‘Nie enkele staatsonderneming kry skoon oudit’

Die ouditeur-generaal Kimi Makwetu. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die jongste verslag van die ouditeur-generaal (OG) wys dat die finansiële bestuur van nasionale en provinsiale departemente en staatsentiteite al hoe verder agteruitgaan en dat dié instellings net dieper in die dryfsand wegsak.

Dít volgens die VF Plus, wat sê staatsinstellings se oudits versleg steeds, en nie een van die staatsondernemings kon ’n skoon oudit behaal nie. Boonop is daar onreëlmatige besteding van R49,9 miljard by Transnet en R6,6 miljard by Eskom – twee staatsondernemings wat nie deur die OG geoudit word nie.

Kimi Makwetu, Suid-Afrika se ouditeur-generaal, het Woensdag die syfers bekend gemaak.

Sommige van sy sleutelbevindings sluit in dat net 26% van entiteite wat geoudit is, gehalte- finansiële state en prestasieverslae in ooreenstemming met wetgewing ingedien het en dat ongemagtigde uitgawes nou op R 1 365 miljard staan. Buitengewone besteding het gestyg tot R62,6 miljard van verlede jaar se R51 miljard.

“Suid-Afrika het goeie wetgewing wat finansiële bestuur betref, soos die Wet op Openbare Finansiële bestuur. Die ANC het egter sedert die aanvang van die wette nie daarin geslaag om by die wetlike voorskrifte te hou nie,” het Wouter Wessels, ʼn VF Plus-LP en die party se woordvoerder oor finansies, gesê.

“Dit is duidelik dat die ANC-regering die wetlike voorskrifte slegs as riglyne sien en nie doen wat van hom verwag word ingevolge die wette nie. Amptenare word ook nie verantwoordbaar gehou nie.

“Die ouditverslae skets ʼn sombere prentjie van agteruitgang en is in ooreenstemming met die werklikheid van swak dienslewering en die algehele agteruitgang van die finansiële posisie van Suid-Afrika as geheel.”

Wessels het gesê die onreëlmatige uitgawes wys dat, in ʼn tyd van groot geldnood, daar steeds nie by voorskrifte en regulasies gehou word om geld op die beste wyse te bestuur nie. Geld word op groot skaal vermors deur nie te hou by tenderprosesse en ander regulasies betreffende verkryging nie.

“Dit is ook duidelik dat onreëlmatighede en korrupsie op elke vlak van regering, nasionaal en provinsiaal, asook by staatsentiteite, steeds deurslaggewend is en dat niemand verantwoordbaar gehou word daarvoor nie.”

Hy het gesê daar moet opgetree word teen dié amptenare wat wetgewing verontagsaam en dat departemente omgekeer moet word, maar dat die ANC nie die politieke wil of vermoë het om dit te doen nie.

Die IVP het intussen gesê die OG se syfers vir die afgelope boekjaar is genoeg rede om weer die debat oor die privatisering van staatsbeheerde instellings te heropen.

Mzamo Buthelezi, die IVP se woordvoerder oor finansies, het gesê dít wat nie bekostig kan word nie, moet verkoop word.

“Die land se staatsbeheerde instellings het die staatskoffers drooggebloei en hou aan om hulpbronne te misbruik wat beter gebruik kan word om waardige, doeltreffende dienste van gehalte aan alle Suid-Afrikaners te verskaf,” het Buthelezi gesê.

Hy het gesê dit is “ondenkbaar” dat die land steeds miljarde rande verloor te midde van ʼn reeds sukkelende ekonomie en immer stygende skuld.

“In ons strewe na uitnemendheid moet ons ontslae raak van die kultuur van middelmatigheid wat ons van die regering, staatsbeheerde instellings en private maatskappye aanvaar het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Andre Coetzee ·

Geen verassing and geen geheim.Sonder kundigheid en integriteit met bevoegdheid sal selfs die kleinste snoepie op die straathoek nie ‘n oudit slaag nie.Die kaders het geen trots of skaamte nie dus is dit maar net nog ‘n dag in die land van chaos.

Karolis ·

Andre, jy slaan nou ‘n spyker met een hou in waar dit saak maak.

A-nee-a ·

Om die staatsdiens en SOE’s om te draai sal elke liewe amptenaar daar gefire moet word…..en dit sal mos nooit gebeur nie! So, die huidige tendens gaan voortduur tot alles in duie stort. Nou sê die geleerde Theo Vorster nog dit gaan beter as 5 jaar gelede!

