‘Nie ʼn pypdroom dat ANC weer Wes-Kaap kan oorvat’

Ebrahim Rasool (Foto: ANA)

Die kanse dat die ANC weer beheer kan oorneem in die Wes-Kaap is “nie ʼn pypdroom nie”, het Mcebisi Skwatsha, voormalige provinsiale ANC-voorsitter, Sondag gesê.

Skwatsha en nog ʼn voormalige ANC-voorsitter in die Wes-Kaap, Ebrahim Rasool, het Mfuleni in Kaapstad Sondag besoek om kiesers aan te moedig om te registreer om te stem in vanjaar se nasionale verkiesing.

“Rasool en Skwatsha het oor hul vergadering by Bardale Primary School-stempunt gesels terwyl die mense geduldig in ʼn ry gestaan het in die warm son met ʼn sterk wind wat waai,” het die ANC in die Wes-Kaap in ʼn verklaring gesê.

“Ons comrades op die grond wil eenheid sien. Hulle wil eenheid in ons leierskap sien. Ons mense wil hê ons moet saamstaan, want die DA is besig om ineen te stort. As ons saamstaan, dan kan almal saamstaan,” het Rasool gesê. “Dit wys na vernuwing. Ons moet algehele eenheid hê. Ons het ʼn inspirerende leier in ANC-president Cyril Ramaphosa om regtig ʼn beter lewe vir almal te verseker.”

Mcebisi Skwatsha (Foto: ANA)

Die kanse dat die ANC die mag kan oorneem in die Wes-Kaap is “nie ʼn pypdroom nie”, het Skwatsha gesê. “Ek is baie optimisties oor dit wat in die algemene verkiesing gaan gebeur. Ons gaan redelik goed doen. Ons gaan ons merk maak.”

Rasool het bygevoeg die ANC het die afgelope twee dae van kieserregistrasie ʼn teenwoordigheid in elke stemdistrik in die Wes-Kaap gehad. “Die vraag is of dit ons groot genoeg sal maak om ʼn meerderheid te behaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Phillip Groen ·

mmm… ‘n Moeilike keuse vir die Weskapenaars…Dis soos tussen die duiwel en die diep blou see te kies.

Die magsbehepte, korrupte ANC of die magsbehepte pseudo-rasblinde DA…..?

Johan ·

Ek stem saam. Al twee n nagmerrie. Hoop VF kom met n voet in die deur. Sal seker nie, ons wes kapenaars loop maar oor die algemeen met oogklappe aan. Dit gaan nie sleg genoeg hier nie. Na n tydperk van ANC verwoesting sal mense dalk wakker skrik.

Braam ·

Die manier hoe die DA hulself in die voet geskiet het die afgelope 24 maande, mag dalk lei tot ‘n ANC oorname. Dis baie moontlik.

Gert van Wierdapark ·

Gelukkig sal die “Good People” weet vir wie om te stem!

Arie ·

Die anc praat van eenheid maar weet nie wat dit beteken nie, en die da pleeg selfmoord ja

Vryheid ·

Dit gaan n moeilike keuse wees die verkiesing, die partye wat werklik veranderinge kan bring is in die minderheid.

Andrew ·

As die kiesers die Wes Kaap soos die res van die land se riool riviere wil hê, gee dit vir hulle.

Msp ·

Die teken wat die DA opgesit het waar die name verskyn. Was daar ook name van Blankes, Kleurlinge en Indiers, so well as swartes wat saam met ons boere, hul vrou en kinders wreed wermoor was? Ek het probeer lyk maar letters is te klein op die foto.

WitBlits ·

Dalk sou die DA meer stemme gewerf het as hulle die name van al die plaasmoordslagoffers op plakkate gesit het en die ANC sou hulle ook nie oor die kole gehaal het daaroor nie!!

Hennie ·

Dit sal natuurlik daarna lei dat die Kaap in ‘n moeras verander. Vuilgoed wat in die strate le, paaie wat verander van teer na grondpaaie en riool wat in die woongebiede ophoop sal standaard word want dis sinoniem aan die ANC.

Ena van Rooyen ·

Hennie- baie waar! Maar Kapenaars wat jare laas Noord was sal nie weet wat hulle gaan verloor nie! Wees net gewaarsku- “We told you so!” moenie huil as dit te laat is nie!

MF ·

Ek persoonlik voel baie sterk dat dit die beste sal wees om vir die DA te stem. As die DA verloor, sit ‘n mens met die ANC wat die Wes-Kaap en ander stede en dorpe weer gaan plunder en aftrek. En dit wil niemand tog hê nie! Al het die DA herlwat mense teleurgestelstel, doen hulle wel ‘n baie beter job as die ANC. Die Wes-Kaap is in ‘n veel beter toestand as wat die ANC beheerde gebiede daar uitsien. Dis skoon, netjies en die paaie is mooi. Om VF plus te stem, verdeel en verswak jy net die DA net verder – iets wat ons allermins kan bekostig! Die ANC het dan n baie groter kans om te wen. Ons kan werklik eintlik nie anders as om strategies te stem nie. Die FV plus is heeltemal te klein om ‘n duik in die ANC se kokende korrupsiepot te maak.

HARTSEER ·

Ek stem 100% saam met jou. Maar as die mense nie wil hoor nie moet hulle voel. Stem dan VF+ as plaaslik maar DA as Nasionaal as jy wil maar asb moenie die Wes Kaap op n skinkbord vir die EFF/ANC gee nie. GEEN party gaan met verdeelde lede die ANC/EFF kan beproef nie.

Diefie ·

Daar wag ‘n groot verrassing op die DA en ANC hier in onse mooie Kaap.

Francois ·

DAAR WAG N GROOT VERASSING VIR DIE DA IN TSHWANE OOK. Hulle het met die voice verkiesing hul kruin bereik ,en sal nie weer die aantal stemme bereik nie.

Amanda ·

Kom kyk hoe lyk Pretoria onder die DA se bestuur lyk nie juis beter as toe die ANC hier was. Pretoria is besig om te verval. Nie een van die 2 kry my stem nie.

PATTY ·

Onthou net Rome is nie in 1 dag gemaak nie. Alles gaan nie oornag verander nie. Daar sal sekerlik eers geld bekom moet word om iewers te kan begin. En ongelukkig ken ons die Nationale Regering hul gee nie geld vir ander Party Radenie, net vir hul eie Rade inbeheer en dit verdwyn ook soos mis voor die son.

Emma ·

Ek stem liewer vir enige ander party behalwe vir die anc die wes kaap lyk nog die beste van al die ander provinsies hier word darem ten minste na ons paaie gekyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.