Leraars van NG Kerk Namibië ‘verslae’ oor gay-besluit

Leraars van die NG Kerk van Namibië het Dinsdag sy misnoeë uitgespreek tenoor die Suid-Afrikaanse NG Kerk se algemene sinode se besluit rondom selfdegeslagverhoudings en selfdegeslagverbintenisse in die kerk.

“Dit is met groot hartseer, verslaentheid en gebrokenheid voor God dat ons, as leraars van die NG Kerk in Namibië, kennis geneem het van die besluit. Ons is van mening dat dit nie ʼn besluit is wat deur die Heilige Gees bepaal is nie, maar eerder deur die heersende sekulêre, humanistiese tydgees,” het die leraars in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat dié besluit verlede week op ʼn vergadering van die algemene sinode in Benoni aan die Oos-Rand geneem is, nadat die vorige besluit in dié verband nietig verklaar is. Daar is beslis dat die vorige besluit wat in 2015 geneem is, prosedureel foutief was.

Die algemene sinode se 2015-besluit was dat gay mense wél in die kerk mag trou. Dié besluit is egter daarna verskeie kere herroep en nou weer bekragtig.

Die algemene sinode moedig nou kerkrade aan om by die aanwysing van persone in die ampte, lidmate se doop, belydenis, roeping, spiritualiteit en getuienis van leer en lewe; toegang tot die sakramente; integriteit van verhoudings, asook geskiktheid vir die spesifieke rol enigeen in ag te neem ongeag ras, geslag, klas of seksuele oriëntasie en identiteit.

Omdat die NG Kerk in Namibië in ʼn ander land is, is hulle nie gebind deur hierdie besluit nie. “Ons kan egter nie agter ons grondwet wegkruip en stilbly en so ons broers en susters in die NG Kerk in Suid-Afrika in die steek laat nie, dit terwyl die Woord van God ons hoogste gesag is nie,” skryf die leraars.

Die Namibiese leraars het verder gesê dat hulle die besluit “ten diepste betreur” omdat dit in stryd is met God se Woord en dus ’n minagting van die gesag van God se Woord is. “Die hartseer is dat die algemene sinode nie net selfdegeslagverhoudings en verbintenisse goedkeur nie, maar van predikante en lidmate wat dit vanuit die Skrif as sonde veroordeel, verwag om twee onversoenbare Skrifstandpunte binne een geloofsgemeenskap te akkommodeer.

“Dit veroorsaak verwarring en skep die idee dat elkeen die Bybel kan lees soos hy of sy wil. Een predikant binne die NG Kerk sal gays wat saamleef oproep tot bekering en ’n ander een sal hulle aanmoedig om hul Godgegewe seksualiteit met vrymoedigheid uit te leef.”

(Foto: NG Grootkerk – Graaff-Reinet)

Die leraars in Namibië voer verder aan dat hulle oortuig is homoseksualiteit, soos enige ander sonde, siekte, lyding en onvolkomenheid, is die gevolg is van die gebrokenheid wat met die sondeval in die wêreld gekom het.

“Ons wil daarom medegelowiges wat worstel met hul homoseksuele oriëntasie in liefde vashou en begelei om hul Godgegewe roeping as kinders van God uit te leef. Ware lewensvervulling as kind van God word immers nie gevind in die uitleef van enige seksuele oriëntasie nie, maar in gehoorsaamheid aan my Goddelike roeping en in die uitleef van my identiteit in Christus.

“Ons glo heelhartig dat die Bybel ons leer dat die huwelik tussen een man en een vrou, saamgebind deur die liefde van Christus, ’n lewenslange verbintenis is en God se wil vir sy kerk is. Dit is ook die enigste wyse waarop ’n Christelike huwelik tot stand kan kom. Ons glo heelhartig dat die Bybel alle seksuele verhoudings buite die huwelik as sonde en opstand teen God se wil veroordeel,” het die leraars in hul verklaring gesê.

Die Namibiese leraars glo ook dat die integriteit, geloofwaardigheid en heiligheid van die kerk van Christus op die spel is wanneer mense wat bely dat hulle Christene is,  volhard in ’n lewenswyse van homoseksuele dade.

“Ons bely en erken die menswaardigheid van alle mense voor God, omdat alle mense geskep is na die beeld van God en Jesus Christus vir alle mense gesterf het. Daarom staan ons deure en harte oop om met die deernis en liefde van Christus alle sondaars, ongeag hul seksuele oriëntasie, te verwelkom, te bedien en pastoraal te begelei met die evangelie van liefde in Christus Jesus.”

“Ons is inderdaad in ʼn geestelike oorlog!” het Gilham geskryf.

Die Namibiese leraars was ook bang dat die algemene sinode se besluit mense verder van die kerk sou vervreem. Dit het die grootste protestantse kerk, die Presbyterian Church in the USA, wat “teologies liberaal geword het en homoseksualiteit heeltemal omhels het”, as voorbeeld uitgewys en genoem dat dit “letterlik miljoene lidmate verloor” het. Nuwe kerkverbande het ontstaan deur die wegbreking en skeuring wat gevolg het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

157 Kommentare

Andre Coetzee ·

Ja so tragies dat selfs die kerk nie meer die stem van die Heilige Gees kan hoor nie en eerder onder druk besluite neem om mense en oragnisasies gelukkig te hou.

Oom Jaco ·

Dis nie die “kerk” soos jy sê nie… dis die “NG Kerk” in besonder. Die kerk (bruid van Christus) is elke WARE gelowige/christen wat Yahweh dien vanuit die Woord.

Anoniem ·

En so gaan die NG Kerk ten gronde deur die mens wat nie gehoorsaam is aan die Woord van God nie.

RIaan ·

en so wen die vyand bietjie vir bietjie omdat dit belangriker is vir ‘n groepie sondaars om die ng kerk na die aardse dinge gelyk te maak en mense behoeftes te jaag as om gehoorsaam te wees aan die Woord.

Liezl ·

Ek slaan my oë op na die hemel, waarvandaan sal my hulp kom, my hulp kom van die Here. Dankie Namibie dat julle dit so insien. Ek is verstom oor die besluit van die Suid Afrikaanse NG Sinode. Hierdie gee my nou hoop dat daar tog mense is wat dieselfde as ek dit insien. God het die mens gemaak, hy is lief vir die mens, ongeag wat jy doen, maar Hy haat die sonde. Keer terug na Hom, jou sonde is jou eie besluit, jou eie wil. Buig jou knie voor Hom. Met hierdie kan die moordenaar mos maar ook in die kerk dien? Kan die man wat sy vrou verneuk ook op die kansel staan? Hulle kan aangaan met hulle sondige natuur, maar dis okay om op ‘n Sondag kollekte op te neem en die broeders aanspreek asof hy gelyk is met hulle? Oordeel kom my nie toe nie, maar ‘n mens moet wel onderskeid tref tussen wat reg en verkeerd is en dan die persoon tugtig en as hy nie draai van sy verkeerde weë nie, dan moet jy seker aanbeweeg. Jy het mos klaar jou deel dan gedoen.

Werner ·

Die NG kerk is besig om in n grap te verander met ander woorde ons kan nou maar dronk ook by die kerk aankom dan is dit ook reg

Frank ·

Daars lankal nie meer toesig oor die Nagmaaltafel nie. Loop hand aan hand met huisbesoeke deur die Kerkraad (en ook natuurlik deur die leraars). Ek verstaan dit word nie meer gedoen nie.
Meeste leraars het deesdae ‘n “job”, nie ‘n roeping nie.

Charles ·

Dankie NG Namibië!

In SA staan NG Kerk nou vir Nuwe Gay Kerk.

Spike ·

Die NG Kerk gee toe aan wêreldse eise en standarde. Dit is niks anders as sonde

Aitog ·

Nog niks verander in die NG kerk. Steeds maar net die politieke verlengstuk van die regering van die dag, Presies wat die Woord ons teen waarsku.

