NGV in twee fases geïmplementeer – minister

Joe Phaahla, minister van gesondheid. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal jare neem om te implementeer. “Maar moenie bevrees wees nie,” het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag gesê, “dié universele gesondheidstelsel sal in fases geïmplementeer word.”

Suid-Afrikaners kan volgens die president uitsien na sleutelhoogtepunte tydens elkeen van die fases.

Ramaphosa, wat die NGV-wetsontwerp vanmiddag as wet bekragtig het, voorspel dat elke Suid-Afrikaner so gou as 2030 gratis gehaltegesondheidsorg sal kan ontvang.

Joe Phaahla, minister van gesondheid, het op sy beurt vanmiddag gesê die eerste fase word van 2023 tot 2026 geïmplementeer. Dié fase fokus hoofsaaklik op die “stigting van die instelling” sowel as die “versnelling en versterking van die gesondheidsplatform en alle ander basiese instrumente. Baie daarvan het reeds begin,” sê die minister.

Fase 2 sal dan na verwagting van 2026 tot 2028 geskied.

Dié fase sal “meer intensief” wees wat die kontraktering van gesondheidsdienste en implementering van programme betref, het die minister aan verslaggewers by die Uniegebou in Pretoria verduidelik.

Hy beweer dat Suid-Afrikaners eindelik slegs met ’n identiteitsnommer sal kan registreer om gehaltegesondheidsorg te ontvang. Geregistreerde Suid-Afrikaners “met ’n kopseer” sal dus na enige kliniek of algemene praktisyn kan gaan – gratis en verniet.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Suid-Afrikaners sal egter tydens noodgevalle by enige mediese fasiliteit gehelp word al is hulle nie geregistreer nie.

Phaahla het vanmiddag ontken dat die deurvoer van die wetsontwerp minder as twee weke voor die verkiesing ’n verkiesingsfoefie is.

Die minister het gesê dit is eerder ‘n belofte van ‘n beter en gesonder toekoms vir alle Suid-Afrikaners. “Hierdie wet verteenwoordig ‘n omvattende transformerende benadering tot gesondheidslewering.”

Phaahla het die ondertekening van die wetsontwerp as ’n “historiese mylpaal” bestempel.

“Ná ‘n lang soektog na die pen, die mees gewaardeerde pen in die land in die geskiedenis, word die wetsontwerp nou onderteken. Die president het sy pen gevind, dit sal in die argiewe van die geskiedenis opgeteken word.”

Phaahla het gesondswerkers gevra om nie na die “doemprofete” te luister wat beweer dat die gesondheidstelsel in duie gaan stort nie. Die minister het ook ’n beroep op gesondheidswerkers gedoen om nie in hul massas die land te verlaat nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Delia ·

Wat rook Cyril en sy mense?
Waar is die gehalte Eskom, gehalte Poskantoor, gehalte Weermag, gehalte Spoorweë, gehalte Onderwys, ens ens. Nou moet ons hulle glo oor gehalte gesondheidsorg?????

Pieter francois ·

En toe skrik die arme goed wakker hierdie is niks anders as verkiesing foefie nie lieg stories soos al die ander twak wat hulle kwyt raak 30 jaar terug het hulle n gesondheid sorg oor gevat wat gewerk het hulle het dit vernietig

Danie ·

nou vertel hy die mense dit is gratis. Hoekom vertel hy hulle nie dat hul belasting gaan meer word om die kostes te dek. Hierdie regering is so dig dat hul dink jy druk net n knoppie en geld word gedruk.

Kokerboom ·

Ek stem Delia. NOG ‘n SOI wat gestroop gaan word soos AL die ander!! Die Minister en sy kaders kan nie eers bestaande stelsel laat werk. Ons GAAN hul met alle mag en in ALLE opsigte gas gee!

Ore ·

Stem Delia, hulle het nie eers die vermoeë om werklose dokters te plaas en te betaal nie maar net om stemme te werf stoom hulle voort, Daar sal in elkgeval nie geld in 2026 oor wees nadat die kaders hulle vingers in die geldlaai gehad het nie.

Michael ·

Dit is die nagevolge as ‘n volk nie sy eie land het nie en onder ‘n heidense regering moet leef.

