NGV sal private mediese sorg kniehalter, sê vakbond

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle, GCIS

Die vakbond Solidariteit het die nasionalisering van gesondheidsorg deur middel van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering veroordeel en gesê hy sal dié “skadelike ideologies-gemotiveerde beleid” sover moontlik sal teenstaan.

Die vakbond het dié week bekendgemaak dat hy ʼn landwye veldtog van stapel gaan stuur om insette te bekom wat die negatiewe gevolge wat hierdie wetgewing vir alle burgers inhou, sal uitwys.

“Dit is verbysterend om te aanskou hoe die ANC daarin slaag om altyd die swakste moontlike beleid aan te neem, wat histories in talle lande soos Venezuela en Kuba gefaal het, terwyl beleid van die voorste ekonomieë in die wêreld deur die regerende party as gruwelik beskou word,” het Morné Malan, ʼn navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Malan sê die vakbond veroordeel die regering se voorstelle om die NGV op Suid-Afrikaners “af te dwing”.

“Die voorstel, indien nie eksplisiet nie, is beslis ʼn de facto nasionalisering van gesondheidsorg in Suid-Afrika. Solidariteit betwyfel voorts die regering se motiverings ten sterkste. Hierdie is duidelik nie ʼn poging om die gehalte van gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter nie, maar eerder om gelykheid mee te bring deur die uitnemende private sektor te kniehalter, in plaas daarvan om die tekortkominge van openbare sorg reg te stel. Die probleem is klaarblyklik nie dat die staat misluk om goeie diens te lewer nie, maar eerder dat die private sektor wel daarin slaag.”

Malan sê uitlatings soos dié van pres. Cyril Rhamaphosa dat die NGV ingestel gaan word of mense “daarvan hou of nie” is ʼn “onrusbarende teken” wat volgens die vakbond dui “op ʼn leier met ʼn ideologie wat in sy gedagtes swaarder weeg as die welstand of wense van sy burgers”.

Die publiek kan omvattende inligting oor die nasionalisering van gesondheidsorg in Suid-Afrika op die nuwe Solidariteit-webwerf verkry. Klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Patriot ·

Vra ek ook… Hoekom nie die staatshospitale en klinieke regruk nie? Of is dit n geval van… Dis nou stukkend, kom ons beweeg aan na die volgende ding wat werk en sorg dat dit ook tot n val kom.

Netso ·

Dis presies die geval. Dis die Afrika manier. As hy stukkend is, los hom netso. Kom ons vat die volgende een wat werk, eien hom vir onsself toe en misbruik hom tot hy ook stukkend, onbruikbaar en onherstelbaar is. Dan gaan ons aan na die volgende een. Kyk maar regdeur Afrika, dis die beleid en manier van doen

Mentaliteit ·

As jou speelding beter is as myne, vat ek hom en breek hom sodat hy net so sleg is soos myne. Dit is die mentaliteit wat op hierdie oomblik in hierdie land aan die orde van die dag is..

White Rhino ·

Ek kan nie glo dat hierdie mense wat hierdie brainwaves kry so oningelig kan wees nie.
Dit is ongelooflik. Hulle is ‘n 100 jaar agter – of meer. Hulle leer niks nie – ook nie uit voorbeelde nie – dis totale halstarrigheid en arrogansie.

GAB ·

Cyril sal seker soos Mogabe oorsee se mediese kry. Vlieg soontoe op taks betaler se geld.

Hanna Hoekom ·

Presies dieselfde gebeur in ons skole: pleks van die vrot skole regruk, word die funksionerende skole getakel om sodoende “gelyke onderwys” te skep wat uiters swak gehalte onderwys lewer. Dis asof die Afrika-mens niks kan opbou of eens onderhou nie. Alles moet afgetrek en vernietig word. Dan skree ons weer “rassisme” of “Westerse idees” wanneer stelsels ineenstort. Tog net nooit ons eie skuld nie…

Colleen ·

Alles word op ons afgedwing. Jy kan kastig insette lewer, maar daar kom dadels van.

Jacques ·

Teen die tyd wat die regering hulle oe uitvee is daar ook nie meer dokters in die land oor nie , want geen dokter wat sy dinges af gewerk het om te kom waar hy is gaan net se ek doen my werk verniet of vir byna niks nie .

Hanna Hoekom ·

Of goeie gehalte, passievolle en pligsgetroue verpleegsters nie! Ek verpleeg tans in die buiteland. Het gewik en geweeg of ek moet huis toe kom… Daar is nou GEEN manier wat ek weer in SA sal werk nie. Jammer!

John ·

Het iemand al probeer om ‘n gestrande walvis terug te help in die see? Wel, hier kom 60+ miljoen aan wat afpeil op die bloudruppelstrand en nie een sal luister na die waarskuwingseine en smeekbede vanaf die land nie. Gaan kyk gerus hoe die staatshospitale in Natal en die Vrystaat daar uitsien, want dit is hoe die private klinieke binnekort sal lyk… met die klem op die laaste woord met ‘n y as uiteinde. Hoe meer die NWO aardlinge as dieselfde klassifiseer des te meer gaan die menslike gene die diversiteit uitwys… ook aan die handvat-geestelikes wat nogal menslike kenmerke sal begin openbaar. Baai dominee… Gaan u oos of wes of noord? …. oppas vir suid ver huis!

IK ·

Ter inligting: Seker nie steenkool want die myne staak gewoonlik, gas is duur, so net hout as dit nie reeds ‘verdwyn’ het.
‘Struggle’ is ons voorland gelei deur ‘n regering wat net nie kan ophou om te ‘struggle’. Dalk ‘n nuwe afrikaanse woord met die spelling ‘struggel’?
Van spelling gepraat: Daar is ‘n ‘sal’ té veel in die eerste par.

Boerseun ·

Die mense in die res van Africa wat goeie gehalte medies soek vlieg Indië toe vir behandeling. Jy is maar geskroef as jy trauma ervaar en vinning spesialis behandeling nodig gaan hê. En so “backfire” al die mooi regte wat die libs uitgedink het nou op hulleself. So verdwyn hulle luukshede en spasie so kom ons kyk hoe lank hulle nog in die euphoria van multikultuur samelewings gaan glo. Op die ou end gaan al die goeie dokters immigreer en ons gaan sit met daai klomp wat uit hulle kuba beurse geskop is. Of n maruti van Ghana , sy siek brief dra mos dieselfde gewig as n Dr. brief

Joshua ·

Want die ANC is te dom om suksesvol te regeer-hulle kies die makliker uitweg wat nie nodig is om te dink nie.

JAN ·

Die regering is besig met Bate beslaglegging sedert John en Koot Vorster se tyd.
Eerste vaste bates van Tuislande saam met kulturele bates van die Afrikaner Volk deur Johan Heyns et al. Ramaposa gaan slegs voort met die strategie van Wittes.

Met die NHV gebeur dieselfde. Die opgepotte Siekefonds Bates van R60 duisend miljoen is al waaroor die hele ondersoek gaan. Dis nie trustgeld nie – dis ‘reserwes’ of te wel wit bates. Dit moet vir die NHV help betaal.
Die regering is nie besig met dienslewering nie. Begryp asb.

Ek voel die arm blankes moet ook vry mediese dienste kan kry. Die siekefondse werk soos’n Lotto of Piramideskema.

Gerhard ·

Hoe gaan dit met die eie instelling poging? Ek vra want dit lyk maar sleg.

Andre ·

Nog n plek om leeg te maak deur korrupsie en bedrog. Kon nie eens die oorplasing van pasiente na ander instansies behoorlik bestuur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.