Elsie ·

Ek wou nou ‘n lang opstel skryf maar punt bly staan, ons as Afrikaner gaan alles verloor en almal weet hoekom.

Nika ·

@Elsie, ja en die wêreld is te blind, dit is hoekom ons droogte het!

Human ·

Die Nasionale Party is geskiedenis. Die NG Kerk se uurglas is besig om uit te loop, stadig maar seker, dis `n feit, dan geskiedenis.

Reinhardt ·

Presies. Kerke en geloof sukkel om relevant te bly. Elke staaltjie wat uitgedink is word daagliks verkeerd bewys. Daar is belangriker dinge in die lewe as om te worry oor wie in ‘n kerk toegelaat word.

Henk Ackermann ·

Hul uurglas is lankal leeg . Hierdie kerk is Laodicéa in Openbaring 3 : 14 – 22 . Die NG Kerk weet dit nie eers nie ! As jy dit weet , gaan daaruit !

Hans ·

Ek wag nou vir vervanging van bv “die man sal sy ouers verlaat en sy lewensmaat aankleef…”?
Politieke korrektheid veroorsaak net chaos deur morele grense voortdurend met regspraak te verander en te toets.

Jan ·

Uiteindelik iemand wat by hul geloofsoortuiging bly, en nie probeer om die NG Kerk te hervorm na die populere opinie nie, die sinode is tog so gesteld om nie kritiek van die regering en/of die pers te kry nie. Wat goed was vir ons vadere is ewe skielik nie meer goed genoeg nie, te bang om Nee te se, makliker om maar saam te stem en alles te aanvaar. Geen tug, geen dissipline gaan maar saam met die massas.

Andre ·

En die besluite word gemaak deur predikante wat die Woord van God aan mense moet verkondig. Hulle sal seker die Bybel wil oorskryf om aan te pas by die wereld verandering.

Karel Combrinck ·

Dit gaan nie om” seksuële oriëntasie” nie. Dit gaan om die aard van die huwelik. Die huwelik is ‘n verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou.

Uilspieel ·

Ek is baie erg oor di NGKerk. Het so groot geword, maar nou voel ek nie meer tuis nie. Sal seker maar ander heenkome moet vind. Dit is soos om uit jou huis geskop te word. Ek voel eintlik hartseer

@Uilspieel ·

Ek ook Uilspieel. Baie hartseer. Maar ek is liewer in dié lewe hartseer as in die een hierná.
Miskien kom daar tog iets goed uit hierdie waterskeidingstydperk – dat ons konfronteer word met waar ons persoonlik staan in ons geloofsoortuiging.

Celia Tjaden ·

Uilspieel, kyk na Die E G Kerk- jy sal nie spyt wees nie. En hulle hou ook nog Geloftedienste hier in die Kaap! – Daars ook die Kruiskerk in Kimberly( fantastiese Ap kerk)weetnie waar jy bly nie. Maar daar is ander kerke.

Ng is hoeka nie die kerk van ons kinderjare nie. Kom uit Babilon uit.

Jan ·

Ek is ook geskok dat die NG kerk nie beginselvaste rigting kan aandui nie.Ek begryp nie die wese van gay mense nie omdat ek daarvan gespaar is.Tergelyke tyd behoort hierdie diskoers nie ń platform te wees om ander kerke te promofeer nie.Daar is nie ń volmaakte kerk nie en as daar een is, moet ek nie daarby aanstluit nie want dat is dit nie meer volmaak nie.So ek vee maar voor my eie deur en is diep bewus van menslike pyn en lyding. Die kernsaak is of ons in Jesus glo.Jesus bleibet meine freude aus herz, mund tat und leben.

Corra ·

En daar skei my pad nou ook met die NG kerk, bitter hartseer dat hulle so n belaglike besluit kon maak.

Se maar net ·

Dis hartseer dat die mensdom dink hulle het n reg om te oordeel. Plaas besef almal wat oordeel dat daar geen groot of klein sonde is nie, so jy wat rook, drink, baie eet, jou baart skeer, etc is net so in die moeilikheid soos die mense wat lief raak vir diesele geslag. Daar sou geen uitweg gewees het vir enige persoon as dit nie was vir die feit dat Jesus gesterf het vir al die sondes nie… Dis julle besluit om onder die wet te leef en nie onder Grace nie… dis tog waarvoor Hy gesterf het.

Frank ·

Jys deels reg, behalwe dat jy nou sommer seremoniële wette ook betrek. So, omdat die Heilige Gees in ons woon en ons ‘n tempel van Hom is, laat ons dan vrugte dra wat by die bekering pas. Laat ons ons nie blind staar vir die sonde nie en deur daaglikse bekering streef om elke dag heiliger te lewe.
En o ja, ons moet in liefde oordeel ten opsigte van die Woord en mekaar vermaan. Maar ons mag mekaar nie veroordeel nie, net God dra daardie staf.

JJ ·

Ek skeer my Baard!
Jesus het nooit die wette weggevat nie. Hy gesterf vir ons sondes maar nie gesê jy kan suip owerspel pleeg ens en hy gaan jou bly vergewe nie. Dis nie oordeel nie dis logika Dis juis die probleem mense gebruik die Bybel net om sekere gedeeltes te verdraai om aan te gaan in sonde lewe. Bekeer julle in die naam van die 3 enige lewende God!!

Griet ·

@Se-maar-net, so reg wat jy sê, dit is waarvoor HY gesterf het! Sodat ALMAL uit genade gered kan word. Die feit dat ons weet almal word uit genade gered, beteken nie ons kan/mag/moet sonde goedpraat nie.

Homoseksuele dade, rook, drink, baie eet, (weet nie wat het baard skeerskeer met sonde uit te waai nie, maar as jy dit as sonde klassifiseer, gaaf….) is SONDE. As ek die genade van Jesus aanvaar het, is ek GERED, maak nie saak of ek steeds al daardie dinge doen nie. Dit gaan nie my redding kanseleer nie. Nie eens as ek VOLHARD in daardie sonde, gaan ek my redding “verloor” nie. Indien ek sou volhard daarin, behoort daar sekerlik twyfel te bestaan oor my redding, wat as ek SY redding aanvaar, is ek ‘n NUWE mens en ek poog om binne God se riglyne vir my lewe te leef.

Wees verseker, ek veroordeel niemand maar ek gaan nie sonde goedpraat omdat die NG kerk dit as polities korrek beskou en toegee aan die druk van die wêreld nie.

Wat my betref is die kerk as denominasie/organisasie en die kerk as die Liggaam van Christus nie dieselfde nie, Veral nie in die lig van die nuutste gebeure nie…..

Verstom ·

Ek is verstom deur die kommentaar. As Christene is ons nie veronderstel om mekaar te help en te lei nie? As jou seun/dogter genoeg selfliefde en -vertroue het om vir jou te sê hulle is homoseksueel, gaan jy ook hulle weggooi? Gaan jy hulle ook verwerp? Dis hoekom baie mense wat homosekuseel is die kerk verlaat, dis waar jy veronderstel is om aanvaar te word nes jy is. Niemand mag veroordeel behalwe die Here nie. Skaam jou. Die NG kerk probeer ‘n veilige vesting wees vir mense wat al hulle hele lewe verwerp word en veroordeel is. Ek staan agter die besluit, want sonder progressie gaan alles vergaan. Die grootste gebod is; jy moet jou naaste liefhê soos jouself, so party mense het blykbaar geen liefde vir hulself hier nie.

frikkie ·

gaan nie oor oordeel nie, onthou ook dat Jesus nie gekom het om die wet en die profete ongeldig te maak nie, en dat mense wat doelbewus sondig vlg die Skrif nie in die Vader se huis sal ingaan nie. Kesus het gesterf vir mense wat nie doelbewus in opstand is en volhard in sonde nie. verkeerd bly verkeerd

Jakes ·

Verstom… ek is verstom oor jou swak kennis van die skrif en verwerping van die opdrag van Christus aan sy kerk om rein en heilig te lewe. Waar op aarde kry die idee vandaan dat “…die kerk die plek is waar mense aanvaar moet word nes hulle is”? ??
Ek daag jou uit om 1 Kor. 5 (veral v12 en 13) aandagtig te bestudeer en jou stelling daaraan te toets.
Verder, as ‘n ouer ‘n kind waarlik liefhet waarsku hy hom of haar as hulle gedrag op die lang duur nadelig gaan wees. Dis net mense wat dink daar kom nie ‘n oordeelsdag waar God rekenskap van die mens volgens SY standaard (en nie volgens die wêreld se standaard) gaan vra nie, wat hulle kinders laat begaan en dink dis liefde. Dink weer.

