Nico Bezuidenhout terug as hoof van Mango

Nico Bezuidenhout. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die voormalige hoof van Mango, Nico Bezuidenhout, is terug aan die stuur van dié laekostelugredery, nadat hy by Fastjet bedank het.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag gesê hy steun Bezuidenhout se aanstelling as uitvoerende hoof by Mango, ʼn filiaal van SAL. Hy begin op 1 Oktober in die pos.

SAL-raadsvoorsitter JB Magwaza sê die besluit is nog ʼn stap om bestendige leierskap by die redery te verseker en om die uitvoerende vermoëns van die groep te versterk.

“Ons is in ons skik om Nico Bezuidenhout terug by die SAL-groep te verwelkom. Sy aanstelling gaan die implementering van die omdraaistrategie van die groep verder bevorder,” het Magwaza gesê.

Fastjet het vroeër vandag aangekondig dat Bezuidenhout in September as uitvoerende hoof daar uittree. Hy was byna drie jaar lank die hoof van dié laekostelugdiens wat in Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Tanzanië en Mosambiek sake doen.

Bezuidenhout het in 2016 by Mango bedank om by Fastjet aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dries du Toit ·

Hoop hy kan doen wat reg is en word nie deur die Raad ondermyn nie

Johanna Botha ·

Wil niks tedoen he met enige saa sal of mango wat deel is van saa …dit is net een vrot spul na die ander met seker nog n 90 dae ondraai plan wat nooit werk nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.