Nicola Pienaar was swanger

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Jaco Oosthuizen (32) het Donderdag in die Paarl-landdroshof verskyn nadat sy vriendin, Nicola Pienaar (28), se liggaam vroeër die week in ʼn vlak graf gevind is.

Kapt. Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl-polisie, het aan Maroela Media bevestig die saak is tot 17 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Du Plessis het ook bevestig dat dit tydens Oosthuizen se hofverskyning aan die lig gekom het dat Pienaar swanger was toe sy vermoor is. Oosthuizen bly in aanhouding.

Oosthuizen staan tereg op aanklagte van moord, bedrog en motordiefstal. Pienaar se ma, Marlaine Pienaar-Vice, was Donderdag ná die hofverskyning te emosioneel om met die media te praat. Oosthuizen het glo Sondagaand aan die polisie uitgewys waar Pienaar se liggaam agter sy huis onder rommel begrawe is.

Jaco Oosthuizen. Foto: Facebook

Jaco Oosthuizen. Foto: Facebook

Maroela Media het vroeër berig Pienaar is op 5 Januarie laas gesien toe sy haar ma se huis in ʼn Peugeot-motor verlaat het. Sy is op 8 Januarie as vermis aangemeld. Oosthuizen op 21 Januarie buite ʼn KFC in Port Elizabeth in hegtenis geneem waar hy die Peugeot geparkeer het. Dié motor behoort aan Pienaar se ma.

Oosthuizen het reeds vroeër in die hof op ʼn aanklag van motordiefstal verskyn. Die polisie het vroeër gesê Oosthuizen het tydens sy inhegtenisneming aangevoer hy en Pienaar was op 7 Januarie na Port Elizabeth onderweg toe hulle ʼn uitval gehad het. Hy beweer hy het Pienaar in Oudtshoorn afgelaai waar sy ʼn bus sou neem terug huis toe.

Pienaar-Vice werk as ʼn sielkundige in die Paarl, maar woon in Durbanville. Haar dogter het in ʼn woonstel agter die spreekkamer gebly en het haar ma by haar praktyk gehelp. Pienaar-Vice het voor Nicola se liggaam gevind is aan Maroela Media gesê sy sal eers met die rouproses kan begin wanneer sy weet haar dogter is dood. “As die werklikheid ooit moet kom dat sy nie meer daar is nie, dan sal die wiele afval,” het sy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Nicola Pienaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hannelie ·

Ek hoop hy sit vir ewig agter tralies. Baie sterkte aan haar ma, dit moet erg wees jy het altyd die hoop gehad sy leef…..maar hy het sy hand aan haar lewe geslaan. Hy oortree baie van die 10 gebooie.

T N ·

Tien gebooie se agter-ent! Hy het ‘n pragtige meisie doodgemaak en moet nou maar Pa-staan vir sy dade . Dit is egter jammer dat hy nie in hierdie misdaad – paradys met sy lewe kan betaal vir hare wat hy kortgeknip het nie !

Jaco ·

Goed gesê Hannelie. As Jesus in sy hart was, sou dit nie so tragies geëindig het nie.

Karma ·

Dubbele moordklag, ek stem. Maar moenie die man veroordeel voor die regstelsel hom skuldig of onskuldig bevind het nie. Aan die ander kant. dié ou lyk ‘n bietjie rof, so asof hy een van daardie ouens is wat hul vrouens of meisies gereeld pimpel en pers slaan. Hy gee my ietwat van die grillings ……

Jacobus ·

Wel as jy kan uitwys waar haar ligaam was lyk jy nogals heel skuldig….

Koos1 ·

Karma, soos die engelsman sê: Don’t go there. Gereelde lesers van kommentaar sal kan beaam hoeveel keer ek al gepleit het vir die selfde. Moenie ‘n persoon skuldig bevind voordat hy/sy skuldig bevind word deur die hof nie. En weet jy wat? Ongeveer 90% van alle komentaar teen oor my was negatief.
Oor die saak kan ek net vir die familie bid en sterkte van God af smeek.

Pieter ·

Nou verstaan ek nie, net gister se die huisgenoot wat namens haar ma praat sy was nie swanger nie…

Cherokee ·

Behoort nie moeilik te wees om te verstaan dat in die tydsverloop tussen Huisnenoot-nuus en die nuus wat die berig opgelewer het kon meer inligting opgeduik het.

