NGV ‘sal ongekende ramp meebring’

Morné Malan. Foto: Mia Slabbert

Solidariteit het Vrydag sy kommentaar oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) met ʼn mandaat van 30 000 ingedien.

Morné Malan, strategiese spesialis by Solidariteit, het gesê die kommentaar, wat reeds in die formaat van hofstukke is, is geformuleer met die hulp van twee onafhanklike deskundige verslae deur prof. Jannie Rossouw en prof. Alex van den Heever onderskeidelik.

Verder het die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns ook ʼn instruksie aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gegee om ʼn opname onder praktisyns te doen.

“Die NGV, sou dit inwerking tree, sal ʼn ongekende ramp vir Suid-Afrikaners meebring. Daarom volg ons van dag een af ʼn allesomvattende plan in ons teenstand daarteen. Daar is geen skadelike of ongrondwetlike aspek van die wetsontwerp wat nie deur ons kommentaar hanteer word nie.

“Ons staan ook dan reg om aan alle verdere prosedures deel te neem, stemme teen die wetsontwerp te werf en om hofaksie te dryf tot by die Konstitusionele Hof sou hierdie wetsontwerp ooit bekragtig word.”

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het veral sy kommer uitgespreek oor die uitwerking wat hierdie wetsontwerp op diegene in die gesondheidsbedryf sal hê.

“Die NGV ontneem gesondheidspraktisyns van feitlik enige vryheid in verband met hoe en waar hulle hul beroepe beoefen; dit maak van dokters, verpleegsters, aptekers en al die ander gesondheidswerkers bloot kommoditeite en ontsê hulle hul menslikheid as’t te ware,” het Hennie Bierman, hoof van Gildes, verduidelik.

“Hulle word nie as individue met regte hanteer nie, maar eerder as hulpbronne, besittings van die staat wat toegedeel kan word soos die regering dit goeddink. Dit is geen wonder nie dat ons nasionale opname onder gesondheidspraktisyns toon dat hulle bykans eenparig daaroor saamstem dat die NGV nie kan werk die, die regering dit nie kan bestuur nie en dat gesondheidswerkers ook nie daarin belangstel om onder so stelsel te werk nie.”

Volgens Malan is die kommentaar wat ingedien is, net een vuishou teen die NGV.

“Ons weet nie hoe ver die irrasionaliteit en waansinnigheid van die regering strek nie. Ons weet nie hoeveel houe nodig gaan wees om die NGV te stuit nie, maar ons staan reg om met soveel as nodig en uiteindelik met meer vorendag te kom solank as wat ons hierdie rampspoedige beleid kan stop.”

Vrydag was die laaste dag vir die indiening van skriftelike voorleggings oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering by die parlement .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

André-Chris ·

As julle hul ideologie kan vernietig sal dit werk, anders storm hulle reddeloos voort na die afgrond wat wag. Buiten die geld wat hulle op die NGV gaan mors, gaan hulle die private mediese sorg soos die staat se mediese sorg binne ‘n japtrap in die grond in bestuur dat almal s’n dieselfde vodde is. Hulle het dan ook R900 biljoen oor die volgende 10 jaar nadig om die waterkrisis tebowe tekom, dan gaan hulle nog miljarde aan reddingsboeie vir die entiteite gee. Hulle maak soos Zuma somme, dan laat sak hulle weer die kop en storm voort na die afgrond toe.

Walesa ·

Se dit nie net dat dokters nie meer so baie geld gaan maak nie en dit dalk wel doen vir ” the love of mankind “

Nico ·

Een vraag. Jy het jou eie besigheid en die staat deel kliente aan jou toe teen n bedrag wat hulle bepaal en betaal jou wanneer hulle so besluit.
Sal jy so n stelsel in enige besigheid aanvaar?
Of dink jy dat jy net dokters gaan sien enigreer teen n hewige tempo?

