NG Kerk en gays: Alliansie vra duidelikheid van hof

Die hooggeregshof in Pretoria (Foto: Maroela Media)

Die alliansie vir die verdediging van die onafhanklikheid van kerke in Suid-Afrika (Adacsa) het ʼn aansoek by die hooggeregshof ingedien waarin hy vra vir meer duidelikheid oor die regters se onlangse bevinding teen die NG Kerk.

Die hooggeregshof het vroeër vandeesmaand bevind die NG Kerk moet sy standpunte oor verhoudings van mense van dieselfde geslag wysig. Die NG Kerk se algemene sinode het in 2015 besluit kerke kan self besluit of hulle gay verhoudings erken, gay paartjies in die kerk mag trou en of hulle gay predikante wil aanstel. Die sinodebesluit is egter in 2016 tydens ʼn spesiale sitting vervang. Die hof het egter nou gelas dat die besluit van 2016 onwettig en ongeldig is.

ʼn Groep mense het egter die NG Kerk hof toe gesleep oor die standpunt wat die kerk ingeneem het oor dié verhoudings. Die aansoek is deur dr. Frits Gaum, gewese redakteur van Kerkbode, sy seun Laurie, Judith Kotzé en Michelle Boonzaaier ingedien. Hulle verteenwoordig altesaam 11 teoloë, proponente en lidmate van die kerk.

Die lidmate is deur die kommissie vir geslagsgelykheid (KVG) as vriend van die hof ondersteun, wat van mening is dat dit ongrondwetlik vir kerke is om teen mense te diskrimineer.

Adacsa sê egter nou dit is onduidelik of die kerk se 2016-besluit weens prosedurele foute tersyde gestel is, en of die hof ook bevind het die besluit was ʼn skending van die reg op gelykheid en ander grondwetlike regte.

Adacsa sê hy kan nou nie die groepe wat deel vorm van sy alliansie adviseer oor ʼn moontlike appèl teen die bevinding nie, veral gesien in die lig daarvan dat die NG Kerk nou besluit het om nié teen die besluit te appelleer nie.

Michael Swain, uitvoerende hoof van Freedom of Religion South Africa (FOR SA), sê dit is belangrik om vas te stel of die hof se stellings oor die grondwetlikheid van die kerk se besluit deel vorm van die besluit om die 2016-besluit ter syde te stel en of dit bloot as opinieverklarings bedoel is.

In sy hofstukke verwys Adacsa na ʼn artikel van die grondwetkenner prof. Pierre de Vos waarin hy skryf ʼn gedeelte van die uitspraak wat verband hou met konstitusionele kwessies kan moontlik net ʼn mening wees. Dit is dalk nie noodsaaklik vir die besluit nie en dus nie bindend op ander howe nie.

FOR SA vorm deel van Adacsa en verdedig en beskerm die onafhanklikheid van kerke en geloofsgroepe om hulle eie leerstellings te stel en hulle interne sake te bestuur volgens hulle eie interpretasie van godsdienstige tekste.

Swain sê sodra die hof meer duidelikheid gee sal die organisasie op ʼn moontlike volgende stap besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Willie ·

Dit verbaas my dat die hof moet besluit? Wat se die Bybel, wat se God se woord? Dis wat tel.

HPV ·

Ja Willie, dit is al wat tel, of sal ons sê dit was al wat getel het voordat die skrifgeleerdes (liberale) die Bybel vir eie gewin begin plunder (verdraai) het. Die Bybel is egter baie duidelik insake die aangeleenthede. Selfs Jesus het die mense teen die skrifgeleerdes gewaarsku.

Petro ·

Dis tyd dat Christene opstaan vir God en wat Hy duidelik in die bybel sê hieroor. Hierdie nonsens dat alles aangepas word vir pc redes is verregaande. Die bybel is baie duidelik hieroor. Jy kan nie net die dele van die bybel wat jou pas navolg nie.