Marius Muller ·

Jy mag oordeel net nie die persoon veroordeel nie.n Mens oordeel of homoseksualiteit sonde is of nie en so ook aborsie ens.Geen sonde is groter as n ander die probleem is dat homoseksualiteit nie meer gesien of verklaar word as sonde om mee te begin nie,dit is nou n gawe van God sê Nelis en dit is waar die probleem lê ,sonde is nou n gawe van God gemaak en dit deur die kerk.

Leon Norris ·

Nie net tragies nie maar teen die Woord van God
Ons is lief vir ons gay lidmate maar keur die seksuele gedrag en trou as n sonde wat nie deur God goedkeur nie
Die sinode besluit kom definitief nie van die Heilige Gees nie
Ek is nie bereid om n kerk te behoort wat my getuienis as kind van God benadeel nie Ons staan vir die waarheid nie valse godsdiens nie

Johan ·

Waarom is hulle bang hulle verloor Lidmate…immers was die wat agter bly, gehoorsaam aan God se Woord en volg nie die massas nie.
God kyk nie na menigte in die “kerk”nie, hy kyk na hulle harte. Ons kan ook egter niks doen om God te beindruk of om Sy guns te wen nie, maar ons kan eenvoudig net bid vir genade, en dankie sê vir dit wat ons elke dag muldelik uit Vader se hand ontvang..uit genade

Frank ·

My hoop is besweer, loof die Here!
Daar IS toe nog NG gemeentes wat erns maak met die (onveranderlike) Woord van God, die Almagtige (en Alsiende), al sit hulle in die buiteland. Wil REGTIG nie eendag voor die troon van God in daardie sinode leiers (en meerderheid van die afgevaardigdes) se skoene staan nie.

charmaine ·

Ek verstaan nie hoe hierdie mense n besluit kan maak maar sundae staan met die Bybel oop voor hulle en wil vir die gemeente vertel wat is reg en verkeer maar intussen pleeg hulle ook sonde deur te oordeel.
Beteken dit nou hulle word nie as lidmate aanvaar nie? Of sal hulle “verwyder” word indien hulle n kerk gebou binne stap? Regtig? Daar is van die “normale” lede wat ook maar die grootste sondaars is. In ons NG Kerk het die dominee 2 van sy kinders getrou wat redelik hoog swanger was? Maar hy wou nie n baba doop omdat die ouers nie getroud is nie?

Jakes ·

Dis ‘n opdrag om die lede van die kerk te oordeel en verantwoordbaar te hou. Gaan lees 1 Kor. 5 aandagtig.

Jerry ·

Dat die kerkleiers so maklik onder humaniste se anti bybelse druk kan swig, wys maar net weereens dat mense in gesagsposisies gereeld tot orde geroep moet word, anders gebeur dit soos nou dat hulle totaal en al die pad byster kan raak. Hierdie algemene sinode se anti bybelse besluit het positiewe gevolge vir gays en vir diegene wie gereedstaan om ook deur humanisme toegang te verkry, maar vir wie dit uit en uit daaroor gaan om die kerkgeboue oor te neem. Die besluit oor gays gee hierdie ander humaniste (bevrydingsteologie humaniste) n voet in die deur. Uiteraard het dit negatiewe gevolge vir lidmate wat nou, later en uiteindelik sal besluit om die kerk te verlaat en nuwe kerkgeboue sal moet gaan bou. Ek voorspel dat die NG kerk sy alie gaan sien, indien hy dit nie reeds gesien het nie. Eers was dit die NP en nou is dit die NG Kerk Algemene Sinode wat onder “anti alles wat reg was”, se druk swig! Hoe pateties en hartseer is die ellendes wat as gevolg hiervan nog gaan volg! In plaas van nader aan die waarheid van die Skrif te beweeg, dobber ons al hoe verder weg. Dit raak al hoe duideliker dat sommige van vandag se kerkleiers geensins die links liberale humanistiese aanslag ken of verstaan nie! Waarmee het ons nou eintlik hier te doen dat kerkleiers nie die duiwel in sy links liberale humanistiese kleed kan herken nie?

PJ ·

Nee Wielie dis waar jy jou heeltemal misgis. Dis juis omdat ons ons rûe op God draai en nie meer luister nie dat die wereld en ook ons land so verval in die sonde. Kom ons worry nie of ons God teleur stel nie, maar moet tog net nie op die LGBTQ gemeenskap se toontjies trap nie.

Db ·

Dan word daar elke dag geskree “wat gaan in hierdie land aan!”. Wel die antwoord is maklik – gooi God se woord by die agterdeur uit en die gemors spoel by die voordeur in. As ons ons rug kan draai op God hoekom kan Hy nie dieselfde doen nie? Voordat daar nie teruggedraai word na God nie sal niks verbeter nie maar net nog erger word. Geluk NG Kerk – julle het baie lidmate verloor en die dominees sal maar in kleiner huise moet intrek en kleiner karre moet aanskaf want die gemeentes is te klein om aan julle behoeftes te voldoen.

Spook op thaba ·

Nou wil ek net graag weet, as n NG leraar weier om so paartjie te trou, kan hy ook dan aangekla word soos die dokter wat nee gese het vir n aborsie

Kerneels ·

Soos ek verstaan, Spook, rus die onus by die kerkraad…

MJ ·

In artikels van hierdie aard val dit dikwels op dat teenstand teen sonde as veroordeling beskou word. Tog is daar duidelike bybelse opdragte om sonde te weerle, dit te bestraf en dit te vermaan. Dit is veral nodig wanneer ‘n tydsgees soos die huidige heers. Die offer van Christus aan die kruis het nie die bedoeling om ons as gereddes rustig te laat terugsit nie en te aanskou hoe die wereld vergaan nie. Dit spoor ons aan om eerder passievol as passief te wees.

patriot ·

Afrikaanse Protestante Kerk en Evangelies Gereformeerde Kerk is nog ware kerke, gebruik ook nog die ou vertaling en nie die Nuwe Verdwaling.

Leon Norris ·

Ongelukkig het die NG kerk geswig onder sekulêre druk in stede van die Woird van God en sy Heilige Gees
Ons kan nie sulke valsheid, wat in.openbaring, voorspel is nie Die NG Kerk is nou n valse kerk
Ek is lief vir my Gay broers en susters maar kan die verhoudings goedkeur nie Dit is n euwel in die oë van God en die kerk moedig dit aan
Groot tragedie

Sarel Strydom ·

Dit was te wagte van Namibie.
Soos met so baie dinge vandag het die Geestelike Leiers van die N>G>Kerk die knie gebuig voor die minderheid, Dankie aan die groep, nie nodig om name te noem nie., wat tot skeuring en tweedrag in die kerk gelei het. Verstaan julle is nou nog nie tevrede nie en julle sal nie rus voor die Kerk skeur nie.

Faan ·

Wie kan my sê wat die Metodiste kerk se siening is oor hierdie saak?

