NG Kerk neem finale besluit oor gays

Argieffoto

Argieffoto

Die NG Kerk het Vrydag die finale besluit oor sy beleid oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag aangekondig.

Die 16de Algemene Sinode van die NG Kerk het vandeesweek vergader om die kerk se finale beleid ten opsigte van homoseksuele verhoudings en die huwelik te vestig. Die kerk het Vrydag in ʼn verklaring aangekondig dat alle hetero- en homoseksuele mense wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef, ten volle mag deelneem aan al die voorregte en gebruike van die kerk.

Die kerk sal egter slegs ʼn wetlike verbintenis tussen ʼn man en ʼn vrou as ʼn huwelik beskou. Volgens die kerk se besluit sal daar wel erkenning verleen word aan die status van burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag. Predikante “wat hul weg oopsien”, kan hierdie verbintenisse bevestig.

Die kerk erken ook dat daar verskillende standpunte oor verhoudings en burgerlike verbintenisse tussen twee persone van dieselfde geslag is en het weer kerkrade se reg bevestig om hieroor hul eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël. Die Sinode het ook versoek dat verskille oor homoseksualiteit binne gemeentes “in die gees van Christelike liefde” hanteer word.

“Die Algemene Sinode bied hierdie besluite oor selfdegeslagverhoudings aan met nederigheid ná ʼn ernstige soektog en as die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan,” het die kerk in ʼn verklaring gesê. “Die Algemene Sinode versoek lidmate, gemeentes en kerkvergaderings om weereens op ʼn selfstandige soekproses na die toepassing van die boodskap van die Bybel hieroor te gaan.”

Die kerk het aangedui hoewel dit die finale verklaring van die kerk se amptelike beleid is, sal daar nog klein veranderings aangebring word om die standpunt te verfyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

275 Kommentare

Cheryl ·

Snaaks dat gay mense alle voorregte mag gebruik in die NG kerk, maar toe ek 18 jaar terug ‘n buite egtelike seun gehad het het die NG kerk geweier om hom te doop, wil dit bynoem ek was ‘n lidmaat van die kerk, van kleintyd af. Waar trek mens die lyn….

Adriaan ·

Ja dit was 18 jaar gelede, intussen het die Kerk ook ander lig ontvang deur navorsing, gebed en glo dit nou of nie, ook deur die werking van die Heilige Gees, ons dink anders, glo anders, oortree anders. Ek dank God dat ek nie aan ‘n verstokte dinosaurus organisasie behoort nie maar aan die lewende en kragtige Liggaam van Christus.

Dirk ·

Snaakse god wat jy het. Gelukkig het my Here in Sy Woord my die versekering gegee dat Hy gister, vandag en more dieselfde is en bly. Hy is onveranderlik. Ek weet wat Hy van my wil he en ek weet wat ek van Hom kan verwag. Ek wonder nooit oor watter surprise more daar om my kan wag nie. Geniet jou god ek sal my onveranderlike Vader eerder aanbid. Verder wag ek vir die wederkoms van Sy Seun en my Koning om die leuen te kom vernietig.

trekkerband ·

“God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets se en dit nie doesn nie?” (Num 23:19)

“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb 13:8)

Gevolgtrekking: Daardie “verstokte dinosaurus” wat ek ‘n suiwer kerk noem is deur al die eeue nog steeds op die regte pad deur die leiding van onse Here Jesus Christus.

Dirk ·

Adriaan

Waar kom jy aan daardie boel, Eerste plek het die Die Here het Abaraham se geloof getoets. En hy het daardie geloog beloon met die voorsiening van ‘n plaas vervangende offer. Dan het Abraham geweet sy broerskind Lot is in die stad wat die Here wou vernietig. Uit respek het hy die Here gevra om die een gelowige te spaar. Wat toegestaan was. DIE RES IS VERBRAND. Abraham het nie ingetree vir die godelose nie. Hy wou Lot se reding bewerkstellig. Hy doen dit met ‘n reeks van vrae totdat hy kom by Lot. Iewers verskil jou bybel van myne.

Adriaan ·

Dirk, dis nie ons Bybels wat verskil nie, dis ons interpretasies. En ons interpretasies is die gevolg van ons verwysingsraamwerk (insluitend ons kennis, agtergrond, ervaring, kwalifikasies, ens.). Aan die ander kant, miskien is jy reg dat ons Bybels verskil want my weergawe (die Hebreeus en Afrikaans) praat van 10 gelowiges en nie een nie. Op die ou end is drie gered (Lot en sy twee dogters) en ek vertrou jy weet wat die gevolge daarvan was.
Gaan lees gerus Abraham: The World’s First (But Certainly Not Last) Jewish Lawyer deur Alan M. Dershowitz – briljante werk.

Cheryl ·

Adriaan dankie vir die mooi antwoord.. As die Heilige Gees in werking tree, verander soveel sake. Jesus seen jou.

Johan ·

Vreemd , klompie jare gelede was selfs dans sonde, nou is dit aanvaarbaar…..geen sport was toegelaat op ‘n Sondag…geen winkels oop op ‘n Sondag….nou is dit algemene praktyk. Eers was die Charismatiese en Pinksterkerke sektes, nou word hulle aanvaar. Eers was apartheid goedgekeur… nou is dit sonde!!!Nou kan almal maar maak soos hulle wil..gays ook!!! Wel, jy hoef nie my te antwoord nie, want die wat dit goedkeur is saam skuldig aan die ja-stem. Gelukkig het die Bybelse waarhede nie verander nie..nie jy of ek kan daar verby kom nie…God het dit gespreek en so sal dit bly, want hy verander nie. Ek praat plat want ek stel nie belang in die Teologiese uitleg van sekere tekste nie, want Teologie word verkondig en nie die Bybel nie. So die NG Kerk het finaal my steun verloor…soek is uit.

Adriaan ·

NG Kerk ek is trots op jou, soos altyd is jy bereid om standpunt in te neem selfs al ontstel dit die meerderheid. Moenie bekommerd wees vir die baie klippe nie, die waansinnige antwoorde, die emosionele moddergooiery en sleg sê nie. Ek herinner my Jesus het gesê hulle het die profete soortgelyk behandel. Julle eksegese was puik gedoen. En o terloops, ek is nie gay nie, is 30 jaar getroud met dieselfde vrou, die enigste een met wie ek ooit seksueel was. Ek sien waarskynlik meer van die meeste wat hier kommentaar lewer se kinders in my spreekkamer wat dan by my pleit: My ouers mag nooit weet nie, hulle sal my haat, my wegjaag, my vervloek. Al wat ek het is Here Jesus, Seun van die lewende God, wees ons sondaars genadig.

Dirk ·

Jammer vir daardie bloedjies. Myne sal ek die huis verbied. Hulle ken die waarheid en as hulle dit verloën kan hulle jou maar betaal om daardeur te kom. Sterkte met jou leuen verspreiding of is dit bevestiging.

Adriaan ·

Jammer Dirk, ek word nie betaal nie, Jesus het my geleer ‘verniet het jy dit gekry, verniet moet jy dit weggee’. Genade is soos manna, daar is net genoeg vir elke dag, jy kan dit nie oorhou nie, daarom vra ek elke dag my porsie en deel dit met soveel as wat ek kan. Dis maar al.

Carel ·

Dit is juis die probleem met die NG Kerk – Hulle neem elke keer standpunt in met “the powers that be”. In die dae van die Groot Trek plaas die NGK die Trekkers onder sensuur. Toe die trek suksesvol is toe sluip hulle ook noord. Na die NP apartheid aanneem word dit kerkbeleid en toe die NP apartheid afsweer doen die NGK dit ook.

Die Bybel is glashelder oor homoseksualisme vir elkeen wat wil lees. Die NGK is skynbaar net weereens besig om na die verkeerde stem te luister en die tydsgees is belangriker as die Woord….

Trix ·

Cheryl my seun hul is ook geweier om hul dogtertjie te doop want hul net verloof en nog nie getroud nie. Mens verloor al hoe meer jou respek vir die kerke, dis deesdae n grap

Cheryl ·

Trix, is asof mens meer seer kry binne die kerk as buitekant. Ek is nou in ‘n pinkster kerk en is werklik gelukkig. Hul het sonder vrae en kwessies my seun dadelik ingeseen in die kerk. Mens wil eintlik net jou ou kleintjie opdrae aan die Here.

joe ·

Ek is nou 64jr en lid van die NGK dit het oor die jare heen soveel verander . Dit wat erenstig verkeerd was is nou reg ??? Wonder wat my ouers en voorouers daarvan sou se . So my kleinkinders kan maar aanpassings maak die kerk sal later daarby aanpas. Dit is wat.ek verstaan ???

Ferdi ·

Eers MOES ek ‘n pak klere dra, een gaan koop. Tien jaar later, ‘n meisie met “ontboste lendene” sodat sy kan kyk hoe min sy kan aantrek. Ons oudste kerk is jare reeds ‘n gay klub en waarskynlik baie afhanklik van die Pienk Rand.

Die Sinode laat my so dink aan Pontius Pilatus wat sy hande in onskuld gewas het.

Ek dink dat dit beter is om tuis te aanbid. Jesus het nog nooit verander nie. Die eertydse verkramptheid sowel as die toenemende liberalisme is vreemd aan Sy Woord. Ons moenie godsdiens speel nie maar in ‘n lewende verhouding met die Lewende Woord Jesus staan.

chris ·

Cheryl, as jy reg lees sal jy sien jou geval was 18 jaar terug gewees. Gay mense aan die ander kant was die verrigtinge van die kerk verbied tot 2 dae gelede. As jou kind 15 jaar terug gebore was sou die kerk jou dalk ook anders hanteer het so jy hoef nie te bekommer oor die streep nie. Die kerk sien sy foute raak en werk daaraan.

Adriaan ·

Dankie Chris, dis presies wat ek in een van my ander kommentaar ook wou uitlig. Ons is nog in hierdie bedeling en as ons dan foute met foute regmaak, dan doen ons dit met die lig tot ons beskikking. Ek is bereid om ruiterlik te erken dat ek nog net ten dele ken maar ek is bereid om te wag omdat ek Hom ken wat my ten volle ken.

Adriaan ·

Jammer moet lees om te WAAG met Hom wat my ten volle ken.

Cheryl ·

Chris ek stem saam. maar kon tog nie help om bitter klankie te he nie. Teen gays self het ek ook nie ‘n probleem nie, en soos jy sê die kerk werk daaraan. :)

Bekkie ·

Ja nee kyk, gays soek hulle eie spesiale regte.
Bybeltyd – gestenig.
Dis snaaks hoe die geloof aangepas word met die jare, en alles net eenvoudig aanvaar word.

Francois ·

Bekkie…Die Bybel sê ook ‘n ongehoorsame kind moet gestenig word…so wat probeer jy nou eintlik sê?

Mamma van gay ·

Dankie vir mense soos Adriaan. Aan die klipgooiers. kom stap eers in ons skoene voor jy oordeel. Die genade van God is groot

Adriaan ·

Dankie, Mamma van Gay, wie eenmaal die manna van genade geproe het kan omtrent niks anders bid as “Vader, vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie”.

God se Robbie ·

Kom na my toe, sê die Here. Kom na my toe almal wat moeg en oorlaai is. God sê Niks en Niemand kan jou uit my hande ruk nie. Ek is 42, en het vir 25 jaar van my lewe geglo dat om Gay te wees en God se kind te wees is onmoontlik. Dit is nie! Want God is Genoeg. Deur Jesus is dit genoeg. Deur my lewe aan hom te lei is ek genoeg. Ek besef dat my lewens styl ander Christene in my kerk kan aanstoot gee. En omdat ek God se Robbie is, is ek nie bekommerd nie. Want God is genoeg ook hier vir ‘n kerk wat na hom roep. Kom ons kyk en sien hoe God se liefde deur ons spoel en so baie verloorde sielietjies word weer terug geroep na die kerk, na God se liefde. Wag en hoor die engele jubel. Wees stil en weet, ek is die Heer. Ek is in beheer sê God.

Rooiman ·

Volgens Mark. 7:21-22; Rom. 1:24-31; 13:13; 1 Kor. 6:9-10; Gal. 5:19-21; Kol. 3:5-9; 1 Tim. 1:9-10 en 21:8 spreek o.a seksuele sonde (heter- en homoseksuele) aan. Verder: Gen. 9:20-27; 19:4-11; Lev. 18:22, 20:13; Rigt. 19:22-25; Eseg. 16:50; 18:12; 33:26; Rom. 1; 1 Kor. 6:9 en 1 Tim1 1:10; 2 Pet. 2:7 en Judas 7 spreek die sonde van homoseksualiteit direk aan. Iemand wat homself n kind van God noem KAN NIE in sonde volhard en ‘n Christelike lewe lei nie. As jy dit bely in berou, moet jy dit laat staan, anders is jou berou en belydenis vals. Die kerk het hiermee n groot fout begaan. Net so min “Gereformeerd” as die Roomse kerk. Ja, ons moet die sondaars liefhê en die sonde haat, maar wanneer sonde nie bely en laat staan word nie, leer ons in Mat. 18:15-17 dat so iemand nie in die gemeente mag wees nie. Ons sien duidelik in die sinodegangers se kommentaar op TV dat God se eer en wil vir hulle NIKS beteken nie. Al waarna hulle jaag die die eer van mense. Dit is nie wat ‘n mens van die kerk van Jesus Christus sou verwag nie.

SNEL ·

Rooiman, dis nou die beste wat ek die saak so kortliks nog ooit gehoor het en alles gestaaf deur die Bybel.

Adriaan ·

Ek verskil van u, dis gestaaf met woordelikse teksies, dit maak dit kwalik Bybels. Ek kan u op verskeie van die aangehaalde teksies met ander teksies weerlê – elke ketter het sy letter. Bybels beteken die weeg, oorweeg en herweeg van tekste teen die geheel, iets wat die NG kerk wel gedoen het. Al is ek nie tevrede met die uitslag nie kan ek die Kerk moeilik kwalik neem van swak eksegese. Probeer gerus goeie eksegese toepas en as u by ander uitslag kom, laat my weet, want ek het self wragtig hard probeer.

Koos ·

Ek neem dis dan reg as ek n buite egtelike verhouding het maar ons altwee moet in die geloof wees en dit moet in liefde wees.

Dirk ·

Mens noem dit seker’n dogma. Dit is nou die die weeg, oorweeg en herweeg teen die geheel. Ons dogma dit het anders beteken en wou nie die waarheid erken nie. Alle sonde is gelyk behalwe die een doodsonde – die sonde teen die Heilige Gees. Hoekom laat ons die ander ook maar toe nie. Waarom mag ek dan nie met ‘n minderjarige verkeer nie, of steel nie of moor nie. Ek is so gebore om dit te doen. Waarom wil die wereld my dan kruisig?

Illa ·

Goed gestel, Rooiman. Baie dankie – jy verwoord kort en kragtig hoe ek voel en ek kon dit nie beter stel nie.

Vic ·

So, Rooiman volgens jou mag slegs diegene wat nie sondig nie, of sondig is en bely, in die gemeente wees. Hoe gaan jy dit bewerkstellig? Leuenverklikkertoetse op alle gemeentelede, kerkraadslede en predikante doen? En as jy uitvind hulle het gesondig, gaan jy hulle straf volgens die Bybelse voorskrifte? Of is net sekere (sigbare) sondes onasnvaarbaar?

Malinda ·

Vic het jy gehoor van gewete. Mense kan dinge wegsteek maar nie vir God nie, en gaan verantwoording doen.

Vic ·

Malinda, gewete is jou eie morele ( of gebrek aan) stem – nie God s’n nie.

Rooiman wil homoseksuele mense uit die gemeente hou – my vraag is of hy seker is die ander gemeentelede is sondevry?

Dink jy die manier om mense na die goeie weg te lei is deur hulle te verwerp?

Soos n leser hier bo gese het, is kinders gebore buite die eg n paar jaar gelede nog as “sondig” beskou, en hulle en hulle ma’s verwerp deur die kerk ( nie die pa’s nie, let wel). Aanvaarbaar vir jou?

Handelinge 16:31

Dirk ·

Nee wat veel makliker. Vir Kain was gesê dat hy oor die sonde moes heers. Ons Koning het gesê bely jou sonde en dit sal jou vergewe word. Hierdie is deel van die heer oor sonde op ‘n daaglikse basis. Die waarheid is al het ek my hele lewe voorbeeldig en reg gelewe en ek pleeg een oortreding wat geklas kan word as sonde wipe dit al die goeie dade uit. Daarom moet ons daagliks ons sonde bely. JOB is ‘n voorbeeld van hoe dit gedoen moet word.

Charl ·

Ons Koning het gese glo in My en jy sal die saligheid be-erwe……

Jan maak n Plan ·

Nes Rooiman verstaan ek dit ook nie so mooi nie. Die Bybel se uitdruklik homoseksueliteit is verkeerd maar die “slim leiers” van die NG Kerk se Sinode se met liefde is dit ook maar okay. m.a.w., as ek die kat in die donker knyp met die buurvrou dan is dit met liefde ook okay. As ek my buurman se goed steel, met liefde is dit ook okay. Ek’s lus en skop die “slim leiers” van die NG Kerk se sinode se g……e sodat hulle kan wakker word. Daar is net een Bybel met een rede. Daars nie n middel weg of n miskien nie, net reg of verkeerd.

Henneli Kruger ·

Dankie Rooiman, geen vergaderings is nodig vir die saak nie . Die Bybel het die antwoord op die vrae nog al die tyd en dis nie “verander” in die Bybel nie . Die Bybdel staan vas.. punt. So hou vergaderings, maak nuwe reels soos julle lus het, en volg die mense van die wereld of…volg die Bybel….. MAKLIK

Bets Bothma ·

Ek stem saam. God sê – gaan en sondig nie meer nie – ek oordeel geen gay mens nie, maar ek kan dit nie goed praat nie. So moet God se Woord by die mens aanpas en nie andersom nie. Ek gaan voor God staan vir my sondes, dit wat ek bely en dit wat ek nie bely nie. Gay mense sien nie dit wat hul is as teen God se woord nie, en dis my probleem. Die Woord sê oa spesifiek jy mag nie moord pleeg nie – is dit wat volgende afgeskaf gaan word?

Dirk ·

Wie het oor gebly om jou te oordeel? Niemand nie my Heer. Ek veroordel jou ook nie. GAAN HEEN EN SONDIG NIE MEER NIE.

