Niehaus wil staat nou dagvaar

‘n Verheugde Carl Niehaus nadat die saak teen hom Maandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal teruggetrek is. (Foto: Twitter)

Byna ʼn jaar nadat Carl Niehaus tydens ʼn regstreekse televisie-onderhoud in boeie geslaan is vir die beweerde oortreding van die Rampbestuurwet, is die saak teen hom Maandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal teruggetrek.

Niehaus beplan nou om die staat te dagvaar vir onregmatige inhegtenisneming en kwaadwillige vervolging.

Niehaus, ’n noue bondgenoot van oudpres. Jacob Zuma, sê hy het reeds met adv. Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van Zuma, gekonsulteer en Mpofu het ingestem om namens hom op te tree.

“Sulke magsmisbruik en die misbruik van staatshulpbronne vir niks meer as partypolitieke en eng faksiebelange kan nie onaangespreek gelaat word nie en moet nooit ongestraf bly nie,” sê Niehaus in ’n verklaring.

Niehaus is verlede jaar in Julie, kort nadat Zuma tronk toe gestuur is vir minagting van die hof, in hegtenis geneem terwyl hy ’n televisieonderhoud met die SABC gevoer het.

Hy is daarvan beskuldig dat hy op 8 Julie 2021 ʼn byeenkoms van nagenoeg 100 mense buite die Estcourt-gevangenis – waar die oudpresident in daardie stadium aangehou is – byeengeroep het. Niehaus is later vrygelaat nadat hy ʼn boete van R3 000 opgelê is.

“Die hele nasie het daardie dag ongeregtigheid en die misbruik van polisiemag regstreeks op hul televisieskerms sien afspeel,” sê Niehaus nou.

Hy wys voorts daarop dat hy die afgelope jaar vyf keer op sy eie onkoste na Estcourt moes reis om in die hof te verskyn voordat die landdros “die hele polities gemotiveerde konsert in die spreekwoordelike asblik gegooi het”.

Volgens Niehaus het die landdros daarop gewys dat Niehaus in hegtenis geneem is in verband met ’n byeenkoms voor die tronk terwyl Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, dieselfde dag ’n skare voor die tronk toegespreek het.

“Ek was klaarblyklik spesifiek geteiken met selektiewe vervolging, en selektiewe geregtigheid is nie geregtigheid nie.

“Terwyl ek met onsedelike haas in hegtenis geneem en voor die howe op grond van flou en gefabriseerde aanklagte gedaag is, sleep die Suid-Afrikaanse Polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag nou hul voete om pres. Cyril Ramaphosa in hegtenis te neem vir die uiters ernstige misdade wat aan die lig gebring en aangemeld is,” sê die Zuma-bondgenoot nou met verwysing na die Phala-Phala-skandaal.

“Dit is niks minder as ’n wanvoorstelling van geregtigheid nie,” sê Niehaus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Manie ·

Kyk en hou nie van die joiner nie, maar dat die staat hul mag misbruik het, stem ek saam.

Manie ·

Ek is selfs meer bekommerd oor die domkoppe wat dink dat die staat korrek opgetree het…….

Kokerboom ·

Ag man jy was ,is, en sal ALTYD ‘n verleentheid bly!! Verdwyn tog asb net en neem jou skem Zuma maatjie saam

Waarnemer ·

Ou Carfltjie eintlik behoort jy saam jou boetie,zoumpie en cyreltjie in n sel gebere te word waarvan die sleutel gerieflikheidshalwe verlore geraak het…landsverraaier…jou soort was vroeer voor n vuurpeleton gedaag.

Heinrich ·

Ag , watse relevansie het Kareltjie nog enigsings. Die hele lot hoort agter tralies en SA sal ‘n veel beter plek wees!

Oros Soros ·

Korrek. Die Covid regulasies was ongrondwetlik en ‘n magsvergryp. Meer mense moet die staat dagvaar vir die onreg wat die burgers aangedoen is.

Twallie ·

Ag, die ou brommer wat heeltyd om ‘n knol draai en probeer relevant bly.

RS ·

Chihuahua wat so graag saam met die wilde honde wil hardloop…kry ook net stof in die bek.

Kobus ·

Hy is soos ‘n kriek. Hoor hom orals maar kry hom nooit in die hande nie.

duiweboer ·

Arme ou. Hy het by geboorte Sy identiteit verloor. Nou staan hy alleen. Zoempie kan hom nie help nie. Agh SHAME.

De Villiers ·

Ek dink die arme oom is stoksielalleen.

Hy het sy eie mense verwerp en so ook ons vir hom.

Wonder waar het alles so verkeerd geloop vir hom?

Wondermaarnet ·

Ag tog hoe erg as mens aandag soek op so ‘n manier.

Piet parys ·

Wat ek laas gehoor het is jy bankrot en nou ry jy op eie koste na die hof . Wie het vir jou geld gegee . Nou wil jy die staat dagvaar met geld wat jy waar kry of is dit die plan om die saak terug te trek om jou ook n salaris laat verdien op die belasting betaler se onkoste.

JohanR ·

Nee wat die ou het sy roeping in die lewe gemis! Hy noes of ‘n komediant of ‘n sirkus naar gewees het!

Henkb ·

Jy het die wet oortree ou blaar, maar natuurlik vat julle lot se sake jare om aandag aan te skenk en dan so stil stil word julle net vrygespreek. Jy het natuurlik ‘n houvas op iemand.

Jr ·

Hy het nog steeds sy coca cola bottel brille wat hy in die tronk gemaak aan. Hulle het hom nog steeds nie clever gemaak

Tokkel ·

Ai ou Careltjie, jy raak nou of soos altyd ‘n pyn vir almal….gaan drink tee by jou vriend Zuma

Niklaas ·

Wat een irriterende karakter is hierdie knaap. Dalks mik hy weer vir een van die politieke poste wat so maklik geskep kan word hier in RSA

Barend ·

Hy het R3000 boete betaal. Dit is myns insiens ‘n erkenning van skuld. Hoe kan hy dan verklaar hy is onskuldig in hegtenis geneem.

Chris dupreez ·

Ek dink hy is die enigste stand up comedian wat nie n geldjie kry vir sy shows nie

Boatsie ·

Klink meer vir my of die outjie geld soek.
Lyk my dis duur in die politiek ou knaterwater

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.