Niemand neutraal oor flambojante Pik

Pik Botha was van 1 April 1977 tot 27 April 1994 die land se minister van buitelandse sake en het die taak gehad om Suid-Afrika se binnelandse beleid van apartheid te probeer verdedig in internasionale forums. Met ‘n dienstyd van 17 jaar, was hy ook een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

Kollegas onthou Suid-Afrika se kleurryke gewese minister van buitelandse sake as iemand oor wie die meeste mense wat hom geken het, sterk gevoelens gehad het.

Maroela Media het kort ná Pik Botha se dood, Vrydagoggend in die ouderdom van 86, met ʼn politieke ontleder en twee oudpolitici gesels wat hom dekades lank goed geken het.

Dr. Pieter Mulder, tot einde verlede jaar leier van die VF Plus, onthou Botha as ʼn omstrede figuur oor wie mense binne en buite die NP óf mal was óf wat hulle nie kon verdra nie. “Hy was ʼn baie goeie, dramatiese spreker; daarom is hy oral gebruik om die party se beleid uit te dra. Hy kon ʼn gehoor trek.”

Die politieke ontleder Harald Pakendorf onthou Botha as “flambojant” en gewild onder kiesers, maar nie noodwendig onder sy NP-kollegas nie. “Vanweë die blootstelling wat hy as ambassadeur en later minister van buitelandse sake gehad het, was hy baie meer bewus van die probleme wat afsonderlike ontwikkeling in die buiteland vir Suid-Afrika veroorsaak het [as sy kollegas in die NP].”

Pakendorf sê Botha was in die 1980’s ongetwyfeld aan die kant van hervorming. “As senior lid van die Nasionale Party is sy stem duidelik in die binnekring gehoor, hoewel nie noodwendig so hard na buite nie.”

Hy vertel Botha het eers in Februarie 1986 sterk na vore gekom ten gunste van hervorming toe hy in die openbaar gesê het hy sou dit aanvaar as Suid-Afrika ʼn swart president sou kry.

Botha was gewild by NP-kiesers, maar sy partygenote het hom nie genoeg vertrou om hom staatspresident te maak nie.

“Daaroor het [oudpres.] PW [Botha] sy tjank afgetrap, maar die feit dat hy ʼn swart president sou aanvaar, beteken nie hy was ten gunste van ʼn bestel waarin wit mense hul seggenskap sou verloor nie.”

Mulder onthou dat Botha se gewildheid in die NP skerp afgeneem het ná die uitlating oor ʼn swart president. “Pik was in die moeilikheid daaroor en dit verklaar ook hoekom hy nooit staatspresident geword het nie.”

Die oud-VF Plus-leier, wat van 1988 tot 1996 aan die teenoorgestelde kant van die Volksraad en toe Nasionale Vergadering as Botha gesit het, vertel Botha het in ʼn stadium by die ANC aangesluit sodat hy in die SAUK-raad kon dien, maar het dit later ontken.

Botha was, ten opsigte van die destydse politiek, veel meer verlig as oudpres. FW de Klerk, meen Pakendorf, want dit was “nie in FW se kop dat ons ʼn Grondwet sou kry waarin almal gelykop behandel sou word nie”. Botha het dit veel vroeër aanvaar.

Mulder sê die meeste Afrikaners sal dit eens wees dat “hoflikheid en Christelikheid” vereis dat ʼn mens kort ná iemand se dood net die goeie onthou. “Maar ek gaan ʼn boek skryf en my beoordeling van Pik daarin gee. Dan sal ek sy bydrae evalueer.”

Douglas Gibson, wat Botha oor drie dekades geken het terwyl hy ʼn provinsiale raadslid en van 1991 Volksraadslid en toe lid van die Nasionale Vergadering van agtereenvolgens die PFP, DP en DA was, draai egter nie doekies om oor sy gevoelens jeens Botha nie. “Ek het nie van hom gehou nie, maar hy het ʼn welverdiende reputasie as ʼn gematigde en verligte politikus in NP-terme gehad.”

Hy gee toe gewone NP-lede was gaande oor Botha. “Die partyleiers het hom gebruik en misbruik om landswyd voor verkiesings toesprake te hou en die party se beleid meer verteerbaar vir die kiesers te maak. Dit het dit vir PW Botha en Kie. moontlik gemaak om aan te gaan soos hulle wou.”