Koos ·

Petro dra jy nog jou hoed? Is dit dan ook reg dat jy slavinne kan aanhou en swanger maak soos dit goedkeurend plaasgevind het?

Bernard Swanepoel ·

Geen, maar geen hof het die reg of is verhewe bo dit wat in die Bybel staan nie. Die Bybel en God verbied homoseksualisme……PUNT

? leser ·

daar word teen niemand ge-diskrimineer nie
die Vader het alles in die Heelal geskape
deur die dag loop skape, bokke, beeste, ens saam in die veld en wei, maar vannaand as hulle kraal/huiswaarts keer, gaan slaap elkeen by sy groep
beeste “meng” nie met skape, en honde “meng” nie met katte nie
waarom wil julle wat na SY beeld geskape is, teen SY Wet een probeer wees

Morne ·

Ja Hoor ek stem 100% saam met jou. Ek is self gay, maar sal nooit my leefwyse op ander mense probeer afdwing nie. Hierdie “polities korrekte” era waarin ons leef veroorsaak net onnodige spanning. Daar is n plekkie vir ons almal, moet jouself nie in n ander ou se plek probeer inwurm nie.

Anoniem ·

@Romeine en @ JaHoor, ek stem heelhartig saam met julle kommentaar.

Dopper ·

Julle gaan ‘n baie groter gesag as die kerk moet hof toe sleep om sonde wetlik te verklaar, sterkte met daai een!!

eindtye ·

DIE IS UITERS PATETIES
kom ons wees eerlik en sien waar le die fout
DIE BYBEL WORD VERANDER OM BY DIE MENS AAN TE PAS
DIE MENS VERANDER NIE OM BY DIE BYBEL AANTEPAS NIE
Dis moeilik om die regte pad te loop en skaam daai dominee of kerk wat die woord verdraai of laat aanpas by die sondige mens

nico k ·

Daar is nie regtig ‘n manier dat die Kerk verplig kan word om gay paartjies te trou nie. Sover ek weet word daar nêrens in die huwelikswet voorsiening gemaak dat gays kan trou nie. Hulle kan wel ‘n verbindtenis vorm in terme van die Civil Union Act. Dit is heeltemal ‘n ander wet as die huwelikswet. (En dan is daar nog die tradisionele huwelikswet wat heeltemal iets anders is.) So ek dink nie die Kerke hoef oor die huwelike bekommerd te wees nie.

HONOURABLE MEMBER ·

Ek praat glad nie die gays goed nie maar mense leef en laat leef. Niemand se lewens is so perfek dat hulle ander kan oordeel nie. Hoeveel vroueslaners en alkoliste sit nie ook maar regop in die kerk sondae nie ewe hoogheilig. Mense wat in glashuise bly moet nie klippe gooi nie.

Se net ·

So waar. Kyk na julle self en al die skeinheiliges wat op ander trap hulle vroue verneuk of slaan of/en kinders ook slaan.

Mense wat ander se lewens vernietig om bo uit te kom. Mense wat geld aanbid en dan toekyk hoe ander swaar kry.

Gays is die minste van die NG Kerk se probleme

Paaries ·

Maroela ek twyfel of julle my bydrae gaan plaas maar nou ja dalk beskaam die hoop nie. Hierdie is vir Prof Fritz Gaum. Prof Gaum het vir hoeveel jare te velde getrek teen gays. Niemand was veilig nie selfs nie eers prof Joan Hambidge is gespaar nie. Nee kyk ons liewe Prof Frits het fluks gewiks met die tong karwats en baie neerbuigend teenoor prof Hambidge op getree. Van uit sy onaantasbare ivoortoring het die blitse en kartetse gereen! Ooooooo hoe het die seder nie geval nie! Nou is die “eerbare” voor in die gay juig kommando. Glad soos ‘n paling in ‘n emmer snot(met vergunning aan die NG leier wie dit op ‘n sinode sitting kwytgeraak het. Nee wat prof jy het standpunt ingeneem en nou staan jou vesting verlate. As jy staan vir niks sal jy val vir enige iets. Waarom MOET ons teen die skrif ingaan. Nee wat prof jy kan nie God herskep na jou woord, beeld en gelykenis nie.