Walesa ·

Geld is beter daar ! Hulle wou Mosambiekse dokter in Bloem stenig . Daar was ook destyds een in Pta wat n Christen geword het . Voorts n gewone motor , huis ens . In Kanada woon herr Dokter in n huis nes mister electrician sn . Gaan die’ ding julle kostes afbring ? Jeremia 6:13 . Psalm 10:3 .

Johanna Botha ·

Die NGV gaan soos saa sabc eskom eindig …kyk mooi ! Alles waraan die anc vat is n groot flop !

André-Chris ·

Dit is insiggewend wat Tito Mboweni Woensdag 27 Nov 2019 in die parlement oor die NGV gesê het betreffende hul ideologie. Ek haal aan uit FIN24:

Finance Minister Tito Mboweni told the National Council of Provinces on Wednesday afternoon that the National Health Insurance system was the only opportunity for the SA public healthcare system to shape up – government could do much to improve healthcare now, he said.

Mboweni said he did not believe NHI should be considered the only panacea to the challenges dogging the public healthcare system.

“We don’t have to wait for NHI to be implemented to fix our public healthcare system. There are things that are within our power that can be fixed now,” Mboweni said.

Mboweni also urged MPs not to allow ideological persuasions to dictate their views around the NHI without considering the benefits it could yield for South Africans.

Stof ·

Wat baie outeurs en respondente vergeet, is dat dit juis die staatsgesondheidsdienste is wat die kappelaansdienste goedgesind is en, omdat hulle sien hoedat pasiente se welstand baat by die geestelike werk. Dit is hulle wat ons van gunstige toegangsregte tot persele voorsien, en selfs ook in die hospitale, vir ons spreekkamers en administratiewe akkomodasie voorsien. So word ook geestelike sorg ook ingesluit in die Nasionale gesondheidsorg plan. Hoeveel private instellings, doen dit? Laat ons dink in terme van die ewige dimensie, wat nooit einde het nie, en ons nie blindstaar teen ‘n verganklike tydelike dimensie nie. Dikwels, is dit heilsaam om beide kante van die munt waar te neem.
Aan elke amptenaar wat ons werk op hierdie gewaardeerde wyse ondersteun, deel ek my hartlike dank en waardering.

Keelvol ·

O asb. Geestelik?Waar is dit teenwoordig in die hole van staatshospitale vandag!

Ek t nie n mediesefonds– Weet waarvan ek praat.
Veg met al s wat julle kan.

Dr Phil ·

@Walesa, hulle gaan minder verdien – so min dat hulle gaan verkas buiteland toe. “Gelukkig” gaan ons dan almal “gelyke” (VROT) toegang tot mediese dienste verkry…

Robert ·

Logiese denke tel nie meer nie, die massas sal besluit……

Pieter ·

En kla ons blankes elke dag maar ons is te slapgat om standpunt in te neem so hou op kla

Spike ·

Kaders, comrades: kommuniste, wil als beheer, maar is vir niks bevoeg nie.

Lissa ·

@Walesa….
Gaan jy gemiddeld 10 jaar se studie opoffer vir die “love of mankind?” En werk vir pennies?

Ja nee ·

Dit is tog die plan van die anc om in beheer val als en almal te wees. Nie seker meer of die minderheid werklik hulle kan stop nie

Walesa ·

Bv.Gariep , het goed gewerk maar , moes gebreek word vir die big bucks een te vestig met versekering en nog versekering ens .ens

De Villiers ·

Ons het dalk nie die getalle nie, maar ons het darem logiese denke. Solidariteit, dankie vir jul betrokkenheid en wil om in belang van die landsburgers met integriteit, logika en insig hierdie een ander sake te behartig. Ons is dankbaar dat daar nog instansies is soos julle en Afriforum wat in jul minderheid groot impak maak, net omdat julle rasioneel en in voeling met die werklikheid is.

KaterinaKat ·

@Walesa – Vergeet nou eers van geld vs love of mankind. Stel jou dit voor: Jou kind, kleinkind of ouer of eggenoot word skielik ernstig siek. Jy neem die persoon na jou naaste privaat hospitaal. Maar daar sit reeds n massa mense in die noodgevalle en hulle betaal nie eers mediese fonds koste nie. Want soos ek dit verstaan, onder die NGV kan enigiemand met n ID na enige private hospitaal gaan. Jou geliefde sterf terwyl jul wag om gehelp te word.