Botha was, volgens dr. Pieter Mulder, oudleier van die VF Plus, ’n goeie akteur en ‘n boeiende spreker.

Gibson meen koukuslede van die NP het minder bewondering vir Botha gehad. “Sy partygenote het hom met ʼn knippie sout benader. Hy het ambisie gehad om staatspresident te word, maar kon nêrens kom nie omdat die NP-lede hom nie vertrou het nie. Omdat hy verlig as, het hulle gedink hy sou hulle in die verkeerde rigting lei. Toe kies hulle FW de Klerk….”

Gibson glo Botha het dit geniet om minister van buitelandse sake te wees, ten spyte van die teenstand wat Suid-Afrika in die buiteland weens apartheid gekry het.

“As wat die regering onder PW en FW gedoen het, regtig vir hom onaanvaarbaar was, sou hy bedank het. Maar hy was al die jare die ‘ordentliker’ gesig van die ou bewind wat heldhaftig volhard het om Suid-Afrika in die buiteland te verteenwoordig.”

Aan die begin van Botha se tyd as minister van mineraal- en energiesake in die regering van nasionale eenheid, het hy gereeld hewige kritiek gekry weens brandstofprysverhogings.

“Pik was slim genoeg om die stelsel te verander sodat dit nie langer die minister was wat die aankondiging oor prysverhogings gedoen het nie,” vertel Gibson, “soos dit vandag nog werk, en so kon hy ʼn paar rustige jare as minister geniet voordat hy eindelik afgetree het.”

In die 15 jaar waartydens Mulder die VF Plus-leier was, het Botha, toe reeds afgetree, hom gereeld gebel om raad te gee. “Jong, doktor, ek dink julle moet so en so maak,” onthou Mulder die oproepe, waarna hy “hoflik” geluister het. “Dit was goed bedoelde advies, maar toe was dit nie meer bruikbaar nie, want dit het nog uit die ou bestel gekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

humor ·

In die lekker oudae toe die NP n volksgod was en die meeste kiesers alles vir soetkoek opgeeet het.

Andre Stander ·

“Hoflikheid & Christelikheid” het ons in die situasie laat beland waarin ons onsself nou bevind.

Meer as dit het ek niks te sê nie, dankie.

Stem ·

Die liberaliste wil he die hele wereld moet hervorm tot die globale elite se speelgrond.

Karel ·

Glad nie Christene se skuld. Gesonde verstand was nie gebruik nie en dis te dankie aan die ja-stemme. Pleks van net stemreg gee vir belastingbetalende mense en alles oopstel om gebruik te kan word deur almal het hulle ons land op n skinkbord gegee omdat hulle bang was vir sanksies. Kyk waar sit ons nou. Dink ons boere geslagte spin in hul grafte as hulle sien waar ons land waarvoor hulle bloed gevloei het nou is en in watter toestand.

Hennie ·

Pik Botha het baie gedoen waarvan die meeste onbewus was, hy het agter die skerms toue getrek. Lees gerus die boek “Volksverraad” van Adv. P.J. Pretorius voordat julle se Pik was “goed” vir Suid Afrika.

Berusnognie ·

Hy was darem een van die min bejaardes wat van natuurlike oorsake kon sterf.

Johan ·

Kan nie positief oor hom wees nie want hy was ‘n ANC lid en ondersteuner van die ANC.

Cherokee ·

Én hy het dit ontken. Gesê dat hy een keer ANC gestem het maar nooit lid was nie.

KarooKlong ·

Bring enige van julle die bewys dat Pik Botha ‘n lid van die anc was.

ek vra jou ·

LEES tog weer paragraaf 7 julle klomp vingerwysers. Johan en waar kry jy jou inligting? Ai…

Afrikaner ·

Die Afrikanerbond het ‘n opregte held verloor. Rus in vrede, broer.

Linda ·

Ek gaan nie vir Pik enigsins aftakel nie, vir my was hy altyd n pragtige man met n lekker humorsin gewees !!! Self in Leon Schuster se fliek was hy en Piet Byleveldt game vir n laggie !!! So sal ek hom graag wil onthou.

