Nie net ‘winde van verandering’ op stemdag

Foto ter illustrasie. (Foto: AP/Tim Aylen)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat sterk winde Maandag moontlik enkele stempunte in die Kaapprovinsies kan ontwrig, veral by stempunte wat van tente gebruik maak.

Dié waarskuwing geld veral vir die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap soos Calvinia, Sutherland en Fraserburg. Sterk winde word ook voorspel vir dele van die Gariep-munisipaliteit in die Vrystaat.

“Koue en nat weerstoestande word verwag vir Kaapstad, die Overberg, die Wynlande en omliggende munisipaliteite,” het die weerdiens Saterdag in ʼn verklaring gesê. “ʼn Paar reënbuie sal na verwagting in die middag en aand na die Oos-Kaap versprei.”

Maroela Media het reeds berig dat gebiede langs die kus Maandag koud en winderig sal wees, terwyl kiesers in die sentrale en noordelike dele van die land uiters warm en sonnige weer kan verwag.

Kiesers wat geregistreer het om ʼn spesiale stem uit te bring, het reeds Saterdag begin stem. Volgens die DA het die stemproses grotendeels vlot verloop. Helen Zille, voormalige DA-leier, het self by Pinelands High School in Kaapstad gestem.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Harley Davidson ·

Ons hoop maar almal vir bevoegde mense om die munisipale bestuur te behartig sodat ons almal voorspoedig kan wees en daarvoor moet mens maar kompromieë aangaan en die weer trotseer.

Piet ·

Bevoegde DA laat alles vlot verloop!Kyk waar verrotte anc regeer,CHAOS!!!!!!

pompies ·

Ja ne alles, ek dink nie so nie hulle het ook maar mislukkings.

annie ·

Hulle moet maar ‘n paar gewigte vasmaak aan die stembokse want die wind kry mos hoeka die skild vir alles wat wegwaai en in slote beland ver weg van waar dit moes wees. Die ANC soek ‘n meta-wen… En die gal loop geel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.