Niemand nog vas ná aanval op Pta-kleinhoewe

Keanu Bardenhorst. Foto: Verskaf

Keanu Bardenhorst. 

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Keanu Badenhorst (17), wat verlede week in hul huis op ʼn kleinhoewe oos van Pretoria doodgeskiet is toe hy sy ma en suster teen vyf aanvallers wou beskerm nie.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hoewel niemand al vasgetrek is nie, gaan die ondersoek nog onverpoos voort.

Maroela Media het vroeër berig Keanu (17) het Donderdag net ná middernag tuis gekom ná sy skof by The Grub Father-restaurant waar hy as kelner gewerk het. Sy ma, Lelanie Storm (41), en suster, Leandrie (11), was saam met hom in die huis in die Welbekend-omgewing toe hulle deur vyf gewapende mans oorval en beroof is. Lees meer hier.

Keanu se gedenkdiens word Donderdag om 11:00 by die kapel by Leribisi Lodge, oos van Pretoria, gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco Zaayman ·

Van wanneer af is barbaarse moord bloot ‘n aanval? Is jul ook deel van die polities korrek bo menselewens brigade?

willie ·

Hoeveel beloning gaan polisie aanbied v inligting in hierdie geval?????

Lulu ·

Wil ek ook weet. Daar is ‘n R50 000 beloning vir ‘n taxi bestuurder se dood maar GEEN SENT vir die kind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.