Sy groot bondgenoot, oudpres. Jacob Zuma, het Donderdag sy eerste volle nag in die tronk agter die rug, maar Carl Niehaus het ʼn nag agter tralies vrygespring nadat hy beboet en toe vrygelaat is vir sy beweerde oortreding van die Wet op Rampbestuur.
Die 61-jarige Niehaus is Donderdagmiddag in hegtenis geneem terwyl hy met ʼn regstreekse TV-onderhoud besig was. Hy is daarvan beskuldig dat hy ʼn byeenkoms van nagenoeg 100 mense buite die Estcourt-gevangenis – waar die oudpresident aangehou word – byeengeroep het.
Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het vroeër gesê “die verdagte is aanvanklik gewaarsku oor die byeenkoms en is in hegtenis geneem nadat hy die waarskuwing verontagsaam het”.
Niehaus is later vrygelaat nadat hy ʼn boete van R3 000 opgelê is. Volgens Naidoo moet hy die boete voor 6 Augustus betaal of in die Estcourt-landdroshof verskyn.
Niehaus het sy kamerade intussen vir hul ondersteuning bedank.
*ALUTA CONTINUA- THE STRUGGLE CONTINUES!*
I have been released (around 8pm) from Escourt Police station. I have been charged, and must appear in court on the 8th of August 2021.
My utmost gratitude to all my comrades for your support. From the bottom of his heart, “thank you!.”— Carl Niehaus (@niehaus_carl) July 8, 2021
Die ANC het die omstrede Niehaus Woensdag tydelik geskors nadat hy die regerende party se besluit om die uMkhonto we Sizwe-militêre veteranevereniging (MKMVA) te ontbind, betwis het.
Die skorsing volg nadat Niehaus die afgelope naweek gesê het dat Suid-Afrika deur groot geweld in die gesig gestaar sal word indien oudpres. Jacob Zuma tronk toe gaan.
“Ons land sal uitmekaar geskeur word. Daar sal onstabiliteit en oproer wees,” het Niehaus buite Zuma se woning in Nkandla gesê.
Luidens die brief het die NUK met “kommer” kennis geneem van dié uitlatings en daarop gelet dat Niehaus boonop geklee was in ’n T-hemp met ’n logo van die ANC toe hy op televisie verskyn het.
Niehaus is ʼn groot meeloper van Zuma wat vandeesweek begin het om sy tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof te begin uitdien. Uitspraak in Zuma se dringende aansoek in die Pietermaritzburgse hooggeregshof om die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel, word later vandag aangehoor.
Die oudpresident se aansoek in die Konstitusionele Hof, om die hof se besluit om hom tronkstraf op te lê te laat herroep, word Maandag aangehoor.
Suspended ANC member Carl Niehaus has been arrested outside the Estcourt prison where #JacobZuma is being held. He was addressing supporters when police moved in to break up the illegal gathering. #eNCA pic.twitter.com/vwqTZUEevd
— Dasen Thathiah (@DasenThathiah) July 8, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Die SABC is darem ‘n lekker Zuma-is-groot-aanbieder met ‘n nuwe stand-in-paleis-nar noudat die hoofkarakter aan sy lewensverhaal-strokiesprent gaan werk. Die eerste tonele in geskiet ongelukkig nie die skote waarop gehoop is nie, maar darem in volkleur. Die R3 000 boete is reeds gepledge en die blikkies geskut op die roete na die grootse Nkandla-ranch. The SABC will report.
Vat so, Niehaus! Jy probeer mos dieselfde gedrag as Zuma te handhaaf.
Wat ‘n nar…….maak geraas maar geen impak.
Ek kom seker uit Jan van Riebeeck se era. Word n mens dan nie geboei as jy IN HEGTENIS geneem word nie? Ai, boete…dit is nou n jammerte. Sou sy .o. ook graag in die tronk wou sien. Koop ASB sommer jou van ook af, jy bring vir JARE al die Niehaus van in oneer!!! Ek sal betaal vir die verandering. EN EN EN dankie aan wie ookal ou Zuma se fotos gelek het. “YOU MADE MY DAY”
Lyk my ek kan maar my Showmax subskripsie kanseleer. Hier is nou genoeg vermaak en toneelspel die kant van die wereld om my mee besig te hou!!