Rina ·

GOD skep die mens ….. haal die balk uit julle oe as om in mense se persoonlike lewe te delf. As julle nie iets goed van n persoon kan se nie dan bid jy dat GOD jou.lippe moet sluit. EK is al jare klaar met die NG kerk. Tot die sondagskool het n riller geword. Nee dankie jy dwing nie n kind nie jy nooi hom of haar uit

Celia Tjaden ·

Verstom.
Lees Rom:1 vers 32 (1953/55 vert)
Net dai verse is genoeg en laat my sidder.

Riaan P ·

Ai die oordelaars… Het hulle ‘n enkele woord ingeneem wat Jesus ons geleer het?

JJ ·

Dis nie oordeel nie dis logika. Jesus sterf vir ons sondaars op die ergste moontlike manier en ons gaan net voort om aan die wêreld se lippe te hang en oor en oor te sondig nie.
Gaan bestudeer jou Bybel. Verkeerd is verkeerd.

Riaan P ·

Ek is gelukkig nie bekommerd oor my kennis van die Bybel nie. (Loer sommer bietjie na Johannes 13:34.)
As Jesus vandag geleef het, sou die NG Kerk Hom ook nie in die kerk wou gehad het nie, want Hy het immers baie van Sy tyd tussen prostitute en ander “sondaars” spandeer. Dit verduidelik ook Sy houding teenoor die sogenaamde “skrifgeleerdes” van Sy eie tyd.
Mense steek so graag hulle persoonlike haat en opinies agter Bybelversies weg en vergeet die Boodskap. Ek vermoed party mense gaan ‘n baie onaangename verrassing kry as ons eendag almal voor die poorte van die hemel staan…

Jakes ·

Ai Riaan P
Jou kennis van die skrif skiet vêr tekort as jy dink dat alle dinge aanvaarbaar is vir God en dat ons onder die vaandel van liefde en verdraagsaamheid maar net kan voortboer.
Gaan lees 1 Kor. 5 (veral v 12 en 13) aandagtig deur en dink weer oor wat die Woord ons leer. En ja, baie mense gaan ‘n verrassing kry by die wederkoms van die Here. Hy kom immers om te oordeel volgens Sy standaard.

Natalene Visser ·

Ek stem 100% saam met al die kommentare. Is self n NGKerk-lidmaat en was vir 32 jaar op die kerkrade van verskillende plekke. Huisbesoeke is uit die mode en leraars het n werk en nie meer n roeping nie. Lidmate se getalle daal en ons wonder nog hoekom. Die tragiese waarheid is, dat die Here nie meer Sy plek in meeste van ons se lewens het nie.

Daasy ·

Netso, watse gay persoon wil in elk geval deel wees van so n sirkus?

Robert ·

Dankie Namibië!
Ek lees dat 80% vd NGK lidmate die kerk verlaat. Moet asb nie, omdat julle ontnugterd is, weg bly uit ‘n kerk nie. Soek julle naaste Afrikaanse Protestantse Kerk op, en kom sluit aan.

Asjas ·

Shoe, Robert,-80%- sal graag daaroor wil lees,! Dis bemoedigend, dit beteken ons mense laat hul nie mislei nie. Haleluja.
In Kimberly is n kerk wat nog die ware evangelie leer,Ds daar is waarlik geroep. Kerk van die Nasarener. Hier word nog gebid vir sondebesef. Daars ook n reuse Ap kerk(Kruiskerk) pragtig! Ek t daar gekuier. Hier in die Kaap is drie EG kerke.
Wat so nice is- Geloftedienste word nog daar gehou. En die 1953/55 vertaling– geen dwaalleer nie. Durbanville het pragtige Afr Baptists kerk.
Geen rede om uit te mis op kerkbyeenkomste en behoudende nuwe vriende.

Marissa ·

Ek glo vas dat elkeen die reg het om sy/haar lewe te leef soos hul goed dink. Indien jy nie saamstem met selfde-geslag verhoudings nie, is dit goed so en jou oortuiging, jy is geregtig daarop. Maar moet asb nie ander mense met wie jy verskil onder die bus gooi en hul slegsê nie.

Ons sal nooit maar nooit vrede in ons land hê indien mense nie leer om mekaar op te bou en respekteer nie. Ons word elke dag gebombardeer met slegte nuus in SA, en mense kies STEEDS om te baklei en mekaar af te kraak. Ek het beter verwag van my mede-landsgenote. Swak.

Kerneels ·

Marissa, ek het al die kommentare hier bo gelees. Niemand het nerens die homoseksueles sleg gese of beledig nie. 99% het net die uitspraak van die NGK se sinode betreur. Moenie emosioneel raak nie, bedaar.

Helizna ·

So mense gaan nou voor God sweer hulle sal nooit bekeer en van hulle sonde afsien nie? En die kerk is OK daarmee. Dis die probleem, Marissa, die kruks van die saak.

PietS ·

Ek is n groot sondaar in baie opsigte, en ek sukkel om dit af te skud. Sondig elke dag.

My probleem met die gay mense is nie hul mens wees nie, maar dat hulle weier om te erken waarmee hulle besig is, sonde is. Hulle beskou dit as absoluut normaal tenspyte van wat in die bybel gepen is.

Eileen ·

Is dit nie God se werk om hulle te oordeel nie? Wie gaan voor God staan en rekenskap moet gee? Is daar nie mense wat erger sondig nie bv: saam woon ens. In elk geval, het ‘n ander se lewens styl niks met ‘n ander te doen nie – Haal eers die balk uit jou eie oog………For God so loved the world that he gave his only begotten son that WHOEVER believes in him will not perish, but have everlasting life. AMEN MARISSA

Ben ·

Ja, Eileen, God het Sy Seun vir ons gestuur; nié dat ons IN ons sonde moet BLY nie, maar JUIS dat ons van ons sonde VRY MOET word. En dit geld vir enige sonde… Ons moet in Sy genade klaarkry met sonde en ongehoorsaamheid aan God as ons die ewige lewe wil beërwe.

Herman ·

Duidelik mag so m daad wettig wees maar is dit reg in God se oë. Ek noem n paar:
Apartheid wette
Aborsie wette
Homoseksuele trou wette
Onteiening van eienfom sonder vergoeding wette
ens.

Joa ·

Die Bybel se vir ons duidelik dat in die laaste dae sal alles wat reg is, verkeerd wees en alles wat verkeerd is, sal reg wees. Baie mense se dat Jesus vir ons almal gesterf het en dit is ‘n leuen. Jesus het gesterf vir die wat in Hom glo en daarom sal jy gered word. As iemand nie in Hom glo nie, dan glo hulle ook nie dat Hy vir ons sondes gesterf het nie en hulle gaan voort met die sonde.

Gemmer ·

Julle noem julle self mense van God, maar kyk hoe gaan julle aan……………. dis eerlik om van skaam te word. Dis maklik om vinger te wys as bietjie na julle self te kyk, en hoop eerlik God kan julle vergewe vir julle manier van op tree.

Kerneels ·

“Manier van optree”…? Wat bedoel jy daarmee. Die meerderheid christene hierbo erken hul sondigheid en afhanklikheid van ons Hemelse vader. Hulle wys net ter reg wat in die bybel staan, Gemmer. Ons oordeel nie, ons se net wat se die bybel wat reg en verkeerd is. As dit jou ongemaklik laat voel, is ek jammer vir jou.

Herman ·

Die saak en ander mag wettig wees in SA maar is dit reg in God se oë. Voorbeelde:
Apartheids wette
Aborsie wette
Selde geslag huwelik wette
Onteiening sonder vergoeding wette
ens.

ekke ·

Ek is so bly dat die NG KERK in Namibia nog die Bybel lees soos dit daar staan. Was Sondag in die kerk en die dominee het sy bes probeer om ons te breinspoel dat dit `n swakheid is van die lidmate wat daarteen gekant is, en dat die Bybel nie so direk gelees moet word nie. Ek is jammer daar is net een manier om Die Bybel te lees, dit wat daar staan. Dit is `n griewel in die oe van DIE HERE.

