Die kanse dat die ANC weer beheer kan oorneem in die Wes-Kaap is “nie ʼn pypdroom nie”, het Mcebisi Skwatsha, voormalige provinsiale ANC-voorsitter, Sondag gesê.
Skwatsha en nog ʼn voormalige ANC-voorsitter in die Wes-Kaap, Ebrahim Rasool, het Mfuleni in Kaapstad Sondag besoek om kiesers aan te moedig om te registreer om te stem in vanjaar se nasionale verkiesing.
“Rasool en Skwatsha het oor hul vergadering by Bardale Primary School-stempunt gesels terwyl die mense geduldig in ʼn ry gestaan het in die warm son met ʼn sterk wind wat waai,” het die ANC in die Wes-Kaap in ʼn verklaring gesê.
“Ons comrades op die grond wil eenheid sien. Hulle wil eenheid in ons leierskap sien. Ons mense wil hê ons moet saamstaan, want die DA is besig om ineen te stort. As ons saamstaan, dan kan almal saamstaan,” het Rasool gesê. “Dit wys na vernuwing. Ons moet algehele eenheid hê. Ons het ʼn inspirerende leier in ANC-president Cyril Ramaphosa om regtig ʼn beter lewe vir almal te verseker.”
Die kanse dat die ANC die mag kan oorneem in die Wes-Kaap is “nie ʼn pypdroom nie”, het Skwatsha gesê. “Ek is baie optimisties oor dit wat in die algemene verkiesing gaan gebeur. Ons gaan redelik goed doen. Ons gaan ons merk maak.”
Rasool het bygevoeg die ANC het die afgelope twee dae van kieserregistrasie ʼn teenwoordigheid in elke stemdistrik in die Wes-Kaap gehad. “Die vraag is of dit ons groot genoeg sal maak om ʼn meerderheid te behaal.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
mmm… ‘n Moeilike keuse vir die Weskapenaars…Dis soos tussen die duiwel en die diep blou see te kies.
Die magsbehepte, korrupte ANC of die magsbehepte pseudo-rasblinde DA…..?
Di DA is besig om di WKaap pasella weg te gee
Die manier hoe die DA hulself in die voet geskiet het die afgelope 24 maande, mag dalk lei tot ‘n ANC oorname. Dis baie moontlik.
Gelukkig sal die “Good People” weet vir wie om te stem!
Die anc praat van eenheid maar weet nie wat dit beteken nie, en die da pleeg selfmoord ja