Nie so maklik om beelde, monumente te skuif

Die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: VTM)

Die regering se voorstel om beelde en monumente waaroor die staat ongemaklik voel, te verskuif na temaparke soos in Rusland gedoen is, gaan moeilik wees om uit te voer binne die eiendomsreg.

Dit blyk uit omvattende navrae deur Maroela Media in verband met verskeie standbeelde en museums wat verbind word met die Afrikaanse en Afrikanerverlede, oor wie die grond besit waarop dit staan, en of die instellings staatsubsidies ontvang.

Dit is gedoen om die mate van staatseggenskap en staatsbeheer oor hierdie monumente en standbeelde te begin bepaal.

Die Voortrekkermonument in Pretoria en die gedenkterrein by Bloedrivier in KwaZulu-Natal is albei onder bestuur van die Voortrekkermonument en kry geen staatsbefondsing nie.

Die Bloedrivierterrein en die grootste deel van die Voortrekkermonument-terrein is in private besit (insluitend die gebied waarop die Voortrekkermonument self asook Fort Schanskop geleë is), maar nie die natuurreservaat-deel nie, want dit behoort aan die Tshwane-metroraad. Volgens Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting, is ’n versoek aan die metroraad gerig om die natuurreservaat moontlik aan die Erfenisstigting oor te dra.

Ook die Louis Trichardt-museum en gedenktuin in Maputo word deur die Erfenisstigting bestuur.

Die Vegkopmonument en -museum by Heilbron val onder ʼn artikel 21-maatskappy, terwyl Paardekraal by Krugersdorp en Majuba tussen Volksrust en Newcastle aan private maatskappye behoort.

Die Paul Kruger-standbeeld in Kerkplein (Foto: Verskaf)

In ander gevalle is die posisie meer gekompliseerd. Die Krugerstandbeeld op Kerkplein, wat eens in Pretoria-Wes gestaan het, is die afgelope paar jaar dikwels beskadig, veral tydens saamtrekke wat deur die EFF gereël is.

Om daardie standbeeld moontlik nou weer te verskuif gaan nogal ingewikkeld wees want daar is ’n hele nasionale wet wat die aansig van Kerkplein reguleer.

In Bloemfontein word die Vrouemonument se grond nie deur die staat beheer nie, maar die staat besit en subsidieer wel die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke reg langsaan.

Die staat finansier ook die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl en subsidieer dit.

Die veelbesproke standbeeld van Louis Botha op sy perd voor die parlement in Kaapstad staan op grond van die Kaapse metroraad en val nie onder beheer van die ANC-geleide nasionale regering nie.

In die parlementstuin staan wel ’n volgrootte standbeeld van die Britse koloniale heerser Koningin Victoria, maar daar blyk nie ’n behoefte aan haar verwydering te wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Hier kom marakkas! Julle sien dis oor die IK nie baie hoog is nie… Hoe nou gemaak?

Fedup ·

I am so sorry to hear about the circus’s problems and unemotional thinking.
They will not always get there way.

My siening ·

Miskien moet daar n korrupsie grond gestig word beelde van Cyrel, ZUMA, Mbeki, Mandella en naam: ANC KORRUPTES 27 JAAR AAN BEWIND GEHOU DEUR KORRUPTE VOLGELINGE!

Rosie ·

Die standbeelde en monumente is mooi en het sentimentele waarde. Maar die Bybel waarsku ons om nie sonpilare en standbeelde op te rig nie.
Is dit nie meskien waar al ons probleme begin het nie? Ek vra maar net?

Platkop ·

Waar staan dit in die Bybel ? Standbeelde dien as n goieie verwysing na geskiedinis en herhindering daarna. En dit is altyd goed om geskiedinis te weet anners herhaal mens dit net weer.

Piet ·

Platkop, Joseph Staling was ‘n baie groot historiese figuur. Sal ons standbeelde van hom op sit om “geskiedenis te weet”? Of sal ons net verantwoordelikheid vat vir ons kinder se opvoeding? Wat reken jy?

