‘Nie nét polisie is korrup’ – Cele oor veediefstal

(Foto bloot ter illustrasie: Maroela Media)

Om veediefstal suksesvol te bekamp sal korrupsie in alle sfere van die landbousektor uitgeroei moet word, het Bheki Cele, minister van polisie, Maandag tydens ʼn beraad oor landelike veiligheid in Parys in die Vrystaat gesê.

Die minister sê daar moet ook meer aandag aan die verhouding tussen lede van plaasgemeenskappe, insluitend dié tussen boere en werkers, gegee word, en dat die aanstellingsproses van plaaswerkers beter moet geskied.

Maroela Media het vroeër berig dat Cele Maandag verskeie kwessies aangeroer het soos die voortgesette rasseverdeling in sommige plaasgemeenskappe, die impak van onwettige immigrante op die vermoë van wetstoepassers om hul werk doeltreffend te doen en die dringendheid om armoede in landelike gemeenskappe te takel.

Cele het tydens sy toespraak gesê dit is nie net korrupte amptenare wat by veediefstal betrokke is nie, maar dat boere in sommige gevalle met dié amptenare saamspan.

Cele het na ʼn voorval in Julie verlede jaar verwys waarin vyf polisieamptenare en ʼn boer en sy seun deur die Valke in Bloemfontein en Ladybrand in hegtenis geneem is.

Hy meen dat boere sowel as die polisie egter moet saamwerk om veediefstal in die kiem te smoor.

“Moenie hier kom en skoon wees en dink dat net een kant stout is nie. As ons dit [korrupsie] nie regoor die sektor hanteer nie, gaan dit nie verander nie.”

Cele sê die polisie het ʼn memorandum van woedende boere in Bethlehem ontvang. Hy het bygevoeg dat hy dié memorandum moes laat vertaal aangesien dit in Afrikaans was.

In dié memorandum het boere die kwessie van reaksietyd deur die polisie aangeraak, asook korrupsie binne die SAPD.

Cele het nie ontken dat die polisie se reaksietyd swak is en dat korrupsie ʼn verwoestende uitwerking in die polisie het nie, maar benadruk dat korrupsie baie wyer strek.

“Daar is korrupte mense regoor die samelewing. As ons nie die wilskrag het om mense regoor die samelewing reg te ruk nie, gaan ons die stryd verloor. Nadat die polisie vee gesteel het, het hierdie boer en sy seun hulle gehelp om die vee op ’n veiling te plaas aangesien die polisie dit nie kon doen nie,” het hy weer met verwysing na die voorval verlede jaar gesê.

Beter verhoudings nodig

Cele het ook gesê dat daar meer aandag aan die verhouding tussen boere en plaaswerkers gegee moet word en dat die aanstellingsproses ook verbeter moet word.

Hy het onder meer gesê dat plaaswerkers in sommige gevalle misdade uit wraak pleeg omdat daar nie ʼn goeie verhouding is nie.

Volgens Cele is boere voorts “groot op die aanstelling van buitelandse burgers” – wat in baie gevalle nie die nodige dokumentasie het om in die land te wees en te werk nie. Dit word gedoen “wetend hoe die nasie daaroor voel”.

Cele wou weet of boere ooit die name van hul werkers ken en gesê dat die aanstelling van ongedokumenteerde werkers die werk van die polisie baie moeilik maak.

“As hulle iets verkeerd doen, kan ons hulle nie opspoor nie aangesien daar geen inligting oor hul identiteit of vingerafdrukke beskikbaar is nie.”

Hy sê die aanstel van dié buitelandse burgers lei verder tot woede onder Suid-Afrikaanse werkers, net soos in die vragmotorbedryf.

“Boere moet reg aanstel en die regte prosedures volg. Dit beteken nie buitelandse burgers mag nie hier werk nie, maar daar is prosesse wat gevolg moet word.

“Sommiges dink Suid-Afrikaanse werkers is lui, maar hulle veg vir hul regte. As hulle [Suid-Afrikaanse werkers] uitgeskuif word, gaan hulle hul plek met mening terugdwing, wat tot konflik gaan lei.”

‘Waar is die jong wit polisiebeamptes?’

Cele het ook gesê dat ras uit die bestryding van misdaad gehaal moet word.

Hy het onder meer gevra waarom so min jong, wit Suid-Afrikaners deesdae by die polisie aansluit.

Cele wou by wit ouers weet wie vir dié kinders gesê dat hulle nie meer ʼn plek in die polisie (en ander regeringstrukture) het nie.

“Wie het vir wit mense gesê dis nie meer hul terrein nie?”

