‘NGV sal billike mediese sorg vir almal verseker’

Argieffoto

Argieffoto

Die doel van die nasionale gesondheidsorgversekering (NGV) is om te verseker dat bekostigbare en billike mediese sorg aan almal in Suid-Afrika beskikbaar is en nie net aan diegene wat dit kan bekostig nie.

Dit was die boodskap van dr. Aquina Thulare van die departement van gesondheid tydens die jaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) in Johannesburg. Sy het ’n sleutelrol in die gebied van beleid- en wetgewende ontwikkeling sowel as die ontwikkeling van die inwerkingstellingsplan vir die NGV.

“Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel is hoogs gefragmenteer en ongelyk. Wat menslike hulpbronne betref, is die mediese beroep hoogs ongebalanseerd in die rigting van die private sektor. Meer as 60% van die armste mense in Suid-Afrika het die grootste behoefte aan gesondheidsorg, maar kry die minste van die gesondheidstelsel,” het Thulare gesê.

Sy het gesê juis daarom word die NGV in werking gestel aangesien dit regverdigheid en billikheid in gesondheidsorg in Suid-Afrika tot gevolg sal hê én verseker dat gesondheidsorg beskikbaar is vir diegene wat dit die meeste nodig het.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Doen eers iets aan die vuil en ondoeltreffende Staatshospitale met hul lui en slegte personeel voordat julle enige verdere geld in n donker gat gooi.

Lodewyk ·

Ek en my vrou behoort al meer as 46 jaar aan `n mediese fonds en hulle besluit in watter gleuf ek val en dan moet ek daardie groot bedrag maandeliks aan hulle betaal .
Slegs met my vrou se bevallings en een of twee hospitaal besoeke het ons van hulle gebruik gemaak maar hulle kan nie R117.00 se pille betaal nie. Dit is hoog tyd dat hulle bietjie kompetisie kry wat na die laër klas en pensioenarisse kyk. Maar oor die jare het hulle baie by my geneem.

Bleek Sannie ·

Al wie bekommerd is oor die NGV is die ryk dokters, mediese fondse en privaat hospitale, wat besighede is. Gaan kyk aan wie dié besighede behoort. Julle sal skrik. Dokters sal ook nie meer hul buitensporige konsultasie-fooie kan vra nie, maar sal vir ‘n vasgestelde bedrag van die staat moet werk wat deur die staat betaal sal word. Iets soos R37 per pasient teenoor wat hulle nou vra (tussen R300 en R600 net om die pasient te sien)

Vic ·

Ai. Tuseen R300 en R600 “net om die pasient te sien” – ek wonder of jy verstaan wat daar ingesit word – ” net om die pasient te sien”? Dink jy ooit aan die jare van studie, nagwerk, bekommernis, verantwoordelikheid dra vir die lewe van ander? Die aanhoudende oplees, studeer en kongresse bywoon om op hoogte van die jongste navorsing en kennis te bly? Die naweke, verjaarsdae, kersfese en ander familie en gesinsbyeenkomste gemis? Die werk vir meer as 72 uur sonder slaap, soms sonder enigiets meer as n koppie tee. Dis verbasend hoe maklik mense R300-R600 uitgee aan uiteet, konsertkaartjies, dobbel, drank of rook – maar wanneer hulle by die dokter kom, verwag hulle om vir R30 al sy of haar kennis te kry. As jy vir 20 of R30 behandel wil word, gaan sien die toordokter. Selfs hy sal jou meer vra.

Kaspaas ·

Weereens word die tekortkoming van die regering en die misbruik van belasting betalers se geld die privaatsektor se probleem.

Bessie de Kock ·

Twak man. Die ANC het die hospitale laat opneuk, nou is dit ons skuld. Mense sonder mediese fonds kry n heup vervanging vir R30 ons moet R165,000 betaal. Die Staatshospitale is deur die ANC se skuld sonder opgeleide personeel. Hulle is nie skaam om die beste behandeling te neem, en hulle eie mense kry swaar. Niemand is so doof soos die wat nie wil hoor nie. SORRY to say.

Bleek Sannie ·

Ja ek dink dokters gaan ook dan uitgeplaas word na die gebiede waar hul dienste benodig word, so bv. vyf spesialiste sal nie meer in een geboutjie kan konglomereer en 10 GP’s sal nie meer in dieselfde straat kan praktiseer nie. Die tendens dat pasiente in die hospitaal gehou word tot al hulle geld uitgemelk is sal ook einde kry. NGV word deur die wêreldmagte
vereis, net soos onbeheerde emigrasie , so daar is niks wat julle of die ANC daaraan kan doen nie. Dit gaan oor beheer van en oor die wêreldbevolkings.

Vic ·

Niemand kan jou teen jou sin in n hospitaal hou nie, tensy jy geestelik erg versteur is. Jy is dus vry om die hospitaal te verlaat as jy voel die behandeling is ongeregverdig, onnodig of te duur. And what’s good for the goose is good for the gander – as jy probeer om dokters te verbied om te praktiseer waar hulle wil, sal dieselfde wette vir alle ander beroepe moet geld. Jy kan dus ook uitgeplaas word na die platteland waar jou dienste benodig word…….beware what you wish for. Weet maar net dat dokters baie maklik kan, en sal emigreer – en ek wonder wie sorg dan vir jou wanneer jy siek word?