O aarde ·

Paaries, dis wat ek ook aan gedink het. Lyk vir my pa en seun en hulle meelopers wil die kerk nou finaal toemaak.
Die seder is eerder ‘n Kaliforniese Rooihoutboom, groter en langer en val met ‘n helse slag om.

Nel ·

Dit is verregaande dat die hooggeregshof, wat tien teen een uit ‘n spul diverse godsdienste en sienings bestaan, vir my moet kom voorskryf hoe ek my Bybel moet vertolk/verstaan. Maar nou ja wat kan ek anders verwag as my eie kerk en sy predikante nie eens leiding vanuit die Bybel kan gee oor die kwessie nie.
Dit voel al ‘n geruime tyd vir my asof die Kerk in baie gevalle haar evangeliese koers verloor het

marous ·

Die Woord word misbruik deur mense wat deur vertalings asook uitlegte dit so aanpas , dat dit hul persoonlike ideologiee bevorder . Dit kom nie van vandag af nie , en het net een doel en dit is om gelowiges te verdeel en teen mekaar op te sweep . Punt.

Agie ·

Aarde!!!!!! Ek kry skaam
Aardse Howe moet oor God se Woord, die Bybel, oordeel? Niemand is bevoeg hiervoor nie.
Wat in die Bybel staan is onwrikbaar.
Omdat ek in sonde gebore is en deur Jesus Christus vrygekoop is, is ek nie “beter” as die volgende persoon nie, maar leef volgens dit wat pas by ‘n geredde sondaar en geen hof sal my oortuig dat moffies en lessies deur my “aanvaar” moet word nie.
Mense, kom ons bid. Here wees ons genadig. Amen

CHRISTO ·

Die BYBEL sê dit is verkeerd en aanvaar maar dit.
Predikante wat gestudeer het moet van beter weet en nie God se boek probeer aanpas om by die mens te pas nie.

Sê maar net ·

Christo, wat dink jy studeer hulle? Hul sullabusse is virseker aangepas om by die mense en hul regte tred te hou

J Venter ·

Ongelukkig word net die NG kerk blameer en saam met hom het al die kerkleiers wat hulle nie uitspreek daaroor nie op n dwaalspoor beland. Nêrens in die Bybel word dit toegelaat nie. Die onlangse aanstellings in die NG kerk gaan hom duur te staan kom. As die kerke hierdie verval toelaat sal hulle ten gronde gaan .

Gert Marais ·

Kom, ons wat nie in hierdie weg glo nie, begin ons eie kerk, dit sal die weg baan dat net ‘n enkel sitplek elke sondag op ‘n bank ingeneem word en die oorgrote meerderheid elders ‘n heenkome moet vind. Maar ongeag dit, is daar nie ‘n manier hoe dit so gelos sal word nie, dalk vanjaar nog.

HPV ·

Gert, dit is nie asof die selfdegeslag groep en hul liberale meelopers skielik in die meerderheid is nie, laat hulle hul eie kerk begin. Waarom moet die meerderheid skuif omdat die minderheid hul wil op almal wil afdwing.
Hulle skrifgeleerdes kan dan sommer hul eie Bybel ook saamstel.

Daan ·

Die aardse kerke het die spoor lankgelede al byster geaak. Ek behoort nie aan ‘n kerk nie, maar is nog steeds ‘n gelowige Christen.

Zumie ·

Die kern van die saak is dat die STAAT deur sy agent die hof nou vir mense kan voorskryf wat hulle geloofsoortuigings/handelinge gaan wees. Die Bybel mag A se maar die hof B en die finale gesag is B….. klink vir my na die mens (in die vorm van die kollektief maw staat) wat homself nou aanstel as die uiteindelike gesag…. Sterkte vir diesulkes-julle sal waarskynlik bietjie laat agterkom waar die allerlaaste gesag rus.

