Nie ʼn ‘gratis vir almal’ ná grondwetwysiging, sê ANC

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Suid-Afrikaners sal nie wakker word met ʼn situasie van “gratis vir almal” ná ʼn wysiging aan artikel 25 van die Grondwet om die regering toe te laat om grond sonder vergoeding te onteien nie, het die ANC Woensdag gesê.

Ronald Lamola, lid van die ANC-NUK wat sake oor grondhervorming hanteer, het gesê dit is ʼn “mite” dat grond vrylik in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees. “Dit is nie waar dat jy môre gaan wakker word en al die grond sal aan die regering behoort en gratis vir almal beskikbaar wees nie. Dit beteken nie dat Suid-Afrikaners wakker gaan word en almal het grond nie. Daar sal steeds wetgewing moet wees hoe ons grond gaan versprei. Dit beteken nie dat almal net gratis grond sal kry nie, dit is nie verniet nie,” het Lamola aan verslaggewers in Johannesburg gesê ná die party se twee dag lange lekgotla in Irene, Pretoria.

Hy het gesê indien grond genasionaliseer word en gratis beskikbaar sou wees, sal die regering na die grondwetlike hof geneem word waar dit bevind kan word dat dit onregverdig en ongelyk is. Lamola het gesê die regering sal die saak verloor en miljarde rand in vergoeding moet betaal, “[geld] wat die regering nie het nie”.

“Ons is nie besig om te nasionaliseer nie, maar om te versprei. Ons gaan grond gee aan diegene wat dit gaan gebruik. As ons vir jou ʼn plaas of ʼn HOP-huis gee, sal jy ʼn titelakte ontvang. Ons nasionaliseer nie die grond in die land nie, want as ons dit doen, sal ons ook grond onteien van swart mense wat reeds grond het. Ons kan nie huise of stukke grond nasionaliseer nie,” het hy gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand, in sy kapasiteit as president van die ANC, aangekondig dat die regerende party gaan voortgaan om artikel 25 van die Grondwet te wysig en grond sonder vergoeding sal onteien.

“Dit het al hoe duideliker geword dat ons mense wil hê die Grondwet moet uitdruklik wees oor grondonteiening sonder vergoeding, soos dit in die openbare verhore duidelik geword het. Al hoe meer Suid-Afrikaners meen ook dat die Grondwet, soos dit tans daarna uitsien, verhoed nie grondonteiening sonder vergoeding nie,” het Ramaphosa in ʼn televisieuitsending gesê. “Die ANC sal gevolglik, deur die parlementêre proses, ʼn voorgestelde wysiging aan die Grondwet finaliseer wat die voorwaardes uiteensit waarvolgens grond sonder vergoeding onteien kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Skerpioen ·

Hoe lekker lag ek nou vir Lamola “nie almal gaan nou grond verniet kry nie…. dis nie verniet nie” Maar die ANC wil dit dan verniet van die wettige eienaars afvat….

Judge Dredd ·

Presies – die ANC regering wil dit verniet he, maar verwag dan dat hul mense die grond verhuur van hulle.
Daar is baie swart mense wat ontevrede is oor hoe tradisionele leiers grond uitdeel(verhuur) maar ironies hul ondersteun ‘n ANC regering wat presies dieselfde gaan doen – Om hulself die “Big Chief” te maak en almal sal moet Ja en Amen op wat hul se.

Hanna Hoekom ·

En wie gaan die “massas” keer wanneer hulle gaan begin grond gryp? Die SAPS? Hier kom groot moeilikheid. Zimbabwe gaan homself weereens afspeel en hierdie keer kan niemand meer Suidwaarts vlug nie…

John ·

Selfs die domste redenasie wat ek nog ooit gehoor het oortref nie die briljante twak wat hierbo gespin word nie. Zuma het selfs in al sy jare as president nie sulke dwaashede kwytgeraak nie. Die logika gaan mens verstand te bowe. Ek sal selfs nog kan glo dat die aarde plat is teenoor bogenoemde. Was die die spul op krack of batterysuur toe hulle die persverklaring uitgereik het. Laas toe die blommekinders psigodilliese vergesigte gesien het onder die invloed van heksebrousels en gehospitaliseer moes word om by te kom, is sulke grootse waanbeelde opgetower. En daar word ruiterlik erken dat die wereld nooit die proses sal aanvaar, tensy daar gekroek word nie. Blaas my siel…

Manna ·

Baie goed gestel ons is darem wragtag nie onnosel om die snert te glo.

Arak ·

“Ons is nie besig om te nasionaliseer nie” en ander fee verhale deur R.Lamola met voorwoord deur C. Ramaphosa.

O aarde ·

Hierdie ouens gaan oor n paar jaar agter n UN lorrie staan en wag vir n kospakkie met n bietjie meel, botteltjie kookolie en soja, en dan wonder wat het gebeur dat daar nie meer kos in die winkels nie. Seker maar Afrika se idiliese idee van Utopia.

Jacques ·

Ek’s half teleurgesteld in julle ouens. Mens, as Sarel Cilliers julle geloof gehad het, het ons vandag nie Bloedrivier gevier nie, maar nog ‘n Weenen. Glo my, die dinge moet gebeur, en God is in beheer. Julle is bevoorreg om dit te sien, want julle is almal getuies vir God se oordeel. Bedaar, moet niks stupid doen nie, en vertrou net. Die dinge sal als verby gaan, dis ‘n belofte.
Gaan op jou kniee vannaand en dank God dat jy so bevoorreg is om Sy plan in aksie te sien. En hou goeie moed.

