Niemand nog vas ná brand NW-gebou verwoes

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @thabiso41 op Twitter.

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @thabiso41 op Twitter.

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn munisipale gebou in Ventersdorp, Noordwes, Vrydag aan die brand gesteek is nie.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die departement van verkeer se gebou is Vrydag deur ʼn brand verwoes tydens betogings rakende die samesmelting van die Ventersdorp- en Tlokwe- (Potchefstroom-) munisipaliteite.

Inwoners van die twee dorpe wat gekant is teen dié samesmelting, het gesê daar is nie met hulle “gepraat” alvorens die besluit geneem is nie. Tlokwe-inwoners meen die samesmelting sal lei tot ʼn onderbreking in dienslewering.

Die inwoners het Vrydag in albei dorpe oor die samesmelting betoog. Ten spyte daarvan dat die gebou gedurende die betogings aan die brand gesteek is, het Mokgwabone volgehou die brand hou nie met die betoging verband nie.

Forensiese ondersoekspanne sal die gebou fynkam vir leidrade oor wat die brand veroorsaak het, het hy gesê. Die brand het glo aan die agterkant van die gebou ontstaan en stapels dokumente is verwoes. Die gebou is afgesper en veiligheidswagte is om die toneel geplaas om te verseker dat die toneel nie deur omstanders besoedel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

A mY ·

Hulle sal nie gevang word nie . Hulle het “verdwyn” tussen die massas. Sad but true!

AmY ·

Hulle sal nie gevang word nie. Hulle het ” verdwyn ” tussen die massas. Sad but true.

Bruno Stef ·

As dit maar net die verkeersafdelings was sou n mens dit kon verwerk.Dit is die Stadsaal wat al jare vir vergaderings/troues en as stemlokaal onder andere gebruik is maar dan ook deur die verkeersafdeling se leerlinglisensies en lisensie betalings kantoor gedien het.Ventersdorp se gemeenskap is al redelik siek vir die onbeholpenheid van die ANC raadslede en die gepolitiseerde ongekwalifiseerde kaders wat as munisipale amptenare werksaam is en ons belastinggelde as hulle persoonlike OTM beskou

Grassie ·

Ventersdorp was die AWB se tuisdorp en vesting. Nou wonder ek – toe betogers die dorp binneval en die munisipale kantore afbrand, waar was hulle? Het hulle dit maar gelate aanvaar of het hulle sedert Eugene se dood van die toneel verdwyn?

Bruno Stef ·

Grassie die meerderheid mense wat in Ventersdorp bly is nie noodwendig AWB nie.Ek is bly jy se was want dit is presies wat dit is die AWB is so te se nie meer aktief nie.Daar is n groot getal mense wat van elders af hier afgetree het.Die probleem hier is faksie gevegte in die Raad want almal wil n stoel he om tenminste n BMW of MERCEDES te ry met swart getinte vensters.Die Polisie hoef nie verder te soek as Munisipale personeel nie omdat daar al voorheen gedurende n STRIKE die vuil water deur n oop venster vanuit n riool trok in n blanke werknemer se kantoor ingepomp was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.