Platkop ·

Nee hy het nie veel met ons geskiedinis te doen nie maar n standbeeld van mandela kan dien as n waarskuwing teen communisme. Jy kan net jou eie kinders se odvoeding verseker nie mense om jou nie. En onthou as hulle geskiedinis vergeet gaan hulle ook maak dat jy dit herhaal.

Adeline ·

Dit is verseker soos – Die Woord van die Skepper van die Heelal is die enigste riglyn waarvolgens ons ‘n geseënd lewe kan lei (Deut 29-30) lê dit wat (Y’shua HaMashiach) Jesus die Redder die Gesalfde Een ook vir ons leer in die 4 Evangelies. Die huidige landsvlag is ‘n vervloeking (verteenwoordig Black Matter) – die lands lied is in die volksvreemde se taal geskryf en gee eer aan hulle voorvader geeste wat hulle aanbid (eintlik demone) want DOOIE mense het geen krag nie.Die ware kinders van YHWH Elohim (HERE God) die Skepper van die Heelal kan ook nie meer die kompromie wat die “kerk” aangaan met hierdie gesplete tong regeerders nie en verlaat die “kerk” by duisende wêreld wyd om nie onder die vloek te val nie. Elke moord in die land roep die siele van die mense voor Hemelse Skepper se troon om vergelding – dag en nag sonder ophou al is dit ‘n baba. Daarom is ons land in so ‘n toestand deur die cANCer regering en ook droogte wat deur moord veroorsaak word. Lees Matt 24

Rosie ·

Kon dit nie beter antwoord nie. 100% korrek dankie Adeline
Platkop gaan lees gerus Deut 28 en 29
Jeremia 2 – 10
Levitikus 26
Gaan lees Hosea ook
As jy n naslaan Bybel het kyk gerus na die naslaan tekse (soos by ander plekke waar dit voor kom in die Bybel)

Piet ·

Pluk alle standbeelde van mense af. Paul Kruger, Mandela – almal. Ons moet gebeure herdenk, nie mense nie. Mense is almal vol foute en niemand lei perfekte lewens nie. En dis altyd ‘n onnodige politiese geveg op ‘n tyd waar ons dit nie kan bekostig nie.

Carina ·

Ek stem Piet. Standbeelde is net geld mors. Breek alle standbeelde af. Ek stem ook saam met Rosie, ons moet versigtig wees om nie hierdie standbeelde waardiger te ag as ons God nie.
Die geld wat op die goed vermors is kon vir soveel beter dinge gebruik word. Ek wonder of daar 1% van die land se mense is wat regtig na die goed kyk en aan die geskiedenis daaragter dink. Vandag se kinders leer nie eens meer van SA se regte geskiedenis nie.

groenboer ·

Die middestad van Pretoria sal nooit weer aan Afrikaners behoort nie, en wie anders as Afrikaners voel ‘n veer vir Oom Paul? Ek sou graag wou sien dat hy en sy burgers liewer verskuif word na ‘n plek waar hulle veilig is, en waar mens hulle veilig kan besoek, bv. die Voortrekkermonument.

JohanR ·

Hoekom is dit nou eers ‘n bohaai. ‘n Standbeeld het my nog nooit gepla nie. Loop partykeer verby en weet nie eers dit is daar nie. Jan van Riebeeck, Oom Paul, Nelson Mandela, ‘n man op ‘n perd. Is net ‘n beeld….hoekom pla dit soe baie?

Adeline ·

Groot behoefte waarvan nie gepraat word nie is die terroriste se standbeelde en venster versierings van geboue soos in Kaapstad wat dringend moet verwyder word is ‘n gruwel van moord vir die ware blanke Suid-Afrikaanse Boere nasie – straat dorp, stede en lughawe name ook – nie eers die buiteland erken of gee erkenning aan die tipe van name nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.