Niemand nog vas ná aanval buite Brits

Argieffoto

Die polisie is steeds op soek na die ses verdagtes wat ʼn 55-jarige man Vrydagoggend op sy hoewe buite Brits in Noordwes aangeval het.

Die man is omstreeks 08:30 deur ses verdagtes op sy hoewe by Mamogalieskraal aangeval, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagtes het na die aanval met die man se Toyota Hilux-bakkie op die vlug geslaan en die verdagtes en bakkie is steeds soek.

Volgens Myburgh is die man tydens die aanval met ʼn baksteen oor die kop geslaan en het hy ʼn groot wond aan die agterkant van sy kop opgedoen. Hy is daarna vasgebind waarna sy huis geplunder is. Minstens een van die verdagtes was gewapen.

Die verdagtes het met ʼn kluis, waarin minstens een vuurwapen was, juweliersware en ʼn selfoon in die bakkie gevlug.

Volgens Myburgh het familielede eers later die dag op die man afgekom en hulp ontbied. ʼn Ambulans is na die toneel ontbied sodat die man behandeling kon ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JC ·

Ja en intussen probeer die regering die mense op plase te ontwapen. Swart en wit boere. Selfs die mense in die stede en dorpe wil hulle ontwapen. Die keer dat jy ‘n aanvaller skiet is jy skuldig en word daar ‘n saak teen jou gemaak en dit vat jare om jou onskuld te bewys.

Philip ·

Wonder of dit nie weer “inside job” is nie. Dis helder oordag gedoen.Prys die Here die man is nie dood nie.

willem Botha ·

Ek wil net my dank uitspreek aan maroela media se puik eersteklas joernaliste wat nooit huiwer om die feite deur te gee sonder vrees of om so polities korrek te wees,julle is n eerste klas span en die hele suid afrika is trots op julle

vra net ·

wys net… vat ses lafaards om een ou man van 55 plat te trek.want weet as een alleen gekom het sou hy goed op sy blik….. gekry het.is bly di oom sterk aan.

willem Bothal ·

Ek onthou gedurende die apartheid jare het die media die feite altyd deurgegee soos dit was en ek glo hulle was grootliks verantwoordelik vir die val van apartheid, nou dink ek die media kan hierdie aanvalle ook stop as hulle die feite deurgee soos dit is en die aandag vestig op die feit dat die aanvalle deur swart op wit is.

Eben P ·

Opvallend is dat CR dit aanvalle ten sterkte ontken … was dit n swart boer het een of ander kamstige polisie hoë geeis dat die gemors binne 72 uur gevange geneem word Sterkte aan die betrokke man en glo en hoop op spoedige herstel

Alida ·

Hulle gaan nie gevang word nie want hulle word nie gesoek nie.

schaun ·

Die meeste polisie persone kan nie eers sy toebroodjies vind in sy voertuig nie wat nog skelms vind.

Tienie Olckers ·

N vuurwapen in die kluis help niks die eerste ding wat die terroriste wil he is die kluis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.