NGV ʼn poging om gesondheidsorg te nasionaliseer, sê DA

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die voorgestelde Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ʼn doelbewuste poging om gesondheidsorg in Suid-Afrika te nasionaliseer en daar is ernstige besware oor die wettigheid en grondwetlikheid van die wetsontwerp, het die DA Saterdag gesê.

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het in ʼn verklaring gesê gesondheidsorg in Suid-Afrika is ongelyk – waar die minderheid vir gehalte, privaat gesondheidsorg betaal en die meerderheid van Suid-Afrikaners toegang het tot gratis, maar substandaard gesondheidsorg.

Die DA ondersteun die skuif om universele gesondheidsorg te verskaf, wat “ononderhandelbaar is in Suid-Afrika se ongelyke samelewing”. “Ons stem egter nie saam dat die NGV die antwoord is nie. Die NGV is ʼn doelbewuste poging om gesondheidsorg in Suid-Afrika te nasionaliseer, en dit is weens hierdie kernbeginsel dat ons die wetsontwerp verwerp.”

Hy het gesê dit is “naïef en onverantwoordelik om ʼn akademiese debat te voer oor die meriete van die NGV”. “Die debat moet die ANC-regering se bestuurstekortkominge en sy neiging om die staatskas om elke hoek en draai te plunder, in ag neem. Net soos die benadering tot eiendomsreg en grond, en die Suid-Afrikaanse Reserwebank, is hierdie ʼn poging om groter staatsbeheer te bekom en dus meer ondoeltreffendheid en korrupsie,” het Maimane bygevoeg.

“Ons het ook ernstige besware oor die wettigheid en grondwetlikheid van die NGV-wetsontwerp, spesifiek die impak op die konstitusionele mandaat en mag van provinsies wat betref gesondheidsdienste.”

Die DA het versoek dat die speaker van die nasionale vergadering, Thandi Modise, dringend opdrag moet gee aan die parlementêre regsdienste om ʼn regsmening te bekom oor die wetsontwerp.

“Die DA se alternatiewe plan, Sizani, is ʼn hibriede model wat verskeie doelwitte wil bereik,” het Maimane bygevoeg. Sizani sal, onder andere, gefinansier word deur die huidige begroting wat die belastingvoordeel insluit wat tans aan mediesefondskliënte toegestaan word. Dit sal ook die rol van primêre gesondheidsorg in talle gemeenskappe versterk en swaar belê in die verskaffing van swangerskap- en kindergesondheidsorg en die opleiding en verskaffing van gesondheidsorgpersoneel. Dit sal provinsies sterker maak om te verseker dat hulle voldoende gefinansier word en toegerus is om gehalte gesondheidsorg aan almal te bied.”

Maimane het gesê deur hierdie ingrypings sal alle Suid-Afrikaners toegang hê tot ʼn gehalte gesondheidsorgstelsel wat ʼn standaard sorgpakket aanbied oor alle fasiliteite en mediese fondse kan gebruik word as ʼn bykomende maatreël vir Suid-Afrikaners wat dit verkies en dit kan bekostig. “Uiteindelik sal hierdie stelsel ook mededingendheid aanmoedig, gehaltesorg verhoog en elke Suid-Afrikaner sal kan kies watter mediese verskaffer hulle wil gebruik. Die DA het ʼn werkbare alternatief wat sal seker maak dat alle Suid-Afrikaners gehalte gesondheidsorg ontvang sonder dat die ekonomie skade ly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hannetjie ·

Alles waarop die regering sy hande in gekry het..het verval erger armoede…na ‘oorname’…was alles in plek…die hospitale was oral in uitstekende toestand.Maar toe het alles begin inmekaar val.Dit is so…almal moet toegang tot goeie gesondheidsorg he…maar dis steeds nie moontlik met die regering nie.Dit gaan steeds oor ‘payback time”.

Jerry ·

Die NGV is net nog n ANC staatskapingsplan wat dit ten doel het om alle gesondheid te sentraliseer (nasionaliseer) onder staatsbeheer en daardeur vryheid van keuses so in te perk dat dit net tot voordeel van ANC kaderstrukture strek en is in die geheel, dus ongrondwetlik. ANC beleid oor die algemeen perk vryheid van keuse in net tot voordeel van die ANC en tog laat opposisie partye dit toe asof dit kwansuis grondwetlik is. Daar is doodeenvoudig te veel ANC dubbelstandaarde beleid wat reeds toegelaat word deur opposisiepartye wat n plan soos die NGV eintlik regverdig, dat aksies teen die NGV oorloop van of blatante skynheiligheid of desperaatheid van te min te laat en mostert na die maal, grondwetlik of nie!

Njvr ·

Grootste grap! As dit in werking kom is ek weg. Sal eerder in Zim gaan bly.

Grobler Steyn ·

Jou bydrae op betaalstaat sal gelykstaande aan huidige premies aan mediese fonds wees 2500 rand pm dit is bykans een derde van my Selaris ek is ook weg Zambië is n baie beter heenkome sonder die toksiese haat teenoor blankes

Andre ·

Wel dit werk goed in Swede. Miskien nog baie meer plekke. Want soos die daghospitale en klinienke van oorlading lyk deesdae kan darm seker nie verewig aangaan nie.

