Niehaus, ANC-lede dien óók klagte teen Ramaphosa in

Carl Niehaus.
(Argieffoto: Karen Sandison/African News Agency)

Die Umkhonto we Sizwe- (MK-)veteraan en Zuma-bondgenoot Carl Niehaus het Maandag saam met ander lede van die ANC klagte teen pres. Cyril Ramaphosa aanhangig gemaak.

Die jongste klagte van geldwassery, ontvoering en korrupsie hou verband met die “meer as $4 miljoen” wat na bewering in 2020 tydens ʼn inbraak op Ramaphosa se wildplaas gesteel is.

Niehaus eis dat Ramaphosa uit sy amp as president bedank.

Die voormalige woordvoerder van die regerende party het Maandag op Twitter aangekondig dat hy saam met Sibisiso Hadebe, woordvoerder vir die Zuma-ondersteuningsnetwerk in Gauteng, die klagte by die Rosebank-polisiestasie ingedien het.

Arthur Fraser, oud-direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, het vroeër vandeesmaand ʼn strafregtelike klag teen die president by dieselfde polisiestasie ingedien. Hy beweer boosdoeners het met Ramaphosa se huiswerker saamgespan om hom te besteel en dat Ramaphosa die voorval van die polisie en Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) weggesteek het. Hy voer aan dat die verdagtes in die saak ontvoer, ondervra en toe omgekoop is vir hul stilswye oor die voorval.

“Die klagte wat ingedien is, wat Fraser se eie klagte eggo en ondersteun, is in ooreenstemming met die algehele veldtog om te verseker dat Ramaphosa verantwoording doen vir sy onwettige optrede, asook as president van die ANC en Suid-Afrika bedank,” het Niehaus in ʼn verklaring gesê.

Hy het ook ander Suid-Afrikaners aangemoedig om soortgelyke klagte teen Ramaphosa in te dien.

Ramaphosa het reeds die bewerings by die ANC se konferensie in Polokwane betwis, maar toegegee dat daar wel op sy wildplaas gejag en dan dikwels kontant daarvoor betaal word.

Dié ontkenning het egter op dowe ore geval en chaos het kort daarna tydens Ramaphosa se begrotingstoespraak van die presidensie uitgebreek, nadat EFF-LP’s gesê het hulle kan nie deur ʼn misdadiger toegespreek word nie.

John Steenhuisen, leier van die DA, het boonop met verwysing na oudpres. Jacob Zuma se Nkandla-woning wat belastingbetalers miljoene uit die sak gejaag het, aan Ramaphosa gesê dat die diefstalvoorval op sy Phala Phala-wildplaas in Limpopo sy eie Nkandla-oomblik is.

Ramaphosa is reeds by die Openbare Beskermer verkla vir die beweerde misdadige bedrywighede.

Hy het vroeër besluit om vrywillig voor die ANC se integriteitskommissie te verskyn oor die bewerings teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anton ·

Ag shampies Ou Kareltje probeer jy nogsteeds om relevant te wees? :-)

Marius ·

So lê al die paddas in die warm water en dink alles is klop disselboom.

Elma ·

Die onbenullige oompie wil ook n eier lê – “sien my tog net raak asb”.

Kokerboom ·

As dit nie so pateties was, het ek gelag!!Hoe het ons hier gekom? Ons land is totaal gekaap deur die ANC skuim!!

Di ·

AG liewe hemel! Wil hierdie ou nie ook net GAAN nie! Net so irriterend en aanhoudend soos ZUMA

Dries ·

Ek het gewag vir ou dom Kareltjie se eiertjie. Gewoonlik loop daai eiertjie teen sy gesiggie af

Stephen ·

Ek het na CN se onderhoud met Izak Du Plessis geluister en dit kom baie duidelik deur dat hy groot bewondering het vir Jacob Zuma en Ace Magashule

Nici ·

Ek het gedink John Steenhuisen het net bietjie meer integriteit om nie skuldig te bevind voor ‘n saak bewys is nie. Swak opmerking om hierdie saak met Nkandla te vergelyk. Die DA gaan nog ‘n groot kopseer raak in die Kaap met hul ultra liberale idees.

RB ·

Ek skud steeds my kop en rol my oë oor die laaste sin.
Hy verskyn vrywillig voor die integriteitskomitee.

Nie ‘n enkele ANC lid weet wat die woord integriteit beteken nie. Kan net dink hoeveel integriteit in so komitee bestaan.
Staan almal self agter die deur so ons sê niks dan is daar niks en almal is onskuldig verklaar deur die komitee.
Lekker man, lekker!

Cherokee ·

re
‘Ramaphosa is reeds by die Openbare Beskermer verkla vir die beweerde misdadige bedrywighede.’
Miskien is juis dìt waarom hy haar uiteindelik geskors het.

N ·

Laat ek maar nie te veel sé nie. My kommentaar gaan seker verwyder word. Maar ok Carel kat, nes jy goed dink.

henndrik ·

As die mense nog integriteit gehad het kon mens meer daarvan gemaak het maar nou ja, waar ‘n rokie is…

Hasie ·

Die man laat my dink aan die hondjie wat aanhou blaf as die groot honde kla geblaf het …

annie ·

Meng jou met die peule… Cyril het gesoek daarna. Moet ons hom nou jammer kry? CR was bereid om soveel miljoene af te skryf toe hy uitgevang is ~ wat beteken dat hy oorgenoeg oor het ~ in die hoop dat die storie gaan oorwaai. Dit waai toe in die verkeerde rigting. Die wind is onvoorspelbaar, nê?

Jubba ·

Al die glashuis inwoners gooi nou klippies. As squirrel hom wip en van al die krimineel verdagtes in die parlement ontslae raak is daar nie veel oor nie.

Twallie ·

Kettle calling the pot black.

Een skelm se aanhanger dien ‘n klagte in teen ‘n ander skelm. LOL

Debbie ·

Ou rugsteker wil he hy moet uit sy amp ontslaan word sodat daar weer n skelm soos zuma in sy plek kan kom. Dan is ons land daarmee heen

Sarel ·

Is die ou nog steeds in die stirie
Dit wys vir jou wat gebeur as jy pamperlang en voetesleep i.p. . Optree…Al die Zumaliete klim.nou uit due gat uit wag net vir Magashule..

Jack ·

Die korruptes onder die korruptes wil nou n staatsgreep uitvoer en dit alles net omdat die president besig was om dinge weg te steek

Jannie van Niekerk ·

Genade tog ou Karletjie Pinnochio, op laerskool in Zeerust het NIEMAND jou enstig opgeneem nie en tans neem NIEMAND jou nogsteeds ernstig op nie. Lê eerder ‘n klag teen jou Zuma tjommies wat ons land eiehandig vernietig het.

WILLEM ·

Carl Niehaus – van waar gehasie?? Jy spring nou ook op die Bandwagon – jy was nog nooit ‘n faktor nie. Klim af en gaan huistoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.