Niemand nog vas ná tiener se wurgdood

Argieffoto

Die polisie in die Noord-Kaap is nog op soek na verdagtes in verband met die moord op ʼn 16-jarige seun.

ʼn Verbyganger het omstreeks 09:30 Donderdagoggend agter die Pampierstad-begraafplaas op die tiener se lyk afgekom. Die fietsketting waarmee hy vermoedelik verwurg is, was nog om sy nek.

Kapt. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moord in die informele nedersetting by Hartswater kon nog nie vasgestel word nie. Geen verdagtes is ook nog tot dusver uitgeken nie.

Kock vra enigeen met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, moet sers. Lebogang Tobolo by 073 763 2015 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.