Henk ·

Self hou ek niks van die man nie, maar so is daar baie mense wat ook nie van my en jou hou nie. So, kom ons vergeet nie dat daar iewers n vrou kinders en kleinkinders is wat n man n pa en n oupa verloor het nie. En dit kan ek julle waarborg is vir die wat agter bly nie n aangename ervaring nie. Wie is ons om te oordeel?

jaco ·

Voeg maar al die nee-stemmers wat sedert 1994 glad nie meer stem nie, ook by as die benaming verraaier gebruik word.

Ampie ·

Uit nuuskierigheid…wie verraai die mense wat nie stem nie…en hoe werk jou minderheid stem for jou Jaco?

Cherokee ·

jaco, ek stem in geen munisipale verkiesing nie (omdat die VF nie verteenwoordig nie) en ek doen geen mis in enige algemene verkiesing nie (stemlokaal sowat 300 treë van waar ek woon) maar ek skryf nie om jou dìt te vertel nie maar ek skryf om jou te vertel dat jou antwoord aan Ampie word in grooot (soos in yslike) afwagting afgewag. Ons wag.

jaco ·

Gestel net 100 mense het stemreg. 60 stem ANC, 30 stem DA en 10 stem VF-Plus. Die ANC wen maar kry nie ‘n 2derde meerderheid nie.
Gestel die 10 VF-Plus stemmers bly weg. ANC kry steeds 60 stemme en die DA 30,maar nou is die 60 uit 90 gelyk aan ‘n tweederde meerderheid vir die ANC en kan hulle veel meer nonsens aanvang.
Gaan lees dr pieter Mulder se boek Kan Afrikaners toi toi. As akademikus en ervare politikus sit hy dit wat ek beskryf veel beter as ek uiteen.
Onthou ook, met net 4 parlementslede kry die VF-Plus bitter kort tyd om te praat. As net 500 000 mense vir hulle stem het hulle 12 parlementslede, langer spreekbeurte en veel meer insae in wat gebeur.

Wayne ·

Jaco, daardie is nou ‘n stelling wat jy sal moet motiveer. Ek wag.

Casper Labuschagne ·

Ek sou bitter graag wou weet watter geheime is saam met hom graf toe. Ek onthou nog toe ek in die middel van 1981 opgeroep is vir ‘n 3 maande kamp en terug na die operasie in Angola kyk ek na maande weer na die nuus op SAUK TV, en daar sê Pik in die VN, “Daar is geen Suid-Afrikaanse troepe in Angola nie.”

Andrea ·

Casper, dit sou voorwaar interessant gewees het om te kon weet. Party dinge sou baie skokkend wees, dink ek.

JAN ·

Die Groot Meester se erflating is wat ons het. Maar hy het darem gesorg vir hul mynbou baba se toekoms met ‘n Tower Fluit…
???

1+1 ·

Kom ons behou die morele hoegrond. Sorg dat jy nie geraamtes in die kas het nie!!!

JAN ·

1+1 ons het geeen grond meer nie – nie hoog of laag nie…. nog minder moraliteit.
Die Geskiedenis van die ABO gewapende roof het herhaal met ontwapende roof na die Moord op ons Christen leier in die parlement.

Anita ·

Humanisme en ruggraatloosheid is ons ondergang (gewees). Trouens dit is steeds.
Vir watter party stem ‘ons’ om ‘n meerderheid te kry? Of stem ons vir koalisies wat gewoonlik verskietende sterre is?
EK STEM NIE. En ek is beslis nie ‘n verraaier/uitverkoper omdat ek weet dit is onsinnig om te stem nie.
Kom ons hou maar by die ‘bekende’ verraaiers en probeer liewer nie die ander sommer bysleep nie.

Cherokee ·

Anita, is jy skaam om te verduidelik waarom jy nie stem nie? Mens kan tog nooit skaam wees vir eie siening nie maar eerder trots. Vertel ons, en dit sal tussen ons bly. Ons belowe om niemand anders daarvan te vertel nie.

Corne ·

Cherokee. Sy het verduidelik. Waarom stem vir meerderheid ? Of koalisie partye ? Jy moet lees en inneem.

Cherokee ·

Corne, as jy nie agtergekom het ek praat tong in die kies nie, neem jy nie in nie.

John ·

So, was Pik ook destyds een van die kandidate vir president toe De Klerk gekies is? Wie was die ander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.