Ander plek sê die woord as iemand sondig wys hom daarop, As hy steeds sondig is die oordeel op hom. ONTHOU EERS DIE BALK IN JOU EIE OOG.

willem ·

Kyk verstaan nou vir my baie mooi my God is ‘n God van liefde 3k glo hy kyk na die liefde wat die 2 mense vir mekaar het ongeag wie wat is hy het my geskape na sy beeld en my pad was vir my uitgelê wie is ek om daar teen te stry! ek is gay en ek was jare laas in die kerk as gevolg van daai ding om wragtig ek oorweeg weer om kerk toe te gaan omdat die ng kerk my ook nou ‘n plekkie in die son gun in God se liefde en aanvaarding julle wat so oordeel onthou daar sal vir julle met die selfde oordeel ge oordeel word soo gaan maar gerus voort ek sê amen op daai besluit wel gedaan dis i riem onder my hart!

Joppie ·

Rooiman, jy is heeltemal korrek, maar dit was so voorspel in die Bybel dat sommige kerke met ‘n dwalleer te voorskyn gaan kom. My Bybel vertel my duidelik wat God (nie ‘n sinode) egter hiervan dink:

Romeine 1:26 & 27 – Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.

Levitikus 18:22 – Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.

Die sinode kan maar voel daaroor soos wat hulle wil, maar my God se Woord is gister, vandag en tot in alle ewigheid standvastig en onveranderbaar.

Adriaan ·

Joppie, ek vertrou jy kom ook al die kosreëls na (Levitikus 11), dra nie twee soorte kledingstowwe nie, is besny (Levitikus 12:3), vat nie aan jou vrou (as jy getroud is) wanneer dit vrouetyd is nie (Levitikus 15:19) , bad nadat julle intiem was (Levitikus 1518), is elke Sondag saam die medegelowiges (Levitikus 23) en handhaaf al die feeste wat verpligtend is daarvolgens. Dis net Levitikus se tekste, en een wat ek altyd geniet, jy het nie jou wildsboudjie in karringmelk marineer nie, of eet kaas saam jou hamburger nie, of gooi room in jou potjiekos nie. (Exodus 23:19). Al wat ek vra is, kom ons wees konsekwent en nie eklekties in wat ons aanvaar of verwerp deur die toepassing van dubbele standaarde nie.

christine ·

Hier trek jy nie meer die streep nie Cheryl. Dis tog duidelik. Sonde is maar reg. Al se die Bybel jy gaan hel toe. Solank hulle net reg lyk vir die wat in elk geval kan bekostig om n eie kerk te stig verloor maar die kudde. Breek af wat Afrikaans ruik. Om sal elders gaan waar die smalpad nog saak maak. Tot by God.

Lucy ·

Antonie. Ek stem saam. Dalk moet jy dink om by die AP Kerk aan te sluit.

Carel ·

Adriaan, adriaan moet nou nie ‘n “red herring” uitgooi omdat jy nie die duidelike teks in Romeine kan wegverduidelik nie. Kom ons kyk na jou voorbeeld oor die koswette. Dit is deur God opgehef in die nuwe testament toe hy aan Petrus per droom die laken met onrein diere gewys het en gese het “eet” voor Petrus na die Romeinse offisier is. Die Wet was geldig maar is deur God self verander en is nou gewysig. Wys jy my nou in die Skrif waar die wet verander is tov “gays”. Jou verwysing na die feesdae is ‘n oulike een en waarskynlik moet die kerk dit steeds onderhou. MAAR die reel teen homoseksualisme ook – ‘n drogargument dat omdat ander reels verontagsaam word- dan hierdie een ook. Asjy regtig belangstel en nie maar net argumenteer omdat jy self vooraf besluit het wat jy WIL glo nie …lees “The Institutes of Biblial Law” van RJ Rushdoony.

Panana ·

Ek is nie ‘n teoloog nie, maar ek het net een vraag. Hoekom het God vir Eva gemaak en nie nog ‘n Adam nie of hoekom is Adam nie tweeslagtig nie. Ek sal gays met liefde hanteer en hulle is welkom in enige Kerk, maar die NG kerk is besig om hulle geloofwaardigheid te verloor en aan te pas by die mens ipv om by die Bybel aan te pas sodat hulle nie nog meer lidmate verloor nie, dalk is dit Mamon wat praat om die NG kerk te red wat besig is om te kwyn. Ons kan maar net bid vir die wêreld waarin ons leef, die tekens is in die Bybel

Francois ·

En gaan JY jou ongehoorsame kind stenig? Dit staan tog so in die Bybel.

STEFAN ·

Die NG KERK waar alles sonde is wat hulle pas en die kerk net wil ontvang en die gemeente net gee en gee en gee en gee en gee

Dennis ·

Dit is lekker om n Christen te wees Ek vind goed in n saak reg of verkeerd more bely ek My oortreding dan is die saak weer vergewe!!!!

pip ·

Ai die NG kerk darm.
In die 80s was apartheid reg en gay wees sonde, vandag is apartheid sonde en gay wees Christus liefde.
En die mense het DR grade?
Skande!

Renette ·

Ai, ai, ai. Los die oordeel. Gay wees is nie die enigste “sonde“ nie! Oordeel is ook sonde. Wie van ons is sonder sonde? En stoot die kerk vir ons weg? Kom ons lewe in vrede en se dankie vir die Vader dat die gays nog kerk toe wil kom. Hul baklei om kerk toe te kan kom. Daar kan baie tekse aangehaal word oor baie dinge, maar nou word net 1 deel gestenig! En nee, ek is nie gay nie. I just love my neighbour. Ons bid dan elke dag vir vrede????

Anneke ·

Wat het dit met vrede te doen. Wie het gesê hulle mag nie kerk toe kom nie. Almal is welkom. Elke mens moet elke dag stry teen sonde en dit met sy beste bedoelings beveg. Hulle ook. Ja sommige sondes is moeiliker om teen te stry maar dit beteken nou een sonde mag maar en ander nie. Ek het begrip vir homoseksuele want hulle is so gebore maar die uitleef daarvan bly sonde net soos om bv moorddadige neigings te hê wat n biologiese oorsaak het, maar jy mag dit nooit uitleef nie. Elke dag sal n stryd wees. Paulus het ook dag en nag teen die doring in sy vlees gestry. Dalk was hy homoseksueel. Niemand weet nie want die Bybel gee nie n antwoord hierop nie

Elizabeth ·

Renette lees Jesaja 48:18 (AV 1933/53) Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam.

jan ·

Renette, jy verstaan die konsep van “oordeel” nie reg nie. Almal is so vinnig om te sê: “moenie oordeel nie!”, maar lees bietjie 2 Tim 4:1- 4
Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Sien, ons mag mekaar se foute uitwys, dis nie oordeel nie. Om te oordeel is om vir iemand te sê hy gaan hel toe of hemel toe! Dit is Jesus se alleenreg en ons mense mag dit nie doen nie.

SHANE ·

Sjoe, gelukkig sê die Bybel niks oor mense oordeel nie nê? Pleks julle hoog heilige mense sonder enige sonde wys die res van ons hoe om te lewe! Kyk ek is teen die besluit gekant, maar wat is die verskil tussen die ou wat gay is en jy wat pornografie kyk of rasisties is? Sonde is sonde. Ons almal geniet die genade van God, nie een van ons verdien dit nie. Net soos gay wees ‘n “abomination” is, was dit in die ou testament ‘n “abomination” om jou baard te skeer en jou hare te sny en om materiale te meng en die vrug van die wingerdstok te eet, maar ons doen dit almal. Hou op om mense weg te dryf en wys hulle dalk ‘n bietjie liefde en aanvaarding. Dit is baie makliker om iemand oor te wen as jy hulle verstaan. As jy ‘n verhouding bou en hulle nader trek. As ons as christene die enigste bybel is wat die wêreld het om te lees verstaan ek hoekom mense “christene” uitmoor. Ons maak ‘n grap en ‘n goedkoop sirkus van ons geloof want ons is so behep om reg te wees in plaas van om reg te doen.

Paul ·

Ai Shane — lees bietjie die eerste deel van jou boodskap mooi deur. Jy is s’o reg– Sonde is sonde. En net soos rasisme en pornografie sonde is, is gay aktiwiteite ook. Die kwessie nou is — pornografie en rassisme is nog steeeds sonde, maar nou is gay aktiwiteite nie meer nie! Sien jy nou wat die kwessie is?

SHANE ·

Niemand sê dit is nie sonde nie. Die kerk sê ons moet hulle verwelkom in die kerk. Of hulle nou in die kerk of uit die kerk dit gaan beoefen, hulle gaan dit beoefen. Ten minste as hulle in die kerk is het ons ‘n kans om hulle te bereik. Jesus het nooit iemand weg gewys wat na hom gekom het oor sonde nie. Hy het met hulle gepraat oor dit en hulle reg gehelp. Dit is ons plig. Nie om vinger te swaai en heilig te lyk nie. Dan is ons maar soos Jesus gesê het. Wit gepleisterde grafstene. Ons het die gedaante van Godsaligheid maar die krag daarvan ontbreek. Ons is niks beter as die addergeslag skrifgeleerdes nie. Sit op ons heilige trone en gooi lekker oordeel na almal wat anders as ons sondig.

Izak ·

Ek kan nie vir ‘n god bid wat my geskape het om iets te wees, en my verbied om te lewe nie. Oordeel ter harte luste, ek bly gay en sal sonder god sterf. Ek kan nie in ‘n leuen lewe nie.
Aan al die wat so bekommerd is dat dit verkeerd is, ondersoek jouself en kyk bietjie wat sielkunde sê oor projeksie.
Is dit nie tyd dat ondersoek ingestel word in die relevansie van sogenaamde geloof en kerke nie? Is die mensdom so verlore in homself dat hy nie sy eie basiese behoeftes kan bevredig nie? Sterkte met jul ontdekkingsreis.

Elene ·

Ons, en ek sluit die beoordeelaars wat so oordeel hier uit, is na God se beeld geskape. God maak nie foute nie, en mense wat gay is word so geskape. Ek ken talle gay mense wat beter Christene is as julle almal wat so vieslik is teenoor die gay mense. Weet maar net dat julle beoordeelaars, net soos almal wat deur God geskape is, ook eendag deur die enigste waarlike oordeel sal gaan, en julle sal sleg tweede kom wat God se kinders so slegsê en sleg behandel. Om gay te wees is nie ‘n sonde nie so moet eerder nie eers oorweeg om klippe op te tel nie. Om God se kinders wat na Hom geskape is te veroordeel – dis ‘n ditekte sonde teen God. Wees eerder dissipels aswat julle mense wegstoot van die kerk. Ek het meer as 10 jaar terug besluit om afstand te doen van die NG ‘kerk’ juis omdat die sogenaamde sinodes dink hulle kan namens God besluite neem net om mense te veroordeel en weg te stoot. Hou op om te veroordeel en vra vir vergifnis vir julle eie sondes voor julle blindelings loop en veroordeel.

Joppie ·

Om gay te wees is ‘n sonde. Lees maar wat God self hieroor te sê het:
Romeine 1:26 & 27 – Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.

Levitikus 18:22 – Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.
Jy ken duidelik nie jou Bybel nie, want dit sê duidelik dat ons ander se sonde moet beoordeel.

Dirk ·

A gewag vir die een. Ek is trots rassities. Die struikelblok in die pad van diegene wat van my soort ontslae wil raak (lees witman). Ek is trots anti-gay. My Here maak nie foute nie. Hy is eenvoudig nie daartoe instaat nie. Dit is die enigste ding waartoe Hy nie instaat is nie. Verder is Hy Almagtig en onveranderlik. Die swakheid van die mens is te vinde in sy eie onvermoë om oor die sonde te heers. Geen mens is gay geskape nie. Seker gay gedrink aan water wat met voorbehoedmiddels besoedel is, maar so geskape aikona.

Nog ‘n ding die skeppings proses het geeindig by ADAM en EVA. Voortplanting is ‘n opdrag vanaf die Here daarna. Dit het ontaard in wellus en sonde. Soos in die dae van Noag so sal dit wees aan die einde van die tyd.

Ons wat al die twak goedpraat – Die oordeel oor Sodom en Gamora sal genadiger wees as die oordeel oor ons wat weet wat reg en verkeerd is.

SkarrelKind ·

About the Holy Bible – by Robert G. Ingersoll – 1894

Malinda ·

Die Woord van God sê uitdruklik in Levitikus 20:13 en as n man met n manspersoon gemeenskap het soos n mens met n vrou het, het hulle altwee iets GRUWELIKS gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op almal. En dai kerk maak nou n bespotting van God se Woord. N gay het geen regte nie, en hoe kàn n gay se hy lewe na Aan God, beslis is dit nie ons Lewende God nie
So gaan elkeen verantwoording doen die dag wanneer Jesus terug kom om Sy kinders saam Hom te vat en die ander te oordeel tot die hel

Vic ·

” Hulle moet sekerlik gedood word” – moord is natuurlik nie sonde nie.

Nita ·

Bistaliteit word in dieselfde gedeelte genoem in vers 15! Dus homoseksualiteit is reg so ook bistaliteit……….van die een rioolsloot na n ander!

Fanie ·

Ken julle die Bybelse verhaal van die ontugtige vrou en Jesus se reaksie? ….van die wat sobdeloos is wat die eerste klip moet gooi?..Gaan lees dit.

Ons doen almal herhaaldelik sonde en kan nie ander veroordeel nie. As ons ander veroordeel is ons net so verkeerd en God tref nie onderskeid tussen klein en groot sondes nie.

Paul ·

Ons is op die punt wat die kerk MOET skeur — Daar is nie meer een geloofsbelydenis vir die NG Kerk nie. Belhar is in die Wes- en Suid-Kaap nou amptelik deel van die belydenisskrifte, maar nie in ander sinodes nie. Dominees wat hul weg oopsien, kan gay pare trou. Die ander predikante wat nie hulle weg oopsien nie hoef nie! Wat de duiwel! Wat glo die NG kerk nou eintlik (wel, lyk my enige iets en alles). Volgende ding wat gaan gebeur is dat die lidmate wat kies om te glo dat die duiwel bestaan dit mag doen en die wat dit nie glo nie, dit ook mag doen — alles onder die naam van die NG Kerk wat net mooi alle standpunte steun, maak nie saak of dit teenstrydige standpunte is nie. ‘n Baie natuurlike volgende stap is dat die kerk moet skeur in ten minste twee groepe : 1) Die wat glo dat die kerk in die w^ereld moet ingaan soos wat die opdrag in die Bybel gegee word, 2) Die wat glo dat die w^ereld in die kerk moet inkom, soos wat nou gebeur.

Dirk ·

Belhar is niks anders as ‘n kommunistiese handves met Bybel tekste versier nie. Die wat die wêreld meer lief het as vir My sal sy lewe verloor. Hy wat sy lewe verloor terwille van My sal dit be hou.

Ek sal die pyne vat as daar die is wat my wil stenig, Maar goed praat wat verkeerd is – nimmer.

Nico ·

Dirk ek stem nie saam met alles wat jy se nie,maar hier is ek dit eens.Ek het geloop uit die NGK toe Boesak se tirade aanvaar is.

Adriaan ·

Ons het nog nooit een belydenis gehad nie, as jy kategese gehad het, sal jy onthou daar is 6, 3 Algemene belydenisse: Apostolicum, Nicea en Athanasius, wat ons deel met groot verskeidenheid kerke dwarsoor due aardbol en 3 Protestantse belydenisse: Nederlandse Geloofsbelydenis. Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreels wat ons in groot mate deel met Gereformeerde kerke oor die Wêreld. Dis die NG Kerk se huidige belydenisgrondslag.

Dirk ·

Had ek die tyd gehad so ek jou ook kon bewys dat die belydenise ook dwaalleer is onder katolikie invloed.

Adriaan ·

Sou dit graag wou hoor want ek sou ook graag wou hoor watter “invloede” jou belydenis (en jy het een!) sal uitwys. Ons staan nie los van die invloede van ons tyd nie, ons is sowel produkte as vervaardigers van ons tyd. As ek kyk na hoe lukraak tekste aangehaal en gebruik en misbruik word is dit duidelik dat ons die vermoë om koherent en met insig te lees totaal verloor het (miskien nooit gehad het nie).

Johan ·

Ek glo nie my Skepper God stel veel belang in die mens se opinies nie. Die dwaasheid van die mens is deur die eeue gedokumenteer. God stel net belang daarin om n persoonlike verhouding met jou te he en dat ons gehoorsaam moet wees. Om te weet wat gehoorsaam wees beteken -sal mense se opinies en slimpraatjies jou van die wal in die sloot help. Net die Gees en die wet in ons harte geskryf is my morele aanwysing.

Malinda ·

Renette onthou die deler is net so goed soos die steler. En weet jy ja almal.doen sondes maar ons vra vergifnis en doen dit nie weer nie. So moenie die gays nog in hul kwaad versterk nie dit is verkeerd maak nie saak hoe jy die Woord wil verdraai nie, en as hul sulke kerk mense is dan sal hul weet dit wat hul doen is verkeerd en moet hul sondes belei en hul wegdraai van hul verkeerde wee. En omrede die Bybel noem van dit wat verkeerd is mag ek en enige iemand anders n persoon tereg wys op.hul.foute solank ons dit net uit die Woord kan aanhaal

Danielja ·

So jy het nog nooit dieselfde sonde weer gepleeg waarvoor jy vergifnis gevra het nie? Jys dan ‘n baie beter mens as ek.

Dirk ·

Nee, ek is sekerlik die een met die meeste sonde. Daarom is my daaglikse gebed Heer wees my – die sondaar genadig. Job het selfs sover gegaan om vir sy kinders se sonde te bid vir inkys hulle iewers gesondig het.

Ek kan nie goed praat wat walglik verkeerd is en deur mense regverdig wil word nie. Sorrie.

zeebs ·

Gelukkig kom die oordeel God toe en nie die mens nie anders sou niemand die saligheid gekry het nie want almal het sonde.

Paul ·

Die punt is nou: Wat is hierdie sonde waarna jy verwys? Jy moet ‘n houvas daarop kry sodat jy dit kan hanteer (bely). Instede daarvan probeer die NG Kerk sekere sondes nou herkategoriseer om die sonde-probleem op te los. Is dit die regte pad om te loop. Ek stel voor — Herdoop die NG Kerk na die NG Klub, want dit lyk nou meer soos ‘n klub wat hardop vir lede is en sodoende die klubre”els verslap.

Francois ·

Ons Kerk, Die Reformerende Kerk in Pretoria het ‘n ‘n “Club” begin 23 jaar terug. Dis waar ons gay mense heen moes gaan om die Woord te hoor. 23 jaar later het ons, ons EIE kerk waar almal welkom is…nie net Gay mense nie, maar ook Straight mense – dit was nog altyd so. Daarop is EK trots!! Ons het hulle nie veroordeel omdat hulle straight was/is nie..was julle Straight gebore, of het julle so geword!!???

Dawie ·

As ek kyk na die kommentaar hierbo van al julle sogenaamde liefdevolle christene kan ek net sê ek dank die Vader dat ek julle nie ken nie. Hopelik is ook nie een van julle in my gemeente nie!