Kompas ·

Waarom gebruik hul nie die geld om die huidige staatshospitale op te knap en te moderniseer nie of nog staatshospitale te bou nie??

domheks ·

Waar is die gehalte:
Denel
Eskom
Petro SA
Poskantoor
Prasa
SAA
SABC
Transnet
Munisipaliteite LANDWYD behalwe Kaapstad!
Nsfas
kan nog aangaan. Maar dit bewys cANCer kan niks aan raak nie

Martie ·

Die minister van gesondheid en Ramaphosa droom as hulle dink jy sal net kan by enige dr of hospitaal gaan instap en gratis gehelp word. Wie gaan dan die dr en hospitaal betaal, die staat, wat nie eers ‘n pad in stand kan hou nie. Waarom het hulle die klinieke en hospitale laat verval, dis mos hulle skuld dat dit so lyk.

Grassie ·

Ek sien deur CR se planne. Hy is nie onnosel nie en weet die hele spul gaan vorentoe in duie stort. In die eerste fase gaan daar nie veel gebeur nie en dit gaan duur totdat sy presidentskap tot ‘n einde kom. Dan kan hy aftree en in weelde iewers leef en ons sit met die gebakte pere. Alles word gedoen om nou stemme te werf.

Chris ·

Ons gaan baie betaal vir n sisteem wat noe gaan bestaan nie want die meerderheid wit dokters gaan loop of aftree en nuwe dokters sal eenvoudig die land verlaat. Ek is getroud met n dokter en dit is die gevoel in die mediese korps.
Dus alle voorspoed aan die nasie. Jy beter nou al jou skete laat regmaak terwyl daar nog die mediese fasaliteite en personeel nog bestaan. …… o ja, voor ek vergeet – Afriforum/Solidariteit beweging gaan mos alles uitsorteer met hul ‘selfstandigeheid’ plan …. onder n swart meerderheid regering …. LOL #Art235 #Afrikanerakkoord @Flipbuys @kalliekriel @ernstroets

Hussin ·

Moet asb. nie die land verlaat nie gesondheids werkers… hoekom nie? As jy dom is moet almal blykbaar swaarkry…

JOHN ·

Julle leef in ‘n droom werêld ! Die storie gaan jou en jou trawante nog hard kom byt ! Grappie van die eeu !!!!!

Martie Smartie ·

Alles wat die staat lewer is mos gehalte. Ons almal weet mos. Janee, die korrupsie wat hieruit gaan voortvloei, gaan topklas wees. Jacob Zoema gaan soos ‘n kleuter lyk. Privaat praktyke gaan gedwing word om teen lae tariewe dienste te lewer anders gaan hierdie klomp hulle lisensies opskort. Naakte kommunisme.

Vernon ·

ANC gee nie om as spesialiste die land gaan verlaat nie. Hulle verkies dit so want dan kan Kubane en ander Afrika ” struggle vriende” aangestel word teen n staat-salaris. Die ANC koppe gaan dan oorsee vir behandeling ssos bv. Rusland.

SjN ·

Lesufi het dan verkondig dat dit inskop die dag na die verkiesing en enige naaste privaat hospitaal moet jou aanvaar, hoe nou kader minister?

Edward ·

Ramaphosa verklaar hy gaan die Rolls Royce van mediese sorg tot stand bring. Dit is waarlik ‘n edel ambisie veral vir die armes. Dit moet egter nie onder die departement gesonheid resorteer nie, want hulle hospitale is doogaan plekke. Ek hoop Ramaphosa besef dat om te verander na hierdie mediese skema gaan miljoene werkers raak wat nou in die mediese beryf werksaam is. Wat my egter bekommer oor hierdie groot stap is dat hy nie Eskom kon start nie, hy kon nie Randwater start nie, hy kon nie eers potholes regmaak nie. Ek glo nie hy gaan hierdie Rolls Royce start nie.

Yvonne ·

Sy mond het oop gegaan…so daar kom nog n leuen…soos al die ander kere

Henry ·

hulle praat maklik. want as hulle siek word vlieg hulle met my geld na rusland of shina.
nou as ek my preskripsie moet hernu moet ek vir ure in n tou gaan sit en wag en omdat jy nie meds by apteke kan kry nie weer in n tou sodat hulle dit vir jou kan gee.
ai alles wat hulle nog gedoen het het misluk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dalk 16 fases. Hoe hoër die fase hoe groter die probleem.

Republikein in die Wes Kaap ·

@Chris, lae staatstariewe en stadige betalings van NGV beteken dat private dokters gaan sukkel om kop bo water te hou.
@Danie, geen diens is gratis.

Pieter ·

En julle dink julle gaan nog JARE hier wees LOL watter grap.
Se bietjie eers hoekom is GEMS spesiaal?
Julle beter tot bekering kom Rampie en kie.
Liefde werk nie op die maniere nie BIGGOTS!

Pieter ·

Enigste vase waarvan ons wil hoor is Vase 1 – raak ontslae van cANCer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.