Pieter ·

Ek hoor Cherokee, maar die Ma het na die nadoodse ondersoek bevestig dat daar wel niks was nie… ieder geval glad nie iets wat ek eers aan my vyande wil toe wens nie.

Cherokee ·

Miskien Pieter, is dit ‘n ma wat gesê het wat sy graag wou glo… en werklik geglo het op daardie stadium. Ek wens altyd wanneer ek so iets lees, dat jong meisies beter smaak en groter versigtigheid aan die dag sou lê as wat in sake soos die betrokke geval bewys word. Dit sal moeilik wees om te oortuig dat een wat so koelbloedig is ‘n waterdigte front kon voorhou.

Sê maar net. ·

Elke ouer wil nie graag hoor daar word gegis dat hulle kind is swanger is nie. Dit bly maar ‘n baie teer sakie vir ‘n ouer veral as die kind buite die eg verwek is.

Sooo hartseer ·

My hart is soooo seer vir hierdie Ma, sterkte, al weet jy wat om te doen (sielkundige), dink ek egter gaan dit dubbeld so erg vir jou wees, maar jy weet waar om jou troos te kry, net die Vader sal jou kan help met hierdie grootste seer wat ‘n ouer kan tref. Aan Jaco se ouers – dit is die dank wat mens kry as jou kind maar altyd met sy streke wegkom. Ouers moet seuns leer van respek vir hulself – dan vir hul ouers en sibbe en dan die res – al hierdie goed kort as jy oorgaan in so daad. Die hartseer is nie net vir die Ma wat haar dogter en kleinkind verloor nie, maar ook vir jou familie Jaco, werklik is dit onregverdig om jou gesin en familie met sulke gemors te los, jy sit lekker in die tronk en hulle moet almal en die werklikheid face, baie selfsugtig.

Amanda ·

Sooo hartseer – ‘as jou kind maar altyd met sy streke wegkom’???? Hoe kan jy skuld aan sy familie gee? Jy is harteloos

Marcel ·

In die Huisgenoot nuus ontken die familie ten sterkste dat sy swanger was?

Landi Slatter ·

Dagsê Marcel,

Dankie vir jou navraag. Die staatsaanklaer het dit ampetlik in die hof bekend gemaak dat sy swanger was, na aanleiding van die nadoodse ondersoek.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Katryn ·

Die flippen luis! Nie die naam “man” wat staan nog “pa” gladnie werd nie!!! Kieringkies sal braai!! Verseker! En sommer gou ook!

Ronelle ·

Seker was pappa getroud en hierdie dalk ‘n skelm verhouding gewees…..

Lizzy ·

Hy was nie getroud nie Ronelle… hy het wel 2 verskillende lewens gely… ek self was een van sy victims in dit..terwyl hy saam sy (nou) ex was, het hy my ook gedate… maar ek kan die HERE DANK ek het nie in selfde dorp as hy gebly nie…

Lizzy ·

So vir hoelank gaan hy in die tronk sit tot dusver?
Dis eerlikwaar n baie hartseer ding wat gebeur het… het iemand al iets van sy ex in PE gehoor?

jajoja ·

Weet nie meer wat om te glo wat ek als lees nie’ waar was sy ouers tydens die moord en toe die vlak graf gemaak was???en nog begrawe het.

Malva ·

Swanger of nie… haar biologiese ‘toestand’ het niks met ons te make.
Respek mense… vir ‘n ma wie ‘n dogter verloor het.

Celia ·

Dit het met ons te maak- want ons gee om.! Ons bid vir hulle en dit dra hulle!
Wat my betref is Huisgenoot n skinder tydskrif wat ek nie koop nie- maar Maroela is vir my omgee en waarheid, ten spyte van negatiewe kommentare wat dikwels opduik. Meeste MM lesers is gelowiges en getuig dikwels hoe daar gebid word vir ons mense wat deur trauma getref word. Dankie almal vir jul liefde did altyd vir my n versterking om te lees hoe baie nog omgee vir mekaar. Ons bid vir hierdie mamma en mag geregtigheid geskied! Ek het 4 kinders,twee dogters, my jongste net so oud soos hierdie pragtige meisie, en ek huil vir hierdie mamma met my hele hart. Nee, dit het met ons te doen. Daarby nog die nuus dat sy swanger was! Dubbelde verlies.SEER!

Maryna ·

Ek kan nie eens dink hoe seer mamma het nie, weet net dit is baie erg as ouer ‘n kind verloor. Dit sukkel maar om aan te gaan. Baie drukkies aan mamma en almal wat geraak word deur die hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.