Hendrik ·

Bleek Sannie, waar kom jy aan hierdie nonsens? Niemand, maar niemand, kan ‘n dokter uitplaas waar hulle wil nie! Dis sy besigheid en hy/sy kan hom bedryf nét waar hy wil. Dit kan miskien in sy hospitaaljaar gebeur, maar deffinitief nie wanneer hy/sy hulle eie praktyk het nie.

[email protected] ·

Julle plaas julle gesondheid in die staat se hande. Het ondervinding hoe dit werk. Dis nie bekostigbaar nie en die rye is lank vir behandeling. Julle het dit voor 1994 gehad dis niks nuut nie dis nou net vir 53 mil mense. Hoewel dit vir kinders wat in die systeem gebore word tandaars besoek elke dan en wan sal overseer. Anders gaan jy na n privaat dr betaal die koste en jy word onmiddelik gehelp.

Wonder maar net ·

Is die NGV ook van die BBE…en gaan dit regtig wees vir almal? Heel eerste wat dr vra is, aan watter mediese fonds behoort jy? Dan word alles tot die maximum gebruik en jyself moet daarna duisende rande in betaal. Bybetaling word dit genoem. Sal hul regtig omgee vir die pasient of sal hul meer belangstel in jou geld?

Bleek Sannie ·

Kan ons oulike en gewaardeerde joernaliste by Maroela nie asb. ‘n inligtingstuk saamstel wat aan die lesers sal verduidelik wat NGV is nie. Die mense weet nie eers wat dit is nie soos die kommentare duidelik getuig. En dit is belangrik. Dankie.

Justa ·

Enige een met gesonde verstand behoort te weet dat dit nie in Sudi-Afrika kan werk nie. Daar is te min dokters en te veel mense. Die NGV sal bepaal watter dokter jy gaan sien, wanneer, wat se behandeling jy gaan kry en watter soort medikasie jy kan gebruik. Jy sal lankal dood wees voordat jy by n spesialis sal uitkom, want die wagtydperk sal net te lank wees. Die paar goeie dokters wat oor is sal virseker emigreer.

Bleek Sannie ·

Ben die mense verdien ‘n goeie uiteensetting van die NGV, en ek het nie Maroela media se bronne, tyd of vernuf nie. Dis maar net ‘n vriendelike versoek, ek weet dit sal vir baie mense leersaam wees en baie vrae beantwoord.

Bleek Sannie ·

A Venter, my droomwêreld gaan ongelukkig in julle nagmerrie werklikheid verander. Hou maar dop. Die einde van privaat hospitale en mediese praktyke en mediese fondse soos ons dit ken is voor die deur.

Genie ·

Mevrou, met respek, u weet nie waarvan u praat nie. Ek is ‘n finansiele kundige, en die NGV is niks anders as ‘n nuwe tipe belasting nie. Daar word reeds proporsioneel baie geld aan die publieke gesondheidstelsel gespandeer as vergelyk word met talle ander lande.

Shirley ·

Dis hoogtyd dat daar vir ons armes voorsiening gemaak word.

jape ·

Lyk my die propaganda werk. Watter dokter gaan gratis werk? As n dr n pasiënt sien en hy maak n diagnose stel hy hom oop vir n eis indien hy verkeerd is. Daar is risiko verbonde. As jy verniet wil werk gaan swot 6 jaar vir n dokter en help dan almal verniet. Die dokters gaan eenvoudig emigreer.

Elisabeth ·

Finland kan dit nie eers bekostig nie en dis 5 milj en die ander keuse vir die oplossing v koste is privaat. Dit is nie ‘n nuwe konsep eindelik nie want voor 1994 het dit ook bestaan. Maar as meer as 35% vd bevolking nie werk het nie weet ek nie hoekom dit nou geimplementeer word nie. Dit was iets wat Mbeki begin instel het.

Henk ·

Hoe wil hulle dit doen as die huidige staatshospitale en klinieke een groot gemors is?

GIFKOP ·

Bleek Sannie, jy wat die dokters so wil uitplaas.
Nou waarnatoe sal ons jou uitplaas?
Miskien na ń plek toe om skurwe hakskene te gaan was. Ek kan nie glo dat een mens soveel snert kan kwytraak nie.

Kurt Nel ·

NGV is maar net nog n manier om die belasting betaler uit te suig!

Bleek Sannie ·

Net omdat ek die inligting deurgee, beteken nie dat ek saam stem daarmee nie! Die wetgewing daarvoor is reeds in plek. Jammer maar die waarheid was nog nooit baie populêr nie.

Vic ·

Nee, jammer, jy ” gee nie net die inligting deur nie”, jou kommentaar spreek boekdele oor jou vooroordele. “ryk dokters”, “R300-R600 net om die pasient te sien”, “buitensporige fooie”, “al hulle geld uitgemelk is” is nie inligting of wetgewing nie, dis jou bevooroordeelde opinie. Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Good luck met jou R30 mediese behandeling – g’n wonder jy’s bietjie bleek nie………..

Bleek Sannie ·

Ag Vic, ek is al jare met ‘n dokter getroud en my familie wemel van hulle. Jy weet niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.