Liamari ·

@ Marissa jy is verkeerd elkeen kan nie sy lewe leef soos hy wil nie. As jy ‘n gelowige is behoort jy aan Hom, en is jou identiteit in Christus. Dis juis die gays wat hulle siening en leefwyse op ander kom afdwing en selfs hof toe gaan om dit reg te kry. Hulle is die wat liefdeloos is, wat bereid is om ‘n kerk te skeur sodat hulle hul seksueel kan uitleef. Deurdat hulle ontken dat dit sonde is, bekeer hulle hulself nooit nie.

Susan ·

Stem saam. Waarom net een soort sonde uitsonder en die skuldiges veroordeel? In my gemeente sien ek mense met ernstige drankprobleme, oneerlike sakemanne, geskeides, ongetroude saamwoners, ski ndertonge, luies, werkverslaafdes, ongehude moeders, rokjaers. Ons almal sukkel met een of ander sonde. Ons almal is afhanklik van God se genade. Waarom dan net homoseksualiteit uitsonder as die Groot Onvergeeflike Sonde?

Gaitsigubib ·

Jy self sonder hierdie sonde uit Susan. Dis dan die sonde waarmee mens kan aanhou en waarop jy trots moet wees. Al die ander moet jy onmiddelik staak en vergifnis vra.

A H Klopper ·

Dries.
Die NG Kerk het nou die status van n Eli bereik. Eli wat die wandade van sy seuns Hofni en Pinehas goedgekeur het en die Here vra aan Eli : Waarom eer jy jou seuns meer as vir my. Die tragiese einde is dat God hulle diens tot n einde bring. Hulle sterf al drie op een dag.

Herman ·

In SA is hiedie dalk wettig maar soos baie ander sake is dit reg in God se oë. Ek noem n paar:
Apartheidswetgewing
Aborsiewetgewing
Selfdegeslaghuwelikwetgewing
Onteiening van eiendom sonder vergoeding wetgeeing
ens.

E.K. die eerste ·

Ag tog, kerke moet hul bepaal by die liefdevolle boodskap uitdra en te sorg dat die armes in die gemeente gehelp word. Los ALLE ander dinge uit. Politiek, mense se seksuele voorkeur… gebruik jul tyd en geld om armes te help en op te hef en verder NET ‘n boodskap van liefde uite te dra. Sela

Dries ·

Die NG Kerk het nou ‘n Eli staus bereik, wat die wandade van Hofni en Pinhas toelaat.
Dit wek die Here se toorn, en Eli en sy nageslag verloor hulle priesterlike status. Die Here vra aan Eli : Waarom eer jy jou seuns meer as vir My ? Eli en sy twee seuns sterf ook op een dag.

Jan ·

Die NGK het ‘n grillerige kerk geword. Dankbaar ons is in 1995 al daaruit, hartseer dat ons moes gaan a.g.v. skrifdwaling en wolwe in skaapsklere wat die gemeente kom verwoes het. Almal wat nou uittrek, moenie julle vertroue in God en Sy woord verloor nie. Ek bid julle seën toe.

Frik Lotz ·

Die NG-Kerk van Namibie staan vas op God se Woord en dis hoe dit moet wees. Doen so voort en hou aan om sterk te staan! Die NG-Kerk in Suid Afrika het heeltemal die pad byster geraak en is op die pad van selfvernietiging.

Snip van Joburg ·

Ja en dan is daar die wat elke Sondag met n vroom gesig in die kerk sit en sodra hy by die huis kom is hy n ander mens. Mans en vrouens. Gaan jy kerk toe om die woord te hoor of om te kyk wie in die kerk is. Hou op vingers wys want 3 wys terug na jou toe. Jy sondig in elk geval om te oordeel.

marous ·

Ek gaan definitief nie kerk toe dat ‘n leraar wat die Woord verdraai sy of haar weergawe in my keel afwurg nie .

E.K. die eerste ·

Netso Snip – my kommentaar natuurlik weer skielik nie hier nie. En ek het NIKS vreemds geskryf nie maar so is dit…

Liberaal ·

Die gay-kwessie gaan nie verdwyn nie, dus moet die NG-kerk bykom met tye en dit aanvaar. Waar in die Bybel noem dit om homoseksueel te wees is sonde?

Waarheid ·

Oa in Genesis 19, Lev 18 en 20, Romeine 1, 1 Kor 6, 1 Tim1, Judas. Lees, glo en gehoorsaam God se waarheid.

se maar net ·

geen pastoor dominie of wat ook al kan homself n christen noem as hy twee gays in die huwelik tree nie dit sal n groot gruwel in die oe van god wees

marous ·

Breek weg . Dit is ‘n naam vir ‘n vereniging waarmee baie mense nie saamstem nie . Punt

Ratkas ·

Die kerk se baie oor hierdie kwessie, maar niks van paartjies wat saam bly en saam slaap nie? Hulle se ook niks van pakslae wat verban is nie.

Foxi ·

ALLES wat Siener van Rensburg voorspel en gesien het, is tot op hede 110% in die kol.
En daar is nog meer……..en dis skrikwekkend!

Huisgodsdiens ·

In die 230+ kommentare op die vorige berig is daar duidelik bewys dat gewone mense die Bybel baie beter ken as die spul kerke, sinodes en hulle leraars altesame. Mense skei hulle af van die gruwels van die kerk omdat die kerk lankal deur die wêreld ingesluk is.

Realis ·

Siek besigheid……stig af en begin eie kerke wat op waarheid gebou is. Stem saam dat NG kerk oppad uit is………ek is in elk geval daar uit

Nettie ·

Ek wonder hoeveel van die anti-gay kommentators op hierdie blad is geskeide mense? Want in die Bybel word egskeiding OOK VEROORDEEL. Wie is ek, of jy, om enigsins ‘n klip op te tel en dit te gooi na iemand anders omdat daardie persoon NIE in ‘n heteroseksuele verhouding kan of wil wees nie? Wat van aseksuele mense, soos ek? Is ons ook onredbare sondaars?

Kerneels ·

Die verskil is die geskeides, bedrieers, diewe en moordenaars wat diepe berou het oor hul sondes, en dit belei met opregte eerlikheid voor God, kry vergifnis. Gay’s nie – hulle dink daar is niks verkeerd mee nie.

Zachrys ·

Die sondes wat jy noem bly sondes, maar die gay een word in ons kele afgedwing as nie ‘n sonde nie… Dis die probleem!

John Jolifion ·

Ek verbaas my elke keer hoe ‘christelik’ mense word wanneer die gay kwessie geopper word en hoe die stroom die-Bybel-sê-dan-kommentaar van wie weet waar aangedwarrel kom – net soos ‘n warrelwind. Dit raak aan’t skelle en skreeue en die arme NG kerk word van alle kante weggewyk soos die Satan self. En vir jare het dieselfde drommels Sondag vir Sondag “Prys die Heer met blye galme” gesing met (heel waarskynlik) ‘n gay orrelis (manlik of vroulik – die oujongnooi….onthou?), en die Vader behoede ons, ‘n in-die-kas gay dominee – jy het net nie geweet van sy hel nie. Dalk het hy jou kinders gedoop, jou getrou en jou geliefdes begrawe. Wat nou? Maar, o wee, die verontwaardiging! Doen jy regtig als wat in die Bybel staan? Regtig? Moet dominees resente navorsing sommer net ignoreer? Lees gerus Prof. Willie van Aardt se brief in vandag se Beeld. Sy bydrae tot die debat is na my mening nog nie regtig gehoor nie en is inderdaad ‘n “deal breaker.” Dit val byna in die kategorie van: moet ek die Bybel glo dat die aarde op vier pilare staan, of kan ek maar glo die aarde is rond? Ek daag Maroela Media uit om ook sy brief te plaas.