Wonder ·

Wonder oor n paar dinge…Sou Frits Gaum steeds die aansoek gelei het as sy seun nie betrokke was… veral in ag genome dat hy altyd aan die ‘anderkant’ was…Waarom is die NGK nie ook in verlede hof toe gesleep tov besluite waarmee nie saamgestem is…Waarom die gesag van die hof skielik superior bo die van die Woord is…Waarom hulle wat Sola Scriptura glo en verkondig so maklik kompromiee met die Woord maak…Waarom die kanselkleed ‘So se die Here Here!’ nog in kerke hang…Hoeveel gay lidmate werklik in toue by NGK deure staan en wag om in te gaan…Waarom die opdrag in Matt 28 nie eerder die tyd en energie kry wat dit verdien…Wanneer die NGK ooit gaan raaksien dat hy kwyn en nie groei?

James ·

Ek verstaan julle almal wil oordeel. Maar aarde hoe mag JY n ander mens veroordeel. Haal eers die balk uit jou eie oog. Niemand besluit hy is gay of HET N sielkundige probleem NIE. Gaan navors bietjie. En ja oordeel maar.

HPV ·

Hier begin die oordeel storie alweer. Maw enige mening strydig met jou eie is oordeel oor ander. Het jy al kommentare as mense se menings en nie noodwendig as oordele nie probeer lees? Probeer gerus…

alwyn burger ·

Alle normaal-liberale mense( nie geveinsde-liberale) gun gay mense ñ plek onder die son. Hul EIE plek. Los ons ou plekkies uit!??

Hans ·

Pierre de Vos gee opinie oor grondwetlikheid.
Die res van die verhoor gebaseer op hoorsê en spekulasie? Die skrywers van bv evangelies kan nie gedagvaar word, om viva voce getuienis oor hul opinies te gee, oor hul neergepende oorlewerings oor die gebeure dekades na die gebeure? Paulus kan nie gedagvaar word om eerstehands sy interpretasies aan hof op rekord te gee nie?
My vraag, was hierdie uitspraak deur hof in ‘n sekulêre grondwetlike staat, nie mistasting nie?
‘n Kerk is tog nie wetlike instelling in SA nie, maw daar is geen regeringswetgewing oor die kerk nie. Kerk bestaan tog uit individue wat hul met bepaalde reëls vereenselwig. As kollektief, kan dit nie bestaan as die individue hul verder wil assosieër met ‘n instelling wat nie aan hul vereistes en beginsels voldoen nie.
Hierdie uitspraak bevestig net my aanname dat geforseerde amalgamasie amptelike beleid is in SA.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

Kry n regte Bybel….nie een wat ge”edit” en verdraaid is nie…voor jy n ander weergawe van die Bybel mag patenteer moet die inhoud ten minste n 5%-10% verskil….nou wat sê dit vir jou…slegs die King James Bybel is nie gepatenteer nie.

.
.

Gerhard ·

Hoekom verlaat die gays en ander homoseksuelegroepe maar nir fie NG Kerk as hulle nie tevrede is met die kerk soos dit is nie. Waarom wil Gaum en kie hof toe gaan? Raadpleeg eerder die woord van God en stig jou eie kerk met jou eie reels. Moet nie die kerk van ons Here Jesus Christus met jou werelds sienings kom probeer vernietig nie.

Foxi ·

My opinie wat reguit is sal nie geplaas word nie. Skynheiliges en huigelaars word aanvaar.
Maar onthou net hoe Jesus uiters kwaad was toe daar handel gedryf was in Sy Vaders se huis? Hy het tafels om gegooi en mense met n sweep verjaag. Nou ja……wat meer kan ek se.

