‘Nie nodig vir paniek oor grondkwessie’

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM). Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM), het Donderdag gesê die regering en die Zoeloe-koninkryk moenie paniek begin saai oor grondonteiening sonder vergoeding, die Wet op die Ingonyama-trust of enige ander aspek van die grondkwessie nie.

Holomisa het gereageer op stellings wat Woensdag deur die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, gemaak is tydens ʼn grondverhoor in Ulundi in noordelike KwaZulu-Natal.

Zwelithini het gesê enige pogings om sy eienaarskap van landelike grond in die provinsie van hom af weg te neem, is ʼn uitlokking vir die Zoeloe-nasie en ʼn verklaring van oorlog.

Die koning het gereageer op ʼn verslag wat laat verlede jaar bekendgestel is. Dié verslag, getiteld High Level Panel on the Assessment of Key Legislation and the Acceleration of Fundamental Change, is deur ʼn span saamgestel wat deur voormalige pres. Kgalema Motlanthe gelei is.

Die grondkwessie word nie in die 600-bladsy-verslag aangeraak nie, maar daar word wel aanbevelings gemaak oor al die wetgewing wat aanvaar is sedert die ANC aan bewind gekom het. Die verslag het onder meer aanbeveel dat die Wet op die Ingonyama-trust herroep of aansienlik gewysig word om bestaande gewoontereg-grondregte te beskerm.

Die trust beheer sowat 30% landelike grond in KwaZulu-Natal. Dit is kort voor die 1994-verkiesing op die been gebring om destyds die deelname van die Inkatha Vryheidsparty in daardie verkiesing te verseker. Die KwaZulu-regering Bantustan het voorheen die grond beheer.

Suid-Afrika is tans gewikkel in ʼn intense en emosiebelaaide debat oor die voorgenome wysiging van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Talle openbare verhore word tans oor die hele land gehou. Die verhore in KwaZulu-Natal sal van 18 tot 21 Julie plaasvind.

Holomisa het gesê daar moet uit die staanspoor verstaan word dat die kwessie onder bespreking nie hier gaan oor die “13% grond wat deur swart mense besit word nie”.

“Die prioriteit moet wees om swart mense toegang tot 87% van die grond te gee. Dit moet die fokus van die gesprekke wees,” het hy aan African News Agency gesê.

Holomisa het gesê die departement van openbare skakeling in die parlement en die ANC moet die skuld kry vir die onduidelikheid rondom die voorgestelde veranderings aan grondeienaarskap. “Dit was glad nie nodig vir spanning rakende die grondkwessie nie.”

Hy meen Motlanthe het “te ver gegaan” toe hy na tradisionele leiers as “derderangse diktators” verwys het by ʼn grondberaad in Junie. Dié uitsprake en die feit dat Motlanthe die span gelei het wat eersgenoemde verslag saamgestel het, het tradisionele leiers ontstoke gelaat.

Volgens Holomisa het “mense op grondvlak” respek vir tradisionele leiers en is daar beslis ruimte vir hulle in ʼn progressiewe samelewing.

“Maar as tradisionele leiers toelaat dat hulle ingekort word, gaan jy probleme sien. Daar is meer as genoeg ruimte vir tradisionele leiers om te praat oor ontwikkelingsprogramme soos landbou, besproeiing en om markte vir hul eie mense te skep. Daar is groot geleenthede vir tradisionele leiers,” het Holomisa gesê.

Fikile Mbalula, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), het Donderdag gesê die koning “tree heeltemal binne sy regte op” om met sy mense te praat oor hierdie kwessie wat die spesifieke volk raak. Hy het gesê die aanbevelings wat in die verslag gemaak is, is nie deur die ANC bespreek nie.

“Die ANC het geensins ʼn siening bepaal wat ten gunste van of teen die inhoud van die verslag is nie. Ons sal met die koning beraadslaag om die kwessie van die ANC baie duidelik te maak en dit sal op ʼn hoë vlak plaasvind met die ANC-president wat daardie proses sal lei,” het Mbalula gesê.

Rakende Motlanthe wat na tradisionele leiers as “diktators” verwys het, het hy gesê “party ouderlinge” sal dié kwessie hanteer.

Motlanthe wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

marco polo ·

Ja, ontspan, dis net die witmense se grond wat afgevat gaan word. Dan is daar niemand meer oor om belasting te betaal sodat die Zulu koning n vet salaris kan kry nie

Paul ·

Ek sal graag die onafhanklike grondoudit wil sien, en daardie 13%? Hulle almal is nou besig met vure doodslaan, spin.