Moedeloos ·

Ja nee. Ek wou ook nou noem van Theo wat reken dit gan beter. Snaaks twee berigte wat glad nie ooreen stem nie. Ek dink nie die mense daar hoog bo weet elke dag watter kant van die lyn hulle wil trap nie.

Verbaas ·

A-nee-a jy praat seker nie van my nie want ek werk ook by die staatsdiens en verdien my geldjie baie eerlik.

Asjas ·

Die man praat die waarheid! Dit gaan beter as 5 jaar gelede … met THEO VORSTER en kie.

marja ·

Hulle moet net all die “wrongs” van die verlede regmaak. Los hulle in vrede asb.

Blikke ·

So ry die trein – So ry die trein – die land se gravy trein……

Karen ·

Ja “Blikkie” slaan jy die waarheid op sy kop hie hie hie

Luke ·

Die land is nou maar eenmaal n towerland! Die geld sal nooit opraak nie! Die trein ry seker na Geldonie? Daar Gaan dit eers lekker Gaan!????

Feite ·

Wat is fout met die opposisiepartye dat hulle nie die instansies wat versuim om op te tree teen oortreders, verantwoordbaar vir hulle pligsversuim kan hou nie? Op die trant sal SA nie sy huis in orde kan kry nie, inteendeel gaan die korrupsie klimaat van wanbesteding aanhou vererger!

Chris ·

Die oposisie partye wat nie oneerlikheid wil he nie is by verre in die minderheid. die ANC en EFF in totaal by verre die meerderheid en albei is ten gunste van swak diens en korrupie is hulle wagwoord.

Die regte Grassie. ·

Ongemagtigde uitgawes R1366 miljard, Dit is skrikwekkend. Dit is ek en jy se taksgeld wat na willekeur deur onbevoegdes geblaas word, dit terwyl noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg, droogtehulp, veiligheid, onderwys ensovoorts erg afgeskeep word. Baie mense het geglo dat Ramaphosa ‘n verandering in die land sou bring maar dit gaan elke jaar steeds nog slegter. Dit lyk asof hy maar net voortploeter en nie die vermoë het om die land se leisels vas te vat en te regeer nie. Hy word deur Eish en die vakbonde oordonder. Ek het nie veel hoop vir ons land nie. Totale rommelstatus en gepaardgaande erge devaluasie van die reeds sukkelende rand is ons voorland. En dit alles weens die onbevoegdheid en plundersug van die regeerders.

T ·

My jinne? Nooit nie? Wie sou dit nou kon raai? Baie geld spandeer WEER aan a kommitee wat die obvious bevinding kry?

Johan Maritz ·

Hulle is so bly oor die verslag want nou gaan elkeen erkenning kry vir hulle goeie bestuur , n lekker vet BONUS.

Lynette ·

En wat gaan nou gebeur….. niks. En dis die probleem, niemand kom iets oor nie, hoekom sal dinge verander

Hannetjie ·

Daar kan nie ‘n ‘omkeer’ wees nie..want elkeen hou ‘n ‘mes’ teen die volgene ou se keel…daar mag enkeles wees wat hul werk baie goed doen..maar te bang is om te praat…want hul word ‘uitgehaal’.

Johan Wes-Kaap ·

Die media is eensydig met beriggewing oor die afgelope oudit. Ek is ‘n trotse oud amptenaar van die Wes-Kaapse Regering en dié Regering se oudit uitslae word glad nie vermeld nie. Lesers kan maar self gaan navors en dan weer kommentaar lewer. Om hemelsnaam hou op om alle amptenare oor een kam te skeer!!

Wes-Kaapse Regering Amptenaar ·

Ek stem Johan. Ongelukkig alle media speel propaganda. Lees ten minste 3 verskillende bronne en kyk wat elkeen se perspektief is.

Frans C ·

Persoonlike aanspreeklikheid is ‘n woord wat nie bestaan nie in die ANC se woordeskat.
Kollektief is in.In ‘n Kollektief wat kollektiewe besluite geneem en vervul elkeen sy rol daarin.

Dit is ‘n suiwer kommunistiese stelsel.Die Kollektief wat die land regeer besluit wie met wat sal boer en watter kollektief in beheer van SOE sal wees. Dit is dus moeilik want die kollektiefs het ook nog politieke base wat niks van enigiets weet nie, maar sorg dat die kollektief polities korrek optree.

