Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van Elchenette Rademeyer (26), wie se liggaam drie weke gelede in ‘n rivier buite Pretoria gevind is, nie.
Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die Erasmia-polisie se moordondersoek duur onverpoosd voort.
Rademeyer se liggaam is uitgeken nadat Maroela Media verlede Woensdag inligting van die polisie gepubliseer het waarin hulle hulp versoek het om haar te identifiseer.
Moloto het vroeër gesê aanvanklike pogings om die slagoffer te dientifiseer was tevergeefs nadat haar liggaam op 13 September op die oewer van ʼn rivier in die omgewing van die Hennops Pride-woonwapark, langs die R511-pad, noordwes van Centurion, gevind is.
ʼn Ooggetuie het die polisie ontbied en gesê sy het tussen 09:00 en 10:00 twee mans en ʼn vrou gesien waar hulle die liggaam van ʼn wit vrou in die rivier gooi. Volgens die ooggetuie het die drie verdagtes in ʼn blou Audi A3 gery. Die registrasienommer van die motor is nie bekend nie.
Moloto het gesê ʼn nadoodse ondersoek is gedoen en die polisie wag nog vir die uitslae om te bepaal hoe sy dood is. “Sy het sigbare merke aan haar liggaam gehad, maar die oorsaak van haar dood kan nie bevestig word voordat die uitslae van die nadoodse ondersoek bekend is nie,” het Moloto gesê.
Die Erasmia-polisie het ʼn beroep gedoen op mense wat hulle kan bystaan in hul ondersoek om die ondersoekbeampte, konst. Moima, by 083 317 7150 of die Erasmia-polisie by 012 370 1777 te bel.
Nou die ooggetuie wat dit gesien het wat se dit is 2mans en n vrou is hul wit of swart??want daar word net gese n wit vrou is op die oewer van die rivier gegooi.hoekom kan julle maroela media nie spesifiseer en se of hul ook wit of swart is nie??
Dagsê V
Dit is wel in die oorspronklike berig gemeld. Lees gerus hier: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/jong-vrou-se-lyk-in-rivier-buite-pta-gestort-polisie-vra-hulp/
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media
En voel jy nou beter V, nou dat jy sien sy is nie deur swart mense vermoor nie?
Wat n pragtige mensie laat my so baie dink aan my eie 3 kleindogters.Hoekom het die lewe vir die kind so skeefgeloop ek doen n beroep op ouers pas julle kinders op en wees bewus van hulle bewegings ten alle tye.Jongmense het julle raad en bystand baie meer as dikwels nodig veral soos in die geval n meisiekind.
Ek hoop die booswigte word gou aangekeer. Hopelik help die berig. Die meisie was sekerlik iemand wat uitegstaan het in ‘n “crowd”, hopelik kan iemand onthou dat hul haar iewers gesien het.