Adriaan ·

Dalk moet jy bid dat hulle juis in jou gemeente moet wees sodat jy vir hulle kan wys hoe ‘n liefdevolle Christen dan sal optree? Jy verloor ‘n gulde geleentheid!

Wie Weet ·

Ek wil graag weet en ek sal bly wees as ‘n geleerde / ingeligte my kan antwoord – is die hele Bybel dan nou ‘n leuen, of is die Bybel verkeerd vertaal, dié dat daar met verdoemenis na homoseksualiteit daarin verwys word? Ek weet nie eintlik hoe die NG Kerk dit kan verduidelik sonder dat die Bybel sy geloofwaardigheid verloor nie. Ek glo egter in die Woord van die Here (aldus die Bybel) en om daardie rede het die NG Kerk eerder hul geloofwaardigheid verloor sover dit my aanbetref.

Malinda ·

Die Bybel word vertaal om sodoende in die mens se guns te pas. Die Woord voorspel al hierdie dinge wat besig is om te gebeur so wat se dit die koms v Jesus is so naby maar nogtans gee Jesus die mense kans om te belei en Hom as die enigste Verlosser te aanvaar

Adriaan ·

So Malinda ek neem aan jy is die brontale magtig? Is ook onderleg in eksegese en hermeneuse? Op datum met argeologiese data, sosiale dinamiek, ens want hoe anders sou jy weet die Bybel word vertaal om in mense se guns te val? Sou jou graag wou ontmoet!

Dirk ·

Daar het sekerlik verdraaings wat die Bybel ingesluip gedurende die oorskryf daarvan in donker grotte by olielampe en kerslig. Dit is ook ‘n oop geheim dat daar duisende boeke in die Vatikaan versteek word. Verder is daar ook foute en uitsluitings van die een vertaling na die ander. Die nuwe vertaling of nuwe orde vertaling wat in 2016 die rakke gaan tref is maar ‘n voorbeeld hiervan. Nogaals in Afrikaans.

Dit is daarom belangrik dat elkeen self die waarheid soek. Jy sal verbaas wees hoeveel daar is wat dit wel doen en by dieselfde punt uitkom. Jy glo absoluut et nie ‘n predikant omdat hy dit is nie. Dit is dood gevaarlik.

Adriaan ·

Dirk, beslis nie gedink ek kan met jou saamstem nie, maar jou laaste paragraaf is in die kol. Ek het die predikant/ pastore se insig nodig weens hulle grondtaal kennis en insig ten opsigte van eksegese en hermeneuse en ek het al die natuurwetenskaplikes en ander humanitêre dissiplines nodig om by die mees omvattende verstaan van die teks uit te kom. Probleem is ons wip ons agterstewes elke keer as iemand ons ‘insigte’ verwerp en vat die pad en daarmee saam elke insig wat tot beter verstaan kon lei. Die Kervaders het vroeg besef, wie God as Vader aanroep kan nie anders as om die Kerk Moeder te noem nie. Mens verwerp nie jou moeder as sy seniel raak of twak praat nie, dis juis DAN wat sy jou die nodigste het. Ek daag enige iemand uit om aan my een metafoor vir die Kerk te wys wat die onvoorwaardelike eenheid van die Kerk verwerp. So, ek gee regtig nie om watter kerk (kleinletter en bedoelend denominasie) enige een is nie, wie die Kerk as Liggaam van Christus deur woord of daad, sal deur die Vader uitsorteer word.

Dirk ·

Nee Adriaan. Die kerk is gin my moeder nie, Dit is die groot verleiding van die tyd. Dit swing die kant toe en daai kant toe.

Ek verkies om deel te wees van die Gemeente van my Skepper Vader en Sy Seun as Priester en Koning. Ewig dieselfde. Op die stadium buite enige spesifieke kerkverband.

Verder het ek geen predikant se insig nodig nie. Ek het genoeg bewyse waar hulle erken dat hulle twyfel in dit wat hulle verkondig. Ek kan nie voor my Koning gaan staan en së maar die predikant het sis en so gesê nie.

Die saak is tussen my en Hom alleen

Kiewiet ·

Dirk jy het goeie punte
daar moet n goue standaard wees waarna ons streef .Ons meet teminste ons as mens se nietigheid en sonde daaraan , vir my is dit n kwade dag as ons reg verkeerd noem en verkeerd reg omdat ons nie bereid is om God se pad teloop
Vir my moet ” dogma” wat maar beteken : verwoord wat ons verstaan uit die skrif ,onder leiding van dieGees ,absoluut suiwer gehou word
die debat moet nie wees is homoseksualityd reg of verkeerd nie ( dit is verkeerd) die debat moet wees hoe tree ons in liefde op teenoormekaar medesondaars en hoe lei ons in voorbeeld woord en daad
Laaste woord los groot seblief ons Katolieke uit , dit is nie die vorum of plek daarvoor, kan my eerder kontak as belangstel om in liefde mekaar teverstaan

Kiewiet ·

Dirk jy het goeie punte,ook en sterk andersdenkende sienings, wat nie noodwenig goed of sleg is

daar moet n goue standaard wees waarna ons streef .Ons meet teminste ons as mens se nietigheid en sonde daaraan , vir my is dit n kwade dag as ons reg verkeerd noem en verkeerd reg omdat ons nie bereid is om God se pad teloop
Vir my moet ” dogma” wat maar beteken : verwoord wat ons verstaan uit die skrif ,onder leiding van die Gees ,absoluut suiwer gehou word
die debat moet nie wees is homoseksualityd reg of verkeerd nie ( dit is verkeerd) die debat moet wees hoe tree ons in liefde op teenoormekaar medesondaars en hoe lei ons in voorbeeld woord en daad
Laaste woord los groot seblief ons Katolieke uit , dit is nie die vorum of plek daarvoor, kan my eerder kontak as belangstel om in liefde mekaar teverstaan

Adriaan ·

Dirk, wys my EEN metafoor wat vir die kerk in die Skrif gebruik word wat dui daarop dat ek nie deel van die sigbare kerk moet wees nie. Die Liggaam, Gebou, Kudde, Bruid, Huisgesin, ens. motiewe is duidelik. Hoe kom jy ook verby Paulus se opdragte in Titus en Timoteus, veral 1 Timoteus 3:15 waar dit duidelik staan: die GEMEENTE is die draer en beskermer van die waarheid!?

Malinda ·

Zeebs Ja is waar wat jy se, maar God gaan jou vra wat het jy gedoen om die mens wat op verkeerde pad is reg te help. Ons kan nie hande gevou sit en se ja dit nie my probleem nie
Ons moet vir dai mense wat op verkeerde pad is bid. Doen jy dit?

Vic ·

Die Here se ook, Malinda, om die balk in jou eie oog te verwyder voordat jy die splinter in ander se oe veroordeel……..

Izzy ·

Ek kan omtrent nie glo wat ek lees in die artikel nie. Lyk vir my dat hoe langer jy in die kerk is, hoe meer dinge word toe gelaat…. Niemand se dat guys nie kan of mag kerk toe gaan nie…dis die konsep daarvan. Aanvaar die kerk (ligaam van Christus ) dat guy wees volgens die Bybel reg is? In die wereld van vandag, is alles en almal goed – niemand doen iets verkeerds nie, want ons kry ‘n verskoning of ‘n naam vir alles.

Johann ·

Die ware gelowiges in die “nuwe” NG Kerk sal baie ongemaklik met die aangepaste doktrine voel en sal ‘n ander heenkome soek. In Jesaja 5:20 lees on – “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis…” en ook in 2Tim. 4:3 “…want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.” Hierdie is van die tekens van die eindtyd…..die “tyd” waarvan Timotheus praat.

Adriaan ·

En wat doen jy dan as jy na ‘n gemeente toe gaan wat JOU gehoor wil streel en aan jou verkondig wat JY WIL hoor? Versamel jy nou nie maar net leraars wat presies doen waarteen Paulus waarsku nie?

elsabe ·

Die NG-Kerk was nog NOOIT Bybelgetrou nie. GOD se pertinent: “Moenie vir my HERE HERE se, en jy doen nie wat EK vra nie”. Openbaringe praat daaroor dat hulle later net sal preek wat hulle wil hoor. Ons is werklikwaar op ‘n baie snelle afdraand-pad.

Gays word NIE so gebore nie…..gaan kyk maar in elkeen van hulle se agtergrond na een van die volgende faktore:

1. ‘n Pa wat nie ‘n navolgbare voorbeeld en rolmodel was nie – bv soos ‘n alkholis / vroueslaner ens

2. ‘n Ma wat haar seun total en al opgepiep het….

3. ‘n Ma wat die broek wou dra in die huis….en die Pa totaal en al oorheers het!

4. ‘n Seun wat gemolesteer is.

Hulle word so gemaak….nie so gebore nie!

Vic ·

Elsabe, jy is ongelukkig verkeerd. Net soos wat daar anatomiese en fisiologiese verskille tussen die brein van mans en vrouens is, so is daar definitiewe, bewysbare verskille in die brein van homoseksuele en heteroseksuele mense. Lees tog n bietjie voordat jy sulke vreeslike verkeerde stellings met soveel sekerheid maak.

Dirk ·

Jy is reg. Onthou net Adam is nie Kain se pa nie – al leer die predikante jou so. Kyk sy geslagsregster en adam word nie as sy pa genoem nie. Maar sy nageslag is tussen ons en daarom die verskil

Adriaan ·

Interessant Dirk, wat maak jy dan met Genesis 4:1 wat die mens (Adam soos jy hom noem) as die progenitor van Kaïn uitwys. Ek het gaan soek vir ‘n geslagsregister vir Kaïn, maar kon geen kry nie, wat is jou bron? Daar is wel ‘n nageslag register in Genesis 4:17ff. Moet ek aanvaar daar was dan ander mense ook geskape naas die mens en sy vrou. My Joodse pelle het my ‘n paar interessante staaltjies vertel wat nogal by joune aansluiting vind, maar interessant genoeg is dit nie deel van die Skrif nie.
O ja, verwysend dan na weglating (ook bekend as argumento e silentio), ek neem aan Jesus is dan ook nie die Seun van God nie want Matteus verwys na Hom bloot as die nakomeling van Abraham. Interessant, ek sal my hele verlossingsleer moet hersien! (Ek dink dis hier waar my kinders die volgende sou insit: LOL)!

jacques ·

Jy is reg daar Elsabe,en nou laat hulle dit nog so wonderlik lyk op tv om gay te wees ook nog.

monica ·

Elsabe en Jacques julle sit die pot mis met julle oningeligte kennis…dis wetenskaplik bewys dat daar n logiese rede is hoekom “gays” gay is. n Baba wat 100% “normaal” gebore word is letterlik n wonderwerk! Baie kan kan anders verloop in die selverdeling terwyl baba is sy moeder se baarmoeder is. En dit is presies wat gebeur met n gay man of vrou in hulle moeder se baarmoeder.

Izak ·

Volgens hierdie kommentaar, is dit dan die dominee se skuld wat met my gevroetel het to ek jonk was wat my gay gemaak het? My wêreld, nooit geweet die kerk het my gay gemaak nie. Nuwe lig op die lewe. Sarkasme en taal kan saam verwoesting saai.

Suritha ·

Elsabe – ek sien jy is baie onkundig op hierdie onderwerp. Ek wonder al jare oor die saak omdat my broer en baie van my vriende en familielede gay is. En ek kan jou verseker – hulle word so gebore. Deur redenasies en oplees en blote ervaring saam met hierdie persone weet ek dit! Ek weet ook God het hulle gemaak soos hy my gemaak het – in die moederskoot gevorm. En sy liefde en genade is net soveel vir hulle as vir jou en my.

Sarel Strdyom ·

Weer die ou klipgooiery. mense dit hang af van hoe jy en ek die Bybel intrepeteer, nie almal van ons doen dit op dieslfde wyse nie. OOrdeel kom ons nie toe nie. Gaan kyk bietjie na die geslagsregister van Christus: as Juda en Tamara in Moses se tyd geleef het sou hulle gestenig moes word, Ragab was ‘n Protituut wat, volgens Israel se wette gestenig moes word. Rut was ‘n Amonietiese vrou m.a.w. heidense vrou, Dawid en Batseba? So wie van ons het die reg om te oordeel. Ek het eendag die gesprek met ‘n Vader gehad, sy steling aan my was dat toe sy kind dit bekend maak het hy een van twee keuses gehad, hy kon sy kind verwerp of in liefde ontvang, Wat dink julle sou Christus gedoen het?

Adriaan ·

Presies Sarel, dankie vir dit. Ook Dawid se seksualiteit kom onder verdenking as ons kyk na die Dawid/ Jonatan verhaal (lees gerus veral 1 Samuel 20:41 vir ‘n interessante gebeure tussen die twee) en natuurlik Dawid se rouklag in 2 Samuel 1 – maar, ek vergeet, ons gaan dit interpreteer om dit so min moontlik homofilies te verstaan want dit pas nie ons homofobiese raamwerk nie.
Ek is ekstaties oor jou twee laaste sinne want dit is die slotsom van die gelykenis van die verlore seun, Hoe lank wil gelowiges soos die oudste seun buite bly staan? (Die gelykenis het nie verniet ‘n oop einde nie, dis ‘n uitroep en aanklag teen ons as gelowiges!)

Johnnie ·

Ja as ek so deur die kometare lees kan jy sien wie ken hulle bybel want sonde is sonde of dit klein of groot is dit bly sonde in die oe van die Here, as die bybel dit so se dan bedoel God dit. Hy se in sy woord, en hulle het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is, nie die wat dink hulle is oppad hemel toe nie. Die pad na die HEL toe sal eendag uitgeplavei wees met predikante wat nie wedergebore is nie en wat hulle hele gemeente saam met hulle die hel insleep. BEKEER JULLE WAAROM WIL JULLE STERWE JESUS RED NOU. Joh.3v3 voorwaar voorwaar Ek se vir jou as iemand nie weergebore word nie sal hy die koningkryk van God NOOIT sien nie.

Jessica ·

Rooiman ek stem 100% saam met jou. Vandat ek gehoor het wat hul gedoen het grief dit my. Ek is in die NG kerk. My kinders gaan na daardie kerk toe uit onskuld. Wat ek hulle leer en wat die NG kerk sopas gedoen het is teenstydig met wat ek hulle leer asook teenstrydig met wat in die Bybel staan. Nie te min ek voel ek kan nie meer in die NG kerk bly. Hulle het ook nie mense wat gay is se belydenisse in aggeneem wat tot bekering gekom het en bevestig het dat mens nie so gebore word en dat dit n demoon is wat in hulle lewens geheers het. Daar is baie faktore wat n rol speel hoekom moderne mense vandag kies om nie kerk toe te gaan. Maar die NG kerk het nou mooi Satan binne die kerk tussen God se kinders.

Wikus ·

Mense, dit is selfregverdende fariseers en skynheiliges soos julle wat maak dat die kerke leeg loop. Julle gee voor dat julle almal sonder sonde is en gebruik dit as n platvorm om ander te oordeel. Skaam julle! Ek was eens n toegewyde christen en het ook al op n kerkraad gedien. Maar ek het te veel skynheiliges en fariseers binne die kerk gevind en kan nou met trots sê dat ek niks meer met die kerk te doen wil hê nie. Hoeveel van julle wat so mildelik teksverse aanhaal en kommentaar daarop lewer het al OOIT die moeite gedoen om te gaan navors wat die betekenis daarvan werklik is binne die konteks en tyd waarin dit geskryf is? Julle “heilige boek” is in elk geval deur mense geskryf wat hulle persoonlike oortuigings daarin vertaal het. Van die mees opregte mense wat ek ken, is gay. Net soos jy (ja jy die fariseer en skynheilige wat so baie te sê het!) nooit gekies het om heteroseksueel te wees nie, net so het geen gay persoon gekies om gay te wees nie. Julle skynheiligheid maak my naar! Ek is jammer om dit vir julle te sê, maar wanneer julle “oordeelsdag” kom gaan julle slegter af wees as enige gay persoon wat ek ken. God is liefde? Ek sien verseker nie die “God van liefde” in enige van julle kommentaar raak nie.

Adriaan ·

A, ‘n stem van rede wat roepin die woestyn van waansinnige gebrabbel! Wikus ek salueer jou!

Suritha ·

Adriaan – dankie dat jy elke keer jou standput stel en so hard probeer om mense hier die lig te laat sien. Dis vir my wonderlik as mense so teksverse kan aanhaal – ek kan nie – ek glo eerder in die God van die Bybel as in die bybel. En ek weet daardie God het elkeen van ons gemaak soos ons is. Dis tyd dat die NG Kerk mense begin aanvaar en ophou oordeel. Nie een van ons kan beweer ons ken God se wil in enige van hierdie dinge nie – ons sal eendag ten volle weet. Vir nou is ons hier om in Sy genade mekaar met liefde te dien.

Tiny Rautenbach ·

Adriaan salueer jy iemand wat se die bybel is deur mense geskryf en hulle eie inrepretasie daar neer geskryf .???????

trekkerband ·

Tipiese verdraaiing van die Bybel: God is alleen liefde en klaar. Hulle ignoreer totaal die ander kant/eienskap van God, sy regverdigheid. God duld nie sonde nie en as ‘n mens nie ‘n afkeer neem van sy sonde nie (homosexualiteit ens.) en verhard in sy sonde is dit vanselfsprekend dat hy nie die ware geloof in Jesus Christus het nie. Dit is juis waarom Jesus Christus op die kruis vir ons gesterf het, om sodoende ons te verlos van die slawerny van die sonde.

Genis ·

Wat sou Jesus gedoen het Sarel? Skuif nader dan vertel ek jou. Hy sou lankal daar eenkant op die sypaadjie gaan sit het en ‘n meneer van ‘n sambok gevleg het. Ja, jy sou net fluweel kollektesakke en basaartafels en ouderlinge sien trek het met elke klap van die sweep. Dis presies wat Hy sou gedoen het.

Sarel Strydom ·

Joh:8: En toe hulle Hom weer vra het Jesus opgestaan,na hulle gekyk en gese, die van julle wat sonder sonde is(die Hoogheiliges van hierdie wereld) die eerste klip gooi.