John ·

… pilare kom in baie vorme en stowwe. Wetenskaplikes kon nog nie enige geen met homoseksualiteit verbind nie. Die Bybel praat van ‘onnatuurlike liefde’ in die laaste dae. Waarom wil die glo verligtes en postmoderniste nie hul eie kerkies begin nie? Alles moet net om hulle gevoeltes draai. So diegene wat konserwatief is kan maar loop en dan besit hulle die kerk. Hierdie selfde verligte dominees dink hulle kan so hul poste en perks red. Wag en kyk. Om mense op ‘n dwaalspoor te lei word deur die Bybel in ‘n ernstige lig gesien…

Susan ·

Hoor hoor John J, ek het ook die brief gelees. En daar ís NG dominees wat hulle steur aan wetenskaplike studies en wonder waarom dit nie in aanmerking kom in kerklike debatte oor homoseksualiteit nie. Die andersheid van gays het te make met hormonale wanbalanse tydens die swangerskap en is nie geneties van aard nie. Gay mense bly getuig: ek was maar altyd so, ek het dit nie gekies nie. En jy, mens wat nie gay is nie: op watter ouderdom het jý gekies om heteroseksueel te wees? O…so jy het nie doelbewus gekies nie? Maar jy meen homoseksueles het ‘n keuse uitgeoefen? Nou toe nou…..

Gaitsigubib ·

Susan ek sien die aandag word doelbewus netjies van die punt afgetrek om in n totaal nuwe argument te ontaard. Is gay geneties of nie? Kan jy kies om gay of straight te wees? Aanvaar of veroordeel mense gays? Hoeveel mense is eintlik n gay in die kas of nie? Wie lieg en wie nie? Ek het al soveel maal gehoor, “jy mag nie oordeel nie”, dat ek begin dink dit beteken “jy mag nie jou bybel lees nie”! Die vraag wat gerieflikheid onthalwe, nie deur jou gevra word nie is; “wat se die Christelike bybel daarvan”? Moet julle nie vir n slag ophou tik en besluit of jul nog die bybel wil lees of nie en of jy dan jou gees wil oopmaak vir wat daar geskrywe is en of jy dit eerder wil verwerp? Die keuse is mos joune.

Gert J ·

Die NG kerk preek in elk geval nie die evangelie soos Christus dit gepreek het. Hulle doen ook nie wat die se hulle moet doen nie. Hulle is besig om teen God te rebeleer om mense tevrede te stel. Sonde bly sonde en niks kan dit verander nie.

K P ·

Ek wil graag weet hoekom net die NG kerk en geen ander kerk getakel word oor die gay regte. En dan word daar nie n woord gerep dat n land soos Uganda gay’s gaan teregstel. Dit is vir my net baie verdag dat net die NG kerk aangevat word. Sal graag wil weet wat sê Moslems oor gay regte

stefan ·

NG kerk lidmaat vra jou dominee om standpunt in te neem en die Bybel bo die grondwet te verkies. Meeste dominees sal nie want hulle gaan lidmate verloor. en GELD verloor. Dis waaroor die NG kerk gaan. GELD

Kerneels ·

Nope. Jy sal verbaas wees hoeveel (veral) plattelandse NG kerkrade ferm standpunt ingeneem het, stefan.

Drikus Kotze ·

2 Tim 4: 3-4 “want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. “

Stormrider ·

Ons mag nie mense verstoot op grond van hulle seksuele voorkeure nie. Kan jy miskien jou voorkeur verander? Jy kan nie, dis wie jy is! Gay mense leef met wroeging omdat hulle tradisioneel onder andere se veroordeling moes leef.

Die Bybel is ‘n refleksie van populistiese sienings eeue terug. Wie het nogal namens God besluit presies wat Sy siening rondom gays is? Met ‘n paar uitgesoekte teksverse wil ons ander mense veroordeel en van hulle basiese mense-regte ontneem?

Verdraagsaamheid, aanvaarding en liefde vir ons medemens is Christus se boodskap. God kyk na die hart, die siel en die gesindheid – nie na die fisieke voorkeure nie.

Waarheid ·

Jy is verkeerd. God is GOD en Hy maak Sy wil vir die mens aan ons bekend deur Sy Woord wat sal voortbestaan tot in alle ewigheid. Ja, Hy sien die hart van die mens aan, maar Hy sê ook dat dié wat Hom liefhet Sy gebooie sal onderhou. Gehoorsaamheid is vir God van alleruiterste belang.

Marius ·

Inge ons is in die NGK oor wat ons glo en die Bybel vertolk hoekom moet ons verander om aan te pas by wat hulle glo?As hulle glo niemand stop hulle om hulle eie kerk te begin hoekom ‘n kerk se beginsels wil verander?

JHN ·

Die NG Kerk van Namibië se onder andere dat “Ons glo heelhartig dat die Bybel alle seksuele verhoudings buite die huwelik as sonde en opstand teen God se wil veroordeel”.

Nou is my vraag, indien NG Kerk Namibië (of enige ander kerk) so sterk daaroor voel –
Waarom trou die kerk ‘n man en ‘n vrou, wat voorhuwelikse seks (as voorbeeld van sonde) gehad het?
Hoe kan die kerk ‘n man en ‘n vrou, wat voorhuwelikse seks gehad het, ‘n amp laat beklee?
Waarom trou die kerk ‘n man en ‘n vrou wat al voorheen getroud was of wat buite egtelike verhoudings gehad het?

Inteendeel, as elkeen van ons se troue, doop, die aanstelling in ‘n amp, belydenis en die gebruik van sakramente moes afhang van die sonde wat ons (op ‘n daaglikse basis) pleeg, twyfel ek of enige een van ons sou slaag.

Ek bid spesiaal vandag vir die kerke, die gemeenskap van gelowiges en vir elkeen wat nog sy of haar plek vind – ons het almal (in die tyd waarin ons leef) God se genade en liefde nodig.

My opinie ·

Almal wat gays blindelings veroordeel is oningelig en julle self is ‘n klomp huigelaars en skynheiliges. Gays is nie gay omdat hulle so wil wees nie. Dit is hoe God hulle geskape het. Het God ‘n fout gemaak? Dis nie ‘n keuse nie. Indien julle met my verskil stel ek voor dat julle eers perspektief kry oor die onderwerp en ‘n bietjie selfondersoek doen voordat julle blindelings veroordeel. Daar is nie ‘n pilletjie of berading of terapie of ‘n gebedskring wat dit gaan verander nie. My kind is gay en ek verseker julle, dit is nie uit keuse nie. Hulle verdien nie om deur die kerk of die samelewing veroordeel te word nie. God sal nie iemand veroordeel wat hy self geskape het nie. Wat gee julle die reg om dit te doen? Baie van hulle is beter mense as van julle wat so gou is om te oordeel sonder om twee keer te dink hoe seer julle mense maak. Stenig my maar, ek kan dit vat. My kind verdien dit nie, hy is ook ‘n kind van God.

Kerneels ·

Ek stel dit duidelik en ondubbelsinnig: Die Here maak nie gays nie. Hy maak mans en vroue. Onlangse wetenskaplike studies wereldwyd het dit nou al meer as een maal onteenseglik bewys. Daar bestaan net ‘n X- of Y-kromosone. Geen XY nie. Punt.

