Nice-aanval: SA-gesin se noue ontkoming

Die Meistre-gesin se foto kort voor die aanval. Foto: Facebook

Die Meistre-gesin se foto kort voor die aanval. Foto: Facebook

ʼn Paar minute later en dan sou ʼn Suid-Afrikaanse gesin moontlik onder die slagoffers getel het van die dodelike aanval in Nice, Frankryk.

Henri Meistre het familielede en vriende op Facebook laat weet dat hy en sy gesin veilig is ná Donderdagaand se aanval waarin minstens 84 mense dood en tientalle beseer is. Volgens Meistre het die gesin oomblikke voordat die bestuurder van ʼn wit vragmotor in ʼn skare ingeploeg het, ʼn foto geneem op die plek waar die vragmotor tot ʼn stilstand gekom het.

“Ons het kort tevore lekkers gekoop by ʼn klein straatkafee waarna ons die foto geneem het. Chaos het uitgebreek en ons almal het net weggehardloop van die promenade af.” Meistre het verder gesê hy kan nie glo iemand kan dit aan onskuldige mense doen nie. “Dit is absoluut gruwelik.”

Minstens 20 mense is steeds in ʼn kritieke toestand ná die aanval. Die bestuurder van die vragmotor het vir sowat 2 km langs die stampvol promenade af gery en in die skare ingeploeg en op mense losgebrand. Die bestuurder is deur die polisie doodgeskiet. Volgens ʼn identiteitsdokument wat in die vragmotor gevind is, was die bestuurder ʼn 31-jarige man van Tunisië wat in Nice gewoon het.

“Dit is duidelik ons moet alles doen wat ons kan in die stryd teen terreur. Die hele Frankryk word bedreig deur Islamitiese terreur,” het pres. Francois Hollande gesê. Hy het gesê Frankryk sal sy militêre aksie in Irak en Sirië verskerp.

Die noodtoestand wat sedert November se terreuraanvalle in Frankryk van krag was, is verder verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Aag wat dis nie so groot “issue” nie, daar word weekliks wit boere en dorpsjapies in SA aangeval en vermoor en die wereld maak nie so groot bohaai daaroor nie.

Lida ·

Jan dit is nie n geval dat ons soortgelyke aanvalle gaan vryspring nie dit is n geval van wanneer. Dit is tragies en voel jammer vir daardie mense. My bekommernis le in die feit dat ons nie n goed opgeleide weermag het nie.

Karen ·

Jan, dis nie ‘n kompetisie nie. Om te sê dat die dood van 84 onskuldige mense (onder wie kinders) nie ‘n “issue” is nie, is baie ongevoelig.

Landi Hontanx ·

Jan, hoe kan jy sê dis nie ‘n groot ‘issue’ nie???? Hierdie is onskuldige mense wat hul lewens verloor het onder hulle was kinders!!! Ek is ‘n Suid Afrikaner en ek bly in Frankryk, dit raak my net soos moorde in SA. Moord is moord en mense lei ongeag waar!!!!

Jan maak n Plan ·

Eks bly daars darem n paar mense wat reageer het op my kommentaar. Verstaan my baie mooi – of dit ‘n moord in Frankryk , die VSA of waar ook al is – ek verafsku dit ten sterkste – maar een ding maak my wit warm om die kraag en dit is dat Europa en die VSA absoluut stil is as ons boere en dorpsjapies soos hase daagliks aangeval en vermoor word. As ek my sin kon kry, dan sal dit wees dat die Europese en VSA regerings, die RSA regering vreeslik hard in die bek ruk sodat hulle die dinge dadelik sal regmaak.

Cherokee ·

Dit verander nie die feit dat jy moet dink voor jy praat. Wat jy gesê het was absoluut onvanpas.

Esmay ·

Ja Jan ek verstaan wat jy sè. Daar word 80 mense gedood in Frankryk. In SA word daagliks 50 plus mense vermoor maar ons haal nie eers die hoofnuus nie!!!!

Gesiggie ·

Dit is skrikwekkend… terreur aanval , ja in SA word daar elke dag iemand vermoor… plaas aanvalle raak nie beter, net erger” gelukkig kon hul hierdie man tot stilstand bring. So bly dat die Suid- Afrikaanse gesin daarin kon slaag om weg te kom, en veilig is… soveel mense moes seer kry.. en dalk ook hul lewe verloor… vir wat ?? dit raak baie erg… Ons sal moet aanhou Bid en Glo..

Sarie ·

Stop immigrasie. Ongelukkig sal onskuldige mense ly, maar die risiko is te groot

Gideon ·

My vraag spreek nou van algehele onkunde, en ek sal graag wil hoor van mense wat in die buiteland woon of daar al ooit ‘n boer of Afrikaner se moord op voorblaaie van koerante kom??

Jef ·

Gideon ek wil graag antwoord gee op jou vraag.
Nee, dit staan nie eers in enige koerant nie en ook nie op televisie nie en ook nie op die radio nie, mense weet absoluut nie wat in SA afspeel nie.

Kobus ·

Amerika veral brandmerk enige daad waar meer as een mens gedood word as ‘n daad van terrorisme. Dis ‘n terroris, skreeu hulle. Wat is die oorsprong, wat het die daad in die persoon laat ontplof. Plaas dat hulle dit ondersoek, mobiliseer hulle met hul propaganda die mense om weer ‘n Saddam oorlog te regverdig. Het hulle nie geleer nie??? Nes die Amerikaners is, arrogant. Selfgesentreed.

Kobus ·

Dat daar tereur gesaai is, is gewis, maar was hy ‘n terroris?? Kom Amerikavoorindiekoor, beduie vir ons. Julle het nie einde met vingerwys na terrorispropaganda nie. Was dit nie net ‘n daad van een persoon wat uitgehaak het nie???

Schalla ·

Ag my hoe tragies! Word wakker en hou op aandag soek, in hierde land oorleef ons ook altyd iets, net meer gereeld as in ander lande daar word elke dag 100 plus vermoor wie worry oor ons? Nice is n vulletjie,ons moordsyfers lyk al lankal soos oorlog syfers.

Ouma mix ·

Ja ons kan net bly wees die sa burgers was nie da tydens die wrede aanval nie want ons aanbid n lewende God Sy Hand was duidelik oor hule uitgestrek jamr vir almal wst geliefdes verloor het of seergekry het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.