Niemand nog vas maande ná joernalis se dood

Ngwako Modjadji (Foto: Facebook)

Die polisie het Vrydag gesê daar is sowat vier maande ná die dood van City Press– senior verslaggewer Ngwako Modjadji nog geen vordering in die ondersoek na sy dood gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig Modjadji het in Mei vanjaar in ʼn beweerde tref-en-trap buite e’Social Link chisa nyama in Soweto, Johannesburg, gesterf.

Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê hoewel daar kort ná die voorval ʼn nommerplaat op die toneel gevind is wat vermoedelik aan die motor behoort wat Modjadji die betrokke oggend van sy dood getref het, is niemand nog in hegtenis geneem vir die voorval nie.

Die ondersoek duur voort.

Kate Skinner, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), het gesê die organisasie het sowat twee weke gelede met die polisie vergader.

“Ons het nie spesifieke sake bespreek nie, maar wel gepraat oor die ondersteuning wat joernaliste nodig het en dat dit belangrik is dat die polisie aandag gee aan kwessies waarby joernaliste betrokke is,” sê Skinner.

Modjadji was eers by The Citizen betrokke voor hy by die Sowetan aangesluit het as politieke verslaggewer. Hy was ten tyde van sy afsterwe deel van die kernspan by City Press wat oor die politiek berig het.

Hy was 40 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandy ·

Nommerplaat is gevind en niemand is in hegtenis geneem nie. Dit verbaas my nie. My huishulp was gestamp, die persoon het weggery. Gelukkig, of so het ons gedink, het iemand die persoon se nommerplaat gekry. Tot op hede het die polisie nog nie vir ons ‘n saaknommer gegee nie, want ek het hulle laat uitkom, en ons het nie’ n woord verder gehoor nie. Sy was net omgestamp, dit is tragies dat die man dood is en geen haan kraai daarna nie. Dit is asof die polisie ‘n traak my nie agtige houding het oor die hele ding.

Muffin ·

Seker maar weer n vervalste nommerplaat. Kan nie insien hoe jy iemand kan doodry en weg ry nie.

Johanna Botha ·

Presies wat mens verwag van die anc met sy kaders an stuur !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.