Nie een Gautengse hospitaal voldoen aan veiligheidsvereistes

Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

Staatshospitale in Gauteng is in só ʼn beroerde toestand dat dit nagenoeg R6 miljard gaan kos om die hospitale se standaard in ooreenstemming met die Wet op Beroepsveiligheid te bring.

Die DA sê dié skokfeit het aan die lig gekom tydens ʼn voorlegging wat die Gautengse departement van gesondheid verlede week aan die provinsiale wetgewer gedoen het.

“Al 32 hospitale het duur bouwerk nodig. Dit wissel van R11 miljoen vir die Rahima Moosa-hospitaal, tot ʼn verstommende R810 miljoen wat nodig is vir die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Soweto,” het Jack Bloom, die DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, in ʼn verklaring gesê.

Kwessies wat dringend aandag benodig, sluit in bepalings oor masjinerie, elektriese installasies, brandbestrydingstoerusting, hysbakke, stoorkamers, uitgange, trappe en gange.

Bloom sê bitter min geld hiervoor is in die driejaar-mediumtermynbegroting beskikbaar gestel, maar dat die departement nou vir R1,7 miljard vra om die tien swakste hospitale in die provinsie reg te ruk. “Ek twyfel of die geld beskikbaar gestel gaan word, veral gegewe die Nasionale Tesourie se begrotingsinkorting.”

Hy sê dat jare se swak instandhouding veroorsaak het dat nie ʼn enkele Gautengse staatshospitaal aan veiligheidsmaatreëls voldoen nie.

“Nie een van dié hospitale sal deel kan vorm van die regering se beplande Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie, omdat dit eers deur die kantoor van die toepassing van gesondheidstandaarde geakkrediteer sal moet word,” sê Bloom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

En dan wil die Regering die res van die werkende gesondheidsdiens kaap! Hulle is onbeholpe

Marinda ·

As mense net begin besef dat alles onderhou moet word om dienste te kan lewer, sal dit al een stap in die regte rigting wees!

Ek Vra maar net ·

Mediese dienste en opvoeding is baie belangrike aspekte. Waarom word daar nie aandag geskenk aan hierdie staats instansies nie?

Johan ·

Die mense verandwoordelik vir die agteruitgaan van die hospitale moet in my opinie krimineel aangekla word en tronkstraf uitdien, want hulle mors die belastingbetalers se geld en hulle vernietig staats eiendom wat op sy beurt aan die mense van die land behoort. Dit is uiters onaanvaarbaar!

JV ·

En hulle voldoen aan geen gesondheids vereistes nie, almal val uitmekaar.

Bokke ·

Solank ons darem in die hospitaal kan lê en rugby kyk, dan is alles reg.

Spring bokkies lê ·

Solank ons darem innie hospitaal kan lê en rugby kyk, dan is alles reg. Go bokke!

Willem Grobler ·

My skoonsuster kan nie meer loop nie en sy kort ‘n dubbele heupvervanging. Sy lewe in uiterste pyn. Hulle gee haar by ‘n staatshospitaal agt (8) pynpille wat drie maande moet hou. Hulle beraming is dat sy tussen vyf en sewe jaar sal moet wag vir die operasie. Is die “Nuwe Suid-Afrika” nie ‘n wonderlike plek nie!?

J ·

Gin wonder daar gaan so baie mense dood in die staats hospitale.
Geen higiene. Stink vrot na pieppie en ontlasting. Geen toilet werk verspoel ondet water.
Instandhouding ken nie van nie weet goed om te brand en afte breuk.
Toe die witman aan die stuur was donkie jare terug kon jy al wat n staats hospitaal deur n ring getrek het. Alles het smooth gewerk.

Stof ·

Die geheim lê in wat die gestuurdes wat in hospitale dien, kan vermag met wat tot hulle beskikking is. En as die sukses waarmee hulle dit regkry, waargeneem word, kan ek hulle net ‘n welverdiende veertjie gee. Welgedaan.
Laat ons dan hierdie inisiatiefryke personeel raaksien, en hulle eerder applous gee, as kritiek. Dit is hulle wat dit vir my ‘n voorreg maak, om ook te mag dien in staatshospitale.

Danie T ·

Hoe bestuur ‘n mens sulke duur fasiliteite so in die grond in?
Is een antwoord: swak onbevoegde kader aanstellings?
Die verval gaan my verstand te bowe. Bestaan aanspreeklikheid, aanvaarding van verantwoordelikheid, integriteit en discipline nog enigsins
Vra net!

George in Bloem ·

Viva transformation viva. Proudly brought to you by the ANC. Viva comrades viva!

Feite ·

Die geld vir instandhouding was deur korrupsie verduister. Net soos Eskom soek hulle nou meer geld en so gaan dit aanhou totdat die geld heeltemal opraak. Die feit dat die DA en ek neem aan ook alle ander partye dit eers agterkom wanneer die korruptes vir meer geld vra, behoort ieder en elke Suid Afrikaner te laat besef dat niks gedoen kan word om die ANC te verhoed, laat staan nog te stuit, om belastingbetalers leeg te melk!

A E Burger ·

Die meeste Staats Hospitale in swak toestand. Die meeste is van die Staats se kant die probleem. Dokters genoeg ? puik, Susters puik. Bv. kyk tolette veral saans geen werkers, Hospitale is te klein vir die baie siek mense en daar is lang waglyste vir elke siekte , operasie sale te min. Nou kyk terug alles is die Staats se kant waar die probleem is. Ons kan nie Medies bekostig nie. Die personeel werk hard en met baie geduld. Groete

Ek ·

Kopanong hospitaal in Vereeniging maak my naar. Hulle is van die vuilste wat daar is en vensters is gebreek. Hoe breek vensters hulself? Hoe word onbekwame personeel aangestel?

Willehond ·

Nou wat is nuuswaardig hiervan? Ons almal weet dit al lankal en dit kan en gaan net erger word!!

Dassie ·

Die groot probleem is dat hulle nie weet hulle weet nie….

Tinus Coetzee ·

Wat nou gaan gebeur is dat tjommies die tenders gaan kry, geld gaan ontvang vir werk wat nognie voltooi is nie. Dan word net meer geld aangevra.
Ons bose kringloop.

Attie. ·

Wanneer jy nie fiets kan ry nie dan koop jy ‘n sportmotor. Wanneer staatshospitale nie werk nie dan begin jy n NVG. Kom ons begin die dag deur lekker te lag want dit is werklik ‘n baie goeie grap. Cyrel se megastad gaan die volgende baie groot grap wees. In die tussentyd is daar gereeld nuus om oor te lag soos die watertekorte. Spoeltoilette gebruik baie drinkwater en veroorsaak dat die groot damme vol riool loop. Sommige van ons land se inwoners het nie die opvoeding om dit te verstaan nie.

Leon ·

Moenie bekommerd wees nie. Die ANC sê die NVG sal alles regmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.