En wat jy se is PRESIES waar die probleem le. Mense kan nie KIES wat hulle will aanvaar en wat hulle wil uitlaat in die Bybel nie. Jy kies of die hele BYBEL, met slawerny, wat egskeidings in die tien gebooie verbied, ens. of jy verwerp die Bybel in sy geheel. Ongelukkig het die Kerk lankal die deur oopgemaak deur die een te aanvaar en nou hoog heilig die ander wil verwerp. Jy glo of ALLES in die Bybel en kom alles NA, of jy kan nie aanspraak maak dat die Bybel jou geloof is deur selektief sekere ongerieflike stukke uit te laat nie. Dan word jy ‘n huigelaar. MAW wat ek se as jy gays in die kerk verwerp, dan moet jy elke persoon wat geskei is ook verwerp, jy kan nie die een aanvaar, omdat dit jou self/familie aanspreek en die ander wil verwerp nie. Dus het die Kerk reeds sonde goed gepraat en aanvaar die oomblik toe hulle mense wat geskei is in die kerk aanvaar het en selfs weer getrou het in die Kerk sommer met dieselfde beloftes wat hulle voorheen verbreek het. Die swart en wit in die Bybel is toe nie so swart/wit nie, ne?

christa ·

Het die guys al Livitikus gelees of lees hulle nie die Bybel nie. Almal wil he die Almagtige moet by ons gewoontes en maniere aanpas instede van ons by Sy vereistes. Hoekom die Bybel wil verander. Die Woord se ons mag niks in die Bybel verander of byvoeg nie, en die beste van alles is, hulle word predikers om ander mense dieselfde paadjie te lei. Jare gelede het ek n motor van ‘n student gekoop. Die bagasiebak deksel was vol plakkers geplak toe ek dit oopmaak. Ek het toe die plakkers af getrek want ek haar plakkers. Maar met die aftrek kom ek toe op een plakker af wat lees ” ek is geen …………. nie want God maak nie …………….nie. nodeloos om te se dat ek dit ook af getrek het want soos ek gese het, geen plakkers vir my nie. Dit het my so laat dink, Ons is na Sy beeld gemaak en Hy het ons as man en vrou gemaak en ons moet rein lewe. Ek hoop die uitslag is in God se belang

AgAsseblief ·

Hier gaan nou weer lieflike kommentare van die mense wees. Daarom het ek lankal enige kerk vaarwel geroep, en is nie ‘n dag spyt nie. Die haat, en veroordeling, geskinner en hoogmoed, is van die vele dinge binne kerke wat ek sonder kan leef. Geen kerk gaan my eendag die hemel laat sien nie, en ook geen predikant gaan my die die ewige lewe laat erf nie. Ek leef my lewe, met of sonder ander se kritiek. Die aardbol het meer liefde en aanvaarding nodig. Daar is genoeg oorlog en haat op aarde, om die mens ‘n leeftyd te hou.

@asseblief ·

,.. en daar is jy self vol kritiek. Ek is liewer in God se gemeente met kritiek as sonder ‘n kerk met kritiek. Dit is so gemaklik om buite te staan en die kerk te kritiseer en dan vir almal te vertel die kerk is vol kritiek. Haal eers die balk uit jou oog uit en kom haal dan die splinter uit die kerk se oog uit!! Sodom is verwoes as gevolg van sodomie (dis waar die word vandaan kom) – God het dit nie toe goedgekeur nie en HY is onveranderlik.

AgAsseblief ·

Daar sal altyd gay mense wees, dit is nou al so vir duisende jare. Niks kan daaraan gedoen word nie. So die res van julle sit opgeskeep met ons.

Jannie ·

Nie noodwendig nie! Moslems weet hoe om julle te hanteer…….en daarin openbaar hulle meer karakter as ons “verdraagsames”!!!

Judge Dredd ·

Net een ding:
Preek julle God se wil of die mens se wil?

Frans ·

Dit is pateties dat ‘n “wêreldse hofsaak” gebruik moet word om God se Woord te bevraagteken en aan te pas, sodat mense hulle sede-oortuiging wat in stryd met die Bybel is, wil afdwing in kerke. Kerke is nie veronderstel om Bybelse geloofsoortuigings vir politiese oortuigings te verruil om die mense se “gewete” te regverdig nie. Hulle wat geloofsoortuigings het wat in stryd met God se Woord is, moet nie die “wêreldse wette en gesagstelsel” probeer gebruik om hulle siening af te dwing nie. God sê in Sy Woord dat enige persoon wat Sy Woord wil verander, die plae aan die persoon sal toegevoeg word wat in die Bybel opgeteken is, en dat die persoon se deel weggeneem sal word uit die Boek van die Lewe én uit die heilige stad én uit die dinge wat in die Bybel opgeskryf is. ‘n Geweldige oordeel! Lees Openbaring 22:19

AgAsseblief ·

@Frans dis pateties dat in 2018, daar nog toegelaat word, dat mense veroordeel en doodgemaak word, op grond van ‘n boek, wat bitter min mense regtig verstaan. Dankie tog dat daar wette is wat ons beskerm, in Suid-Afrika. En meeste Gay mense, my ingesluit, is uiters suksesvol, en gewoonlik ook skatryk. Sies! Moenie jaloers wees nie. Ons Gay gemeenskap het nog altyd ‘n baie produktiewe bydrae tot die aardbol gemaak. Die Bybel was geskryf in ‘n ander tydperk, ons leef in die nuwe Testament, en Jesus Christus het nooit sover ek weet, iets oor Gays gesê nie.