Yvonne ·

Ons mag nie die Bybel verander net soos wat ons wil nie. Die Hemelse Vader se dis verkeerd, ons as mens wil maar alte graag ons sondige lewe regverdig en dan word als verdraai net om ons as mens te pas. Dit werk ongelukkig nie so nie, as jy ‘n Christen is moet jy lewe volgens die wette van die Here nie volgens jou eie nie. Al is dinge hoe moeilik en hoe swaar om te los as jy die ewige lewe wil be-erwe dan moet ons luister na wat God se, nie die mensdom nie

SNEL ·

Ek stem Yvonne. Die Here sê: wees heilig, want Ek is heilig. Dan moet ons as ons weet n ding is verkeerd, ons rug op dit draai en reg lewe soos die Here ons sê om te doen, ons kan nie net dag in en dag uit dieselfde sonde doen nie, en dit geld vir alle sondes, nie net homoseksualiteit nie. Jy is of 100% vir die Here of jy is aan die ander kant, daar kan nie draadsitters wees nie. Gehoorsaamheid is die belangrikste vir die Here en ons almal het sonde, maar punt is belei en doen elke dag jou aller beste om te lewe en leef soos die Here van ons vra, want omdat ons Hom liefhet, wil ons Sy Wil graag doen.

Jack Schoeman ·

Die besluit van die sinode verbaas my glad nie. Nes Judas Iskariot Christus uitgelewer het om gekruisig te word vir 30 silvermuntstukke net so doen die NGK dit deurom die Skrif se uitdruklike vedoeming van hierdie afskuwelike praktyke goed te keur sodat hulle meer lidmate kan kry want nes menige ander kerke is die NGK besig om uit te rafel en lidmate te verloor.
Gay of lesbiese gedrag van enige aard is onnatuurlik en n gruwel in God se oe. Ek daag enige gay aktivis uit om my op grond van God se Woord te oortuig dat hulle handelinge en gebruike Skriftuurlik aangemoedig word. Dit wys egter wel dat God se woord onfeilbaar is en dat die Skrif weer tot vervulling gekom het deur dat die sogenaamde skrifgeleerdes weereens toon dat hulle nie werklik die Woord glo nie en dus maar hulle eie bybelse wette maak en breek soos hulle goed dink. Dan is daar nog sommige wat selfs stellings maak dat die saak deur gebed en deur die Heilige Gees opgelos is. Walglik is die beste manier om hulle te beskryf.

Jaap ·

1 Kor. 6:10 “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, SODOMIETE, diewe, gierigaards, dronkaards, kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.”

Dit is die Woord van God en Sy liefdevolle riglyne om ons te beskerm teen demoniese infestering en infiltrasie. Die NG kerk dwaal en ek volg nie ‘n dwaalleër nie en sit nie tussen demone sodat hulle sak en pak met al hul immorele vrinne in my SKOON binnekamer kan kom plak nie!

Vic ·

Nou wonder ek maar net – sal ou Steve in die kerk aanvaar word?

Ferdi ·

Die plig om binne die gemeente te oordeel is om die huis skoon te hou en strek wyer as gays.
1 Kor 5:9 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie — 10 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan — 11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. 12 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? 13 Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

SHANE ·

Jaap, so wat jy nou eintlik sê is jy was nog nooit dronk nie, nog nooit ‘n slegte word van iemand gesê nie, nog nooit iets gevat wat nie aan jou behoort nie? Jy moet versigtig wees nê, daai Word wat jy so rondgooi mag dalk terug kom en by jou spook. Sê die Bybel nie dat die maat waarmee jy meet gebruik sal word om jou te meet nie? So as jy hel toe stuur oor sonde moet jy maar sunscreen pak want jy gaan saam die sondaars tan!

Theo ·

Al wat ek weet, dit is vinnig besig om donker te word. “Bekeer julle want die tyd het naby gekom”

Moeksie ·

Elsabe – jy praat die GROOTSTE lot onsin – waar val jy uit. Mens – wat rook jy.
Gaan maak tog asb seker van jou feite alvorens jy sulke TWAK kwytraak
ASSEBLIEF

Adriaan ·

Johann, verrassing, daar is waarskynlik net soveel mans wat seks met mans het wat by (hul eie) vrouens reproduseer. Die hoeveelheid mans wat seks met mans het en steeds trou en voortplant is nogal aansienlik. Straight beteken nie altyd geen seks met mans nie dit beteken dikwels net die voortplantingsbehoefte in ons spesie is sterk of jy nou straight of gay is. Die mens soos elke ander spesie is seksueel buigbaar verskil is ons morele bewussyn wat ons onderskei van ander spesies soos dit uiting vind in ons godsdienstige oortuigings.

Dave ·

Verrassing Adriaan, straight beteken straight soos ‘n liniaal! Jy beskryf bi-seksualiteit en noem dit straight.
Absoluut hetero wat ek is het ek geen probleem met wat die NG-kerk besluit het nie, al was ek nooit ooit ‘n lid van enige van die susterskerke nie. Ek is egter verstom oor wat Cheryl vertel in die heel eerste kommentaar. Daar is nie woorde daarvoor nie. Gepoog om ‘n kind te straf bloot omdat die ma uiting gegee het aan ‘n Godgegewe drang. Hierdie dien nie as voorspraak vir voorhuwelikse seks nie maar dit is ook nie waaroor ek kommentaar lewer nie. Dit gaan oor wat Cheryl vertel en nie een van julle reageer daarop nie.

Adriaan ·

Dave, ek het daarop reageer. Ek het daarop gewys dat dit 18 jaar gelede was. Ek kan jou na kerke toe neem wat in ons dag weier om kinders te doop of in te seën omdat die ouers nie hulle tiende op bruto inkomste gee nie, maar op netto, wat weier om kinders in te seën oor ouers nie spesifieke getal eredienste bygewoon het nie. Lyk my NG kerk het in geestelike insig gegroei, wens ek kon dieselfde sê van sulke groepe. Wysheid begin met vrees vir Here nie met verwerping van my medesondaar nie.

Adriaan ·

Dave, ja, ek sou ook graag by jou wou weet aangesien jy seksualiteit kan kategoriseer om jouself te regverdig, hoeveel kategorieë is daar dan? Is ‘n tiener wat 1x eksperimenteer bi-seksueel of watter kategorie sal ons die kind plaas. Die persoon wat sy/ haar liggaam gebruik om brood op die tafel te sit selfs deur selfde geslag seks, watter kategorie is dit? Die persoon wat ter wille van oorlewing in gevangenis sy/ haar liggaam as losprys gebruik, watter kategorie is dit? Die mens is seksueel buigbaar ter wille van oorlewing, ongeag of daardie oorlewing fisies, emosioneel of rasioneel is. Dieselfde God het ALMAL gemaak. As ek die Skrif reg verstaan is dit op die ou einde Jesus wat ons sal red, deur geloof alleen, ons oortredinge word afgewas al is dit dan ook deur vuur heen.

Johnnie ·

Wikus al wat ek vir jou kan se is bekeer jou want dit wat jy praat is dwaas.

Johnnie ·

Adriaan die God van liefde waarvan jy en Wikus praat is ook n God van wraak in die dag van oordeel sal hy vir die se wat soos julle redeneer gaan weg van My Ek het julle nooit geken nie. BEKEER JULLE.

Adriaan ·

Jy is heeltemal reg. Johnnie, maar in die Skrif staan daar God IS liefde, nie God IS wraak nie, slegs dat die wraak Hom toekom. As ek voor my Here sal verskyn is daar een vraag wat beantwoord moet word: “Het jy in my Seun wat Ek gestuur het geglo?” As ek dan bevestigend antwoord dan sal ek die lewe ingaan want ek het my bekeer en HET die ewige lewe *(reeds NOU – 1 Johannes 5:12). Daarom, as ek nou foute maak en oortree dan straf die Vader my soos ‘n kind (Hebreërs 12:7). En as ek nou ongehoorsaam is dan word ek steeds gestraf as Kind, tog poog ek om waar moontlik die Wil van ons Vader te doen want ons is immers dood vir die sonde en genade gaan nie meer word as ons AS kinders oortree nie (Rom 6 – eintlik Paulus se gebruik van die begrip genade dwarsdeur Romeine). Sou ek egter ongelowig wees (nie in die Seun glo nie) dan is die oordeel van God klaar op ons en is ons reeds veroordeel (Johannes 3:18). So as kind van God, probeer ek so naby as moontlik by die Vader se liefde bly, want ek het Hom in die eerste plek lief (Deuteronomium 6:4). Iemand het eenkeer gesê: Dis beter om in liefde ‘n fout te maak as om met haat reg te doen. Nie seker of dit iewers in Skrif staan nie, maar dit klink nogal na ‘n goeie punt.
My grootste daaglikse uitdaging is “Hoe kan ek vandag die liefde wat God het vir alle mense (Johannes 3:16) het uitleef sodat meer hulle tot hom sal bekeer.” Dus, ek is lankal by bekering (wedergeboorte) verby, my daaglikse bekering behels hoe ek my verbintenis met God (noem dit weereens wedergeboorte as jy lus het) kan uitleef. Daarom bid ek eke dag: Here wees my genadig en ook Here, HIER is ek, gebruik my! Fransiscus van Assissi se gebed behoort by elke mens se bidplek te hang.

John ·

Die praktiese toepassing van die spulletjie behoort nogal interessant te wees. Ons seuns en dogters sal veral vreeslike mooi voorbeelde he van hoe om man en vrou te wees. Om ‘n klompie trane voor die sinode te stort het miskien ‘n paar dominees se arms gedraai, maar ons Hemelvader sal nie nie die Bybel laat hersien nie. Niemand wil ook praat oor hoe die geslagsdaad by homoseksuele uitgevoer word nie. Verduidelik dit aan ‘n kind. Ek wil graag ons verligte dominees wat so angstig goedkeuring verleen het vra om die sondagskoolklas in hul vertroue te neem en hierdie diepsinnige inligting met hulle te deel.

jack Schoeman ·

DIe enigste verweer wat gays het oor hul praktyke is dat ons nie mag oordeel nie. Of ons jou oordeel of nie, dit is nie van belang nie. God sal jou dade en gedagtes oordeel en dan kan geen lidmaatskap van die NGK of enige ander kerk jou n plek in die hemel koop nie. Mense soos Wikus wat met dieselfde afgesaagde argumente kom dat hy nie meer glo nie, praat vir homself. As jy werklik wedergebore is sal jy nooit terugdraai nie.

Adriaan ·

Jy’s verkeerd, Jack, die enigste verweer wat HULLE het, is Johannes 3;16: Want so lief het God die WêRELD gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het, sodat ELKEEN wat in Hom GLO, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. En ek gebruik die derde persoon meervoud hier baie omsigtig omdat dit reeds opsigself ‘n manier is waarop ek my moontlik kan distansieer as deel van die wêreld wat nie die geval is nie. Moontlik sou ONS beter wees!

Dave ·

Blommetjie, probeer tog bietjie meer oorspronklik wees! Heteroseksueel soos ek is irriteer dit my grensloos wanneer mense holruggeryde rympies herhaal omdat hulle nie iets oorspronkliks te sê het. Ek stry nie met jou nie! Ek leer jou! Probeer iets uit jou eie sê en nie bloot ander napraat nie.

Grietjie ·

Die Meester praat in elk geval met die farisseërs en skrifgeleerdes as Hy hulle waarsku om nie te oordeel nie. Ek is nou moeg daarvoor dat daardie vers deur sondaars en mense wat die sonde goedkeur! misbruik word om hulle sondes te probeer verskoon. Almal wat die sonde goedkeur met “Jy mag nie oordeel nie” sal saam met die sondaars brand.

Christiaan ·

Interessante besluit van die sinode. Alles wat in my is, en waarmee ek grootgeword het skop teen hierdie besluit. Die gedagte van selfde-geslag huwelike is vir my skrikwekkend. Daars net een problem. Eks ‘n jong man, kom van die plaas, hou van my rugby en diens my bakkie self. Ek laat mense lag en braai ‘n dodelike skaaprib. Maar. Toe ek so paar jaar terug begin baard groei het ek besef dat ek nie fisies aangetrokke is tot meisies nie. Let wel – ek gebruik die word “besef” en nie “besluit”. Daarna het jare van selfverwyt, selfoordeel, nagte op my kniee en ontsaglike vrese vir verwerping van my ouers, vriende en werkspelle gevolg. Vandag weet niemand nie. Dit is ‘n ontsaglike alleen pad – en die Vader weet – dis nie ‘n pad wat mens kies nie. Allermins. Ek wil graag vir elkeen op hierdie forum wat nie homoseksueel is nie vra waar hulle dink gay-wees vandaan kom. En ek pleit by elkeen – moenie die fout maak ok te dink dit is ‘n keuse nie, want as ek kon kies sou ek nooit hierdie pad gekies het nie.

Dave ·

Christiaan, ek geniet altyd ‘n lekker skrywe! Mense wat die Taal kan hanteer soos jy is lekker om te lees. Daarbenewens doen jy ‘n skrywe wat respek afdwing – soos Anneke êrens dòer bo gesê het, wàt was die ‘doring in die vlees’ waarmee Paulus gewortel het?

Jou vraag aan elkeen wat nie homoseksueel is nie het betrekking – heteroseksueel soos ek is (en ek is so straight soos ‘n liniaal wat blêddie reguit is!), en ek glimlag oor en geniet jou stelling dat jy ‘besef’ het en nie ‘besluit’ het nie. Ek glo jou. Erens daar bo in hierdie forum het ek gesê (op ‘n plek waar ‘n ‘Dirk’ nog besig was om klippe bymekaar te maak) dat ek glo dat gays (verwys ‘gays’ altyd na manlik en waar pas ‘lessies’ dan in?) so gebore is. Ek glo werklik dat julle nie ‘n keuse gehad het nie. Mag God jou seën!

Adriaan ·

Jou naam alleen vertel vir my al iets van God se betrokkenheid by jou reeds by jou naamgewing. Ek wens ek kon jou vertel waar gay-wees vandaan kom want dan kon daar moontlik ‘n oplossing wees, maar ek weet nie. Mag God jou vrede gee, mag Hy glimlag as Hy aan jou dink, mag sy genade altyd geneod wees vir elke dag.

Fanus ·

Die wederkoms van JESUS is BAIE NABY!
JESUS kom terug vir ‘n suiwer bruid, gewas in SY bloed.
Jou en my werke kan ons nie red nie maar wel in die ewige vuur laat beland.
Wat sal ons doen? !!!
Draai weg van sonde (bekeer jou), laat jou doop (in gehoorsaamheid aan GOD se woord en JESUS se voobeeld) en ontvang die gawe van die HEILIGE GEES (kragtige geestelike werking en versterking in jou en vir jou) (sien handelige 2 veral verse 37 en 38).
Draai na JESUS !

Lollapot ·

Almal wat oor en oor sonde doen behoort aan die duiwel volgens 1 Joh. 3, so hou op sonde doen. As jy Hom waarlik liefhet sal jy sonde verafsku want dit skei jou van Hom. Dan is dit maklik. As jy sukkel vra Hom om jou te help, jy sal verbaas wees hoeveel ander deure oopgaan om jou uit die sonde se kloue te red! Dis so die moeite werd, mense wil maar net nie hul sondige liggaamlike begeertes prysgee nie. Ongelukkig is hulle dan ook nie geskik vir die Koninkryk nie, jammer.

Charl ·

Gelukkig vir ons ou sondaars is jy nou nie God nie, ne lolla, so jy besluit nie of ons goed genoeg is om hemel toe te gaan nie. Fokus maar op jouself voor jy besluit of ander mense aanvaarbaar is vir God of nie……

Sarel Strydom ·

Hier moes ek nou vandag na baie kommentare lees. Mens sou amper wou dink van hieride mense het die Bybel geskryf. Net gou een waarskuwing, as jy die Bybel ken sal jy weet no.1 die oordeel kom God toe nie die mens nie en2. met die oordeel waarmee jy oordeel sal vir jou geoordeel word. Ek het al baie hierdie feit sien waar word. Wie van julle, wat so uitvaar het al deur die trauma en hartseer gegaan as jou kind vir jou moet vertel hy/sy is gay. Volgens een person moet hulle gestenig word. Gaan jy die eerste person wees om hierdie ouer se kind met klippe dood te gooi(as jy dan die Bybel letterlik wi intripreteer.) daar staan ook as ‘n kind sy ouer vloek moet hy met klippe dood gegooi word. sal enige ouer dit vandag doen net omdat dit so geskrywe staan. Die manne wat die nag na Lot se huis gekom het en geeis het dat sy besoekers oorgelewer moet word sodat hulle met hulle gemeenskap kan he Was die manne homoseksueel? Dink bietjie weer. Om ander mense te blameer , die skeinheiliges, omdat jynie meer kerk toe gaan nie, dink weer. Dronkaards: Dronkpart Vrydag en Saterdag is ok, hoera sondag is ek nugter dan gaan ek kerk toe. Gierigaard: Sakemanne wat alles doen om wins te maak en stywe bydraes vir die kerk maar sy medemens sal verneuk met ‘n glimlag. Egbrekers en wellustiges: Kom nou manne, wie van ons is daar wat nie ‘n mooi vrou waardeer nie, jammer, volgens die Bybel het jy klaar egbreuk gebreek.en moet jou oe verwyder word omdat dit jou in versoeking stel. Die bybel moet ook in konteks met die tyd waarin dit geskryf was , gelees word. Die verskil is hierdie sondes word onder die dekmantel gepleeg of deur die gemeenskap aanvaar. Dink bietjie aan die seer en die verdriet wat julle klippe veroorsaak. Die kerk bestaan uit mense met gevoelens maar soms sonder gewete. net nog resteliing “Gewete” is God se stem wat met jou praat want as jy geen verhouding met God het nie hoor jy dit nie en het jy dus geen “gewete” nie. dankie. Nou kn julle maar lustig voortgaan en mense stenig en klippe gooi.

Vic ·

Sarel, daar is baie mense wat gewetes het wat nie Christene is ( of aan ander gelowe behoort) nie – ek weet, ek ken hulle. N gewete is iets wat ontwikkel word in die huis en gemeenskap waarin mens grootword – dis nie net gelowiges wat goeie lewens lei nie of goeie morele standaarde het nie – en dis nie God wat met jou praat nie.

Jean ·

Wat verwag jy van n kerk wat hande hou met vrye messelaars.
Leviticus 18:22 You shall not lie with a male as with a woman; it is an abomination.

SHANE ·

Jean, moet nou nie net een ding aanhaal nie. Lees dalk bietjie verder: Leviticus 19 The Lord said to Moses, 2 “Speak to the entire assembly of Israel and say to them: ‘Be holy because I, the Lord your God, am holy.

3 “‘Each of you must respect your mother and father, and you must observe my Sabbaths. I am the Lord your God.

4 “‘Do not turn to idols or make metal gods for yourselves. I am the Lord your God.

5 “‘When you sacrifice a fellowship offering to the Lord, sacrifice it in such a way that it will be accepted on your behalf. 6 It shall be eaten on the day you sacrifice it or on the next day; anything left over until the third day must be burned up. 7 If any of it is eaten on the third day, it is impure and will not be accepted. 8 Whoever eats it will be held responsible because they have desecrated what is holy to the Lord; they must be cut off from their people.