Hy sê daar moenie meer kleur ter sprake wees nie.

“Daar moenie sprake van ʼn swart regering wees nie, maar ʼn Suid-Afrikaanse regering.”

Agri SA het vroeër gesê hoewel Cele die probleem erken het van swak reaksietye deur die polisie en die verwoestende uitwerking van korrupsie in die polisiediens, moet meer gedoen word om veiliger landelike gemeenskappe te verseker.

Uys van der Westhuijzen, voorsitter van die sentrum vir uitnemendheid op landelike veiligheid by Agri SA, sê die organisasie hoop dat daar na afloop van die beraad ’n werkbare aksieplan sal wees op landelike veiligheid te bevorder.

“Vertroue in die polisie sal slegs herstel word wanneer die plaasgemeenskap kan glo dat die polisie bereidwillig en in staat is om hulle te beskerm en om professionele misdaadondersoeke uit te voer,” het Van der Westhuijzen Maandag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Koos 100 ·

Eisj. Nou het ek alles gehoor.
Min. Cele is jy dan nie deel van die kader ontplooing en BBBEE besluite van die ANC nie? Wit mense word voor die voet vir bevorderinge oorgesien in die SAPS. Jou einste ANC het die landsgrense “oopgestel” vir julle broers van Afrika. Wat moet hulle hier doen om aan die lewe te bly? Onwettig werk of misdaad. Kies jy maar. Afrikaans word op alle tereine aangeval en alles wat fout gaan in die land is apartheid se skuld, en nou wil jy jou hande in onskuld kom was?

Dries ·

Aag Cele. Blanke seuns weet dat hulle geintimideer gaan word in die polisie. Almal weet julle stel net ANC kaders aan

My siening ·

Jy cele is die grootste probleem in die netwerk wonder wat is daar onder die hoed?

Jr ·

Hierdie hele artikel het rassisme aanteigings van begin tot onder. Jy cele is n rassis en so n swakkeling en so onbevoeg om jou werk te doen dat dit is van siek te word. Nie een praktiese oplossing van waarde behalwe wat die boer moet regmaak, toegee. You think you talking to 30%’s and can bedazzle your way out with bull.

Lourens ·

Dis nou die ou wat bevorder is danksy korrupsie, wat praat?

ronel ·

Duidelik, soos gewoonlik mis die man heeltemal die punt,.. Polisie = Korrup, slegs iemand in n mags posisie kan korrup wees, die res, is net pleinweg skelm,.. dit is ( veronderstel) die sogenaamde polisie se werk om die skelms te vang, so as die polisie deel uitmaak van die skelms dan is die polisieman dubbel korrup, eerstens om die daad te pleeg en tweedens aan die meemaak van die daad, dalk kan ek vir die man my handboek vir die man my ” Die Polisie en die Reg 183″ leen dat hy terug gaan na Kriminologie 101. Die blamering van buitelandse werkers as die belhamels is ook belaglik, dis nie die boer se plig om die grense op te pas, of die buitelanders uit te hou nie,.. grense moet deur die Polisie beskerm word,.. uhm,… so wie se skuld is dit eindlik dat buitelanders die SA’ners se werk kom vat ? En miskien, net miskien as SA’ners nie top poste met top salarisse van n industrie wat deur die regering dood gesmoor vereis het ( met geweld bygese) dan sou boere nie die goedkoper arbeid

Nick ·

Hoed pie al weer die pot mis.
‘If you think you know the things that you are supposed to know but don’t know, you might accidently think you are clever’
Wie sal nou by die polisie aansluit as jy weet jy sal nooit bevorder word nie? Al doen jy wat sal die ‘teagirl’ nog steeds jou baas wees. Tsek!

Samuel ·

Dit is waar dat daar korrupte mense oral in die samelewing is. Daar is verseker korrupte boere, korrupte polisielede, korrupte politici. Wat doen julle om korrupsie in die SAPD uit te roei?

My familie het geboer. Ek het vriende wat nou nog boer en almal ken hul plaaswerkers se name. Jy praat snert.

Tokkel ·

Mnr Cele, so eintlik wat jy sê as ons nie van jou hou kan ek maar jou huis kom plunder…
Ek dink jy gaan niks oor het nie. Flou verskoning om so iets kwyt te raak. Boere buig hulle agteroor vir hulle werkers, maar sommige van die werkers sal nooit tevrede gestel word nie. Simpel soos dit, as jy dit nie van hou op my plaas, gaan soek vir jou ander werk……..

Tokkel ·

Hoekom gaan werk ons seuns in ander lande? Kan ons hulle maar nie self gebruik op plase nie?

