Nico Carstens oorlede

Nico Carstens

Nico Carstens

Die Suid-Afrikaanse trekklavierkoning Nico Carstens is Dinsdag oorlede.

Die baskitaarspeler Schalk Joubert het die nuus op Facebook bevestig. “Vandag is ʼn baie hartseer dag vir Suid-Afrikaanse musiek. Ons het een van ons reuse verloor. Vaarwel Nico, jy was enig in jou soort en in ʼn liga van jou eie.”

Die presiese besonderhede rondom Carstens se dood was nie onmiddellik bekend nie.

Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien. Sy instrumentale treffer, Zambezi, is internasionaal bekend en is deur talle kunstenaars, onder andere Bert Kaempfert in 1965, opgeneem.

Carstens het in Februarie vanjaar sy 90ste verjaardag gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

thelsa ·

Totsiens ou Grote ! Jou skeppings sal voortleef en weergalm in menige ore en voete

Freek Swanepoel ·

Ons groet Een van die Grotes. Sy meesleurende Klokkiewals vandag nog een van my gunstelinge.

Great kunstenaar ·

Jy word gegroet met n lied van dankbaarheid en n traan in die oog. Dankie vir jou voorbeeld, liefde en leeftyd se musiek. Jy het ons vermaak in die lig tye, maar ook in die donker tye met jou kenmerkende glimlag en happiness!

popeye ·

Voorwaar treurige nuus! Innige simpatie aan die familie. Nico was ‘n legende.

Bets ·

Dankie Nico jy het my liefde vir musiek gestalte gegee. Nie net jou musiek nie maar ook jou vriendelikheid en toegewydheid sal bly voortleef.
Met groot dankbaarheid
RIP NICO

desmond ·

Ek was bevoorreg om hom etlike jare terug te ontmoet. Nie as kunsternaar nie maar as die mens wat hy is en was. Voorwaar n wonderlike mens

Bolander ·

Rus in vrede Oom Nico. Dit was altyd ‘n plesier om na jou musiek te luister en dit sal nog altyd so wees vorentoe.

Jean ·

Nog ‘n legende. Rus in Vredeoom Nico, jy het die SA gehore vir baie lank vermaak. Mag jou musiek vir ewig voortduur in die harte van die mense.

foxi ·

Nico het n wonderlike vol lewe gehad………was my ma se gunsteling…….RIV Nico.

Francois le Cochon ·

Nico, dankie vir o.a. Aap Setties, Boerenooi, Boma Boma; Kombuis Kwela, Brakpan Kwela, Brakpan Setties, Casablanca, Die Ou Kalahari, Die Springbok Kwela, Die Wolf Kwela, Geenfonteinse Vastrap, Gertjie Wintervoël, Goue Tango, Goue Vingers, Grandma Dooley, Hasie, Helena Cha-Cha, Helena Tango, Herd Boy/ Veewagter, Mpi Zulu, Jampot Polka, Jazz-A-Roo, Jy’s My Hart, Kariba, Katjiepieringwals, Kersfees Wals, Klokkiewals, Lente In Switzerland, Luanda, Meadowlands, Meerkat Samba, Mimosa Cha-Cha, Nader Aan Jou, Net Jy Alleen, Nico Se Wysie, Outa In Die Langpad, Pasop Vir Die Maan, Pondoland, Quietude, Ressano Garcia, Riksja Booi, Shirley Wals, Skoppelmaai, Skuus Bietjie Hier, Soetpatatta, Umfaan, Vaalpens Polka, Voom-Ba-Voom, Wag ´n Bietjie, Warm Patat, Zambezi.

Peet J ·

Was bevoorreg om een maal saam met hom musiek te maak. “n Toegeneë persoon het nie gedink hy is beter as ander nie. My innige simpatie.

Nicolene Pretorius ·

RIV. Jou musiek sal voorleef in mense se harte. Groot aanhanger gewees van jou musiek.