9 “‘When you reap the harvest of your land, do not reap to the very edges of your field or gather the gleanings of your harvest. 10 Do not go over your vineyard a second time or pick up the grapes that have fallen. Leave them for the poor and the foreigner. I am the Lord your God.

11 “‘Do not steal.

“‘Do not lie.

“‘Do not deceive one another.

12 “‘Do not swear falsely by my name and so profane the name of your God. I am the Lord.

13 “‘Do not defraud or rob your neighbor.

“‘Do not hold back the wages of a hired worker overnight.

14 “‘Do not curse the deaf or put a stumbling block in front of the blind, but fear your God. I am the Lord.

15 “‘Do not pervert justice; do not show partiality to the poor or favoritism to the great, but judge your neighbor fairly.

16 “‘Do not go about spreading slander among your people.

“‘Do not do anything that endangers your neighbor’s life. I am the Lord.

17 “‘Do not hate a fellow Israelite in your heart. Rebuke your neighbor frankly so you will not share in their guilt.

18 “‘Do not seek revenge or bear a grudge against anyone among your people, but love your neighbor as yourself. I am the Lord.

19 “‘Keep my decrees.

“‘Do not mate different kinds of animals.

“‘Do not plant your field with two kinds of seed.

“‘Do not wear clothing woven of two kinds of material.

20 “‘If a man sleeps with a female slave who is promised to another man but who has not been ransomed or given her freedom, there must be due punishment.[a] Yet they are not to be put to death, because she had not been freed. 21 The man, however, must bring a ram to the entrance to the tent of meeting for a guilt offering to the Lord. 22 With the ram of the guilt offering the priest is to make atonement for him before the Lord for the sin he has committed, and his sin will be forgiven.

23 “‘When you enter the land and plant any kind of fruit tree, regard its fruit as forbidden.[b] For three years you are to consider it forbidden[c]; it must not be eaten. 24 In the fourth year all its fruit will be holy, an offering of praise to the Lord. 25 But in the fifth year you may eat its fruit. In this way your harvest will be increased. I am the Lord your God.

26 “‘Do not eat any meat with the blood still in it.

“‘Do not practice divination or seek omens.

27 “‘Do not cut the hair at the sides of your head or clip off the edges of your beard.

28 “‘Do not cut your bodies for the dead or put tattoo marks on yourselves. I am the Lord.

29 “‘Do not degrade your daughter by making her a prostitute, or the land will turn to prostitution and be filled with wickedness.

30 “‘Observe my Sabbaths and have reverence for my sanctuary. I am the Lord.

31 “‘Do not turn to mediums or seek out spiritists, for you will be defiled by them. I am the Lord your God.

32 “‘Stand up in the presence of the aged, show respect for the elderly and revere your God. I am the Lord.

33 “‘When a foreigner resides among you in your land, do not mistreat them. 34 The foreigner residing among you must be treated as your native-born. Love them as yourself, for you were foreigners in Egypt. I am the Lord your God.

35 “‘Do not use dishonest standards when measuring length, weight or quantity. 36 Use honest scales and honest weights, an honest ephah[d] and an honest hin.[e] I am the Lord your God, who brought you out of Egypt.

37 “‘Keep all my decrees and all my laws and follow them. I am the Lord.’”

So hoeveel van die breek jy nie elke dag nie? Kom nou, jou onderbroek is dan katoen en nylon. Wat van jou leer skoene? leer en garing? Wys my bietjie jou bos hare en jou baard. Kom nou, moenie belaglik wees en net een skrif uit konteks aanhaal nie, vat die word as geheel. Dan besef jy jy is saam die gays en die lesbians oppad hel toe want jy pleeg net soveel abominasies in God se ou gebaseer op die Woord… Hoe dan nou gemaak???

Oubaas ·

Almal gaan aan oor die kerk en Gay wees en ek is spesiaal en hulle maak nie reg met my nie. Ja daar gaan dalk nou n gay op die kerk stoel langs jou sit maar wie is om te oordeel wie gaan gered word en wie nie? As n “gay” n Christen wil wees en nie glo in wat die Drie Enige God voorstaan nie is hy self mos verkeerd. Ja dit is jou plig om vir om te se wat hy doen is verkeerd maar jy kan nie besluit of hy gered mag word nie. So sit in die kerk, klap handjies en gebruik die nagmaal maar dink mooi en onselfsigtig vra jy jouself die vraag………is dit reg wat ek doen? Is Christen wees vir my belangriker as gay wees? Jy antwoord die vrae want die antwoorde is nie vir my of die mens langs jou in die kerk nie, dit is die een vir wie jy wil gaan eer in sy kerk.

Terloops, miskien is die NG kerk nie meer n kerk nie maar n nie winsgewend organisasie?

Dup du Plessis ·

Al die sondes wat hierbo deur die Bybel beskryf word bly sonde. En elkeen van ons stoei met die een of ander probleem – en elkeen van ons gaan eendag persoonlik moet rekenskap gee oor die uitoefen of die poging om weerstand daarteen te bied. Maar om te vra dat ‘n aksie wat deur die Bybel as sonde geklas is deur mense verander kan word na aanvaarding is net nie reg nie. (ons praat nie nou van die honderde ou Testamentiese wette wat deur Moses ingestel is nie – maar van dit wat vir Christene as wette moet dien na die opstanding). Daar was nie ‘n fout by die skepping van man en vrou nie, anders kan ‘n moordenaar ook aanvoer dat hy/sy so gebore is en hierdie sonde ook nie meer as sonde beskou moet word nie. Oordeel mag ons egter nie en elkeen van ons is iewers skuldig. Dis egter die stry daarteen wat punte tel, en nie die maklike manier om net die reels van die spel te verander nie.

Elene ·

Ons, en ek sluit die beoordeelaars wat so oordeel hier uit, is na God se beeld geskape. God maak nie foute nie, en mense wat gay is word so geskape. Ek ken talle gay mense wat beter Christene is as julle almal wat so vieslik is teenoor die gay mense. Weet maar net dat julle beoordeelaars, net soos almal wat deur God geskape is, ook eendag deur die enigste waarlike oordeel sal gaan, en julle sal sleg tweede kom wat God se kinders so slegsê en sleg behandel. Om gay te wees is nie ‘n sonde nie so moet eerder nie eers oorweeg om klippe op te tel nie. Om God se kinders wat na Hom geskape is te veroordeel – dis ‘n direkte sonde teen God. Wees eerder dissipels aswat julle mense wegstoot van die kerk. Ek het meer as 10 jaar terug besluit om afstand te doen van die NG ‘kerk’ juis omdat die sogenaamde sinodes dink hulle kan namens God besluite neem net om mense te veroordeel en weg te stoot. Hou op om te veroordeel en vra vir vergifnis vir julle eie sondes voor julle blindelings loop en veroordeel.

Sybil Erasmus ·

In die laaste dae sal mense liefhebbers van hul self wees – geen versoeking het jou aangegryp nie behalwe n menslike nie – die boom sal aan sy vrugte geken word – My vraag is hoekom moet gay persone (manlike/vroulike) toegelaat word om as predikers godelose mense te leer as hulle nie eers self hul eie sondige lewens wil herstel nie – geen mens is sonder sonde nie – maar die verskil is my verhouding met Jesus (so wat ons eintlik se is dat God nie dieselfde is as aan die begin nou en in die toekoms nie – omdat ons as mens die word van God wil verdraaai om om eie sondes okay te maak. Die Jesus wie ek aanbid – is geen aannemer van n person nie, maar hul het liefde vir die sondaar – maar sal nooit die sonde van enige mens goed praat of ongestraf laat nie.

Babs ·

Wat het STEVE hiemee te doen?? Wie is Adam?? Die Adadm vani bybel??

kiekie ·

Ag snap tog net die grap daar. God het ADAM en EVA gemaak. MAN en VROU! Nie “Adam and steve” MAN en MAN nie!
En JA dit verwys na Adam in die Bybel.

Dave ·

Nee, dit raak irriterend wanneer mense in ‘n ernstige gesprek niks meer kan bydra as holruggeryde ‘grappies’. Niks oorspronkliks kan bydra.

annette duvenhage ·

Die probleem is dat daar uit die Bybel gepreek word om die lidmate te pas en nie dalk op hulle tone te trap nie…ai, word wakker glo en lees God se woord soos Hy dit aan ons voorgele het. Liewe Vader het Hy dan sy tyd gemors om ons riglyne te gee hoe om te leef en wat reg en verkeerd is. Hy stel dit baie duidelik in die Woord, dat niks bygevoeg of uitgelaat moet word in Sy Woord nie. Dan weer is die Bybel soveel keer oorgeskryf dat daar baie van God se Woord verlore gegaan en verdraai is om die mens te pas. Ook Glo ons dat as ons ons Sondes bely ons vergewe is. Ja ons is maar dan moet ons dit nie weer doen nie. Dis soos overspel, jy vra vergifnis en doen more presies weer dieselfde want ai dis tog so lekker en ek kan mos seker wees dat God my sal vergewe want Hy belowe dit mos in die Bybel..Think again. Mense en ongelukkig Predikers bring baie mense onder ‘n wan indruk en lewer hulle uit aan Satan en gee hulle ‘n enkel kaartjie Hel toe. As jy ‘n Wedergebore Christen is sal die Heilige Gees jou aankla as jy Sonde Pleeg en teen God se Woord indruis.
Wanneer jy ten volle aan God oorhegee is en hy jou lewe lei sal j weet wat reg en verkeerd is.
Die Sondeval en Sodom en Gomorra is goeie voorbeelde van hoekom dit gebeur het. Of is dit net sorietjies om mense bang te maak. In Sodom en Gomorra was daar mans wat God se Engele wou verkrag. Regtig mans wat mans wou verkrag?

Piet ·

Nou gaan die ngk lid mate velour ,hoekom Al di jare teen dit en nou vir dit ,Jul ha OK see omverskoning vra en vote was

Pieterman ·

Volgende gaan ons hoor liewe Jesus was ‘n homeseksuel. Dink hoe lag die Islam en die Jode vir ons. Nou gaan hulle eers ons koppe afsaag met stomp messe.

HEVW ·

Vic jy bevel aan dat mense tog n bietjie moet lees. Ek reken u moet ook maar n bietjie wyer lees. Daar is liberale denkers soos oa. Le Vay wat voorhou dat daar breinstruktuurverskille in die hipotalamis, Die INAH3, by SGA van mans en vroue is. Latere navvorsing het egter duidelik aan die lig gestel dat sy navorsingsmetodes op verskeie terreien faal. Lees wyer oor epigenetika. n Gesaghebbende bron wat u gerus kan raadpleeg is die van dr. Whitehead n biochemikus van Nieu Zeeland. Die gay gedrewenis gebruik deurgans die studies van Kinsey, Hamer, LaVey Baily en Pillard. Daar is egter navorsingsbeginsels waaraan hierdie studies nie voldoen nie. Lees ook wat dr. Michael Hanby n wereld erkende oor huwelike met dieselfde geslag te se het. Oor die sosiologiese en morele impak daarvan. Ons is so haatig om te se moenie veroordeel nie. Ons plig is egter om tereg te wys. Teregwysing kan nie sonder oordeel nie.. Daar is gesonde oordeel om te behou wat in plek is, en dan ook negatiewe oordeel wat verdoem en vernietig wat natuurlik verbied word.. Natuurlik kan die homoseksuele nie uit die kerk verban word nie, want dit is juis dan hier waar hy die regte leiding en genesing moet ontvang. Maar die kerk dwaal gewis as hy die hekke oopgooi terwille van menslike begeertes tenkoste van die Skrif wat algemene tendens in die verliberalisering van die mens geword het. Die N G Kerk sal gewis in die nabye toekoms gekonfronteer word en vasgevang word met sosiologiese en morele wanpraktyke wat veel meer ingrypend sal wees as maar net sy huidige besluit oor homoseksualiteit.

Vic ·

HEVW, dankie vir die verwysings, ek is bewus daarvan. Ek weet wat die verskil is tussen goeie en slegte navorsing – en ek is heeltemal tevrede met my bronne en die navorsing gedoen.
Ek het nie n opinie gelewer oor of dit “reg” of “verkeerd” is om homoseksueel te wees nie, slegs dat dit volgens aanvaarbare navorsing nie n keuse is of mens homoseksueel is of nie, so min as wat dit n keuse is om manlik of vroulik te wees nie.
Die leefstyl as mens homoseksueel is, is n keuse, maar weereens nie my keuse nie, en nie my leefstyl om te veroordeel nie – dit is tussen God en die spesifieke individu.
Elkeen het die reg om vir homself te besluit wat hy wil doen en hoe hy sy lewe wil leef ( binne perke en sonder om andere te benadeel), en of hy die Here se leerstellings wil navolg.
Maar ek glo, soos jy, ook nie dat ons die reg het om iemand wat graag kerk toe wil kom, dit behoort te verbied nie, tensy sy leefwyse en gedrag andere benadeel.
Ons het sulke dubbele standaarde oor wat reg en verkeerd is, en wie aanvaarbaar is of nie – my ondervinding is dat die wat die meeste oordeel en skree teen ander, gewoonlik die meeste het om weg te steek in hulle eie lewens ( en hierdie opmerking is nie op jou van toepassing nie, net in die algemeen). Groetnis

Jannie ·

Eendag het n christen vir my gese, die Bybel praat met elke een van ons anders. Dit wil se die dag as jy jou Bybel lees , dat die boodskap wat jy kry baie anders is as die volgende persoon., DIS PRAGTIG IS DIT NIE? God is groot laat hy oordeel. Sheers NG

Francois ·

Ek het twee vrae:

Was julle STRAIGHT gebore of het julle so geword?

Wanneer het JULLE gekies om straight te wees?

Dave ·

Francois, moet nie ànder se hòlruggeryde vrae vra en dit dan jòu vrae noem nie. Jy is glad nie oorspronklik nie.
Terloops, my antwoord op ‘jou’ vrae klink so: Ek het geen besluit gehad nie en ek is soos ek is omdat die Almagtige Skepper my gemaak het soos ek is; absoluut heteroseksueel. Ek glo dat dit ook vir jou geld. As jy gay is, is dit omdat jy so gebore is en geen keuse gehad het daarin nie.

Francois ·

Dave ek ry op niemand se rug nie…behalwe vir plesier! Verder….Dankie soos jy straight gebore is, so is ek gay gebore. End!

Dave ·

Maar jy pleeg steeds plagiaat (deur dit jòu vrae asof eie te noem terwyl dit reeds holrug gery is) op ‘n dom manier
en jou ‘plesier’ walg my.

Dave ·

Klink asof jy hêppie is met my antwoord Fransie, maar moet steeds nie plagiaat pleeg nie! Dit irritee my grensloos!~ Probeer jou eie doen.

Peet Schabort ·

Hopelik sal die reunhonde, tewe, bulle, koeie ens. ook die boodskap kry dat óók hulle die wette van die natuur mag verontagsaam want sien, hulle het nie ‘n bybel maar bly sommer vanself op die regte pad. Amen.

Lewies ·

Wikus ek stem saam.

En die besluit van die Sinode het ook sommer toegelaat met al die kommentare dat die “hel” nou hier op die aarde los bars!

Sue ·

Jammer om so kras te wees; die NG Kerk aanvaar dus nou burgerlike seksuele verhoudings tussen twee mans en verwerp burgerlike seksuele verhoudings tussen ‘n man en ‘n vrou. Klink dit nou regverdig? Waarom die groot verskil?

chris ·

Sjoe Sue.

Puik vraag?
Ons moet seker wag vir die volgende senode sodat die oompies kan stem wat God eintlik se.

Leon ·

Rom 1:26-27 lui soos volg…

“26Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.”

Homoseksualisme is en bly SONDE en ‘n “gruwel in God se oë”. Kyk maar wat het gebeur met Sodom en Gemora… God het dit van die aardbol afgevee!

Dus, homoseksuele mag kerk toe gaan maar hulle moenie verwag dat God Sy Woord gaan verander om by hulle leefstyl aan te pas nie…

Anoniem ·

God made Adam and Eve… Not Adam and Steve… #justsaying

Dave ·

Ek het nogal heelwat tyd gespandeer aan hierdie forum en dit werklik geniet. Selfs ‘n paar bydraes gedoen.
Daar was mense wat bloot holruggeryde rympies gespoeg en plak het, mense wat menings uitgespreek het bloot om ander se siening daaroor te lees en mense wat werklik uit die hart gepraat het aan beide kante van die gesprek. Een ou wie se kommentare ek geniet het (en daar was vele meer) is Sarel Strydom. So ook die van Adriaan al stem ek nie noodwendig met alles wat hy sê saam, soos wat ek ook genoem het. Onregverdig eintlik om name te noem omdat daar vele meer waardevolle bydraes was soos ondermeer die van Anneke. Sommige het in hul kommentare verwys na ander sondes en gevra waarom een spesifieke ‘sonde’ uitsonder. Dit het my laat besef dat ek vark eet! En Vrydagaande my drankie geniet en hierdie sê met ‘n kelk rooiwyn op my tafel! Dankie tòg vir die genade van God!

Juan Olivier ·

Teminste is dit nou bevestig hulle is nie ʼn kerk van God nie. Die feit dat hulle daaroor moes besluit of ʼn sonde reg of verkeerd is het dit seker al klaar gewys.

Gerhard ·

Inderdaad Juan, daardie instansie beleef ‘n erge geloofwaardigheidskrisis, en behoort die benaming kerk te verbeur.

Johan ·

Ja nee dit raak nou soos met die Jehova Getuies ! Hul skep a sonde wat nie meer more a sonde is nie !

Magda ·

Nee ons oordeel nie. Lees jou bybel, al jou antwoorde is daar

Siek verby van die NG kerk

Johan ·

Wat laat die sinode dink dat God belangstel of hulle gay verhoudings goedkeur of nie. God het Sy reels in die Bybel gegee. Slim (vang sy baas) politiese korrektheid is nie braaf of wys nie. Op n stadium moet jy maar standpunt inneem en besluit of jy skaap of bok wil wees. Word wakker. Ons mense het leiding nodig. Lees die Bybel.

Johan Lombard
Pretoria

Dup du Plessis ·

Die groot vraag is eintlik dit: Sou die Een wat gay-wees as ‘n gruwel in die Bybel laat klas het in 2015 heeltemal anders daaroor voel? Neem aan hierdie nuwe weergawe van die groot Boek moet nog deur die NG kerk gedruk word.

Dirk ·

Hierdie boek is al byna in sikulasie. gehoor dit behoort 2016 die rakke te tref. Daar is webwerwe wat die euwel reeds openbaar het.

Jan Pierrewiet ·

Oom Christie draai nog in sy graf om. Hy het sy hele boedel aan hierdie hoerdogter kerk van Babilon bemaak. Babilon, jy gaan val, jou skermunkel!