Anoniem ·

Ek stem nie met jou saam nie. Wil jy nou vir my se dat God n gay geskape het omdat God wil he hy moet gay wees net om hom later te straf. Nonsens dit is nie Die God wat ek ken nie. Alles wat God geskape het is goed. Die mens is volgens God se beeld geskape en wat jy nou se is dat God nou eintlik ook gay is. Jammer maar jy maak een groot fout die mens word gebore in die sondige natuur en die mens kan die kwuse maak wil ek of wil ek nie in my sondige natuur voort lewe en dis waar die bekering inkom. My liewe mens ek voel vir jou want jy het jou kind lief en ek sal ook my kind lief he as hy gay was maar ek sal ook my plig as ouer doen en hom daarop wys dat sy handelinge verkeerd is en dat hy sy lewe moet regkry want ek oordeel nie maar sy loon gaan hy kry net so ook met enige ander mens wat net voortgaan in hul sondige natuur.

Stormrider ·

‘My Opinie’ ek moet 110% met jou saamstem. Stoere, geindoktrineerde mense probeer jou voorskryf hoe om jou gay kind te hanteer of te ‘rehabiliteer’. Hierdie idiotiese indoktrinasie is so diep ingeprent dat daar geen hoop is om hulle opinies te swaai nie.
Draai jou rug op hierdie leviete, sorg vir jou gay kind en vou die kind in liefde en aanvaarding toe! Dis jou opdrag van God af en jou grootste verantwoordelikheid! Mag God se vrede en liefde tot in alle ewigheid oor jou en jou kind skyn!

Bybel by die huis ·

Uit die 230+ kommentare op die vorige artikel hieroor is dit duidelik dat daar soveel gewone mense is wat hul Bybel baie beter ken as die NG Kerk se sinode en leraars tesame. Baie het die kerk reeds verlaat en bestudeer hulle Bybels privaat.

Celia Tjaden ·

Verstom.
Lees Rom:1 vers 32 (1953/55 vert)
Net dai verse is genoeg en laat my sidder.

Jollies ·

N paar jaar gelede was daar n program op die radio waar hul met sekerheid gesê het dat 10% van die NG PREDIKANTE is gay!!! Nou wat verwag mens dan anders?!!! As dit waar is het dit al met n hele paar persentasies verhoog. Leiers het verleiers geword!! Wee hulle!!!!

Casper ·

Ons weet dit gaan alles gebeur, want dit staan so in die Bybel. Ons is net onsteld dat dit nou al gebeur in ons tyd.!!

Jacobus ·

Ons gaan nou die tyd in met vals profete en die verdraaing van die Woord van God.

Leuns word nou die waarheid en die waarheid word nou leuns.

Die vervolging van ware Christene word nou verskerp en genadeloos met passie uitgevoer.

Die geloof van Christene gaan nou tot die uiterstes beproef word; ons gaan donker tye binne. Psalm 23 van die 1933/53 vertaling laat my nou dink aan al die moelike tye wat voorlê, maar ons sal die donker oorwin.

Laat die Woord van God ons lei, bemoedig en versterk.

Psalm 23 – Die Here is my Herder.

(1) ‘n PSALM van Dawid. Die Here is my Herder; niks sal my ontbreek nie. (2) Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. (3) Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van GEREGTIGHEID, om sy Naam ontwil. (4) Al gaan ek ook in ‘n DAL VAN DOODSHADUWEE, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (5) U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. (6) Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Gelukkig Kerkloos ·

Is ‘n Christen en het reeds op skool waargeneem dat die kerk die Bybel verdraai. Die kerk is ‘n klub genaamd Babilon, besmet met Fariseërs. Het die kerk reeds op skool verlaat. Bestudeer die Bybel reeds van skooldae af en ken die Woord beter as al die kerke se ‘leraars’ tesame. Sal my deur geen kerk laat voorskryf nie en weier om my voete in ‘n Baältempel te sit wat boonop liberale (gelykheids) teologie verkondig. Die spul kerke en die gays kan maar maak wat hulle wil. Dit staan reeds so oor hulle geskrywe. Ek sonder my af en hou my apart.

Hoe sê ·

Hulle bring ‘n vrou by Jesus wat in owerspel betrap is Jesus sê die wat sonder sonde is moet die eerste klip gooi niemand gooi nie want niemand is sonder sonde nie toe sê Jesus ek veroordeel jou ook nie gaan dan heen en hoereer rustig voort dit is wat die gays wil hoor NEE GAAN DAN HEEN EN SONDIG NIE MEER NIE BETEKEN NIE EK IS OK MET JOU OWERSPEL NIE

Right ·

Iemand het duidelik die plot bietjie verloor. En met ‘bietjie’ bedoel ek BAIE… Of Hoe sê ek…?

Penelope ·

Ek is in ‘n NG Kerk in Rustenburg en ek sal daar bly. Ek gaan kerk toe om die Here te dien saam met my medegelowiges, ek neem deel aan kerkfunksies en ek gaan huistoe.
Ek raak nie betrokke by politiek of enige iets anders behalwe om kerktoe te gaan vir my boodskap van die Here af. Ons mag nie oordeel nie, so ek bepaal my by my verhouding met my Here en ek leer om die son oor ander se koppe te sien skyn.
Ek stem ook nie saam met hierdie spesifieke aangeleentheid nie, maar daar is ander probleme in ander kerke ook. Ons het ‘n wonderlike leraar en hy het elke week ‘n boodskap vir elkeen…. moet al die leraars wat nie saamstem nie skielik bedank uit die NG Kerk? Ons moet dink hoe moet hulle ook voel, want hierdie besluite word soms vir hulle gemaak. Ons gemeente se samehorigheid en omgee is so groot dat mens nie anders kan as om jou nie aan die stories te steur nie. Bid jou bid en glo soos wat jy glo, daar is baie sondes daar buite en ons kan nie oordeel oor wat is groot en wat is klein sondes nie…. Ons is almal sondig. Moenie dat hierdie probleem gelowiges uitmekaar skeur nie, dis wat die duiwel wil he. Solank ek self rekenskap gee van my lewe eendag. Jy hoef jou nie op te hou met hierdie persone nie. Leef vir God.

Payday kom! ·

Sou graag wou hoor wat se die Ng kerk in
Orania?
Dis in elk geval n onding dat sinode se, elke gemeente kan sy eie besluit maak.
Watse babelse verwarring is dit?
Wil nie lidmate verloor? Staan vir niks val vir alles!
Payday kom!

Nika ·

Lev 18:22 – Jy mag nie lê by n maspersoon soos by n vrou nie. Dit is verwerplik.
Lev 20:13 – As n manspersoon lê soos n mens met n vrou doen, het hulle albei n verweplike daad gedoen. Hulle moet tereggestel word tot die dood toe. Hulle bloed sal op hulleself wees. 1 Kor 6:9-10 – Of weet julle nie dat bose mense die Koningkryk van God sal erf nie? Moenie mislei wees nie! Geen persoon wat vrye seksuele gemeenskap beoefen of beelde aanbid of buite sy huwelik seksuele gemeenskap het of seksuele molesteerdes of homoseksuele of valses of diewe of dronkaards of moeilikheid makers of uitbuiters sal die Koningkryk van God erf nie.
God bly onveranderlik, en gaan lees maar in Openbaring 22, jy mag nie die Woord van God verander nie, die wat nie die Wet van God kan onderhou nie is nie lief vir die Here nie.

Right ·

@Nika
Lev 19:19 “Gehoorsaam al my gebooie. Moenie jou diere kruis met ander soorte diere nie. Moenie twee soorte saad op een land plant nie. Moenie klere dra wat van twee verskillende soorte materiaal gemaak is nie. ”
Volg jy dié wette?

Lev 11:10 “Seediere wat nie beide vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie. Julle moet hulle verafsku. 11 Hulle sal altyd vir julle verbode wees. Julle mag nooit hulle vleis eet of selfs aan hulle dooie liggame raak nie.”
Wat van ‘n ou mosseltjie of garnaaltjie? Nog nooit geëet nie?