Sarie ·

Èk is hartseer… My innige meegevoel aan jou geliefdes. Dankie vir jàre se goeie musiek & die “skoon” lewe wat jy gelei het Nico. Jy was ‘n rolmodel vir menige… Rus in vrede…

Yolandi ·

Rus in vrede oom Nico ek het groot geword op jou musiek en as ek dit weer speel dan sal ek terug dink aan al die goeie vreugde en lekker dans wat uit daardie klawers gekom het rus nou in vrede in God se tuin van vrede

Aan die familie en vriende baie sterkte aan julle op die baie donker en moeilik tyd maar onthou eendag sal ons mekaar weer ontmoet en weer almal saam kan wees by mekaar ek gee vir julle die volgende om saam met julle te dra Fil 4vers 13 ek is alles in staat deue Jesus Christus wat my krag
Rus in vrede

Nita ·

My ouers het seker 60 jaar gelede, Nico Carstens en Al Debbo konserte bygewoon op ons ou myndorpie. Hulle kon nie uitgepraat raak oor die sjarmante man wat sulke wonderlike musiek kon maak nie.

Sandra ·

Ja, ook ek het grootgeword met die musiek van Nico Carstens. Omdat my pa self in sy jonger jare ‘n kranige trekklavierspeler was , het ek ek des te meer groot waardering gehad vir sy uitsonderlike talent. Gelukkig sal sy musiek bly voortleef . ‘n Ware legende in sy eie tyd!

Martie Dannhauser ·

Rus in Vrede oom Nico jy was n legend in Suid Afrikaanse boeremusiek, as my pa vandag nog moes lewe sou hy voorwaar saam jou Familie gehuil het

Poppie ·

Rus in vrede .wat n wonderlike talent u musiek sal voortleef in rlkd boeremusiek speler.

Francois du Preez ·

Nico Carstens was ‘n briljante musikant. Die gevoel waarmee hy gespeel het, sal min seker
kan probeer namaak. Sy vertolkings van o.a. Meadowlands (op ‘n solussewe in die vyftigerjare), asook Grietjie Wintervoel en Cassablanca, was onverbeterlik. En die nommer wat ek op “Kaniklanie” (1970-71) leer “ken” het: “As jy my maar net wil bemin” – totaal afgeskeep.
Watter skande dat hy, soos bv. Taffi Kikillus, vandag so as’t ware afgeskeep word en stilgehou word !

Joey ·

My innige simpatie a an die familie ek Voel saam julle. Oom Nico jy sal altyd onthou word soos ons jou geken het, RIV

Milette Borchardt ·

Rus in vrede oom Nico. So onthou ek jou, altyd met n glimlag en jou musiek waarna ons elke week geluister het. Soveel jare terug, maar die herrinneringe leef voort. Medelye met die familie&vriende betrokke

Hanna ·

Ek het gisteraand na n aangrypende program van sy lewensgeskiedenis op KykNet gekyk en weereens onder die indruk gekom van hierdie musikale ikoon. Sy slanke vingers was gemaak om seepglad oor die klawers van die trekklavier te gly en elke noot was vir hom n hartsvreugde. Daar bestaan nie musikante van sy kaliber vandag nie en ons sê dankie vir sy nalatenskap.

Mea vd Walt ·

My ma (Tosca Dreyer) was Nico se 2de vrou. Ek het Nico toevallig ontmoet by my werk toe ek omtrent 28 was. Ek het myself aan hom voorgestel en ons het lank en heerlik gesels. Hy het n blywende indruk op my gemaak wat ek nog so duidelik onthou tot vandag toe. Dit was een van my spesiale oomblikke. Ek is nou 49. Ons het in Bloemfontein gebly en ek kan onthou my ma was vriende met sy nuwe vrou Salome. Ek was toe nog baie jonk gewees. My ma het net goeie dinge oor hom gepraat. Sy is al lank reeds oorlede. My innige simpatie aan al sy geliefdes en aanhangers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.