Godvresend ·

Die kommentare hier bevestig net weereens aan my hoekom die NGK se dae getel is. Julle verwys na die voorskrifte in die Bybel, maar vergeet geriefliksheidshalwe dat die liefde (vir God en vir jou naaste) die grootste is. As hierdie onverdraagsaamheid is hoe NGK liefde lyk – count me out.

KerkVerantwoordEersAanGod ·

Die lede van die KVG moet maar weer Openbaring gaan lees waaruit dit duidelik dat gelowiges eers aan God gehoorsaam is en dan aan landswette.

Hierdie groepie kan nie opregte gelowiges wees want sou hulle daaraan slaag on die NGK aan die landswette gehoorsaam te kry, is die NGK nie meer deel van God se kerk op Aarde nie.

Anoniem ·

Gelukkig het ek al jare gelede kerkgang vaarwel geroep. Ek lees en bid in my eie tyd en hoef nie te sit en luister na dinge wat my die swernoot in maak nie.

Eish ·

Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ’n klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
JOHANNES 8:7‭-‬11 AFR53
https://bible.com/bible/5/jhn.8.7-11.AFR53

Magaretha van heerden ·

Ag asseblief is reg as hy/sy se daar is min wat die Bybel verstaan. Die rede is dat die Bybel slegs verstaan kan word as die Heilige Gees in jou woon en dit duidelik maak. Die Woord se die Heilige Gees sal ons in die waarheid lei. Maak Yeshua koning in jou lewe en luister na die stem van die Heilge Gees dan sal jy die regte insigte he.

Teleurgesteld ·

Ongelukkig sien mense God nie meer as liefde nie maar as God wat oordeel. En so ook Christenskap. Christene is sinoniem met oordeel. Waar sê dit in die Bybel ons mag iemand weg wys. Ek ken baie gay mense wat ‘n diep liefde vir Jesus het maar word verwerp deur die kerk. Dis gelukkig nie die boodskap wat Jesus kom lewer het nie. Mense is baie vining om te oordeel en kirtiseer eerder as om mense te omhels met liefde en aanvaarding. Liefde kom direk van God af. ‘n Liefde vir almal.

“Dit is ‘n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red, en ek was die ergste van hulle almal.” 1 Timoteus 1:15

christa ·

@asseblief, ek stem saam met jou. Ek gaan nie kerk toe om ander mense gelukkig te hou nie. Ek wil Gods Woord hoor en dit saam lees soos dit geskrywe staan. Ek sal nie toelaat dat ander my uit die hemel hou nie. Die Woord se jy mag nie die byeenkomste misloop nie. Dis so lekker om tussen gelowiges te verkeer en saam kan jubbel en juig en deel kan wees in Sy lofprysinge. Ek mis dit vir niks al ry ek elke Sondag 80 km heen en weer kerk toe.

Staak ·

Jesus se, Hy het gekom vir die sondige en nie vir die heilige nie. Die kerk moet elke Sondag vol, moordenaars, egbrekers, skelms, gay, pedofiele, leunaars en al die sondes waaraan jy kan dink sit, maar nie om jou in jou sonde te stook en omhels nie maar om jou tot bekering te bring sodat ons nie meer sal sondig nie, maar dit gebeur nie meer nie.
Ons is almal sondaars en ons kan nie oordeel nie maar as die kerk een sonde wil reg preek en aanvaarbaar maak dan moet hy maar alle sonde as nie sonde verklaar.

Gerhard ·

Dit verbaas my elke keer opnuut om te sien/lees hoe kleinlik sommige mense kan wees. Elk hou voet by stuk en vertrap sy buurman omrede sy mening verskil. My vraag is: hoe kan ons ooit as ‘n nasie saam staan in SA as ons so onder mekaar baklei?? Hierdie verdeeldheid gaan ons langtermyn duur te staan kom.

Ek self het in 2004 laas my voete in die kerk gesit. Sedertdien dien en loof ek God in my eie huis en steur my GEENSINS aan die stoere mense se grille, geite en veroordeling. Dit het my nader aan God gebring, ek het herlewing ervaar en by my ‘n groter liefde aangekweek vir mense van alle rasse, geslagvoorkeure, en geloofsoortuigings.

Basie ·

“Gaan voort en sondig nie meer” Die Heer vergewe jou, maar sê dan bostaande.

Oordeel self of jy reg optree of nie. Ek weet wst is reg en wst is verkeerd.

Leon ·

ek dink die NG kerk moet maar hulle eie Bybel skryf, want hulle is net besig om n bespoting van GOD se WOORD te maak.

Vetkat ·

Korrek en slawerny en hul sommer terselftertyd swanger te maak met god se goedkeuring

Gert ·

Die Bybel se Adam and Eve not Adam and Steve. Hoekom kry hul nie hul eie kerk nie. Sal ek as straight ou in hul kerk kan trou. Moenie jou beginsels en begeertes om ander af dwing nie

grotman77 ·

Die Kerk preek nie meer dat daar straf vir sonde is nie.. Almal val onder die genade van God se liefde.. en dus kan hul maar leef soos hul wil. Ek sien geen verskil tussen n ou en meisie wat saambly en kerk toe gaan en Adam en Steven wat dieselfde doen nie.. Kerke is meer gepla oor hul getal lidmate as om die waarheid te preek van die kansel.. Die bloed van sondaars sal op die hande van predikers wees omdat hul nie God se volle Woord aan mense oordra nie. Ek glo n Kerk sal vervolg word wat vandag nie bang is om die volle Evangelie te verkondig nie . Kerk van RSA jyt lou warm geword en God sal jou uit sy mond spoeg… gn wonder ons belewe elende in Suid Afrika gaan lees Deut 28.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.