Hoe tree ‘n mens dan op teen ‘n kollektief want of jy nou samstem of nie,as die kollektief
‘n besluit geneem het,het jy twee keuses ,jy loop of doen wat jy gesê word om te doen.

Duidelik uit die Zondo-ondersoek.Die baas het gesê:’Teken die brief namens my’ of jy nou hou van die inhoud of nie -Jy teken dit of loop huistoe.Hoe nou die ANC se NEC het
besluit red Eskom,red SAA. Nou waar sal die geld vandaan kom,mag jy vra?

Dit is nie ons probleem nie sê die NEC. Maak ‘n plan druk meer geld as dit moet.
So wie moet nou ‘gefire’ word .Die NEC of die arme drommel wat teen wil en dank en eie behoud die brief geteken het.

Dit is nie om dowe neute dat Gordhan moet voor die ANC-se koukus moet verskyn nie,want hy is uit pas met die kollektief se wense.

lizzi ·

Dan vra die Prez nogsteeds vir buitelandse beleggers om te bele in hierdie land – ek sal eerder my kop in skaamte laat sak……

Canine ·

Baie dinge groei onder Anc beheer. Werkloosheid, armoede, wanbesteding, korrupsie, skuldlas, rassehaat. Kan julle nie maar erken julle kom nie reg nie en bedank voordat daar regtig niks oor is nie. Asseblief.

Strandloper ·

Dit is beter as 5 jaar geleede want toe het hul nog nie al die truuks ini boek van lieg en bedrieg geken nie….

Stof ·

Impliseer die outeur dus dat ons wat in staatinstansies dien, se integriteit verdag is?

Stof ·

Johan Maritz, as dit is waar Vader ons geplaas het im te dien, MAG ons nie ongehoorsaam wees om ter wille van blote eiebelang, die taak te versaak nie.

Stem nie saam nie ·

NeeNeeNee.

Ek stem glad nie saam met hierdie bevinding nie! Ek sal nie vir een oomblik glo dat die regering en sy amptenare nie tot op die laaste punt eerlik en deursigtig werk nie

Ek meen, ons stem die laaste 25 jaar al vir hulle en dit moet mos beteken dat ons vertroue in hulle het en dat hulle ons belange op die hart dra. Almal van hulle kry mos groot vergoedingspakkette om te sorg dat ons ekonomie en finansies soos n goed ge-oliede tuinhekkie loop.

Hierdie berig maak glad nie sin nie. Baie beslis nie ons regering nie, hulle is mos mense mense, hulle kyk mos mooi na ons.

Tracy ·

Ons is woonagtig in n Wes-Kaapse munisipale area waar dit nog heel goed gaan ongeag daaglikse uitdagings en probleme. Die probleem is met oudits word die plaaslike raad se amptenare so gebombadeer met simpel goedjies, dat jy later soos ‘n krimineel voel, dat ek nie kan verstaan hoe kry ander munisipaliteite dit reg om met moord weg te kom nie.

Waarom sal ons? ·

verder ‘n sent se belastng spandeer op die hool? Nee, want dit bots lynreg met ons beginsels. Daarom emigreer ons.

Oo ja ·

…daarom voel ons gesin nou éérs gemotiveerd om nóg meer duisende rande se belasting te spandeer op die wonderlike vooruitstrewende hool. Uit pure beginselvastheid wil ons nou sommer baie ekstra geld vir sars gee.

Nog een ·

Maar net nog ‘n mooi storie wat mens motiveer om duisende rande meer se blstng op die hool te spandeer en nie te wil emigreer nie.

Astrain ·

Duisende van ons sit en hande wring om te help…ek sal verniet ook gaan help as die gemors tog net gestop kan word…Thuma mina Prez!

Ek ook ·

Ek voel nou sommer ekstra gemotiveer om nie te waai nie en vir sars R20K ekstra te gee want hierdie berig motiveer my op so ‘n wonderbaarlike wyse. Ek is nou éérs positief.

Johan Wes-Kaap ·

Dit verbaas my dat so baie lesers wat kommentaar lewer nie onderskeid kan tref tussen die Regering van die dag en amtenary nie. Alle amptename is nie almal ANC lede nie.

Ek ook ·

Na dese beriggie voel ek ook sommer ekstra positief en gemotiveer om baie meer tjeld op die hool se inkomste te mors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.