‘Nie ANC-beleid’ dat Bok-embleem waai

rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

Die ANC het hom gedistansieer van sy LP wat gesê het die Springbok-embleem moet van die rugbyspan se truie verwyder word.

Die ANC het in ʼn kort verklaring gesê hy neem kennis van Strike Ralegoma, ANC-LP en lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, se uitlatings dat die Springbokke ook die protea as embleem moet gebruik.

“Sy uitlatings verteenwoordig nie die beleid van die ANC nie en gevolglik distansieer die ANC hom van die uitlatings wat deur kameraad Ralegoma gemaak is,” het die party gesê.

Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het vroeër die week voor die komitee verskyn. Volgens mediaberigte het Ralegoma gesê alle nasionale sportspanne moet met ’n enkele embleem speel ten einde suksesvolle transformasie te bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Gerd Lourens ·

Met al die nodige “transformasie”-prosesse in plek, bestaan die eertydse trotse Springbokspan nie meer nie.

Maak hulle gerus Proteas, want hulle opereer nou op daardie vlak.

Helizna ·

Transformasie ruineer alles wat goed en reg is, dus is ek heeltemal ‘n voorstander van wat die LP gesê het! Vat weg die bokembleem dat ons dit in die toekoms eerder kan assosieer met geskiedkundige sukses pleks van dit wat ons nou uitstoot!

Darty ·

Helizna, bla bla blaaaa!!! Hulle moet ophou krap aan goed wat nie jeuk nie, ophou die land se geld steel en hulle werk begin doen waarvoor hulle daar is!!!

Pieter ·

Ag verander tog alles dan sal ons sien julle sal wel nog iets vind om te wil verander.

Liewe Heksie ·

Sit n klip daarop want dit is al wat hul het om mee te gooi

Lourens Maritz ·

Bla Bla Bla, ons weet die regering van die dag sal nie ophou voordat die witman se taal, kultuur en godsdiens totaal uitgewis is nie.
Ons durf nie toegee aan hulle vereistes nie.

ig ·

As die Springbok Embleem waai sal ek maar rugby afskryf en aanbeweeg.Gelukkig gaan ons na 2019 vir die All Blacks skree soos dit nou aangaan

Tiger ·

Die springbok embleem is reeds onteer .Vervang hom met ‘n “boer” bok!

Frederik ·

Kamermaat Ralegoma en die ANC sal hulself defnitief makliker vereenselwig met ‘n boerbok.

Martin ·

Die LP is rêg. Vat hom wêg. Die Rugby is in elk geval besig om op ‘n ramp af te stuur. Ek het geen vertoue meer in SA Rugby nie.

Bloues ·

Alhoewel ek voel dat daar genoeg anderskleurige spelers is wat in baie gevalle beter is as van die huidige springbok spelers sal ek daarvan hou as die span se embleem en naam verander word na die proteas.

Sodoende kan daar dan in die toekoms pertinent onderskeid getref word tussen, kies die beste span en kies kwotas.

vernon ·

Helizna ek stem saam. Vat weg die Springbok. Dit word vereenselwig met sukses, ‘n eerste span. Dit is dit nie meer nie. Proteas soos met die krieket en sokker, mislukkings.

ELSABE ·

JULLE KRAP ALWEER ONNODIG WAAR DIT NIE JUK NIE HOEKOM WARRY HULLE NIE EERDER OOR DIE MOORDE EN AANRANDINGS NIE

PIETER ·

As die ANC homself distansieer van wat die LP gese het doen die regte ding en verwyder di LP want daar gaan nog uitlatings van sy kant kom wat ookal

Rynhardt ·

Ja, dit is nie Anc beleid dat bok-embleem moet waai nie, dit kom net vir jare uit hul monde! Ons vilk het groter probleme as Bok-rugby en sy embleem.Vir jare was ons mense gespeel met vermaak en word ons nog steeds gespeel met vermaak terwyl ons mense onderdruk en uitgemoor word! Alle sporte moet transformeer, want jou kultuur moet uitgewis word.Ons volk is groter as rugby.

Trompie ·

Ons land het groter/erger goed om ons oor te bekomer as n spingbok-emblem!

Gerrie ·

ai!ai!wat wil die ANC nog doen,hulle het reeds ons land in sy peekie in,is daar nie beter dinge wat hulle kan uitdink en plaas om te kretiseer wat hulle geen van benil het nie,en die werk doen wat hulle veronderstel is om te doen As die springbok waai wie gaan ons dan ondersteun

Verkenner ·

Is daar nog Springbok rugby ondersteuners?? Met al die politieke inmenging en kwotas in sport het ek lankal opgehou om Suid Afrikaanse spansport te ondersteun.

DPJ ·

Ek het nog nie die protea op die sokkertruie gesien nie. Waarom plaas die tranformeerder nie ‘n protea op hulle truie nie????????

Ben Prinsloo. ·

Ag nee mense, julle kan nie van die Springbok embleem n boerbok embleem wil maak nie want die woord “boer” kom daarin voor. No hard feelings, maak dan liewers die embleem soos daardie beeste wat baie naby aan die Nguni ras lyk en ons probleem is opgelos.

Tiger ·

Ben Prinsloo as ek die bok op sy regte Afrikaanse naam genoem het sou ek aangekla word van rassisme!hehehehe!

Jo ·

Ek word naar as ek die woord
“Transformasie” hoor of sien!!!

Werner Olivier ·

Haal asseblief die Bok af en verander sommer ook die Truie. Regstellende aksie in ‘n Rugby span is onwettig by internasionale rugby raad reëls. Begin ‘n nuwe liga onafhanklik van SA RUGBY.
Dit Pas my…..

charmaine ·

Dis seker omdat sy pens wit is. Hulle sal die protea ook wil vervang met n grasbesem.

Riaan ·

Vervang die springbok met n slang dan kan die Allblacks teen die Swartmambas speel.

Nefie ·

Miskien moet die Bok nou in eer aftree. Is nie meer dieselfde nie

DPJ ·

Springbok embleem moes al ‘n paar jaar terug verwyder gewees het toe hulle besluit het dat jy net rugby op betaalde kanaal mag kyk.
Dit het my finaal laat besef rugby is nie wat dit was nie. Borge behoort ook te ontrek soos met die Guptas.

vernon ·

Boerbok – het ook sy trots. ‘n Slang sal pas. Ek sien sab het hul borgskap ook verleng. Ek dog hulle se hulle is die nr een brouery en nr een bier maar hulle borg ‘n twwede span. Sorry ek sal hulle nie weer gebruik nie. Ek ondersteun nie 2 dis nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.