Ribbok ·

Die NG kerk moet nuwe naam kry: IKABOD. Dis jou nuwe naam kerk.

trekkerband ·

Sodom & Gomorra hier gaat ons al weer. BEKEER JOU NG KERK! JY IS ‘N GRUWEL. JOU DADE IS AFSKUWELIK VOOR DIE OE VAN DIE HEILIGE GOD!

SNEL ·

Die NG-kerk dans al lankal volgens die katolieke se pype en doen wat die pous wil hê. Wys byvoorbeeld uit die Bybel waar n baba gedoop word? Hierdie kerk tree op om mense te sus en nie streng volgens die Woord nie. Belydenis van geloof, almal staan op n streep en eweskielik as jy daai ouderdom behaal kan jy nou nagmaal gebruik. Waar kry hulle al hulle plegtighede en goed uit die Bybel uit?

Sabbat is n Saterdag…God het die Sabbat geheilig, nou wat dan van n Sondag, hy is mos nie geheilig nie? Heilig ons ook met ander woorde die verkeerde dag vir die Here, omdat die katolieke dit in al die kerke kom omkrap het? Lees oral in die Bybel, die Saterdag is die Sabbat, nou wat nou? Ons in kerke en veral die NGK, val al lankal lyk my uit die bus uit. Alles moet gemeet word aan die Woord, of hoe? Mens wil so graag in n kerk wees en deel van n gemeente, maar hulle doen goed wat jy nêrens in die Bybel sien nie. Wonder soms of dit nie maar beter is om op n ou se eie jou ding te doen nie, dan weet jy daar is geen dwaalleer nie, laat die Heilige Gees mens dan alleen lei en bid vir wysheid en kennis.

Dirk ·

Die Sabbat is op elke kwart van die maanstand en nie Saterdag nie.

SNEL ·

Dirk hoekom sê jy so, verduidelik vir my. Die ding slaan my buitendien dronk van die Sabbat, want wat is nou reg.

Dirk ·

Die kalender wat ons nou gebruik verskil van die ou Israel kalender. Die maande het op die maan gewerk en die maan neem 28 van een volmaan na die ander. Daarom die sabbat op elke kwart van die maan.

Iemand het my eendag die som probeer verduidelik om by die bybeljare uit te kom teenoor ons moderne kalender. Die gesprek het gegaan oor die eindtyd en die 1000 jaar vrede en hoe ver ons daaarvan is asook die onderhouding van die Sabbat.

Dit was bietjie moeilik maar kon darem die maan telling verstaan.

As ek reg onthou is daar /was daar ‘n jaar met 13 maande. Ek sal weer biedjie opvolg hieroor. Soos ek verstaan was die maan ook gebruik om te bepaal wanneer geplant en geoes moes word. Wanneer watter fees begin en eindig. Ek het nie Joodse vriende nie, maar verneem dat die maan fisies dopgehou word om die begin van die fees aan te kondig.

Daar was onlangs weer so ‘n gesprek op die net met die onlangse maanverduistering.

SNEL ·

Baie dankie Dirk, ek het skoon vergeet van die Joodse kalender, dis nou baie duideliker en maak sin. Ek gaan ook bietjie Google en meer lees daaromtrent.

wynand ·

andrew murray draai in sy graf om. Jesus het gese vir die mense dat hy wat sonder sonde is die eerste klip moet gooi na die vrou wat owerspel bedryf het. ons het almal sonde die een is nie erger as die ander nie maar Hy het ook vir haar gese ek veroordeel jou ook nie en dan gaan heen en sondig nie meer nie. die bybel leer duidelik dat homoseksualisme sonde is. sodom is verwoes as gevolg van hierdie sonde. God maak nie kompromie met sonde nie Hy dieselfde 4000 jaar terug en 2000 en 200 jaar terug. Die kerk behoort dus sy lidmate eerder te waarsku teen sonde en nie kompromie te maak daarmee nie. dit is n hartseer dag vir n kerk waarvoor ek baie lief is.

Anti Gay ·

En daar vlieg my lidmaatskap van ng kerk mooi in sy peetjie in,

Manie Erasmus ·

Dit is ‘n afskuwelike beskuldiging teen die Skepper om te beweer dat Hy mense homoseksueel geskape het. Verder is dit ‘n afgryslike fout van die NG kerk om met hul besluit te verklaar dat homoseksualiteit nie ‘n sonde is nie. Dit gaan vernietigende reperkussies hê vir die kerk en al sy lidmate. God laat Hom nie tart nie en julle straf is geboek.

Sarel ·

Praat waar die Bybel praat; Bly stil waar die Bybel stil is; maar die NG Sinode PRAAT (nou) waar die Bybel STIL is.
Die Nuwe Testament lewer keer-op-keer raad en daad aan heteroseksuele lewenswyses; en rep nie ‘n woord oor die GESONDE uitleef van sogenaamde ‘selfdegeslagverhoudings’ nie? Het God eweskielik wakker geskrik in die 21ste Eeu?
“Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms! ” Jesaja 8:20 asook 2 Pe 4:11

Marius ·

Gelukkig het ek nie ‘n klub nodig om ‘n verhouding te he met die Skepper van hemel en aarde nie.

Dis omdat Afrikaners hulle self aan hul neuse laat rondlei deur Dominees Pastore en Nigeriese geloofsgeneesheers dat dit gaan in die land en met die Afrikaner soos dit gaan. Skape ter slagting…….dis hoe oom Doom en PasTOOR jou sien, ‘n sucker wat 10de moet betaal!!! WORD WAKKER, WORD WAKKER!!! Jou bewys van lidmaatskap word nie in enige van die skrifte genoem nie. Gaan uit en soek….HY wag vir jou.

Johan ·

Ek het geweet na die kerk se besluit sou daar baie kommentaar gelewer word oor homoseksualiteit. Maar so ‘n besluit weet ek gaan teen die gryn van die Woord. Ek is agttien jaar oud en voel nou soos ‘n verlore skaap omdat die NG kerk wat veronderstel is om die Here se wil te doen nou eintlik maar die wêreld se wil doen. Mense wat die gay besluit ondersteun kla alreeds teen dié wat die Bybel aanhaal wat die sondige natuur van homoseksualiteit uitbeeld. Nietemin kan ek glad nie 1 Korintiers 6 vers 9-10 uit my gedagtes kry nie: “… Moenie julleself mislei nie; geen onsedelikes of afgodedienaars of egbrekers of mense wat HOMOSEKSUALITEIT beofen… Sal deel kry aan die koninkryk van God nie.” Dié boodskap is so duidelik soos daglig. Die waarheid is hier te siene. Hoekom wil die kerk dit nie erken nie? Want hulle is bang vir die wêreld. Soos ek sit en tik voel ek leeg- van kleins af het ek die NG Kerk gerespekteer omdat ek geglo het hulle sal nooit van God se waarheid afwyk nie, maar nou is ek onseker. GEEN mens is sondeloos nie- homoseksueel of nie, maar wanneer die kerk ‘n sonde aanvaar as “normaal” in die samelewing dan sit ons as gelowiges in ‘n duisternis van verwarring agv misleiding. Plaas die Here se wil eerste- nie die skepsel se brandende begeertes nie.

Dirk ·

Hierdie is nie heeltemal waar nie. Sou daar ‘n terugdraai, berou en belydenis van sonde wees en daar dan oor daardie sonde geheers word is daar alyd ‘n plek in die Koninkryk van ons Verlosser vir enige sondaar. Al was jou sonde soos skarlaken sal dit witter as sneeu weg gewas word. Ja so ver as die ooste verwydered is van die weste sal daar nie weer aan gedink word nie.

Daar is die mooi gelykenis van die landbouer wat arbeid gehuur het om in sy wingered te werk. Die eerste een het X bedrag ontvang vir ‘n dag se werk. ‘n ander dieselfde X bedrag vir ‘n paar ure minder werk en ander ook dieselfde X bedrag vir nog minder ure se werk. Die meeste was nie happy hieroor tenspyt van die ooreenkoms soos hulle diens aanvaar het.

Die les is dit. Ongeag wanneer jy jou sonde belei, jou vergewing van daardie sonde is dieselfde as vir die ou wat jare ‘n beleidende sondaar is. Jou loon is dieselfde. Dit is ‘n ooreenkoms wat geld vir enige beleidende sondaar.

Verder is die waarskuwing net dit, sorg dat jou lewe reg is as jou tyd kom.

Die ewige dood is die loon van die sonde waar die hardkoppige volhard in sy sonde.

Die kerk is nie die doel van ons lewe nie. Dit is ook nie ons reding nie. Om die HERE te behaag is ons doel.

Die kerk moet vir homself antwoord deur sy verteenwoordigers. Antwoord gaan hulle antwoord. Hulle kleim verhewe kennis. So hulle kennis gaan moet hulle maar red.

In ‘n strafhof is kennis ‘n verswarende faktor by die oorweging van vonnisoplegging na skuldigbevinding.

Tinus ·

Wil maar net sê: Ek het geen probleem met ñ gay persoon wat toegelaat word om kerk toe te gaan nie, want dit is een van die plekke waar hy en vele ander sondaars moet hoor dat dit waarmee hulle besig is, teen God se wil is, dit voor God moet bely en nie verder moet sondig nie-soos Hy sê: Gaan en sondig nie meer. Maar wat ek nie kan hanteer nie is dat mense soos Adriaan en die NG Kerk hulle goedkeuring gee aan homo/bi-en-hetroseksuele persone en dade. Ek wonder of Adriaan en die NG Kerk vir gays sal teregwys vanaf die preekstoel dat dit wat hulle doen ñ sonde in God se oë is of gaan Adriaan en die NG Kerk maar net heuning om hulle mond smeer soos wat die satan besig is om heuning om Adriaan en die NG Kerk se mond te smeer. Wat gaan jy, Adriaan, en die NG Kerk doen wanneer julle die gays in die huwelik moet bevestig in die kerk. Julle sal dit ook seker met ñ bietjie of baie liefde doen. Julle is besig om te dwaal. En asseblief, lees dié boodskap reg: Ek oordeel nie-dit is feite en sou graag ñ persoonlike onderhoud met iemand soos Adriaan wou voer. Maar nou ja, ek sal maar net vir hom en die NG Kerk bid. Sterkte!

Dirk ·

My dogter studeer tans aan NWU PotchKampus – mag mos nie meer sê Pukke nie. Sy is tans by die huis vir ‘n kort vakansie. Sy vra my vannaand waarom dit vir haar voel dat die universiteitsgemeenskap haar geslagloos wil maak. Sy het lank uitgebrei oor hoe dit gedoen word. Sy het haar wil om trots vrou wees uitgespreek teen half vrou half gedrog . Sy wil nie Bi/gay seksueel wees nie maar sleg vrou. Aldus haar is dit ‘n soort aanslag en dit verwar haar.

Ek het haar geantwoord. Sy is tevrede met die antwoord. Sy verkies dan om vrou te bly. Sy is toegerus om die geestelike aanslag op haar seksualiteit te weerstaan.

Dit is maar nog ‘n bewys dat ‘n mens nie so gebore word nie. Jy word so gebreinspoel.

Die vyand is bekend. Dit is egter polities nie korrek om diegene te openbaar nie.

SNEL ·

Iets broei dan by daai universiteit wat glad nie 10/4 is nie. Dis nou al die hoeveelste straight kind waarvan ek hoor wat soontoe is (genadiglik het jy met jou dogter gepraat en is haar uitkyk verandee ), maar wat skeef anderkant uitkom. Dit maak mens eintlik bang, want wat doen hulle dan daar met die kinders. Iets daar is groot fout.

HEVW ·

Kan regtig nie verstaan waaroor al die lawaai nie. Daar is onderskeid te tref tussen erfsonde, erfsmet. en sonde in daad. Homoseksualiteit is erfsonde, sondesmet net soos wat die gebrokenheid van die skepping en die mensheid dit stempel. Dus kan die homoseksuele net soos enige hetroseksuele in sondesmet – onvolmaaktheid nie uit die kerk geban word nie en het die homoseksuele volle reg tot alle gemeentelike aktiwiteite. Wanneer die hetroseksuele hom sou skuldig maak aan ergerlike sondes dien dit die kerk om die tug op daardie persoon toe tepas. En as hy daarin sou volhard uiteindelik uit die kerk geban te word. Dieselfde geld ook vir die homoseksuele. Indien hy sy in ergelike sonde sou volhard. Dit gaan egter om die seksuele uitlewing van die homoseksuele en die belewing dat hy sy deur die kerk daarvan weerhou word. Met ander woorde dat daar deur die kerk teen hul gediskrimineer word. Dieselfde norm geld egter ook vir die hetroseksuele wat in ongetroue status verkeer. Daar is 1000 de ongetroude hetroseksueles wat hul lewenslank, Skrifgetrou van buitehuwelikse omgang weerhou. Daar is 1000 de jongmense wat nie voor die ouderdom 30 35 trou nie maar wat aangespreek deur die Skrif verkies om maagd te bly tot huwelikssluiting. So waarom kan die homoseksuele hul dan ook nie aan Skrif-dissipline onderwerp nie. Die vraag bly ook waarom worstel die kerk vandag met al hierdie vraagstukke. Die antwoord is maar alleen, daar is mense – ontaard omdat die kerk deur al die jare nie tug toepas nie.Tugtoepassing hoort tot die wese van die kerk. So die geskiedenis van die diskwalifiseer homself as kerk Daarom hoor ons vandag meer en meer dat die kerk sy geloofwaardigheid verloor het en liberalisme wen een veldslag na die ander. Ons moet ontwaak daar is al 40 jaar terug gewaarsku teen die kommunistiese totale aanslag op alle samelewingsverbande wat ook die kerk insluit. Hierdie aanslag is n waarneembare werklikheid en is veral toegespits op die grootste kerk nl. die NG Kerk. In die kommentare is dit opmerklik dat die kerk te veel as norm en die gesaghebbende gebruik word instede die Skrif.

Dirk ·

Ek gaan met die volgende van hierdie gesprek onttrek. Ek kry gays uit die diepte van my hart jammer. Ek haat mense wat hulle self christene roep.

Ek wil die volgende storie herlei. ‘n Omie had ‘n mooi dogter op die plaas. Nie lank nie of die jongens begin vlerksleep. Die een verhouding raak ernstig en Omie vind dit goed om ‘n indiepte gesprek vet die jongen te voer. toe dit by godsdiens kom verseker die knappie Omie hy is ‘n vedergebore christen en sal die dogter se maagdlikheid respekteer tot die troudag. Die dogter raak swanger en die knappie verdwyn. ‘n Tyd later kom ‘n jong onderwyser op die plaas woon terwyl hy klas gee by die naburige plaasskool. Die vonke tussen die twee jongens begin opvlam en Omie besluit dit is tyd om met die onderwysertjie te gesels. By godsdiens gekom – Nee Omie ek is ‘n wedergebore christen ek sal mooi na die dogter en kind omsien. Enkele maande later is die dogter en kind terug op die plaas, stukkende hart en al. Die onderwysertjie het biedjie draad gespring en ‘n ander meisie in die ander tyd gesit. Intussen het die Omie ‘n jong voorman aangestel wat hom op die plaas help. Na die hartseer en verdriet verdwyn begin die liefde weer blom. Omie besluit weer dis tyd vir gesprekvoering. Toe dit by godsdiens kom vra Omie hom of hy ‘n wedergebore christem is. Die jongen dink so bietjie en antwoord Omie ek weet nou nie of ek wedergebore is nie maar vra darem gereeld dat my sonde my vergewe moet word. Omie gee sonder om te twyfel sy goedkeuring met ‘n lang en gelukkige huwelik en nog kinnertjies wat gevolg het.

Uit eie ervaring vermy ek wedergebore christine soos die pes. Ek hou maar by die wat nederig en berouvol vergifnis van sondes afsmeek. Daai ouens wat bid en bid al lyk dit of daai gebed nerens kom nie. Die opdrag is bid sonder ophou en sonder om moedeloos te word.

Gegroet

Godskid ·

wow…ek lees al die kommentaar wat mense lewer en al wat ek voor dankbaar is, is dat ek baie dankbaar is dat ek nie in hulle skoen hoef te staan as hulle vir God gaan moet verduidelik hoekom hulle mense wat nader aan Hom wou kom en leef, weggejaag het.
ek is nie van plan om betrokke te raak in elle lange nuttelose argumente oor dogma, mense reels, opinies en persoonlike interpretasies van wat God se woord ‘regtig’ se nie.

wat ek wel wil vra vir almal wat so baie te se het is dit….

sal enige mens uit sy eie kies om gay te wees? dalk is ek verkeerd, maar ek dink regtig nie dat dit na n pad maanskyn en rose lyk vir enige iemand nie….wie sal dit KIES, as dit n keuse is, soos wat baie mense glo…en ook geimpliseer word deur dit onder dieselfdekam te skeer as ”ons almal doen sonde…of….God haat nie die sondaar nie,maar die sonde”

baie mense in vorige kommentaar noem dat sonde is sonde…of dit nou steel, moord, egbreek of homoseksuele dade is, maar dit beteken dat om gay te wees is n gedrag, iets wat mens kies om te wees of nie te wees nie….soos wanner jy steel, dan vra jy vergifnis, en veg daarteen om weer die sonde te doen, maar die feit is dat dit nie net n manier van optree is nie.
dis soos om vir iemand wat blind gebore is, of iemand wat met n blou vel gebore is te vertel hulle gaan hel toe….NET SO MIN SOOS wat daai persoon iets daarmee te doen gehad het dat hy so gebore is…net so min het ek daarmee te doen gehad wie ek is.

dis baie maklik om al hierdie ”feel good” goed te se om te wys dat jy n open minded Christian is wat nie vir mense judge nie,maar net wat mense doen…maar in realiteit beteken dit NIKS vir die persoon wat elke dag van hul lewe hierdie lonely, hartseer pad ( wat gevul is met veroordeling en haat van baie mense ) moet loop.

dis n styd wat geen mens kan verstaan op enige vlaknie, behalwe as hulle self die pad moet stap, of daardeur geraak word omdat n geliefde of familie lid gay is nie.

moenie eers BEGIN om die situasie te vergelyk van gay mense in die kerk, met buite egtelik kinders en ma’s wat onder sensuur geplaas is/was/word nie. jy het n keuse gehad om te trou voor jy seks gehad het!! …almal draai n blind eye as mense saambly voor huwelik ens. maar dat een gay couple inni kerk instap dat is dit ‘n hengse issue….ek WEET, ek is gevra om uit die kerk te gaan tydens n erediens….(die NG kerk)

ek glo God veroordeel wel seksuele losbandigheid…straight of gay, en DIT is wel GEDRAG wat sondig is, en wat mens moet veg en vergifnis voor vra…elke dag, maar ek kan op GEEN level glo dat God ooit enige van Sy kinders sal ‘wegjaag’ oor wie Hy hulle gemaak het nie !!

o ja…en by the way…ek het geen antwoord op al die teks verse wat so rond gegooi word om te bewys dat God se dat homoseksualiteit sonde is nie..wat ek wel weet is dat wanner woorde vertaal word van een taal na n ander is daar nie altyd gepaste woord in die taal wat presies dieselfde beteken as in oorspronklike taal nie, dit kan soms n GROOT verskil maak in die interpretasie van n teks…

al wat ek verseker weet is dat as ek n antwoord daarop gehad het, dan sou die laaste 45 jaar van my lewe BAIE makliker, gelukkiger, minder lonely en uncomplicated gewees het.

blessings vir julle almal, en please just have more grace and understanding for people who have to live this life….it is very hard. Believe me….the person already struggles so much with what is wrong or right, or whether God love him or not…because that is the most overpowering message he gets from all around him all his life! Why do you think so many gay people just eventually commits suicide?

