Niekerkshoop-plaasaanval: Boer met warm yster gebrand

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die polisie in Niekerkshoop in Noord-Kaap het ʼn intensiewe soektog geloods om ses gewapende mans wat glo ʼn 60-jarige boer Woensdagoggend op sy plaas digby Niekerkshoop aangeval het, vas te trek.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het omstreeks 10:00 die boer op sy plaas oorrompel en sy buik met ʼn warm yster gebrand.

Die verdagtes het met ʼn enkelkajuit Toyota-bakkie op die vlug geslaan. Die polisie het die bakkie sowat 15 km buitekant Griekwastad, in die rigting van Groblershoop, opgespoor. Die verdagtes was egter skoonveld.

Ramatseba sê die polisie ondersoek tans of enige ander items behalwe die bakkie gesteel is.

Die boer is tans in die hospitaal en kry die nodige mediese behandeling.

“Die verdagtes is gevaarlik en gewapen. Ons raai lede van die publiek aan om die polisie dadelik te kontak indien enigiemand inligting oor die verdagtes het,” het Ramatseba gesê. Kapt. Paul Goliath, stasiebevelvoerder van Niekerkshoop, kan by 082 448 6910 gebel word of die ondersoekbeampte, Godffrey Kubashe, by 082 448 6572.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale kommissaris van die Noord-Kaapse polisie, het gesê die polisie sal seker maak dat geregtigheid sal geskied. “Veiligheid in landelike gebiede is ʼn prioriteit in die Noord-Kaap, en misdadigers kan nie toegelaat word om die boerderygemeenskap te bedreig nie,” het Shivuri gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter J ·

Hierdie wys net dat plaasaanvalle enige plek in die land, selfs afgeleë dele, kan plaasvind. Boere moet dus in alle gevalle paraat wees ongeag waar hulle bly.

Willem ·

Die boer was nie een of ander ANC ampsdraer nie. Die 72 uur plan is net vir diesulkes bedoel want “ some animals are more equal than others”.

Frederik ·

Kyk net hoe lafhartig, 6 inbrekers om 1 boer te oorrompel en dan wreedaardig te martel. Die tronkstraf vir die persone sal seker weereens minimaal wees. Vergelyk dit nou met Januz Walluz (spelling) se geval. Hy sal sekerlik nooit weer die buitelug sien nie. Dubbele standaarde???

Anoniem ·

Die ANC kan nie die Noord-Kaap behoorlik polisieër nie, maar wil ‘n sokkerspan koop.

Gerhard ·

Dit gaan maar alles oor prioriteite en dalkies…logiese denke en verstand

Maria ·

Ons dink aan jou Boer. Wees paraat vir ons almal ook asseblief. Ons voel net so gemartel om hiervan te hoor. 6 teen een!

Amatambo ·

Tipies – die wetters is te vrek bang om hulle slagoffers een-een te takel – hulle is net BAIE dapper wanneer hulle minstens 2 – 1 is, of nog beter – SES teen een…

Retha ·

Hul het hom ingewag by motorhuis 8:00 oggend toe hy veld toe wou ry. Eers net twee en toe kom die ander 4 na vore. Hul hom in huis ingedwing, twee werkers en vir hom vasgebind. Hom gewurg en met strykyster gebrand oor sy maag. Al 6 is in hegtenis geneem. Ek weet die want dit my neef

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.