Nhleko vergader met LP’s voor Nkandla-besoek

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Nathi Nhleko, minister van polisie, het Dinsdag die hele dag met die parlement se ad hoc-komitee vergader om sy verslag, waarin hy pres. Jacob Zuma vryspreek van enige aanspreeklikheid in die Nkandla-kwessie, te bespreek.

Temba Gubula, woordvoerder van die parlement, het gesê die vergadering het by die KwaZulu-Natalse wetgewer in Pietermaritzburg plaasgevind.

Die komitee is tans besig met ʼn twee dae lange sending waartydens hulle ook Zuma se privaatwoning in Nkandla sal besoek voordat hulle na Kaapstad terugkeer.

Nhleko het in Mei ʼn verslag vrygestel wat, teenstrydig met ʼn vorige verslag van die Openbare Beskermer, bevind het dat alle bykomstighede aan Nkandla as sekuriteit dien en die president dus vryspreek van enige terugbetaling van die R246 miljoen-projek. Dit sluit ʼn swembad in wat glo as ʼn noodsaaklike brandbad dien.

Opposisiepartye het die verslag veroordeel, maar meeste is steeds deel van die komitee. Hulle het ʼn vorige ad hoc-komitee geboikot nadat die ANC-meerderheid geweier het om toe te gee dat Madonsela se bevindings wetlik afdwingbaar is.

James Selfe, voorsitter van die Demokratiese Alliansie se federale raad, het gesê die ministeriële vergadering het niks opgelewer wat hy nog nie vantevore gehoor het nie, maar hy word bemoedig deur aanduidings dat lede van die komitee verslae van die polisie oor die veiligheidskenmerke (waarvolgens Nhleko sy verslag opgestel het) asook dokumente van die departement van openbare werke, ontvang het. “Dit kan baie bruikbaar wees” het Selfe gesê.

Madonsela het bevind dat Zuma onregmatig voordeel getrek het uit die projek en het beslis dat hy ʼn gedeelte van die uitgawes aan die staat moet terugbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jakes ·

Ag siestog om te dink dat die arme Zuma so onskuldig is en vrkeerdelik beskuldig is .Nhleko jou ou doringom te dink dat jy so blatant kan lieg net om jou job te hou . Zuma sal jou fire as jy net een woord verkeerd praat jy is ook maar sonder rugraat , siestog jy is ook so onskuldig.

revenge is sweet ·

R 246 000 000 ?????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

Gert van der Merwe ·

Ek sien nou die army het op die polisie geskiet op die grens. Lol ek sou vrek bang wees om in Nkandla paleis te bly dit word bewaak deur polisie

Martin ·

Mense gee die man ‘n kans. Hierdie is werk sekerheid. Hy maak net seker hy behou sy “job”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.