Sola Scriptura ·

2 Timothy 4:3King James Version (KJV)

3 For the time will come when they will not endure sound doctrine; but after their own lusts shall they heap to themselves teachers, having itching ears; 4 And they shall turn away their ears from the truth, and shall be turned unto fables.

Anna ·

How do you call yourselves Christians if you insult other’s churches? In the end everyone found his/her church to worship God in his/her way to build the relationship with God. Hence the saying “I hate religion, I love Jesus”. We all love the same God, we all want peace.

Jan ·

Luister… hoor julle dit? ‘n Klok lui vêraf in die vervalle landskap… so ‘n spookagtige klank op die wind… dis die doodsklok wat vir die kerk lui. Hoor julle dit?

monica ·

Dis hoogtyd! Die kerk is deur mens ingestel en word deur mense gemanipuleer. Op die einde va. Die dag is dit maar net n besigheid en die NG kerk dominee is afhanklik van ons bydraes……dink hulle moet almal n werk jry en oreek in hulle vry tyd omdat hulle dit regtig wil doen.

monica ·

Dis hoogtyd! Die kerk is deur mens ingestel en word deur mense gemanipuleer. Op die einde van die dag is dit maar net n besigheid en die NG kerk dominee is afhanklik van ons bydraes……dink hulle moet almal n werk jy en preek in hulle vry tyd omdat hulle dit regtig wil doen.

monica ·

Dink bietjie daaroor dat daar nie in die tyd toe die Bybel geskryf was nie die wetenskaplike tegnologie was wat ons vandag het nie. Dis bewys dat gays wel gay is omdat hulle so ontwikkel het in hulle moeder se baarmoeder. Destyds toe die Bybel geskryf was deur gewone mense wat n inspirasie gekry get van God soos ek en hy ook somtyds kry was dinge baie meer eenvoudig en konserwatief. Die ouens wat die Bybek geskryf het was maar net gewone mense soos ons met hulle eie sienings oor dit wat vir hulle “normaal” was. Die helfte wat hulle geskryf het kom maar baie op hulle eie sienings gegrond gewees het……

Marioné ·

OPENB 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. DIE EINDE IS HIER – KOM HERE JESUS KOM! SONDE EN ONGEREGTIGHEID REIK TOT AAN DIE HEMEL. Alles is agterstevoor om. Sonde word goedgepraat en die Woord van God word verdraai om mense se sondige leefstyle te regverdig. Wat ‘n verskriklike skok wag op hierdie mense wanneer hul in die oordeel gaan besef dat Yahweh God Hom nie laat bespot met die uittarting en verwaandheid van sondige skepsels nie!!

Danie Kok ·

Mense, julle kan redeneer soos julle wil. Elkeen van ons moet onsself afvra – is ek gehoorsaam aan God of aan mense? As die antwoord God is, dan moet ons Sy Woord ernstig ter harte neem. Sy Woord veroordeel homoseksualiteit net soos dronkenskap, egbreuk, diefstal ensovoorts. Sodra ‘n lidmaat skuldig is aan Bybelse sondes en die kerk vind dit uit moet daar tug toegepas word. Die NG Kerk vergoeilik nou die sonde van homoseksualiteit en is daardeur, ongehoorsaam aan God. Die Adriaans en enersdenkendes soos hy kan derhalwe piep soveel as hulle wil, as God dit verkeerd ag is dit verkeerd. Ek vra weer, aan wie wil ons gehoorsaam wees? Aan God en Sy Woord, of aan nietige mense wat hul eie sonde wil vertroetel?

monica ·

Daar is nogal n groot verskil in die samelewing en tegnologie in vandag se tyd en destyds toe die bybel geskryf was. Wat is die verskil tussen iemand wat vandag n inspirasie van god kry en dit op teks sit en die manne van destyds wat hulle inspirasie neergeskryf het wat nou die bybel heed. Daar is nogal vaie ander geskrifte van dedtyds wat nie die bybel gehaal het nie met nogal ander sieninge…

Danie Kok ·

Monica, die Bybel is geskryf oor ‘n tydperk van ongeveer 1600 jaar deur meer as 40 verskillende skrywers wat deur die Heilige Gees geïnspireer was. Dit vorm ‘n harmonieuse geheel van profesieë en eenheid wat beslis van geen mens afkomstig is nie, ongeag die moderne tegnologie en samelewing van vandag. God se Woord staan vas of mense nou die Bybel hervertaal vir ‘n duisend keer of nie. Daar is ‘n groot verskil tussen die Goddelike inspirasie van die skrywers van die Bybel en van iemand wat vandag ‘n “inspirasie” van “god” kry. Die Bybel se skrywers het hul inspirasie van God gekry en nie van ‘n god soos jy beweer nie.

Jaap ·

Ons moet deur liefde die mense die regte pad wys. Dit is die kerk se doel om die regte pad aan te wys, volgens die woord van GOD, nie volgens die algemene gevoel van die wêreld nie. Die gays kan kerk toe kom, maar die predikant moet die sonde aanspreek, soos enige ander sonde soos, vuil gedagtes, rook(verslawings), dronkenskap. Hierdie goed word ook nie meer aangespreek nie. Die mense weet nie meer wat is reg of verkeerd nie, omdat die kerk blykbaar ook nie meer weet nie. Ek kry die mense jammer, gelukkig is ek nog deel van ń kerk waar sonde taboe is, en ek is dankbaar daarvoor. Ek weet nie wat gaan mense doen wat waarlik Christus wil volg, en deel van die NG kerk is nie, sterkte vir julle.

VDM ·

Jaap, hier raak jy die kern van die saak aan. My kommentaar hierbo het ek geskryf voor ek joune gelees het.

VDM ·

Die vraag wat elkeen moet beantwoord is: Is dit wat ek doen verkeerd in die oe van die Here? Joh 3:16 – so lief het God die wereld gehad dat Hy se Seun gegee het sodat ELKEEN wat glo nie verlore mag gaan nie. Die moordenaar aan Jesus se regterkant is vergewe – maar hy het vergifnis afgepleit by Jesus. Die kerk (enige kerk) moet alle sondes aanspreek – moord, begeerte, diefstal, begeerte ens. Sou die kerk(e) versuim om homo-seksualiteit as sonde te sien – dan is daar fout. Dit gaan dus nie of ek skeef of reguit is nie – dit gaan oor my verhouding met die Here en my “begeerte” om nie meer te sondig nie – dan is my saak reg -dat dit nie maklik is nie, is waar want ek dink dit was Paulus/Petrus wat gese het dit wat ek wil, doen ek nie maar dit wat ek nie moet doen nie -dit doen ek.

Bardine ·

So pedofiele, buurmanne wat
buurvrouens in die donker knyp, prostitute en homoseksuele is nou almal welkom in die NG Kerk. Hoekom is almal dan nou só benoud? Almal behalwe die homoseksuele is dan onder die neuse van die kenners elke sewende dag al klaar in die Kerk en sommer dalk op die preekstoel ook!

Fanie ·

Stem saam. Hulle word so gebore. Dit is al bewys. Aangesien ons self so sondig is, kan ons regtig nie gays uitsonder nie. Wie is die kerk? Ek en jy en ons moet die Vrugte van die Gees uitleef teenoor almal.

Danie Kok ·

Ag nee wat Fanie. Waar is die bewys dat homoseksuele so gebore word? Sal God dit tot sonde in Sy Woord verklaar en terselfdertyd ‘n mens so skape? Homoseksualiteit is ‘n keuse, soos dronkenskap, hoerery, diefstal, egbreuk en talle ander sondes ‘n keuse is. Natuurlik is daar vergifnis vir die homoseksuele persoon, maar dan moet hy/sy dit na Jesus toe bring as sonde en berou daaroor hê en daarmee breek. God haat sonde en geen mens met moedswillige sonde in sy/haar lewe sal in Sy teenwoordigheid kan ingaan nie.

Birgitta Marais ·

Wat ek nie kan verstaan nie, almal hier gebruik die bybel (onder hulle arm) om hulle argument te bewys en te bevestig, n boek wat Al meer as 50000 keer vertaal en herskryf is deur mense, maar vergeet die feit dat Jesus nie n Christen was nie, maar dat sy geloof onvoorwaardelike liefde verkondig het! Miskien as ons kan leer hoe om onvoorwaardelike lief te wees, sal ons mekaar beter aanvaar en in minder konflik saamleef!

Danie Kok ·

Met alle respek Birgitta, jy sit die pot totaal en al mis. Ten spyte van die hoogs bevraagtekenbare “50000 keer vertaal” is die ware Bybel in die vorm van die 1933/53 vertaling nog steeds beskikbaar in ons moedertaal vir diegene wat met ‘n opregte hart na die waarheid van die Evangelie soek. Jy is reg, Jesus was nie ‘n Christen nie – Hy is die enig-gebore Seun van God. Diegene wat Jesus volg is Christene want Hy is die Christus. Daar is egter ‘n voorwaarde aan Jesus se liefde vir ons, en dit is ‘n onberoulike bekering na Hom. Dis hoekom Hy die kruisdood gesterf het, om ons daardie kans te bied. Sonder bekering en die aflegging van moedswillige sondes is die mens verlore. Dit geld ook vir die homoseksueel.

Corrie Steyn ·

Waarheen NG Kerk??? Onthou aseblief God het n Adam en Eva gemaak nie n Adam en Adam of n Eva en n Eva nie,julle dryf die lidmate al verder weg van die kerk af!!!

Johannes Meintjes ·

Man en vrou het God hulle geskape, om te werk en te vermeerder tot Sy eer en glorie. Die grondslag van die huis, die gesin en die gemeenskap. Dit is God se standaard, die Skrif se lering, die kerk se onderig en die mens se voorskrif.

Johan ·

Graag wil ek my teleurstelling oor die kerk se besluit oor gays die week uitspreek! Ek is was al die jare in die kerk groot gemaak en was laas betrokke by die De La Bat kerk vir dowes in Stikland toe nog onder leiding van gewese Ds Rocco Hough ! In die Kaap is ek al die jare al bekend by die Jehovah Getuies vir my teenstand teen hul valse leerstellinge en my uitreiking elke Saterdag oggend aan hulle en het al Christine gehelp wat met hul studeer om hul studies te stop ! Ons kerk se probleem is ons gaan met the korrektiewe politieke siening van die dag om so aanvaar te word ens ! Onthou die kerk kry all die jare ook geld van die staat as dit nog die geval en kan dit verloor ! Apartheid is a voorbeeld daarvan en hoe die Bybel geinterpriteer was ! Baie lidmate sal dit sien as a wegbreking van wat die Bybel leer en so die kerk verlaat en so ook makliker teikens word vir die Jehovah Getuies en Mormone om daar aan te sluit ! My gebed is dat hulle wat die besluit geneem het by die sinode sal terug gaan na die woord en nie volgens menslike sienings of menslike gevoelens van die Bybel nie !

Barend ·

Die N.G kerk sal moet onomwonde se of hy nog die Bybel en alles wat daarin staan aanvaar as die onfeilbare woord van God. Kan ons aanvaar dat die N. G kerk voortaan sy leraars gaan opdrag gee om nie meer oor Rom 1 te preek nie waar die woord van God (as hulle dit aanvaar as die woord van God) dit uitwys as n skandelike daad en die woord van God(nie mense nie)
die veroordeel wat dit goed praat. Daar is n groot verskil om sonde te doen ,dit te bely en daarmee te breek as om dit goed te praat, te bevorder en dit voor te hou as iets moois.

Jaap ·

Die woord sê nie ons word almal engele gebore nie, as ń mens ń moordenaar gebore is, is dit nie te sê dis reg nie. Ons moet almal ons sondes bely en laat staan.
Wat my nog bekommerd maak is dat die Kerk nie meer die Woord glo nie. Iemand wat nie die Woord glo nie is mos ń ongelowige, al het jy ń Doktorsgraad in teologie.

Deon Barnard ·

Ek lewe kommentaar en daar word vir my gesê dat ek reeds so reageer het – LEUN. Iemand hou nie waarvan ek getuig het nie. Dr. Erol Wagner(afgetree) van die “George Baptist” gemeente , het ‘n klompie jare gelede ‘n uitstekend werk oor die omstrede onderwerp die lig laat sien. Selfs NG leeraars het by hom kom kers opsteek om hul gemeentes reg in te lig en te leer.

Jaap ·

As ń moordenaar so gebore is, is dit nie te sê dis reg nie. Almal word in sonde gebore, maar jy moet dit bely en laatstaan as jy deel wil wees van die ware Kerk van Christus.
ń Mens wat nie die Woord van God glo nie, is ń ongelowige, al het jy ń Doktorsgraad in teologie.

Peter ·

Ek wil graag myself as voorbeeld gebruik. Ek ly aan ‘n erg graad van OCD. Die gehalte van my lewe is erg genoeg benadel dat ek nie kan trou nie. Ek het ‘n groot behoefte om ‘n intieme verhouding met ‘n vrou te he, maar dit is my nie beskore nie.

Is ek met hierdie brain afwyking gebore? JA. Is dit God se skuld? NEE! Die mens het tog sonde en sodoende al die gebrokenheid in die wereld in gebring. Gee dit my nou die reg – omdat ek so gebore is – om “one-night-stands” te he of prostutite te besoek “want God sal tog verstaan” omdat ek so gebore is en maar net mens is? BESLIS NIE! Met skaamte erken ek dat ek soms vaal, maar deur Die Here se genade staan ek op en probeer weer. Maak dit dinge OK? Nee, ek moet harder probeer. Kan ek as mens met God redeneer dat daar versagtende omstandighede is sodat sekere Bybel verse nie soseer op my van toepassing hoort te wees nice? NEE. Ek as men’s het ‘n beperkte insig – God is alwetend! Ten koste van groot risiko dat ek skynheilig voorkom hoop ek my eie voorbeeld sal gays en die wat hul lewenstyl as Godelik aanvaarbaar afmaak, inspireer om self ondersoek in the stel en alleenlik God, en nie one eie menslike wil nie, na te streef.

Ek dink die grootste probleem is ‘n te kort aan geloof – glo jy werklik dat daar ‘n lewe saam met God na die dood is en is jy bereid om jou aardse lewe neer te le in jou strewe daarna, of lewe jy as of hierdie wereld – net ingeval God nie werklik bestaan nie – jou enigste kans tot lewe is in dat jy die meeste daarvan moet mask, al is jou gekose lewenstyl teenstrydig met God?

Jacoba ·

Ek wonder hoe lank daar nog ñ Algemene Sinode gaan wees? …Elke streek Sinode kan mos nou self besluit hoe hulle die”saak” gaan hanteer. Die Algemene Sinode moes ook eers die regsimplikasies ondersoek het, voordat hulle die besluit op die tafel geplaas het.
Persoonlik dink ek hulle skuil agter mooi woorde en praatjies om hulle besluite te regverdig.
Lyk my die NG Kerk is net ñ “people pleasing ” besigheid. Hulle is te bang om op tone te trap.

Dave ·

Toegegee Adriaan, daar is wel die omstandighede wat as uitgesonder bestempel kan word maar ons praat van algemene leefwyse. Gelukkig weet jy, ek en die res dat God met genade sal oordeel.

Ernst ·

Ai, hoe hartseer sit ek nou hier soos wat ek deur die kommentare lees.
Party van julle het dit reg en ongelukkig het sekeres van julle dit heeltemal verkeerd.
Komende van iemand wat vir jare in die gay leefstyl was, wil ek vandag vir julle sê dat dit sonde is en sal bly, ongeag watter Bybel jy lees of nie lees nie en watter vertaling.
My lewensstyl en uitlewing daarvan was nie in lyn met GOD nie.
Vandag is ek ‘n vry man wat ‘n heteroseksuele lewe het!
Die NG Kerk het nou eintlik sy deure gesluit vir mense wat stoei met hierdie kwessie en wat dan tot die besef kom deur die werking van die Heilige Gees dat dit sonde is. Diesulkes kan dan nie kerk toe gaan om hulp te kry op hierdie pad nie, want dit is dan volgens die kerk nie meer sonde nie.
Die satan is en was nog altyd die vader van die leuen. Vir jare het ek ook geglo ek is so gebore/deur God so geskape. Dankie tog dat daar ‘n deernisse kind van die Here was wat my reguit daaroor gekonfronteer het en nie my “gevoelens” gespaar het nie, en wou napraat oor die gees van die tyd nie.
Vandag is my hart nogsteeds uitreikend na gay mense, want ek was daar! Ek het hulle lief soos Jesus vir my lief is, maar die sonde haat. Daardeur my oproep om jou te bekeer van jou sondige weë, in hierdie debat dan die van homoseksualiteit.
Ek is nie ‘n teoloog nie en hoef ook nie te wees nie en hoef ook nie verskillende vertalings te bestudeer nie, want God se Gees openbaar aan elkeen van sy kinders deur sy Woord die waarheid.
As daar een persoon is wat deur my getuienis hom of haar van sy verkeerde weë bekeer, juig die hemele en is ek ook daaroor verheug.
Ons word nie verlos deur die kerk se besluite of sinodes nie, maar deur ons te keer tot die soenverdienste van Jesus en wat hy vir my en jou gedoen het aan die kruis. Hy het het ook vir homoseksualiteit gesterf. My vriend en my vriendin, moenie jou sus aan die uitsprake van geleerdes en drogredenasies nie, maar gaan sit eerder eerlik voor die God wat hemel en aarde gemaak het. Bekeer julle, want die dae is boos en die tyd is min.
Shalom van ‘n ex-gay

Dup du Plessis ·

Ernst, jy slaan die spyker op sy kop. Presies met dit waarmee jy gestoei het geld vir drankmisbruik, begeertes, geldgierigheid, hoogwaardigheid, diefstal, agressie, moord en so kan ons aangaan. Meeste van ons het die een of ander swakheid waarteen ons moet stry en ongelukkig is die vergifnis juis deur die belydenis en die daarna poging om dit te weerstaan. Soos jy noem kry ons daardie krag slegs deur die geloof van die Heilige Gees in ons. Kon in my eie lewe rook en drankgebruik 100% oorkom. Sterkte vir jou.

benjamin ·

die kerk is besig om sodom en gemora te verklaar as die waarheid en dat GOD nie die reg gehad het om die twee stede te oordeel nie ,die ngkerk in geheel is besig om nwo in die heiligheid in te bring en nes die pouse wat satan sal aan bid ,die ngkerek is vandag die kind van JODAS HET verloon en vir 30 goues veraai het ,en GOD AAN DIE WANG GESOEN HET ..geluk aan die ng kerk om aantesluit by die wereld en nie vir hom self kan sien wat bhy besig is om te doen nie

JD ·

Nou kan ons dit net sowel die Nuwe Gay Kerk (NGK) noem. Waar gaan die gemors stop? n Kerk moet op die wet van God werk. Nie die wet van n land nie!

