Nico Henning-verhoordatum bekend

Nico Henning (regs) tydens sy vorige verskyning by die Pretoria-streekhof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Nico Henning (regs) tydens sy vorige verskyning by die Pretoria-streekhof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Nico Henning, wat beskuldig word van die moord op sy vervreemde vrou Chanelle, het Donderdag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Die saak is na die hooggeregshof in Pretoria oorgeplaas en die verhoor sal van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Henning sal verhoor word vir die moord op Chanelle en sameswering om moord te pleeg.

Chanelle (26) is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Andre Gouws (49), ʼn vriend van Nico Henning, en Ambrose Monye, ʼn voormalige Nigeriese atleet, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in verband met die moord op Chanelle. Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse is tot 18 jaar tronkstraf elk gevonnis vir hul aandeel in die moord.

Gouws het tydens sy vonnisverrigtinge getuig dat Nico Henning hom R1 miljoen betaal het om Chanelle te vermoor sodat hy kan toesig kry oor sy kind.

Nico Henning het homself op 6 Desember 2013 aan die polisie in Villieria, Pretoria, oorgegee. Hy het kort daarna in die hof verskyn en is onder streng voorwaardes op borgtog van R10 miljoen vrygelaat.

Vir ‘n uiteensetting van die gebeure rondom die moord op Chanelle Henning klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.