Nhlanhla Nene het bedank

Nhlanhla Nene, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegroting (Oktober 2015). Foto: Elmond Jiyane

Nhlanhla Nene, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegroting (Oktober 2015). Foto: Elmond Jiyane

Die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene, het as ʼn LP bedank.

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, se kantoor het Vrydagaand bevestig Nene het in Desember bedank en sy bedanking is in Januarie geprosesseer.

Pres. Jacob Zuma het Nene onverwags in Desember as minister van finansies verwyder, en hom met die onbekende David van Rooyen vervang, ʼn skuif wat tot ʼn daling van die rand en aandele gelei het.

Nene is oënskynlik uit sy amp verwyder, aangesien sy naam aangegee is vir ʼn hoë posisie in die nuwe Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)-bank.

Ná skerp kritiek oor die skuif, het Zuma Van Rooyen binne dae ná sy aanstelling uit die amp verwyder, en weer voormalige minister Pravin Gordhan in die pos aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bruno Stef ·

Mnr Nene dit was n liederlike klap in die gesig wat jy van n ongeskoolde beterweter moes verduur maar die wiel sal draai en jy sal dit geniet om sy ondergang te sien gebeur.

Johann Marx ·

In die “gewone wêreld” doen ‘n mens aansoek vir ‘n beter pos as joune, en as jy dit gekry het, bedank jy uit jou huidige pos en werk ‘n kennis tydperk. Net in Lala-land word jy uit jou pos uit ge-fire deur ‘n ongeletterde analfabeet omdat jy glo genomineer is vir ‘n beter pos by Brics Bank…..en as daardie nominasie nie suksesvol is nie, waarheen gaan jy dan heen vir ‘n inkomste? Mnr Nene, jou verhouding met jou “baas” wat gelei het tot jou afdanking, is die oorsaak van my finansiële agteruitgang……

HEVW ·

Mnr. Nene ek hoop jy het in die pynlike proses genoegsame insig bekom om in die toekoms jou sg. baas se ondergang te bewerk.

Oom Boer ·

Mnr Nene, wens jou alle sterkte en suksesse toe in jou nuwe aanstelling. ‘n Roofvoël hou nie van om sy karkas met andere te deel nie.

Ben ·

Mnr. Nene, goei raad vir jou. Sluit by die VF+ aan, dan kan jy jou vorige makkers lekker vloek en die kans is dan goed dat ou Zumpie gaan omkap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.