NGV: Openbare verhore in Mpumalanga ‘’n klug’

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy misnoeë uitgespreek met die verloop van die openbare verhore oor die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) en gaan ook regsadvies inwin oor die prosedurele onbillikheid van die proses tot dusver. Die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid het van 25 tot 28 Oktober 2019 hierdie verhore in Mpumalanga gehou waar daar verskeie prosedurele probleme was.

Die verhore is veronderstel om objektief te wees om die gemeenskap se werklike gevoel oor NGV te kry. AfriForum-verteenwoordigers wat die verhore in Mpumalanga bygewoon het, het egter verskeie ongerymdhede opgemerk. Dit sluit in:

  • Pamflette (slegs in Zoeloe gedruk) wat die ANC se perspektief oor NGV weergee, is op die stoele by die lokale uitgepak.
  • Die lokaal vir die verhoor in Secunda is op dieselfde dag na Ermelo geskuif sonder om hierdie verandering enigsins te kommunikeer (AfriForum het gelukkig van die verandering te wete gekom).
  • Maandagaand (28 Oktober) se vergadering het ’n uur en ’n half voor die geskeduleerde tyd daarvoor geëindig, nadat die komitee aangedui het dat hulle na Johannesburg moes terugkeer om vir die verhore in die Noord-Kaap voor die berei. Dit het daartoe gelei dat AfriForum nie ’n spreekbeurt gekry het nie.
  • Verrigtinge het slegs in Zoeloe plaasgevind en daar was geen tolke beskikbaar nie.
  • Groot dorpsgebiede is by die proses uitgesluit, omdat geen openbare verhore daar plaasgevind het nie. Dus is die grootste gedeelte van belastingbetalers in die provinsie van die proses uitgesluit, terwyl dit juis dié mense is van wie daar verwag gaan word om NGV te help befonds.
  • Dit is duidelik dat die plekke wat gekies is vir hierdie openbare verhore om plaas te vind meestal in wyke geleë is waar die regerende party meer steun geniet.
  • Dit wil voorkom asof daar geen of baie min bemarking gedoen is om die publiek van hierdie openbare verhore in te lig.

Volgens Natasha Venter, AfriForum se woordvoerder vir NGV, blyk dit dat die openbare proses om die publiek se insette te kry van die begin af gemanipuleer word om ’n uitkoms te kry wat die implementering van NGV bevorder.

“Hierdie proses is nie die plek vir die ANC om sy pro-NGV-agenda te dryf of propaganda aan die publiek te versprei nie. Die pamflette wat die komitee aan die publiek versprei het, kommunikeer slegs die regering se valse beloftes dat NGV die antwoord op al die land se gesondheidsprobleme is. Dit maak egter geen melding van die massiewe gebreke wat hierdie voorgestelde stelsel inhou of die feit dat dit onbekostigbaar is nie,” sê Venter.

AfriForum gaan die openbare verhore van 1 tot 4 November 2019 in die Noord-Kaap bywoon, en beoog ook om die verhore in ander provinsies (wat nog nie bekend gemaak is nie) by te woon. AfriForum hou ook hierdie week gemeenskapsvergaderings in die Noord-Kaap om die gemeenskap oor die gevare van NGV bewus te maak en om hulle aan te moedig om die verhore by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chris van Heerden ·

Mens kon dit seker verwag. Hulle maak net wat hulle wil.

daniel ·

Dit is mos die kenteken van die regarding om dinge eensydig te doen, sonder on diegene te ken, veral as hulle wit is, wat werklik goeie read kan gee.

Johan ·

Natuurlik gaan dit ‘n klug wees. Net nog iets wat die kommuniste op ons gaan afdwing…

Andrea van Vuren ·

Dit gaan die belastingbetalers miljoene kos om hierdie klug in die howe te beveg. Dit moet so gou moontlik in die bek geruk word. Almal moet toegang hê . Wat het Zoeloe met Mpumalanga ye doen? Siek man siek!

hehehe ·

Gelukkig kan ons saam handevat en lekker rugby kyk. Of hoe….?

Als is reg ·

Ja, ons sing net Nkosi Saterdag saam dan is die werklikheid weg en met ‘n traan in die oog sien ons uit na die paradys wat 80 minute later al NRSA se probleempies regstel. Alles is dan weer reg.