Eden ·

Om te boer in SA is nie maklik nie. Ek dink stellig dit gaan binne ‘n paar jaar onmoontlik wees om te boer weens plaasaanvalle, diefstal, paaie wat uitmekaar val en korrupsie.

Piet ·

Bekkie, al wat ek in jou aanmerkings lees is blaam verskuiwing.

piket ·

Nou dan, Mr. Cele, waar is die trane as blankes grusaam vermoor word?
Dan is jy nie eers naby nie!!

anniekiewiet ·

Ek sit en verlang na my kinders, daar ver oorsee, wat nie weer terugkom nie…. Maar nou lag ek so dat ek my verlange vergeet.

Swerwer ·

Bla bla bla……………Hoed sal nooit in sy lewe erken dat hy en sy kader korrup is nie. Die ANC/Zuma/EFF ens het almal so goed opgelei dat hul nooit die balk uit hul eie oog sal haal nie!

Gerra ·

Ai cele!
So nou verskoon jy die korrupte amptenare, want daar is ander wat sáám koorup is! Wat doen jý daaraan?!
En vandat jou korrupte party hul neuse in lsndbou gesteek het, het sommige verhoudinge op plekke versleg. Julle is die wig wat ingedryf is tussen boer en werker!
Vandat julle met jul reëls kom wat alle verhoudinge versuur, is plaasskole wat op plase bedryf is, gestop…. verblyf…. ens
Ek weet hoe ons help en kos gee en medisyne, maar dit tel mos niks!!!!!
Jy en jou regering is die probleem. En korrup!

Johan ·

Ek as n man en n pa wat in uiniform was kan bevestig dat die wit lede en seuns nie bevordering sal kry nie ek self het n seun wat hoog gekwalifiseer is kry nie bevordering nie hy is in sy werk omgewing die enigste wit man en hy kry nog steeds nie bevordering nie so hulle pas nog steeds ras kwotas toe

Blikkies ·

Daar is plek vir witmense, en wie se hulle mag nie deel wees van die Polisie nie. Hierdie ou praat die grootste klomp onsin, Hy self is ‘n kader sonder die vaardighede vir sy pos, hy praat enige snert net om iets te se.

Miskruier ·

Luiter twak, die meeste arbeiders werk al jare vir die boer en is daar geen wrywing nie.

Boatsie ·

So die een boer is nou saam met SAP lede in hegtenis geneem, nou veralgemeen die nar sommer.
In alle sektore vd samelewing is skelms, so skrik wakker ou beesblaas.
Verduidelik ook hoe immigrants jul werk benadeel. Dis tog deel van jou pligstaat.
Ek (hoed)kop daai een nie

Jasmyn ·

Nou word die Boere valslik beskuldig sodat hy sy eie bas kan red. Hoof van polisie…. waar kom die onwettige immigrante vandaan? Wie se skuld is dit dat die deur vir Blankes oral toegeklap is…. as voorbeeld kan ek noem dat die Blanke polisie by Wierdabrug tot met wapens aangeval was en uiteindelik is hulle uit die polisiestasie gedryf… en dit was nogal die Blanke polisielede wat met vuurwapenlisensies gewerk het en die beste diens ooit gelewer het… en toe word korrupte Swart lede in hul plek aangestel… en kyk met watse gemors sit ons nou. Wonder watse oplossing Cele hiervoor het… gaan hy die dik kettings van die ysterdeur kom afsaag en daai betroubare Blankes weer terugplaas in hul poste,? ?????

Jacobus ·

Blanke seuns kan in die polisie aangestel word, net as assistent-konstabels vir hul totale werkloopbaan.

Pietertjie ·

Hy is nogal reg. Dis nie net die polisie wat korrup is nie: daardeur erken hy eerstens dat die polisie korrup is. Wie is dan nóg korrup buiten die polisie? Die ANC en al sy kaders, natuurlik. En dan al die ongrondwetlike Wette en regte wat hulle hulleself toe-eien. Soos Animal Farm se varke wat elke nag die skuur se muur bekrap het.

Realis Thailand ·

Dis waarom die polisie nie korrup moet wees om die ander oneerlike mense te arresteer
Is hy so onnosel om dit nie te besef nie
Laat ek nie meer se nie

Antie Sarie ·

By implikasie erken hy die polisie is korrup. Die enigste manier om vee diefstal, plaasaanvalle ens te bekamp, is deur middel van die kommandos wat die regering gerieflik weggevat het. En nou weet ons hoekom.

Lian ·

Tipies Sosialisme. Hulle aanvaar geen verantwoordelikheid nie, blameer altyd die anderkant

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.