KaterinaKat ·

Al verskil is, nou gaan Alle hospitale soos die daghospitale en klinieke lyk, seker ook die privaathospitale en dokters spreekkamers. Nee wat, baie duisende mense gaan nog sterf as gevolg hiervan. Wat help dit mens het jou eie mediese fonds maar jy gaan dood terwyl jy eindeloos wag om n dokter te sien?

Kallie ·

Mediese fondse soos wat ons dit ken sal verdwyn. Daar sal wel mediese planne wees vir ekstras soos orgaanoorplantings, oogoperasies, heupvervangings, dialiese, chemo, ens. Maar dit sal beteken jy moet reis na private hospitale in Botswana, Mauritius of selfs oorsee. Die versekering sal wel reiskostes dek.

Hanna Hoekom ·

Swede en Noorwee het uitstekende gesondheidsorg stelsels. Dit is virseker! Ek was bevoorreg om beide lande onlangs te kon besoek. Die groot verskil is dat ons hier van beskaafde, eerstewereld lande praat met n lae werkloosheidsyfer en lae vlakke van misdaad. Mense in hierdie lande se houdings verskil hemelsbreed van die tipiese Afrika bakhand-kultuur. In hierdie lande neem mense VERANTWOORDELIKHEID vir hul gesondheid, grootte van hul gesinne en die omgewing.

Judge Dredd ·

Swede het olie reserwis wat vir als betaal en ‘n betreklik klein populasie – ongeveer 10 miljoen – en dis waarom sosialisme nog daar goed werk.
Ten spyte daarvan is die Swede besig om te investeer in ander ekonomiese sektore vir wanneer die olie opraak.

Ons is nie in dieselfde bootjie – ons kan eenvoudig nie al die sosialistiese/ANC korrupsie bekostig.

Jimmy ·

Judge, Swede het geen olie reserwes nie. Jy dink dalk aan Noorweë wat wel beskik oor heelwat reserwes in die noordsee.

Marius ·

Oplossing is eenvoudig.
All LP’s en ander mag slegs na staathospitale gaan vir behandeling. Dan sal die standaard weer reg kom.

Kobus ·

Ek het beplan om so ‘n paar jaar in SA af te tree. Wat my hier sou hou was private gesondheidsorg en my werkgewer se mediese fonds na aftrede. Nou gaan dit waarskynlik verdwyn en sal dit dalk beter wees om aftreegeleenthede in Suid Amerika te oorweeg. Daar is baie goeie programme vir pensioentrekkers in Mexico, Panama, Costa Rica, en selfs verder suid in Argentinië en Paraquay.

Johanna Botha ·

Wel waaraan die anc sover gevat het is n GROOT GEMORS …noem een ding wat werk ….NET EEN ! ?

Lord Oom Piet ·

Belas ook alle privaatmotors. Verskaf slegs Lada minibusse van R80 000.00 om ongelykheid uit te skakel. Jy mag nog steeds n privaatmotor te koop, maar moet verpligtend ook vir jou n Lada koop, of jy dit wil hê of nie. En word dan belas op jou privaatmotorpaaiement sodat ander mense gratis Ladas mag kry. En jou privaat Mercedes, BMW of Porche mag slegs gediens word by n Lada werktuigkundige wat deur die staat aangewys word. En maandeliks word ook geld van jou salaris afgetrek sodat ander mense gratis Ladas kan kry.

Wat volgende? Verpligte gelyke kleredrag-a-la-Mau Tsetung?

Gert ·

Dankie Lord Oom Piet vir die goeie vergelyking. Dis net verstommend hoeveel mede-Afrikaners wat mens sou dink kon verstaan hoe siek hierdie konsep is, nog steeds pro-NGV praat.

Kallie ·

Dit maak nie saak of mede-Afrikaners pro of anti NGV is of nie. Ons is maar min en sal moet inval by die meerderheid. Jy sal ook jou deel vir die armes moet doen. Ek vertrou jy sal wel harder werk om die massas te help.

Hanna Hoekom ·

Almal kerm tog so oor “ongelykheid” in Suid-Afrika, maar die ergste ongelykheid is tussen belastingbetalers en die bakhand-mense. Vir elke een vuisvoos belastingbetaler is daar ten minste vyf pare bakhande. Dan praat ons nie eens van die ellelange Sassa rye nie… Hierdie cANCer kan nie eens n rioolplaas bestuur nie, maar nou wil hulle ons medies bestuur. Nice try!

Emma ·

Wat sê julle dan van Cyril wat nou d arm mense se skuld gaan afskryf? Wie gaan kwalifiseer en hoe gaan hulle dit kontrolleer? Wat is die les wat mense daaruit leer?

SjN ·

Belaglik, ek vrek eerder in my huis voor ek na n staats mediese sorg gaan.

HARTSEER ·

SjN dis wat jy nou sê totdat jy in posisie is om mediese versorging te kry. Ek weet ek is verlede jaar hierdeur met familie lid wat baie siek was. Hul het mediese fonds gehad, maar dit was n staatsdiensfonds wat beteken hul moes na die staatshospitale gaan. Not nice my dear.

Rika ·

Wat van die dokters? Spesialiste wat jare lank hard geleer het om te kom waar hulle is, gaan nou tariewe moet vra wat die regering sê hulle moet vra? Ons gaan nou nog meer dokters verloor aan die buiteland en met die drek hier sit van Kuba af???????? Sal maar tassie moet pak Aus toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.