Niemand nog vas ná drie se raaiselmoord

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die raaiseldood van drie mans wat op teregstellingswyse in Welkom in die Vrystaat doodgeskiet is nie.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê beamptes van die Welkom-blitspatrollie is Vrydag in kennis gestel van drie liggame wat langs die R30 (Welkom-Odendaalsrus-pad) lê.

“Die polisie het omstreeks 13:20 op die liggame van drie volwasse mans afgekom. Hulle het met hul gesigte na onder gelê, met hul hande agter hul rûe met sokkies vasgebind. Al drie liggame is sonder skoene, asook met skietwonde in hul koppe aangetref,” sê Thakeng.

Getuies het aan die polisie gesê hulle het Donderdag omstreeks 18:00 verskeie skote in die gebied gehoor. Volgens Thakeng dui die polisie se voorlopige ondersoek daarop dat een van die oorledenes ʼn Suid-Afrikaner is, terwyl die ander twee van Zimbabwe afkomstig is.

“Die motief vir hierdie sinnelose moorde is nie tans bekend nie. Drie sake van moord word ondersoek en inwoners word gevra om na vore te kom met inligting wat ons kan help om die moordenaars vas te trek,” het Thakeng gesê.

Meld gerus enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help aan by AO Elliot Khutsoane, 083 940 1743.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Welkomiet ·

Die area waar die lyke gevind is, is presies waar die zama-zama’s myn, helder oordag reg langs die pad. So ek glo die moorde is goudverwant.

Stripes ·

Klink vir my na ‘n waarskuwing van ‘n rival groep onwettige myners.

Sê net ·

Was ook die eerste gedagte wat by my opgekom het. Baie soos die dwelm base maak met kompetisie.

SjN ·

Zama zamas sorteer dit sommer self uit met die onwettige immigrante aangesien die gereg nie in staat is nie,

Welkomkommer ·

Dit is n groot probleem in Welkom, helder oor dag, 1km van polisie stasie myn hulle 24 uur. Die ou skagte wemel onder die onwettiges, hulle hou die inwoners van Welkom gyselaar en regeer die gereg en owerhede. In aande klink dit soos oorlog en word net gese, moenie kommer dis net die zamas wat skiet. Welkom is n pot van onheil.

Bosvark ·

Ek kan nie verstaan hoekom maroela dit opsit nie. Raporteer ander koerante as boere dood gemaak word.

Db ·

Sinnelose moorde word daar gesê. Siestog wat van ons wat uitgemoor word en dan word alles net onder die mat ingevee. Hoe nog mens sulke moorde?

Db ·

Jammer die laaste sin moet wees “hoe noem mens sulke moorde”. Moet mooi kyk want die woorde word verander en weet ek nie hoekom nie.

GM ·

Db, jou foon se prediction/autocorrect setting is aan. Dis dan wanneer jou foon ‘woorde in jou mond plaas’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.