‘Nie in my naam,’ sê Ace oor boekplunderaars

Foto: Penguin Random House

Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulle nie tot geweld te wend wanneer hulle nie met iets saamstem nie.

Magashule se kommentaar kom nadat opstokers Dinsdagaand ʼn bekendstelling van die boek Gangster State deur Pieter-Louis Myburgh in Johannesburg ontwrig het.

Volgens Penguin Random House, uitgewer van die boek, het betogers eksemplare van die boek opgeskeur en bladsye uitgeskeur en rondgestrooi. Die betogers het ook “Ace! Ace! Ace” gedreunsing en plakkate rondgeswaai, het Maroela Media vroeër berig.

Magashule het in ʼn verklaring gesê die Grondwet maak voorsiening vir maniere om te verskil van inligting en idees – hetsy in die media of in boeke. Volgens hom moet daar in vrede en binne grondwetlike raamwerke gepraat word met diegene wat “leuens en fopnuus versprei”. Magashule het gesê hy het reeds aangedui dat hy regstappe gaan doen na aanleiding van die “valse bewerings” wat in die boek gemaak word.

“Diegene wat voorgee dat hulle ANC-lede of ondersteuners is en boekbekendstellings ontwrig, boeke verbrand, revolusionêr probeer wees of skrywers en joernaliste in my naam intimideer, moet dit staak. Dis optrede wat getuig van politieke onverdraagsaamheid en is teen die vryheid van spraak wat alle Suid-Afrikaners geniet,” het Magashule gesê.

Die DA in die Vrystaat het intussen gesê hy gaan strafregtelike klagte aanhangig maak teen twee ANC-wyksraadslede wat hulle beweer betrokke was by die gewelddadige ontwrigting van die boekbekendstelling in Sandton. Patricia Kopane, die DA se premierskandidaat in die Vrystaat, het gesê Alexis Mare en Mahadi Nkheloane is duidelik te sien op foto’s wat op sosiale media versprei is.

Kopane het gesê die boefagtige optrede is ʼn oortreding van die Wet op Munisipale Stelsels wat raadslede se gedrag reguleer.

“Hulle optrede is ʼn duidelike aanduiding van hoe ver die ANC bereid is om te gaan om die waarheid te onderdruk. Hulle is desperaat besig om te probeer keer dat hulle beweerde staatskaper, Ace Magashule, ontmasker word. Hy het die Vrystaat op sy knieë gedwing. Dit stem ooreen met die manier waarop Magashule dink, dat deur boekbekendstellings te ontwrig en die boek te verbrand, dit mense se aandag gaan aflei van die ernstige bewerings van staatskaping wat gemaak word,” het Kopane gesê.

Sy het gesê dit bewys ook Magashule is steeds in beheer van die provinsie en gebruik sy “Mafia-agtige tegnieke” om sy beweerde misdaadsindikaat te bedryf.

“As Magashule gegrief genoeg voel deur die openbarings in die boek, moedig ons hom aan om sy onskuld te bewys en van wetlike kanale gebruik te maak om sy reputasie in ʼn hof in ere te herstel,” het Kopane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

humor ·

In die lewe sal hy dit nooit dit durf waag om sy onskuld in die hof voor die verkiesing te bewys nie.

Gert van Wierdapark ·

Acie se kommin-taar kan in dieselfde lig gesien word as die a en see se verkiesings-beloftes en offers vir hul koffers!

AfrChick ·

Die ANC plunderaars moet hul plakkate verander na • d i S C g r A C E Magashule • ?

Alida ·

Myburgh sal nie iets publiseer as hy nie konkrete bewyse het nie. Indien Ace hof toe gaan gaan hy n vrot eier dmv n kostebevel in sy gesig kry. Watch the space.

Renier Engelbrecht ·

Haai Ace. Nie in my naam. Kyk wie praat. Dis dan jou maatjies

Sean ·

Hulle is nie anc supporters nie hahahahaha seker vf+ ondersteuners wat undercover is met anc klere…… suid afrika se eie Sirkus

Gert van Wierdapark ·

Nie in my naam, beweer die een plunderaar oor die ander!

marous ·

Laat my dink aan die geheime diens . Skryf my naam met ‘n uitveer en loop agteruit dat die mense dink ek gaan werk toe. Wat ‘n spul twaksalwers !

Hasie ·

Wat Ace sê is reg, maar ek dink hy probeer iewers gatkruip.

Sean ·

Kopane is wakker Ek support haar Dankie DA vir eerlikke mense in jou party Ekt nog van geen korrupsie gehoor in die DA Ek hoop sy maak die brillietjie size

Sean ·

Hulle is nie anc supporters nie hahahahaha seker vf+ ondersteuners wat undercover is met anc klere…… suid afrika se eie Sirkus

Eddie de Jager ·

“Where books are burned, in the end, people will also be burned” – Heinrich Heine, 1823. Ek het op die aanhaling afgekom in die Tweede Wêreld Oorlog dokumentêr “World at War.” Dit is ironies dat ‘n Duitser dit kwytraak en omtrent ‘n eeu en meer later is boeke verbrand, skrywers verjaag en planne in plek gestel om mense te verbrand. Pasop Suid Afrika ‘n boek is soms baie meer as net ‘n boek. Dit bepaal ‘n samelewing se integriteit en waardestelsel. Om ‘n boek te verbrand net oor jy verskil van wat daarin staan vertel my jy het geen behoefte vir kennis en insig nie. Ons lewe in ‘n interessante tye waar mense bereid is om, ten spyte van feite uit die onlangse geskiedenis, weer foute en aksies te herhaal. Ek sien uit om waar te neem hoe hierdie sage gaan ontvou.

leser ·

Die lot kan nie eers lees nie – so waarom skop hulle so ‘n bohaai op?

Johan Stoffberg ·

Soms veroorsaak jou optrede die teenoorgestelde uitwerking van dit wat jy gehoop het om te bereik. skielik wil almal hierdie boek lees! die skrywer gaan n rekord verkoper he. die aandag is nou goed gevestig op die boek.

Sean ·

Die boek gaan skyrocket Ekt klaar myne bestel en ek lees nie eens nie Gaan dit ook nie lees nie

MW ·

Kas Bells vir Myburgh. Hy steek nes Jacques sy nek uit om die publiek behoorlik ingelig te kry. Dis meer as wat ons van al die kastige opposisie partye kan sê. Waar was hulle vir 24+ jaar ? Niemand niks gehoor of gesien nie? Word betaal om WAT te doen? Hoekom moet joernaliste hulle koppe op die spel plaas?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.