Hoekom? ·

Ek lees al die kommentare en wonder… Na byna 50 jaar van die leuen te lewe, het ek uiteindelik aanvaar dat ek homoseksueel is. Wat vertel dit vir jou? Dat ek so wil wees? Hoekom het ek dan my hele lewe daartenn baklei? Dink jy nie ek het ook gedroom van trou en kinders kry nie? Hoekom was ek dan dat vanaf ek kan onthou nog nooit seksueel aangetrokke tot mense van die teenoorgestelde geslag nie? Hoekom, toe ek in my tienerjare verlief geraak het, was dit altyd op iemand van my eie geslag? En hoekom het ek myself daaroor gehaat? Watter normale mens sou hom- of haarself dit toewens? Wat is dan fout met my? Of het God my dalk so gemaak? Waarom dan? Is daar enigiemand daar buite met net ‘n greintjie begrip en liefde in sy of haar hart wat my antwoorde hierop kan gee? Of is almal wat gelukkig genoeg is om hetroseksueel te wees te besig om ons wat nie so is nie te veroordeel en daaroor te spot? Dink julle regtig dat Jesus wat hom juis oor randfigure ontferm het ook so sou optree?

Ernst ·

Ek weet presies hoe jy voel! En ek bedoel dit werklik! Lees my kommentaar bietjie vroeër.
Dit gaan eerder liefdeloos wees van my om jou nie op die waarheid te wys nie.
Dit is ‘n pad wat gestap moet word, maar ek kan jou waarborg dit is die moeite werd. Ek het ook vir dekades gestruggle met presies waarvan jy nou praat.
Kort en kragtig kan ek vir jou sê dat dit nie God is wat jou so geskape het nie, maar dat die leuen al van vroeg af in jou lewe geplant is. Glo my, daar is hoop, daar is genesing en bevryding, daar is liefde.

Sarel ·

Die Bybel (OT&NT) is gebasseer op uitsprake van die profete, apostels en Christus en is STIL teenoor ‘selfdegeslagverhoudings.’ GEEN GESONDE ADVIES word aangebied teenoor mense van dieselfde geslag nie; maar wel vir mense met heteroseksuele verhoudings en huwelike.
Christenne moet soos Christus ‘menswaardig’ optree teenoor alle mense – selfs teenoor ‘gays.’
God het nie ‘wakkergeskrik’ t.o.v die ‘gay-saak’ nie. Die ‘toe-en-nou’ argument dat die Bybel vervlak is teenoor die ‘gay-standpunte’ is ‘n gruwelike wanopvatting, want God se Woord staan rotsvas, en die mens durf nie God se bakens verskuif vir humunisme/modernisme nie.

Die nuwe gay-hermeneutiek van die Sinode genoodsaak dat God se Woord/Die Bybel nou onvanpas word op enige teksverwyssing na ‘heteroseksuele man-en-vrou verhoudings’ want dit diskrimineer teenoor ‘gay-lidmate’ wat met mekaar in ‘n verhouding of getroud staan. Hoe gaan die ‘menswaardigheid’ gaping oorkom word as daar geen ruimte vir ‘gay-verhoudings’ in die Bybel voorkom nie? Hoe word dit genormaliseer? Moet Genesis herskryf word? Hoe raak hierdie besluit van die Sinode jou kind se gesonde begrip op seks?

Theo ·

Ek benodig dringend hulp om die regte besluit rondom bg. onderwerp te maak. Die volgende paar gedagtes worstel ek mee. 1. Is hierdie nie n gulde geleentheid om binne die kerk/gemeente gays Skriftuurlik daarop te wys, soos daar Skriftuurlik gepraat word oor hoereerders, diewe, wellustiges, bedrieers en ander sondes wat vir Onse Vader n gruwel is nie? 2. Wat van huidige gay gemeentelede binne die kerk verband wat hulle volgens die Skrif weerhou van die dade, is dit nou ok? 3. Gaan gay en/of “straight” predikante vanaf die kansel nogsteeds hul kudde waarsku deur die spesifieke skriftuurlike gedeeltes oor hoere, bedrieers, omgaan met dieselfde soort, (gays) diewe en wellustiges? 4. Kan predikante gay of “straight” wat voortgaan deur hul skuldig maak aan enige van bg gruwels dan nog elke Sondag die Woord suiwer en opreg vanaf die kansel verkondig? 5. Gaan dit nie verwarrend wees vir gemeente lede wat weet dat hul prediker wat elke Sondag op kansel staan skuldig is en aan sommige bogenoemde gruwels nie? 6. Is bekering dan nie om jou sondes te bely en dan na die beste van jou vermoee dit nie weer te doen nie? Baie dankie.

Jaap ·

Hallo Theo.
Dit is goed as Gays kerk toe kom om die waarheid te hoor, maar dan moet die waarheid verkondig word. Dit help nie mens aanvaar die gays met liefde, maar jy wys hulle nie die regte pad nie. Die kerke is vol sondaers, maar hulle kan nie toegelaat word om te preek, of leiers posisies in te neem nie. Om eerlik te wees, ek weet nie waaroor gaan ń gay predikant preek nie. Dit gaan my verstand tebowe.
Dit is maar ń aanslag van die duiwel, sodat die waarheid nie meer verkondig kan word in die kerk nie.

EJ ·

Dit is soos Aartsbiskop Desmonf Tutu gesê het: This family has no outsiders. Everyone is an insider. When Jesus said, “I, if I am lifted up, will draw…” Did he say, “I will draw some”? “I will draw some, and tough luck for the others”? He said, “I, if I be lifted up, will draw all.” All! All! All! – Black, white, yellow; rich, poor; clever, not so clever; beautiful, not so beautiful. All! All! It is radical. All! Saddam Hussein, Osama bin Laden, Bush – all! All! All are to be held in this incredible embrace. Gay, lesbian, so-called “straight;” all! All! All are to be held in the incredible embrace of the love that won’t let us go.

Kobus Hattingh ·

As n gay persoon wat self met hierdie sonde n geveg het tussen my vlees en gees kan ek maar net se dat die NG Kerk nou die Satan self binne genooi het en dat alle kerke nog voortaan wetlik gedwing sal word om gay paartjies te trou. Dit is en bly n gruwel in die oe van die Here en selfs al verklaar die valse profete nou dat sonde nie meer sonde is nie, weet en glo ek (en hoor gereeld) van ander gays wat ook die lewe die rug keer en hulle kruise opneem en selibaat lewe hoe moeilik dit ook al is. 1 Romeine is nou so van toepassing op hierdie valse kerk en mag ander en mede gays besef dat ons n lewe het hierna en dat God onveranderlik is en dat ons eendag ons krone sal kry vir die swaarkry en kruise wat ons hier dra :)

Kobus Hattingh ·

Bog, Die Here het my en ander gays NIE so gemaak nie. As dit die geval was kan almal, selfs mense wat erger dinge doen almal eendag se hulle is in die Hel omdat die Here hulle so “gemaak”het. Ek glo dit nie vir een oomblik nie en is al amper 52 en sal nooit die Here blameer vir my eie keuses nie.

Jan ·

Ek wonder wat sal ons Saligmaker van hierdie beskuldigings heen en weer dink. Al wat ek weet die duiwel lag lekker in sy mou. Hy het ons net waar hy ons wil he. Daardie gryskop ringkoppe (sekere teoloe, Ds ens.) wat namens God besluite neem en die Bybel uitle op hul eie intripetasies speel letterlik met vuur. Bewerings van moenie die Bybel letterlik opneem nie – Evolusie denke. Aanvaar a.s.b die balhaar beleid – Beleidenis aan mense en nie aan God nie (Humanisme, die eie ek). En nou die homoseksuele kwessie – liberale denke (solank dit net in ons tyd pas). Waarom moet ons as Godsvresende mense die vark in die verhaal wees en bogenoemde kwessies op ons afdwing. Ek en my gesin wil die Here dien soos die Woord Van God my voorskryf en nie deur mense se verdraaide siennings nie. Ek het reeds die NG Kerk verlaat en n ander kerk gekry. Dit was een van die moeilikste besluite van my lewe,maar ek glo die Here het ons gely. Onthou die Here is lief vir ons almal, maak nie saak wat jou agtergrond of siennings is nie. Al wat ek weet is dat God Sy wil sal laat geskiet, of ons nou daarvan hou of nie.

Hein ·

Verskeie mense beroep hulle hier op die Skrif oom aan te dui dat God sodomie tot sonde verklaar het. Beteken dit dan dat slegs manlike gays sonde pleeg? Wat van lesbiese vroue? Wat gemaak van hermaphrodite – of persone wat interseks is – word hulle ook onder hierdie gay kam geskeer? Gaan hulle ook die kerk geweier word op grond van ‘n selektiewe lees en verstaan van die Bybel?

PIETER ·

Wat ‘n wyd uiteenlopende standpunte, skynbaar elkeen reg en vestaan God se wil. Lees Job1 vers 8 ” Want daar is niemand op aarde soos hy nie vroom en opreg,Godvresend en wat afwyk van die kwaad.”
Na al job se beproewing moes hy in 42 vers 5 bely”Volgens hoorse het ek van U gehoor, maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep en het berou in stof en as.
God is so ver bo ons verhewe dat ons nie sy krag, mag en wil volkome kan uitlë nie. Ons moet net aan die verdienste van Jesus vashou en in geloof, ons oortredinge bely.
Want die wat beweer hulle het geen sonde nie, in hom is daar geen waarheid nie.

Bertus ·

Dit is hoe die satan kans kry om sy doen en late te laat seevier in die kerke. Omdat sonde nie meer gepreek word nie, want mense wil net hoor wat hulle wil hoor en nie die stem van die Heilige Gees nie. Net die Here kan verlossing bring.

Roelof ·

Ek lees al die kommentaar en dink, ja ons almal is in sonde gebore en die wereld is ook vol sonde. Dis waarom Christus vir ons kom ly het om ons te wys daarop en vir ons die weg uit dit uit te gee. Die uiteinde is om soos Jesus te word en op te tree soos Jesus. Liefde te betoon meelewing te betoon en ander te wys hoe om soos Jesus te word. In my 45 jaar wat ek in die NGK is het ek nog nooit n ‘bouncer’ by die kerk deure gesien wat gays of prostitute weg keer nie, so almal was welkom om te kom leer hoe om van jou sonde ontslae te raak en jou rug te draai op jou ou lewe. wat ons nou doen is om te se dis ‘ok’ doen wat jy doen Jesus het jou mos lief. Iewers moet ons doen wat Jesus van ons verwag! Leer mense om te verander en nie aan te voeter soos vroeer nie!!

Alida en Yolandi ·

Hallo julle! Johan. Baie dankie vir jou boei van waarheid, hier in n ROWWE see van onsekerhede! Ek voel die MENSE moet agter die Kerk aan, NIE die Kerk agter die mense aan…. wat presies is wat nou aan die gebeur is in die Kerke…Ek voel ook dat die bogenoemde “herder”( denominasie) bietjie die honger leeu (duiwel) los laat tussen sy kudde…Maar God werk op wonderlike maniere en DIT is dalk presies God se plan om ons na HOM terug te draai en weg van die mensdom af, want ons as Christene glo tog wat die Bybel se, NIE wat die “ringkoppe” kan kwyt raak nie. En wat sê die Bybel daaroor?! NIKS het DAAR verander nie?! Nie waar nie?!!

John ·

WAT SÊ DIE BYBEL

1. IS GAY SONDE
Lev_20:13 En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
Lev_18:22 Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
Rom 1:27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
Volgens die verse is gay wees en die bedryf daarvan ‘n sonde! Net so ‘n moordenaar en straatvrou. Daar is vele verse in die Bybel om dit te bewys.

2. WAT IS TROU
Deu_24:1 As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou,
Exo_21:3 As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
‘n Verbintenis tussen n man en vrou, nie man en man nie!

3. MOET HIERDIE SONDAAR IN DIE KERK WEES-LANGS MY IN DIE BANK SIT
Luk_19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
1Ti_1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
JA. Die kerk is daar vir sondaars en om die word van GOD te verkondig. Vir enige iemand!

4. WAT MOET DIE SONDAAR DOEN
Jas_1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
Lev 18:30 Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Lev 18:26 Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.
Elkeen moet hom bekeer van sy sondige dade!

5. WAT MOET DIE GEMEENTE DOEN
Mat 18:17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
1Co 5:11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
Exo_23:33 Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ‘n strik wees.
Eze_3:21 Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.
Die gemeente moet hierdie persone met ope arms ontvang in liefde en hulle onderrig oor wat die Bybel sê. As hierdie persone hulle nie bekeer nie moet die rug op hulle gedraai word.

6. DIE BYBEL WAARSKU ONS TEEN VALS LERAARS
1Ti 1:10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,
Jer_14:14 En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.
Lees en ken jou Bybel om te weet wanneer GOD se boodskap verkondig word en wanneer valsheid verkondig word, al word dit dan van binne die kerk gedoen.

7. WAT SAL GOD MAAK
Lev 18:25 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.
Eze 16:50 En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.
Rev 2:23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
GOD sal elkeen straf vir sy oortreding (die wat volhard in sonde) en GOD sal elkeen straf wat sy gemeente mislei (verkondig vals leering en lering wat nie in die Bybel is nie)

PS. As u die gedeelte lees, lees alles in geheel en moet nie net een punt uithaal nie. Is die besluit van die wêreld om gay te wees as normalen te aanvaar ook GOD se besluit. AS die wêreld dit aanvaar, moet die BYBEL verander word om aan te pas by die wêreld? Ek is seker enige iemand kan maklik die vraag beantwoord. Omdat die moordsyfer so hoog is in SA en deesdae as normaal is moet die gebod “jy mag nie doodmaak nie” uit die Bybel verwyder word of aangepas word met “jy mag doodmaak”?

Is die doel/werk van die sinode om te beplan en uit te voer hoe die woord van GOD versprei moet word, hoe om te voorsiuen vir die armes ens, OF om te bepaal watter liedjies moet gesing word, moet vrouens ‘n hoed dra, moet mans ‘n kerkpak dra ens. Mag die sinode opdrag gee dat vals leringe en leraars uit die kerk verkondig word. Beslis nie, want dan is hulle teenstrydig met wat GOD sê en wat SY wil is!

‘n Geredde sondaar mag die woord van GOD verkondig. Saulus/Paulus wat Christine vervolg en doodgemaak het is die grootste voorbeeld hiervan.

Wanneer ‘n sondaar volhard in sonde, dit bely en weer sonde pleeg en GOD se woord probeer verkondig is hy vals. Hy het nie die GEES van GOD in hom nie. So iemand mag nie in die kerk van GOD die woord verkondig nie. So ‘n geredde gay wat sy gay wees bely, en ophou daarmee is welkom in die kerk van GOD, en as die GEES van GOD op hom is kan hy die boodskap van GOD verkondig in die kerk.

Net so die moordenaar en die straatvrou. As die moordenaar in die kerk is en die mense bly doodmaak en die straatvrou bly mans verlei, moet ons sê dit is hulle sondige natuur. Hoe kan hierdie mense van die kansel af GOD se woord verkondig en aanhou sonde doen. Verwag julle van die gay om aanhou gay te wees en GOD se woord te verkondig?

John Brandow ·

Daar is een ding baie duidelik in kommentare deur christene (ja met n klein letter) wanneer debatte soos die gevoer word. Dogma is die hoof bron van hulle verstaan van alles Bybels. : En daar rondom word alle debatte gevoer. En wanneer een se dogma nie met die volgende een s’n strook nie raak die debatte argumente wat net mooi nerens heen gaan nie en van vriende vyande maak. En steeds kom hulle nie daar by uit om Christene te word nie !

Lourens ·

Indien ons die drie hoof argumente neem rakende die goedkeuring van dieselfde geslag verbintenisse nl.Menswaardigheid, Geneties so gebore, Staan in ‘n Monogame liefdesverhouding. Dan maak ons die deur oop vir baie ander wat ook vir hulle saak veg. Gaan kyk na “Marriage Eqaulity” webwerwe.

Persone met GSA “Genetic Sexual Attraction) voer dieselfde drie hoof argumente aan vir goedkeur om erkenning te kry vir hulle huwelike. Indien beide “Consenting adults” is dan voel hulle afgesien van die feit dat hulle bloedverwante is bv broer-suster, pa-dogter, ma-seun, ensomeer hulle opgronde van die bogenoemde argumente toegelaat moet word om te trou. Hulle lewe nie seksueel losbandig nie en is verbind in ‘n monogame liefdes verhouding en dit is geneties van aard en deur hulle nie te erken nie, tas hul menswaardigheid aan.

Daar is ook ander verhouding waarop ek nie nou wil ingaan nie, wat ook geodkeuring sal wil verkry opgrond van die drie argumente.

Kapok ·

Mooi so John. Jy vat die tekste en woorde so uit my mond. Dit is wanneer menseregte hoer gestel word as God se reg. Guys word glad nie so gebore nie!!! God het man en vrou geskape. So het Hy hulle geskape en dit was goed. Die man sal sy vrou neem en hulle sal een word. Ja, homoseksualiteit is sonde!!! Hoeveelkeer sal julle dit nog wil ontken? God het dit ook menigmaal in Sy Woord tot u gruwel genoem. Dit is nie die “natuurlike” manier wanneer daar selfdegeslagverhoudings is nie. God sê ook dat die wat dit goedkeur, net so sondig.
Natuurlik moet ons die sondaar liefhê, met die doel om hom te bekeer. Indien hy volhard in sy sonde, is daar ook duidelike opdragte. God is ‘n God van liefde, maar sal ook Sy torn ontvlam oor die wat nie Sy gebooie nakom nie. Dit sluit natuurlik ook die in wat ongehoorsaam is en volhard in die sonde.
Jammer, maar die NG kerk het te ver gegaan deur menseregte belangrikker te ag as die Bybel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.