Nie-stakers ‘gyselaar’ gehou deur Amcu-myners

Amcu-staking by Palabora Mining Company in Phalaborwa, Limpopo (4 Mei 2017) Foto: Amcu, Twitter

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Donderdag tydens betogings die uitgangspad van die myn by Palabora Mining Company (PMC) in Phalaborwa, Limpopo versper.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Amcu het die oggend reeds begin betoog nadat hul onderhandelings met die werkgewer oor loonverhogings vasgeval het. Die vakbond eis ʼn verhoging van 12%, en die werkgewer het 7% aangebied.

“Hulle het omstreeks 15:00 die uitgangspad van die myn begin versper. Stakende werkers het brandende bande en hul motors gebruik om die ingang/uitgang van die myn te versper.” Werknemers wat nie aan die staking deelgeneem het nie, was ure lank teen hul wil vasgekeer en kon nie die myn verlaat nie.

“Die polisie is ontbied en die nodige eenhede is ontplooi. Lede van die openbareorde-eenheid en die plaaslike polisiestasie kon die versperrings verwyder en die nie-stakers het die myn verlaat,” het Mojapelo bygevoeg.

“Die situasie is tans kalm en onder beheer. Polisiebeamptes sal die gebied bly monitor om stabiliteit te verseker.”

Niemand is in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zarina ·

“Die polisie het…”
Snert. Die polisie het opgedaag en vir die mynsekuriteit gevra “wat wil julle hê moet ons doen?” Later het een van die produksiebestuurders protokol gebreek en self met die mense gaan praat waarna hulle ingestem het om pad te maak gisteraand.

Sune van Heerden ·

Dagsê Zarina

Dankie vir jou terugvoer. Die bestuur was nie beskikbaar vir kommentaar met die ter perse gaan nie. Ons het die inligting direk van die polisie bekom. Kontak ons asseblief by [email protected] indien jy miskien van iemand weet met wie ons kan gesels oor dit wat presies gebeur het.

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Komaan ·

Dit het tyd geword dat die POLISIE enige intimidasie hokslaan. HOEKOM word die een persoon se reg om te staak GROTER geag as iemand se reg om WERK TOE TE GAAN? EK kan nie verstaan hoe die konstitusie en law enforcement in hierdie land net die regte van die OPROERMAKER beskerm nie? Eintlik moet hulle die weermag en nog versterkings inkry om hierdie intimidasie en choas in die kiem te smoor. MENSE moet weet, diegene wat WIL WERK het dieselfde regte as die wat NIE WIL WERK NIE .. regtig daar moet ‘n baie streng boodskap uitgestuur word en dit is tyd dat die MINISTER sy stem ook dik maak.

Lollie ·

Slegte verloorders! Hulle sal altyd die wat nie aan hulle oproer wil deelneem nie intemideer want anders sien hulle dat hulle die saak gaan verloor. Hulle is bang so met die tyd is daar meer wat lig sien en nie deel wil wees van die chaos nie. Hulle staan in massas op omdat die een bang is vir die ander. Indien elkeen sy eie besluite kan neem sal daar dalk meer orde wees omdat daar wel is wat nie aan al hierdie wanorde wil deelneem nie. Die ding in Coligny word hulle met busse aangery. Hoeveel bly van hulle werk af weg? Jy mag niks aan hulle doen nie want hulle het altyd ń storie? Hoeveel kos al hierdie stakings die land? Geen arbeid, geen produksie maar hulle wil altyd meer betaal word! Minder werk en meer pay! Dis hulle belaglike logo. Die land is besig om uitmekaar te val omdat niemand hulle werk doen nie maar hulle soek net. Soek meer geld, gratis onderrig, skole, universiteite, huise, water, krag, teerpaaie …………… maar hulle soek nie werk nie! Waar gaan dit eindig?

snoefie ·

die sapd het pantser voertuie en die myne groot voertuie waarmee hulle vrye toegang due stakers deur kan verseker. hoekom doen hulle dit nie? al ooit gewonder hoekom is daar ALTYD genoeg trokke beskikbaar om oor n pad te trek en aan die brand te steek? dalk spesiale aflewering? al ooit gewonder hoekom die DA, VF+, myne /besighede wat miljoen met due vandalisme verloor nie skree en eis dat die howe se beslissing van n jaar of drie gelede nie toegepas word nie? die hof het immers beslis die unies wat die stakings roep is VERANTWOORDELIK ViR ALLE EN ENIGE SKADE WAT TYDENS DUE SRAKING GEPLEEG WORD. of het ek dit in Xanadu gehoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.