Gert ·

Dit is ondenkbaar dat ‘n regering of ‘n regter kan uitspraak gee oor die geldigheid van die Bybel. Die grondwet is veronderstel om vryheid van geloof te ondersteun, dus moet Christene ook kan handel volgens die Bybel. Binne kerke mag die staat dus geen besluite neem nie, in die Christengeloof bepaal die Here wat reg en verkeerd is.

Cherokee ·

As absoluut heteroseksuele mens, sê ek dat hierdie ‘n debat is waarin ek myself nie (graag) begewe nie, want ek glo dat homoseksuele as sulks gebore is en nie besluit het om so te wees nie. Ek het geglimlag to ‘n homo eendag aan ‘n hetero gevra het wanneer diè besluit het om hetero te wees. Ek hef my hande op en is dankbaar vir my seëninge.

anton ·

So wat jy nou eintelik wil sê Cherokee is dat God iets gemaak/geskape het wat Hy self nie goedkeur nie!!!
Hoe op dees aarde het jy daarby uitgekom???
En ek wonder hoe die NG kerk vandag nog voortbestaan?

Manie ·

Ai. Julle almal is dom. Die bybel is net n riglyn. Verbied glad nie homosexualiteit nie. In die bybel noem hulle net van mans wat ander mans eou verkrag. Die bybel is dalk deur die Here geinspireer, maar deur mense geskryf. God is almagtig is al wat tel. Geen boek kan voorskryf wat mense doen. Net God. Ek is gay en n christen. Ek le nie heeldag met die bybel onder die arm nie. Ek weet daar is n God. En ek dien hom. Ek bid. En hy verhoor my gebede.

Paaries ·

Manie dit is jou goeie reg om te assosieer met net wie jou hartjie bly maak. Dit is jou volste reg om ‘n christen te wees en ek is regtig bly dat jy ‘n kind van God is. Ek veroordeel jou nie in die minste nie en het familie wie gay is. Jy is geregtig op jou opinie en so is elke mens en dit sal ek verdedig al stem ek nie met jou saam nie. My interpretasie van die die Bybel is dat gay wees ‘n sonde is. Dalk mis jy net die punt. Die debat hier gaan oor waarom ‘n mindergheid (gay mense) die meerderheid vir wie dit onaanvaarbaar is, uit hulle interpretasie van die Skrif, aan hulle wil voorsê. Deur op te tree soos die Gay-Stapo wen julle nou nie eintlik harte nie. SA is ‘n groot plek met baaaaaie geboue wat leegstaan. Gaan stig n gay gemeente en gaan leef julle geloof uit. Ek is nie gay nie, ek wil dit nie wees nie en wil ook nie in my aanbidding tot my Skepper daarmee gekonfronteer word nie. Gaan klop aan by Prof Gaum hy is mos die hoof wetsgelleerde, nie waar nie?

Paaries ·

Manie dit is jou goeie reg om te assosieer met net wie jou hartjie bly maak. Dit is jou volste reg om ‘n christen te wees en ek is regtig bly dat jy ‘n kind van God is. Ek veroordeel jou nie in die minste nie en het familie wie gay is. Jy is geregtig op jou opinie en so is elke mens en dit sal ek verdedig al stem ek nie met jou saam nie. My interpretasie van die die Bybel is dat gay wees ‘n sonde is. Dalk mis jy net die punt. Die debat hier gaan oor waarom ‘n mindergheid (gay mense) die meerderheid vir wie dit onaanvaarbaar is, uit hulle interpretasie van die Skrif, aan hulle wil voorsê. Deur op te tree soos die Gay-Stapo wen julle nou nie eintlik harte nie. SA is ‘n groot plek met baaaaaie geboue wat leegstaan. Gaan stig n gay gemeente en gaan leef julle geloof uit. Ek is nie gay nie, ek wil dit nie wees nie en wil ook nie in my aanbidding tot my Skepper daarmee gekonfronteer word nie. Gaan klop aan by Prof Gaum hy is mos die hoof wetsgelleerde, nie waar nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.