Kantlyn ·

Vraag; As die voorgestelde wetgewing deurgevoer word; Gaan dit slegs Blankes se grond wees wat onteien gaan word? Indien wel, is dit teen die grondwet , want die grondwet bepaal dat,”ongeag ras, daar nie teen enige persoon diskrimineer kan word nie”
Dus sal so wetging ongrondwetlik en rasisties wees.

Verder; Die voorgestelde wetgewing maak voorsiening daarvoor dat “enige bate deur die staat in besit geneem mag word”
Waarom sal enige persoon nog wil werk, as die staat als neem waarvoor hy werk?
Geen persoon sal vir nul inkomste werk nie. Hoekom sal jy wil werk as als waarvoor jy werk weg geneem kan word. Die voorgestelde wetgewing sal dus daartoe lei dat die boere nie meer voedsel sal wil produseer nie. Dus sal dit lei tot voedsel onsekerheid en uiteindelik voedsel tekort. Ongeag of dit Blank of nie-blanke boere is
Dus sal daar grootskaalse werkloosheid wees. Dit sal weer lei tot kriminele aktiviteite.
Geen boer sal belasting wil betaal nie. Dus sal die staat `n verlies aan inkomste hê.
Dit geld nie net vir boere nie, maar ook enige sakeman of sakevrou.

Die voorgestelde wetgewing is nie goed deurdenk nie.

Die staat besit reeds duisende hektaar grond; Die grond word grootendeels nie benut nie.
Waarom begin die staat nie deur die grond reeds in sy besit te herverdeel nie?

Nog n vraag ·

Is die regering se besluite àl ooit goed deur dink, veral net voor n verkiesing

Frikkie Geld en huis ·

Die ANC oor die algemeen kan nie as ‘n groep denkers gesien word nie. Veral vooruit dink is skynbaar verbode. Dus sal nie een van hulle besef dat SA besig is om op ‘n 2 de Venezuela af te stuur nie.

systap ·

wel, nie holomisa, zwelithini, malema of ek het gedink die anc gaan aan swart eienaargrond raak nie. hoe kon jy dit dink? zwelithini maak maar net die geluide wat vir hom voorgeskryf is. dis ook baie ongrondwetlik om n herniewingslisensie uit te srtuur vir n tv lisensie, n voertuig lisensie, n rybewys, maar nie vir n vuurwapenlisensie nie. tog doen die anc dit want hulle het die grondwet geskryf.

Rupert Ashford ·

Jip, jy weet dit, ek weet dit en omtrent 500miljoen Afrikane het dit ook al sedert die 50’s geweet. Maar dit is nogsteeds gedoen 1)uit wraak en 2) omdat hulle kon. En dan begin die gebedel.

Louw ·

Nie dat ek daarmee saamstem nie, maar net om aan jou jou eerste vraag te verduidelik. Die grondwet het basies ‘n klousule waarin dit stipuleer dat daar wel stappe geneem mg word to’redress the imbalances of the past’. So basies mag daar teen jou ras diskrimineer word as dit die effek van apartheid probeer regstel.

wraggies ·

Die “grondkwessie” gaan nie oor grond nie, dit gaan oor politieke mag en oorheersing.

njannies ·

julius malema het al by geleentheid gesê dat grondonteiening gaan om die witmense te straf oor apartheid. hy hou aan sê die die grond moet teruggaan na die regmatige eienaars. van wie praat hy? swartmense, nes witmense is nie eie aan Suid Afrika nie. hoekom gaan hy nie terug ethiopia toe nie?sy mense dààr soek hom terug

Callie ·

Het julle mooi geluister. Swart mense moet toegang tot 87% van die grond kry. Net een ding bly oor, wittes moet opstaan en saamstaan. Mense, help, ons moet dit doen

rina ·

aanval in die beste verdediging se die spreekwoord, wat word nou van ons verwag wonder ek

Andre ·

Was daar ooit so n term as “Koning” by die plaaslike bevolking voor die Kolonialiste hier opgedaag het ?

Spike ·

As die koning dit as ñ oorlog verklaring sien, sien ek dieselfde teen die blankes.