Walesa ·

Geen voorstelling! ambulans vat jou ongevalle toe , jy word weggewys , jy het nie n mediese fonds nie
Jou kind le in intensief , moet nou uit want jou medies is uitgeput . Follow the money trail .

André-Chris ·

Walesa, die ANC, wat hul ideologie najaag en natuurlik geld, het ook vir elke ding ‘n antwoord, en kyk waar sit die land …. rommelstatus.

Feite ·

Wat ons ideologies sien as n ramp sien die ANC ideologies as n oorwinning, so maak vas julle sitplekgordels, want hier kom nog baie rampe!

Johan Maritz ·

Walesa jy is reg die meeste hier is net gepla oor hulle inkomste. Lissa ek was n skoolhoof met 8 jaar se studies en ek beloof jou my inkomste was n grap teen joune (ek neem aan jy is n dokter). Ek weet die ANC is nikswerd maar daar sal moet gekyk word dat die beskerming van beroepe gestop word. Doen die moeite en kyk wat dit kos net om n prokureur te sien.

André-Chris ·

En ek moes ‘n hele paar jaar gelede ‘n deposito van R2,000 neersit voor die prokureur my wou sien. Na hy my gespreek het, het hy my aanbeveel dat my probleem baie tegnies van aard is en dat die koste verbonde aan ‘n saak nie die kool die sous werd is nie. Na ek hom gevra het of hy die bewyse wat ek hom vooraf verskaf het deurgegaan het, het hy bevestig hy het net nou na my relaas geluister, toe gesê hy sal 50% van die deposito aan my terug betaal.

Maar is almal so? Nee! En dan is daar hordes mense/meeste, dalk, wat dit vir die saak waaraan hulle glo doen, geld kom nie eerste nie, verseker nie. Kyk wat vra ‘n loodgieter jou per uur ens, ens ens … En kyk wat vra IT spesialiste jou ens, ens ens … en dan knip hulle nie ‘n oog nie.

pine ·

Miskien moet jul ook kyk wat kos soortgelyke denste oorsee.Beslis baie duurder.

JohanR ·

Hoop hierdie ding kom nooit van die grond af op nie, maar bevrees daar is te veel ANC’s wat bakhand staan met die NGV. Alles vir kort termyn wins en gierigheid. Gee nie om in dertig jaar of daar nog ‘n Suid Afrika oor is nie!

Sonja ·

Hierdie goete is altyd kastig oop vir publieke insette, wat net dien as n smoke screen. Onafgesien daarvan doen hulle in elk geval wat hulle wil. Net soos met die land onteiening etolls etc, moet Suid Afrikaners weier om te betaal en deel hiervan te wees. 4 miljoen blankes sal n skip mrt 15 miljoen passasiers moet laai. Bogger hulle wette, hulle is onverandwoordelik, alles wat hulle aan raak verander in poop

Johan ·

Die kommunis gee nie om nie, dit is die heel grootste probleem. Hulle besef nie watse skade hulle doen nie, want hulle beskik nie die vermoë om die negatiewe nagevolge van hul dade te verstaan nie.

Ag, moenie warrie nie ·

Die “ons bly net hier” tawwe ouens soos van die (‘kouk & brêndie’) Boepens Legioen sê mos dat julle net moet wag vir daai “groot wonderwerk” wat Swymer van Rensburg glo ‘gesien’ het, want dán gaan julle mos soos Rambos faait, en dan sal alles netjies soos ‘n sprokie in plek val, en dan sal die land glo weer aan “ons” behoort. Intussen klim die nugteres met verstand stil-stil op die vliegtuig.

Manie van Worcester ·

beter kan jy dit nie stel nie en almal is tog nou so samehorig want die beker het die land gered en alles reggemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.