Ef 6:5 “Slawe, wees gehoorsaam aan julle aardse eienaars. Respekteer en eerbiedig hulle sonder om skynheilig te wees. Gehoorsaam hulle soos julle Christus sou gehoorsaam.”
Die Bybel (God?) het geen probleem met slawerny nie.

Eks 20:14 “Moenie egbreuk pleeg nie.”
Het jy iets gesê toe die NG Kerk besluit het dis reg dat mense mag skei? Skryf jy elke keer ‘n Bybelversie neer as ‘n Dominee sy vrou verneuk?

Wat van die keer toe die NG Kerk Bybelversies gebruik het om Apartheid goed te praat?

Mense moet nou besluit of ál die Bybelversies geldig is, of net die wat hulle persoonlike opinie en argumente ondersteun…?

Draai om ·

Kan ek n voorstel maak? Almal wat lid by Ng Kerk is of was– skryf n brief van beswaar, moenie stilbly nie. Bedank en stop geldgee. Moenie die bose befonds!
Ek het Rom 1:32 gelees en sidder.
Ons gaan wel verantwoording doen.
Ons kan vir onsself dink, verstaan die Bybel en glo dit.
Daars nie twee wee nie, net een.
Ons het nog n kans om te bekeer! Dis genade.

koos ·

Die Heer innig dankbaar vir die siening van die NG Kerk van Namibia asook die oortuiging van hul gemoed om dit in die media bekend te maak, selfs met name daarby. Ons is ook bewus van leraars binne die grense van SA wat soos hulle daaroor voel en gevolglik ook baie dankbaar daarvoor.
Die vraag kan met reg gevra word hoe dit moontlik is dat so “n groot getal leraars, of dan te wel die NG Kerk van Namibia so voel oor die onderhawige saak en dit dan as “n sondige daad aan die hand van die Bybel oordeel terwyl hier in SA sommige leraars dit as “n gawe van God beskou.
Baie sterkte U in Namibia toegebid, die Heer sal U bewaar en nooit alleen laat nie.
Sterkte aan die gemeentes in SA wat maar veg teen duister magte, ook U is nie alleen nie, dieselfde God sal U beskerm teen die verkeerde.

Stormrider ·

Ek is straight maar ek weet dat dieselfde God die gays lief het en sal bewaar teen die haatspraak wat oningeligte en geindoktrineerde mense oor hulle uitspreek. God sien die hart, verstand en bedoeling van ons almal se harte.

George ·

Ek het op die ouderdom van 19 aanjaar aan ‘n Dominee bely dat ek Gay is.
Dit was voor ek enigsins romanties met enige man in my lewe was.
Ek het dit geweet op 19.

My pad daarna was vol vrae, verwerping, gespreke met Dominies, Sieklundiges Vriende en die Here. Soms was ek net alleen, so alleen dat ek my self aan die slaap gehuil het. Biddend op my knie het ek gevra vir die versoeking om verby te gaan.

Die siening van ‘Let’s pray the gay away’ het nie plaas gevind nie – Ek het gebid – die Here alleen weet hoe ek gebid gehuil en gesmeek het.

Niemand hierbo wat dit nie self ervaar het nie, het die reg om iets oor gay persone te speek nie.

Moet nie namens mense besluit of opinies lewer as jy nie weet hoe dinge aan die ander kant van die spektrum is nie. Gelowiges wat ook Gay is. Ons het die grootste struweling binne in ons, elke dag – Jammer as ek names Gay mense praat wat nie saam my stem nie.

NS. Indien julle rerig wil help- Die aanvallende manier is nie die manier om dit te doen nie…

So ek probeer nie die besluit van die NG Kerk reg of verkeerd praat nie . Ek sien net dit is baie maklik om ‘n opinie te lewer waar mens nie weet hoe dit werklik is in die lewe van ‘n ander persoon nie

Stormrider ·

George daar is niks onder die son met jou fout nie! Gaan in vrede en leef in liefde teenoor mense en verootmoedig jou voor jou Skepper! Jy is vrygespreek deur die bloed van Christus soos almal anders! Jy is ‘n waardige en volwaardige kind van die Here!

Right ·

@George – Presies. Uitstekend gestel. Op die ou einde van die dag is die saak tussen jou (of my of enige van die ander mense hier) en God/Jesus. Hulle kan nie jou hart/siel sien nie. Hulle kan nie besluit of gaan jy die Ewige Lewe erf nie. As jou hart reg is – basta met die res. Jesus het allermins gesê daar is net een manier om in die hemel te kom. Al die oordeelaars vergeet dit. Hulle vergeet dis ‘n God van LIEFDE nie van verwerping nie.

Yvette ·

n Christen verskil 100% van n ware wedergebore kind van die Here.

Right ·

@Stormrider – en daai is ‘n voorbeeld wat pragtig wys hoe ‘n “kerkmens” verskil van ‘n Christen. Dankie Stormrider. Jy gee hoop vir Christenskap!

AB ·

Stem saam. Dit is sonde. Die vermengings evangelie van Billiam!

Pine Pienaar ·

Wat vir my ‘n hoogte punt moes gewees het, het ‘n teleurstelling uitgedraai. Ek het die Algemene Sinode as ‘n besoeker bygewoon en kon geen insette lewer nie. Daar is geen woorde waarmee ek my teleurstelling met die besluit van die NG Kerk oor selfde geslag verbintenisse, kan uitdruk nie. Daar blyk ook geen nut te wees om die aangeleentheid weer voor te lê nie, hulle is slegs bereid om op Streek Sinode vlak hulle besluit te verduidelik aan die “fundementaliste” wat in elk geval nooit iets sal verstaan nie. Ek is een van laasgenoemdes en sal my heil êrens anders gaan soek waar mense nog die verskil verstaan tussen die begrippe “sonde” en “sondaar”…waar eersgenoemde onaanvaarbaar is en laasgenoemde hoogs aanvaarbaar is.
Dis om van te huil.

Dankie en Bye ·

Mederheid van julle leef seker ‘n baie sad lewe. Die mensdom oordeel tog so graag, want deesdae dink almal hulle is dominees, letterlik lagwekkend! Ek het ook groot geword in ‘n NG gemeente en sal beslis nie my kinders grootmaak in die NG kerk nie juis oor al die mense wat maak asof hulle die Here dien en heel voor in die kerk bank sit elke Sondag, maar sodra die klok slaan, weer hulle self is. Meeste van die mense in die NG kerke hou elke Sondag ‘n kompetisie oor wie lyk die mooiste of wie het die meeste geld. Shame so sad LOL. Geen homoseksuele persoon kan help wat hulle voel of teen wie hulle aangetrokke is nie, so dié van julle wat dink julle het ‘n opinie asb bly stil want julle is letterlik ‘n joke. God aanvaar ons elkeen soos wat ons is. Ek wonder hoe baie van julle het geleef in die tyd toe die bybel geskryf was? Want as ek so lees hierbo dan moet van julle al redelik oud wees.

Natasha ·

Goeie werk NGK Namibië. Die Baptiste kerk neem ook sterk standpunt teen dieselfde geslag verhouding in.

Ronell ·

DANKIE EN BYE: Ek wil verskil van jou: Ek het nuus vir jou, dit is nie net in die NG kerk wat mense voorgee nie, dis oral. Duidelik het jy ‘n stel afgetrap by jou NG gemeente, en dis jou keuse om so te voel, maar moenie almal onder dieselfde kam skeer nie.
Dis lagwekkend as mense die kerk verlaat agv een of ander lidmaat of politiek in die gemeente. Waarom gaan jy kerk toe? Ek gaan kerktoe om te luister na die woord van God, Hom te dien en ‘n boodskap te kry. As die kerk uitkom, dan gaan ek huistoe, ek hou my nie op met die wat probeer mooi lyk of skynheilig is nie…. inteendeel dit hoef jou nie te pla nie…. dis nie die punt nie. Ek hoop dit maak sin vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.