Henk du Toit ·

Spike dit is regtig skerp raakgesien. Ja n oorlogsverklaring inderdaad, maar wie gaan hulle keer? Die Suid Afrika Kommando vir die behoud van wit eiendom gaan min of meer so daar uitsien;
-26 draadsitters, 36 afstigters, 12 voorpraters, 14 hendsoppers, 10 joiners (wat asb tog niks vir hulle moeite wil hê nie net hulle huise en grond wil behou)4 verraaiers wat met dik beursies wil wegloop oorsee toe en dan die ou holrugperd van eenheid wie almal wil ry maar niemand wil voer nie. Quo vadis my ou volkie, Quo vadis tog. In der dagen zat!

woorde ·

hoe reg is jy henk. die paddaman het weereens bevestuig die anc gaan nie aan traditionele leiers ae grond raak nie. maw, donker mense se grond gaan nie gevat word nie en ons doen wat ons die besate doen. ONS PRAAT!

John ·

… en dan wil die Zoeloes in die res van die land seker terugverhuis na hul tuisland… ? Nee, hulle bly regoor die land en werk in myne ens. Daar sal hulle ook nog meer wil he. En steeds word daar niks gese oor watter grond onteien wil word nie of wie gaan tel en uitdeel nie? Tans word ‘n groot IK-toets afgele in SA en die uitslae daagliks gegee. En die gemiddelde is uiters power veral uit leiersgeledere… pateties. Hoekom maak ons nie vir die koning, die koning oor die land nie en die ander impi-lords sy wyse raadsmanne nie… en dan boer ons salig in ons gloria in. All chiefs and no indians… Gierige oe glimlag uit die Ooste want uiteindelik kan hulle die landhere word en die finansies beheer en die Weste net oooh en aaah, want die Ooste beheer nou die geldmag en die Weste skarrel om nog iewers ‘n duit te probeer maak. Die aardbol word op sy kop gekeer. Ons in SA speel net ‘n klein rolletjie in die drama en le meestal lights-out agter die skerms… met ‘n daggazol in die hand vir stres.

Cherokee ·

Die Zoeloe-koning praat daarvan om KwaZulu-Natal as ‘n onafhanklike staat te verklaar maar dink opsigtelik nie daaraan dat die Zoeloe-koningryk behels minder as ⅓ van die provinsie. Maak nie saak nie, as dit werklik ‘n opsie word, sal ek dit ondersteun. Dit laat my dink aan tye terug waartydens ek julle tergend genooi het on na Durban te emigreer en iemand eendag vraend gesê/vra het dat Durban mos in Suid Afrika is. Natuurlik sal die regering dit teenstaan maar as dit ‘n opsie word sal ek dit ondersteun.

tamboti ·

Ja Cherokee, ek sal dit ook steun, maar ek weet vir ‘n feit hulle sal ons nie steun, help of erken nie. Ons paddas moet sharrup en net aanhou betaal!
Ek verstaan baie dinge, maar wat ek nie verstaan nie is hoe die die BBEEEE generasie dink van waar hulle “welvaart” gaan kom as al die wit belastingbetalers na die laagste ekonomiese vlak afgedwing word?

Danie ·

Ek kan verstaan hoekom julle so deur vrees gedryf word. Want julle besef nie die enigste uitweg is God die heilige true drie eenheid as Julle verneder voor hom,Dan sal hy julle uitred en julle weer herstel. Tot dan wees maar op julle eie en vrees. Met jou mond spreek jy lewe en dood en so ook bind en ontbind jy

A ·

PM het hierdie gelees op Afriforum se webblad. Nogals baie goed geskryf.

Ons is 8% maar het 80% invloed

“Aan die suidpunt van Afrika bly daar ’n spesiale klomp mense. Al tel hulle onder minder as 8% van die land se bevolking, is hierdie mense besonder merkwaardig:

Só merkwaardig dat die ANC-meerderheidsregering amper daagliks wette moet skep of wysig om hierdie klein minderheidsgroepie te kriminaliseer, te marginaliseer en te penaliseer;

Só merkwaardig dat hul sonder parlement, polisie, stemkrag en staatshulp elke dag aan ’n toekoms voortbou omdat hul glo dat God hulle hier geplaas het met ’n spesifieke doel en roeping; en

Só merkwaardig dat hul vir bykans vier eeue hier oorleef – geboelie deur die magtige Brittanje, die Groot Depressie, die onregverdige ANC en barbaarse plaasaanvalle.

Die omstandighede waarin hierdie mense leef, is ontwerp om hulle te vernietig, maar hulle word net sterker en sterker, en hul geloof in God net groter.

Hulle eet biltong en beskuit, drink moerkoffie en gaan Sondae kerk toe. Hulle sing “Ou ryperd” en hou vakansie by die see; hulle hou van braai (met mieliepap of patats); hulle help mekaar en hulle help graag ook ander.”

Hulle is trotse Afrikaners – en ek is ook een!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.