‘NGV-finansiering onmoontlik in huidige ekonomiese klimaat’

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal nooit van die grond af kom indien Suid-Afrika se ekonomie nie met gemiddeld 3,5% per jaar groei nie.

Volgens AfriSake sal belastingbetalers oor die volgende 14 jaar R256 miljard moet bydra om die NGV te finansier soos dit deur die staat in die vooruitsig gestel word. Dit is volgens die NGV-witskrif se geprojekteerde kostesyfers. Alle geprojekteerde koste is egter onderhewig daaraan dat die ekonomie jaarliks teen 3,5% groei.

“Ons is nêrens naby hierdie soort ekonomiese groei in Suid-Afrika nie. Die huidige ekonomiese groei in Suid-Afrika vir die finansiële jaar 2015/2016 spring herwaarts en derwaarts tussen die 0,7%- en 1,3%-merk. Dit beteken dat die staat se berekeninge vir die finansiering van die NGV eintlik neerkom op blote bespiegeling aan die hand van die beste scenario, terwyl ons ons in werklikheid in die swakste scenario bevind,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake, gesê.

“Ons staan voor die realiteit dat die geprojekteerde R256 miljard wat nodig is om die NGV oor die volgende 14 jaar te finansier, in werklikheid nie genoeg sal wees nie, wat die ope vraag laat oor wie sal bydra om die tekort te finansier wanneer die NGV ten volle in werking is. Die kort antwoord is, onvermydelik, die belastingbetaler,” het Greyling bygevoeg.

AfriSake beoog om die situasie ten opsigte van die finansiering van die NGV te moniteer en sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat belastingbetalers nie weens die swak beplanning en onbereikbare mikpunte van die staat onverhoeds betrap word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Realis ·

God sy dank ek is werkloos en betaal nie belasting nie. Jammer vir die betalers.

jurg ·

Gaan selfde soos e tol wees daar gaan ons pensioengeld weereens

DPJ ·

Onthou daar is baie mediesefoundse wat gemelk kan word. ‘n Plan sal altyd gemaak kan word vir die meerderheid se mediese onkoste.

Liewe lulu ·

Haal die kubaanse drs uit en sit SA se dokters in. Gaan klaar beter wees

Juanita ·

Dankie AfriSake want meer belasting kan ons nie meer betaal nie.

Johann Marx ·

Hoekom sukkel julle almal so om te verstaan? Hierdie is nie ‘n probleem nie? Die SA Mint moet net meer geld print…..dis eenvoudig. Vra vir Bob…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.