NGV-wetsontwerp: ‘Talle onbeantwoorde vrae en leemtes’

dokter

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

AfriForum het aangekondig dat hy binne die volgende drie maande kommentaar op die Wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal indien.

Dié wetsontwerp is gister in die Staatskoerant gepubliseer en het die uiteindelike oogmerk om gesondheidsdienste namens die publiek aan te koop en nasionale gesondheidsorg te lewer.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsdienste by AfriForum, sê daar is talle onbeantwoorde vrae en leemtes in die wetsontwerp. “Die eerste vraag het te doen met koste, want sonder finansiering kan só ʼn voorstel nie aan die gestelde eise voldoen nie. Die wetsontwerp swyg meestal hieroor, en dit is iets wat AfriForum verder sal ondersoek voordat ons kommentaar lewer.”

Volgens Brink is die NGV se wetsontwerp op wensdenkery gegrond en kan dit nie net die gesondheidstelsel nie, maar ook die ekonomie, in duie laat stort.

“Met die Suid-Afrikaanse ekonomie wat stotter en te min ‘rykes’ wat die armes moet onderhou, kan dit tot ’n uittog van die middelklas en welvarendes lei, wat die hele plan buitendien in duie sal laat stort. Die land kan dit eenvoudig nie bekostig nie.”

Brink sê Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, se aanval op die private bedryf is skynheilig, want die staat beoog juis om dienste van die private sektor te koop.

“Hoewel die minister die private bedryf van uitermate hoë koste beskuldig, wil hy van hul dienste gebruik maak om te vergoed vir die gemors in die openbare gesondheidsektor. Hierdie plan gaan waarskynlik die private gesondheidsbedryf aftrek tot op die vlak waar die openbare gesondheidsektor tans is.”

Motsoaledi het gister aangekondig dat alle werkende Suid-Afrikaners verplig sal wees om tot die NGV by te dra. Hy kon egter nie meer besonderhede bekend maak nie en het gesê die tesourie sal dit moet bepaal. Motsoaledi het gesê alle Suid-Afrikaners moet uiteindelik toegang tot openbare sowel as private gesondheidsorg hê.

Motsoaledi het gesê die regering is deeglik bewus van die swak gehalte van openbare gesondheidsorg. “Ons is ook bewus van die gebrek aan doeltreffendheid in die openbare gesondheidsorgstelsel.” Hy het gesê twee probleme moet uitgestryk word voordat die NGV in werking gestel kan word: “Die duur koste van private gesondheidsorg en die swak gehalte van openbare gesondheidsorg.”

Motsoaledi het gesê die eerste fase van die NGV was van 2012 tot 2017. Fase 2 sal plaasvind oor ʼn tydperk van vyf jaar vanaf 2017 tot 2022 en sal voortgaan met die implementering van inisiatiewe om gesondheidsorg te versterk en die instel van wetgewing en wysigings aan ander wetgewing.

Fase 3 sal plaasvind oor ʼn tydperk van vier jaar vanaf 2022 tot 2026 en sal insluit die voortsetting van gesondheidsorgstelsels wat op ʼn deurlopende basis versterk word; die mobilisering van addisionele bronne soos goedgekeur deur die kabinet en die selektiewe kontraktering van gesondheidsorgdienste van private verskaffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Net ek ·

Die werkende klas moet alweer opdok. Maak BTW 20% dan dra almal by…. Maar dit sal seker gebeur as die hemel val en ons almal blou mussies dra.

Tuilander ·

Voor implimentering moet ons al uit wees, klaar die wettige prosesse gebruik om ons eie land te kry, dis nou die wat self n eie welvarende land wil bou. Die negatiewes en linkses kan SA geniet.

Drikus ·

Waar is hierdie eie land? Wie gaan waarheen moet trek om vir ‘n nuwe soort apartheid plek te maak?

Grondwetgehoorsaam ·

Die konstitusie en internasionale wetgewing maak daarvoor voorsiening. Daar is baie wat daarheen sal wil gaan, dis nou die wat nie wil of kan emmigreer of in die republiek wil vergaan nie. Die ligging sal deel wees van die gesprekvoeringe glo ek. As jy saam met kommuniste wil bly is dit jou besluit.

Danie ·

Ek en my vriende sal graag daarheen wil gaan want ons gaan als in Suid Afrika verloor.

shark ·

luister hier,wat het die “regerende party” van 1994 tot nou toe suksevol gedoen, mense moet hul oog klappe afhaal en fiete in die gesig staar,ons almal wil graag iets positief sien maar daar gebeur abuluut niks, alles wat in die land opgebou was is besig om te verkrummel met skelm streke en moordlustige suid afrikaners.

Eish ·

Dit is hoe n ramp van epidermiese proporsies doelbewustelik n werklikheid word.
Kry n ineptokraat en plaas hom in die burokrasie met magte so wyd soos die Heer se genade.
Genadiglik gaan Afriforum die amper wettige kopoorplanting aan die werklikheid onderwerp.

a ·

So dit beteken ons moet vir die 10 miljoen onwettige immegrante se mediese onkostes ook betaal

Elsa ·

Ons sukkel reeds met die goeie doktors wat ons land verlaat. Die gaan veroorsaak dat ons niks goeie doktors gaan he nie. Die land is al verknoring van die werkende mense wat net moet gee en gee. Wat gaan volgende wees. Dis tyd dat ons moet saamstaan en baklei teen die NGV.

Albaster ·

Beter dokters en veral spesialiste gaan die land verlaat, dis nou die laastes wat nie reeds het nie. Julle gaan maar op dokter google moet staatmaak as die wet geimplimenteer word.

snoefie ·

en waar sal hulle heengaan? as daar werklik so n groot vraag na SA wit doktors en spesialiste nog was oorsee, was ons lankal net oo die bbbee drs aangewese.

Toordokter ·

Ja snoefie, kyk gerus na enige internasionale werksoekblad, die vraag na dokters en veral spesialiste is baie groot, en hulle word vinnig opgeraap. Baie SA dokters en spesialiste is reeds weg en meer gaan volg. Die voorgestelde skema gaan die laaste goeies wegdryf.

Koos de Meyer. ·

Waarmee wil hulle ons nog belas. In 1994 was alles een honderd persent maar tot nou toe is alles in hulle verstand in. Ons word gemelk om elke hoek en draai. Daar is niks wat ons nie meer belasting op betaal nie. Nou wil hulle ons nog weer laat betaal vir ‘n klomp onwettige immigrante vir mediese onkostes. As hulle sê die rykes moet betaal hoop ek hulle begin by ons mede lands burgers. Waar is ons menseregte nou. Hulle sê alle werkend es sal betaal. Wat word van al ons belasting geld.

Hanna Hoekom ·

Plaas hulle maak dit wat verkeerd is (staatshospitale) reg! Nou moet die vuisvoos belastingbetalers weer opdok. Weet hulle hoe vol privaat hospitale is? Daar is nie plek vir die klomp pasiente nie. Net soos Lesufi nie die balk in sy eie oog wil sien nie (staatskoke wat inmekaar stort) en eerder die funksionele skole wil takel. Dieselfde mentaliteit! Red nou n nasie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.