Daar is nog geen nuwe verwikkelinge in die moordsaak van ʼn man in sy 40’s wat Dinsdagaand in ʼn besige restaurant in die ooste van Pretoria voor ander klante doodgeskiet is nie.
Maroela Media het Woensdag berig twee mans was omstreeks 19:30 by Coco Bistro, in die Castle Walk-sentrum in Erasmuskloof, toe ʼn onbekende gewapende man en ʼn vermeende medepligtige by die restaurant ingekom en na hul tafel gestap het. Die gewapende man het op een van die mans losgebrand en hom noodlottig gewond. Die slagoffer is op die toneel dood. Daar is na bewering drie skote gevuur.
Die verdagtes het van die toneel gevlug en is steeds soek.
“Die naam van die slagoffer kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien dit die ondersoek kan belemmer. Ons kan wel bevestig dat die slagoffer en sy vriend wat saam aan tafel was, albei Nigeriërs is,” het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, Donderdag aan Maroela Media gesê.
Die motief vir die moord word ook nog ondersoek.
Ja-nee…. Die drug lords van Pretoria weer doenig soos altyd. Wens hulle wil hulle twak uitsorteer weg van “normale” hardwerkende mense af. Nou word mens blootgestel aan hulle gemors in publieke areas…
“Ons kan wel bevestig dat die slagoffer en sy vriend wat saam aan tafel was, albei Nigeriërs is”
Weereens vrae ek, waar is die kring televisie in die komplekse of winkels. Ekskuus dit is net dumies om Jan Alleman af te skrik om nie droog te maak nie.