NGV nou wet

Pres. Cyril Ramaphosa Woensdag by die Uniegebou in Pretoria tydens die ondertekening van die wet. (Foto: GCIS)

Dis amptelik: Die omstrede wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is deurgevoer.

Pres. Cyril Ramaphosa het die wetsontwerp pas in die Uniegebou in Pretoria met ʼn breë glimlag onderteken.

Ramaphosa sê sy regering wil “dié Rolls-Royce van gesondheidstelsels” implementeer.

  • Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Susan ·

Die arme mense wat glo hulle kan nou na enige hospitaal of dokter toe gaan en niks betaal nie. Dit is so jammer dat dit gebeur het.

Ronel ·

Dis die einde van die einde…..nou is ons behoorlik geskroef

Pierre ·

Sterkte daarmee almal voorspel jare en jare se hofsake, die klaers moet maar net stukke uit Zuma se speelboek neem en uitstel en uitstel en uitstel en uitstel.

Fluisterwind ·

Die waarborg van ‘n gesonde toekoms vir ons land vereis veel meer as net retoriek en glimlaggies voor die kamera. ‘n “Rolls-Royce van gesondheidstelsels” is slegs ‘n leë belofte.

GWS ·

Hoe hardekop kán mens wees? Hierdie is weereens ‘n bewys van die ANC se arrogansie. Hoeveel mense moet nog bewys dat dit nie kan werk nie, maar hulle voeter voort!!!

Marie ·

Hier kom groot drama. SA gaan nou finaal sy alie sien. Skrif is aan die muur…

Saartjievandiebosveld ·

Ons Gaan op die hospital se stoep lê en dood Gaan…my pa het dit Baie Jare terug Al so gesê…

Jo-Anne ·

So ek kan ook nou in Milpark gaan lê al het ek nie n medies nie, of verstaan ek verkeerd.

Aai ·

Kom nou net van die tandarts af mense praat klaar van die pad vat jong tandartse ek staan agter hulle.

Marianna ·

Roll’s Royce? Dis die donkiekar van mediese sorg!!! Hulle gaan Kubaanse dokters invoer en ons dokters gaan die hasepad kies. Mense ons sal onsself met boererate gesond moet hou. Ek is bevrees as jy eers in Cyril se Roll’s Royce hospitaal beland vreet die rotte jou op.

Milan ·

‘n Vorige berig vandag verwys na die rioolvuil aan ons Natalse kuslyn. Die mense wat op hierdie besoedelde plekke gaan swem is die NGV se eerste pasiënte.

Jacobus ·

Jammer Mr die President maar ons gewone burgers het nie die opsie om met staats vlugte Rusland of Kuba te besoek. Jy het pas die ganse wat goue eiers lê final vermorsel. Maar nou ja voor hulle lê ‘n plunder trog soos Min.

Ronel ·

Nerens in die wereld werk die konsep nie en waar gaan die geld vandaan kom? Ons is klaar tot op die been gesny……verkiesings foefie want mense glo hulle kan nou enige plek instap en verniet mediese sorg kry….watter ontnugtering…..en wie gaan die gelag betaal? Wat n ramp!!!

Jessey ·

Lekker lekker, nou gaan ons alles verniet kry, ek gaan sommer onmiddelik ophou werk en op die regering se belasting geld begin leef.

Republikein in die Wes Kaap ·

Siek migrante van buurlande is seker ook bly. Maar ons gaan hierdie Rolls ry tot op die rim want daar geen onderhoud wees nie.

miche ·

‘n “Rolls Royce ” sonder remme en sonder lugsakke…

Arend ·

Gewoonlik n hanswors n rooineus met n witgesig. Ek sien net n rooineus.

RS ·

Kan julle nou dink… More al begin die mense instap by die privaat hospitale en eis sommer hulp. Dit gaan gevegte veroorsaak.

Euodia ·

My man het altyd gesê dis sleg as n mens nie weet dat hy nie weet nie. Cyril weet niks van die land nie. Patetiese ou man. Nou moet almal begin hof toe gaan!!

Johan ·

Nou presies oor 2 weke het die meeste geregistreerde kiesers reeds gestem… dis maar nog n desperate poging van n ruggraatlose leier vir n klompie ekstra stemme. Hierdie flop-wet gaan niks oornag verander nie. Daar is kenners wie reken dit kan nog jare duur en sal in fases geimplimenteer word. Hopelik kom n ander party/e aan bewind en wysig hierdie wet weer.

Hanri ·

Ons kan net sowel nou almal ANC stem. Ek wed die howe het klaar hul “instruksies” ontvang. Hartseer dag vir SA!

Nicky ·

Julle moet kalm wees, dit gaan nooit gebeur nie so die beste is LAG DIT AF AS N GRAP VAN DIE JAAR

Willempie ·

Nogal ñ kolonialistiese motor ook. Ek hoop net ń het geld om hierdie voertuig met petrol te vul.

Jedi Knight ·

Nicky, ek stem saam dis hoogs hoogs onwaarskynlik dat dit gaan gebeur.
Die logiese volgende wet is natuurlik die NPV ( nasionale pensioen versekering).

Eugene ·

cANCER sal aanhou en aanhou tot daar minder as niks oor is nie.
Skokkend en hartseer om te sien hoe ‘n eens florerende land (selfs ten spyte van sanksies) so verval en agteruit gaan. In meer as een opsig.

Soos hulle sê….volg maar net die geld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.