Manie van Worcester ·

jammer maat, ek verneder my nie deur anc beleid in sport te volg nie so my hand sal nie daar wees nie

Carel Pienaar ·

Dankie aan Afriforum wat die NGV sterk teenstaan en die manier hoe die ANC regering aanhou om die gemeentskap te verhoed om toe te tree tot die gesprek.

Hoekom worry? ·

Ten minste kan almal handjies vat, koekies bak, wangetjies draai, kumbajaa sing en rugby kyk, nê.

daniel ·

Dit is mos die kenteken van die regarding om dinge eensydig te doen, sonder on diegene te ken, veral as hulle wit is, wat werklik goeie read kan gee.

Gert van Wierdapark ·

Die grootste Klug is die Wyse waarop die land re-geer word – Wish! Daarvoor bestaan geen reg-ruk medisyne nie. Al wat dalk sal help, is “in die bek ruk” by die stem-bus in die Toe-Koms

Dolf ·

Afstigting in ‘n afsonderlike staat in die weste en suide van hierdie hool is al oplossing. Die tyd loop vinnig uit, en wittes gaan op ‘n wettige wyse uitgemoor word met NGV.

Kallie ·

Die besluit is klaar geneem. Nou gaan die staat net deur die formaliteite.

skurweberg ·

Wees wakker en moenie dat wolf-wolf geskree jou nie laat reageer nie. Dan is dit te laat vir trane. Hierdie is ‘n ernstige saak en dit is duidelik dat die implikasies van hierdie doelbewuste en openlike bedrogspoel wat deur Afriforun onthul is, ernstige gevolge vir die belastingbetaler gaan he. Almal moet help om die streep te trek. “Eendrag maak mag”

Pottie ·

Ek stem broer hoe kan ons maak om die blankes te kry om saam te staan dit maak n mens moedeloos as n mens sien wat die ANC aan ons doen maar nog steeds neem ons nie standpunt in nie

Pieter ·

Ek stem krokodil ons moet ons eie plek kry dan kan die klomp narre net maak wat hulle wil ons blankes weet die hele ANC is n klug ons moet nou begin standpunt in neem mense

Carel ·

Kry ons eie dokters, verpleegsters en ander mediese personeel bymekaar, betaal hulle en pas hulle op. Maak ons eie hospitale en mediese sentrum. Moenie wag vir toestemming of vir die krisis wat op pad is nie. Hulle wil net beheer kry oor almal se lewe. Stuur die spul boewe en skynheiliges in hulle peetjie.

Kraaibakke ·

Nou watse jakals draaie gooi hulle nou ,hul doen hul eie geloofwaardigheid skade aan ,dan wil hulle se daar is bitter min of geen deelname .
Ai die apartheid spook kan net nie gaan le.
Maar tyd sal leer alhoewel daar nie meer baie tyd oor is nie .Die armer gedeelte van ons bevolking kry die seerste terwyl die groot jakalse baklei oor die been.

JohanL ·

Hierdie openbare verhore is sommer ‘n klug en net om te wys daar was met die gemeenskap geraadpleeg. Stem die gemeenskap saam, dan versterk dit die ANC in hul saak. Stem die gemeenskap nie saam nie, dan voeter hulle in elk geval voort en implementeer wat ookal – dink maar aan E-tol.

Nee wat – die ANC het al te veel kere bewys hulle is onbevoeg om sulke openbare verhore ordelik en gestruktureerd aan te bied.

Anoniem ·

Net so nuttig as die openbare verhore oor onteiening sonder vergoeding. Die ANC gaan deur die motions, maar die kundige insette word vermy/geignoreer.

Chris ·

Ons geld is goed genoeg maar verder het ons geen sê in hierdie land nie.

Alida ·

Afriforum bou asb n groot hospitaal. Duisende van ons dokters en spesialiste sal daarin bele. Indien dit ooit realiseer weet ons teminste dat net goed opgeleide personeel daar sal werk. Nie net werksoekers nie.

Schalk ·

Wat het julle verwag.?EERLIKHEID asseblief wie is aan stuur,Onbevoegdheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.