‘Nie ons werk om Duduzane, Guptas te soek’

Duduzane Zuma. Foto: africa.widmi.com

Dipuo Letsatsi-Duba, minister van staatsveiligheid, het Woensdag aan LP’s gesê dit is nie haar departement se werk om die voortvlugtende Gupta-broers of hul sakevennoot, Duduzane Zuma, op te spoor nie.

Letsatsi-Duba het in antwoord op ʼn vraag in die nasionale vergadering oor watter rol die staatsveiligheidsagentskap (SVA) gespeel het om te verseker dat “die Gupta-broers en Duduzane Zuma nie die land verlaat nie nadat die Valke reeds stappe gedoen het om hulle in hegtenis te neem”, die geheimhoudingbepalings in die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie voorgehou.

“Die inligting wat verband hou met die bedrywighede van die SVA is geklassifiseerde, vertroulike inligting. Dit moet egter genoem word dat die SVA aanspreeklik gehou word oor sulke kwessies deur die gesamentlike staande komitee oor intelligensie,” het sy gesê.

Toe ʼn LP dit aan haar gestel het dat die land se intelligensiediens daaraan medepligtig was om die Guptas en Duduzane Zuma toe te laat om uit die land te vlug, het sy gesê dit is die SVA se werk om inligting te bekom en dit aan die owerhede deur te gee om stappe te doen.

“Ons by die SVA kan nie by al die grense omgaan om te kyk of Duduzane uit die land uit is of nie. Dit is die verantwoordelikheid van immigrasie en ander beamptes.”

Die Valke het ʼn lasbrief uitgereik vir inhegtenisneming van Ajay Gupta, wat vermoedelik vir die owerhede vlug, maar het nie aangekondig dat daar enige lasbriewe uitgereik is vir die inhegtenisneming van Duduzane of die ander Gupta-broers nie.

Duduzane en die Gupta-broers word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by besighede wat deur winsgewende kontrakte met staatsinstellings miljarde rande uit Suid-Afrika herlei het.

Dit is nie bekend waar Duduzane en die Guptas hulle tans bevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alida ·

Sekerlik moet pappa weet waar sy skelm seuntjie is!!! Daar is mos baie mammas by die huis wat hom beskerm.

Willie ·

Regtig? En net mooi wie is aan bewind by immigrasie? Dink ons is lamal skape… Onbevoegte Guptafarieers

Jacques ·

Dan is dit seker ook nie haar of haar departement se werk om die land veilig te hou nie , dit kan ons elke dag sien ja. Wat soek jy dan nog daar ?

marous ·

Dis die mense wat agteruit huis toe loop sodat dit lyk of hulle werk toe gaan , en hulle name met uitveers skryf ….

GM ·

Dis nooit enige iemand se werk nie, maar hul soek hul salarisse aan die einde van die maand.

Gawie de Beer ·

en die telefone, cellfone ,internet en kompers werk nie Data is klaarso inligting vat ten mintste ‘n week heen en terug, miskien ‘n maand as jy nog die mikstok metode volg. waarvoor betaal ons belasting om die snert te hoor en ervaar??

Lekker lag ek nou ·

Ek dink dis net die Guptas wat harder as ek lag vir die SVA… Ek wonder hoe lank die skerpioene in die goeie ou dae sou gevat het om daai twee boeties op te spoor en in te bring… Tien teen een het die Gupta broers ‘n paar valk pelle…

Pieter ·

So word die buck mos altyd aangepass deur die anc was dit n wit man gewees sou tot die departement van gesondheid gehelp het om hom te arresteer.

cor ·

Ungaase, ha ketsebe, I do not know, No body told me. As jy in n belangrike posissie van die regerende party wil dien moet jy die vier belangrike antwoorde uit jou kop ken. Die klomp moes eers die land verlaat voordat nou nommer niks besluit het hy gaan bedank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.