Niemand nog vas ná egpaar by plaashek geskiet word

Argieffoto: Reint Dykema

Lees die opvolgberig hier.

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar van Mpumalanga Vrydagaand by die hek van hul plaas, tussen Middelburg en Witbank, geskiet is nie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie volg alle moontlike leidrade op, maar kon nog nie daarin slaag om die drie aanvallers vas te trek nie. “Ek verneem die vrou is Saterdag uit die hospitaal ontslaan. Sy en haar ongebore baba is oukei,” sê Hlathi.

Die vrou, wat glo ver swanger is, en haar man is Vrydagaand by hul plaashek deur drie aanvallers oorval. Die boosdoeners was gewapen en toe die man uitklim om die hek oop te maak, het die aanvallers op hom losgebrand. Hlathi sê die man is in sy onderlyf gewond.

Die vrou het agter die stuurwiel ingespring en is in dié proses in haar rug en hand geskiet. Sy het weggejaag met hul drie kinders in die motor.

Die vrou is langs die pad te hulp gesnel en na ʼn plaaslike hospitaal gebring. Hlathi sê dit is nie tans duidelik hoe die man by die hospitaal uitgekom het nie, maar hy is ook in die hospitaal opgeneem.

Die aanvallers het met leë hande gevlug.

ʼn Saak van poging tot moord en poging tot voertuigkaping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Werner ·

Ek dog dan die Ja stemmers het ons gered van n oorlog wat is dit dan die

Jdv ·

Hi,
Haar baba is gebore tussen Vrydag aand en Sondag oggend. Alles het goed verloop.

Karien ·

Jdv, weet jy of daai skietwond in haar rug haar verlam het of is sy darem nog reg en sal kan loop,… so het sy bestuur, maar mens weet nooit of beweging of die plek waar die koeël is as hulle dit verwyder skade maak nie.
Dit moes vreeslik gewees het om jou man te los, maar ja, mens moet ook aan jou kinders dink. Aarde, dink dit was die moeilikste ding vir haar wat sy nog moes doen.

Jdv ·

Hi Karien,
Sy is nie verlam nie, maar sal ‘n operasie moet ondergaan om die koeël uit te haal.

Cherokee ·

Ek is bly sy is okay. Karien, sy het geniaal gehandel. Haar wegjaag het almal se lewens, haar ma s’n inkluis, gered.

@Roger ·

Presies net so. Terreurorganisasie wat onder die dekmantel van politieke partye funksioneer.

Pastoor ·

Enige verdere nuus. Dapper vrou. Wys jou die vyand is boos. DiecEngele gaan hulle uitdelg

Nakkie ·

Sal ook niemand vang nie My man is in 2013 9 keer geskiet en tit vandag nie n word van die polisie gehoor nie As ek probeer uitvind is daar nooit n antwoord nie want volgens hulle is die saak nommer verkeerd en hulle sal my terug laat weet wat NOOIT gebeur nie

Willem Grobler ·

Hierdie is terrorisme wat onder ‘n dekmantel genaamd “misdaad” verdoesel word.

Brutus ·

Anargie, elke dag word mense aangeval ,geroof en gemoor maar nie alles kom in die nuus nie dit is erger as wat ons almal dink.

PJC ·

Hierdie is duidelik ń goed beplande aanval. Die kwaaddoeners weet mense is nou al meer op hul hoede wanneer hulle by hul huise aankom nou wag hulle by die hekke vir hul slagoffers. Dit is mos net logies dat ń mens moet stop by ń hek wat toe is en dat iemand dan moet uitklim om die hek oop te maak en gevolglik is almal in die motor dan maklike slagoffers. Mense sal in die toekoms op een of ander manier hiermee ook ń plan moet maak. Ek dink nog steeds ń mens moet gewapen wees en in sulke situasies moet jou wapen in jou hand wees reg vir aksie. Dit klink soos die wilde weste maar ongelukkig is dit die nuwe SA.

henk ·

Wat in die land aangaan is niks te doen met rasisme of politiek nie. Dis maar net voortgesette terrorisme soos in Rhodesia en suidwes Afrika was. Al wat gebeur het F W de Klerk het die terrorisme vryheid gegee om hul terroris oorlog teen SA burgers voort te sit met meer veiligheid vir die arme terroriste en hulle kan nou meer buit in al hul aanvalle en die terroris leiers in die regering het ook meer vryheid om hul oorlog finaal te wen teen SA burgers

Chrisn ·

Die ja stemmers, de Klerk, Meyer, Wessels en Viljoen se dag kom.

Chris Ws ·

Dis verseker.Jingo’s,almal van hulle,nes oom Niklaas in visioene deur ons Vader gewys was.Die wiel draai. . . . . . .

Johan ·

Hoekom hoor ek nie woord van die DA nie. Nee dankie DA my stem het jul verloor .
VF

Pierre ·

Hierdie is 100% n plaasaanval, gin motorkaping of wat wat nie…

Christo ·

In die aanval by SAPD Emalahleni (Witbank) aangemeld is sal dit nog net ‘n dooie ‘docket’ word. In die Witbank Nuus sal die kommunikasie beampte Kaptein Eddie Hall mense waarsku om meer versigtig te wees . En dis die kort en lank daarvan.

mini ·

ek kom nou die dag op boek af van Ettie Bierman, Wolwenes, speel af in tagtigjare op plaas, en dit presies wat vandag gebeur

Swart op Wit ·

Hoekom sal hulle hulle vastrek? Die polisie is meestal kop in een mus met die oortreders en geen ordentlike ondersoeke word meer gedoen nie, en as die ouens uiteindelik gevang word is daar ‘geen bewyse’ teen hulle nie, of ‘ontsnap’ hulle .. die regering en polisie draai my nie meer ‘n rat voor die oë nie, ons weet presies hoe hulle te werk gaan .. Met wit op swart geweld word die witte onmiddellik in hegtenis geneem, swart op wit … geen arrestasies.

J J Schoeman ·

Een van my vriende het ‘n plaas besit naby Swartruggens. Omdat hy die inheemse taal ten volle magtig is, het hy sy werkers gevra wie ry op sy grond rond as hy nie daar is nie. Hulle kon net bevestig dis onbekende mense. Hy’t hulle ‘n belonging aangebied vir die registrasienommer van die voertuig. Groot was sy verbasing dat dit ‘n SAPS voertuig was wat in JHB gerigstreer is by een van hul stasies!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.