Sann ·

Jaques, ek wil met groot respek en deernis vir jou sê, dat jy nie geloof en goedgelowigheid met mekaar moet verwar nie. Ons God is wel in staat om hierdie land soos handomkeer te red – as dit Sy wil en Sy plan is. Totdat jy nie voor ‘n brandende bos gestaan het, of jou staf in ‘n slang verander het, kan jy sê wat God se plan nou in Suid-Afrika is nie. Moenie moedeloos raak as daardie uitkoms nie gou kom nie… Glo liewer sonder twyfel, dat God elkeen van Sy kinders hierdeur sal dra en sal bystaan. Hulle kan álles vat, maar my siel sal hulle nie kry nie…

Clr ·

Die groot jammerte is die skade wat intussen gely word terwyl die slegte nuus versprei word

François Joubert ·

So ek aanvaar hulle gaan artikel 14 en spesifiek art 14c ook skrap……

JM ·

As hulle eendag agter die UN lorrie staan vir hulle kos pakkie gaan hulle weer die apartheids regering daarvoor blameer.

Marius Viviers ·

Ek voel vreeslik sleg. Ek het niks om te bied nie. Ek besit nie grond nie. Kan hulle my dan maar as banneling verklaar en wegstuur na Botswana of Australië? Dit kan maar baie ver wees want ek sal nie wil terugkom nie. Die meubeltjies kan maar bly. Ek kan in Botswana of elders sommer in ‘n parkie bly. Dit sal vreeslik lekker wees.

Brandwag ·

Lamola jy praat twak, jou aanhangers dink dit is gratis,Kyk Wesselsbron gister.As julle nou vir een oomblik gedink het grond en eiendom eienaars gaan net agteroorsit maak julle n groot fout.Groete.

ES ·

Die regering het HOP huise ook belowe… en hoeveel mense het dit al gekry? Net buite Westonarea staan hordes HOP-huise wat nooit klaar gemaak is nie… hulle will net grond afvat om vir hulle pelle te gee.

Hertzog ·

Ek verstaan nie hoe mense nogsteeds dink die ANC is gebind aan die wet nie hulle kan maak net wat hulle wil . Dis waar grond gaan nie vir almal gratis wees nie slegs vir die ANC wat alles gaan vat

M ·

Ek het self gewonder hoe kan hulle die Grondwet verander. Moet hulle nie meer as twee derdes in ‘n verkiesing behaal voor dit kan gebeur nie? Ek ken ook ongelukkig wit Afrikaanse mense wat sê sekere dinge sal nooit gebeur nie agv wette of opposisiepartye of wat ookal. Niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie.

Willem ·

Ek sien op Netwerk24 word berig plakkers het gister op Wesselsbron grond op ‘n boer se plaas begin uitmeet en die boer met die dood gedreig as hy hulle sou probeer stop.

bgj van der westhuizen ·

ek het nuus vir julle daar sal nie un lorrie wees wat kospakkie af gee nie wand usa wat die meeste geld gee vir die un is besig om die geld kraan toe te draai afrika val al meer uit mekaar en al eimand wat lekker lag oor dit is china die regering ding as hulle grond gee dat daar geboer sal word hoeveel plase is daar wat gegee is word daar geboer

Judge Dredd ·

Natuurlik het die ANC dit nie voor die grond debatte genoem dat mense nog steeds sal moet betaal nie – anders het hul baie minder steun ontvang.

Toenou ·

VIR WIE GAAN JULLE DIT VERDUIDELIK WANT DIE MENSE NEEM AL KLAAR PLASE in en dit WORD NIE VERDUIDELIK aan hulle nie en NIEMAND TREE TEEN HULLE OP NIE > verstaan julle? Ek het gisteraand videos gesien van die gewone man op straat wat se MY PRESIDENT PROMISED ME LAND AND HE SAID THAT I CAN TAKE IT .. dit is die persepsie van die gewone man op straat ..!!

VERSTOMMEND ·

Politieke Intellektuele Korrektheid. Deurmekaarspul. Die situasie is soos hy is. Om te akkomodeer word standaarde verlaag onderwys en Universiteite. Werkloosheid en beskikbaarheid 50/50. Dink julle werklik verdraagsaamheid sal die konflikte bestuur of verminder. Ai my mens. Onlangse uitsprake deur politieke “leiers” dra regtig nie enige gewig behalwe anargie nie. Wat kan gese word om die omstandighede te verbeter en positiwteit te skep. Gebruik kundigheid sonder voorbehoud. Hoop die 48 uur kan verleng word.

Inus Bester ·

Sekondeer elkeen se kommentaar hierbo. Hier kom groot moeilikheid!
Maar soos wat ek dit verstaan, is artikel 25 nie duidelik oor die grondkwessie nie. Daarom wil die ANC onder die ‘gematigde’ Ramaphosa die Grondwet verander om dit tot op die letter uit te spel hoe en wanneer grond onteien kan word.
Dit is om te verhoed dat radikales soos Malema – wat later aan bewind mag kom – die HUIDIGE ARTIKEL 25 se onduidelike omskrywing kan misbruik (verkeerd interpiteer) om sy politieke speletjies – en sumiere grond-afvat- te regverdig.
Dit klink nie na ‘n slegte idee nie, maar op grondvlak sal die massas steeds doen wat hul wil… en afbrand wanneer hul nie hul (beloofde) sin kry nie. Moeilikheid kom wel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.