Niemand nog vas vir Michelle Koekemoer-moord

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Michelle Koekemoer, die negejarige meisie wat verlede week dood aangetref is in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark, word Vrydag begrawe.

Ao. Simon Mafokazana, woordvoerder van die polisie, het intussen aan Maroela Media bevestig die saak teen Michelle se ma, Soniya (34), is van die rol geskrap, maar kan later weer ingestel word. Koekemoer is Vrydagmiddag in hegtenis geneem kort nadat sy die polisie laat weet het haar kind is dood. Dwelms is glo in die woonstel in Helena Lochnerstraat gevind.

Mafokazana het ook bevestig niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Michelle nie en die ondersoek duur voort. Maroela Media het vroeër berig Soniya beweer sy het Vrydagoggend wakker geskrik met ʼn tou om haar nek. Sy het toe glo dadelik na Michelle se kamer gehardloop, waar sy haar dood op haar bed aangetref het. Sy het ook ʼn tou om haar nek gehad en is vermoedelik verwurg.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Soniya het beweer sy het Michelle die laaste keer lewend gesien toe sy Donderdagaand vir haar ʼn storie gelees en haar in die bed gesit het. Mafokazana het vroeër gesê daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die woonstel nie en niks word uit die woonstel vermis nie.

Inwoners van Vanderbijlpark het die Vrydagaand na Michelle se dood hul laaste eer betoon met brandende kerse en blomme voor die woonstelblok waar sy gebly het. Blomme en sagte speelgoed is ook voor die deur van die woonstel, waar sy gebly het, gelaat.

Michelle, ʼn gr. 3-leerling aan die Laerskool Eligwa, word Vrydag vanuit die NG Kerk Vanderbijlpark-Suid begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jacobus ·

Wens net dan sulke sake ook aandag kry soos oscar sin….

Irene ·

Gatvol vir oscar luister oflees niks van hom nie
Hierdie arme kind wat moes boet
Seker a aanhanger van haar wat sy geld skuld {dwelms}

johann cb ·

Dit is só hartseer dat hierdie klein mensie skynbaar onskuldig moes sterf! Ek hoop die skuldige word spoedig vasgetrek! Sterkte aan haar familie en maatjies.

Gesiggie ·

Ag sjaim ai moeder tog, kyk net na die ou gesiggie… mense dit is om van te skreeu… ai tog .. hoekom moet kinders altyd lei agv ouers se nalatigheid… hoekom nou dwelms ook betrokke…die arm meisie het nie gevra om daar te wees…. ek hoor nou via Facebook, die Pa van Baba wat dood is, is gevang??? …. daar is te veel hartseer in die lewe…RIP Klein Michelle

Wonder maar ney ·

Hoe word n kind so wreed vermoor, en die ma weet van niks. Hoekom klink dit so onwerklik, of hier baie meer agter die onskuldige kindjie se dood verskuil le. Mag ek verkeerd wees, maar niks maak sin nie. RIP kinta jy het nie verdien om so wreed weg geruk te word nie. Aan die ma, ek hoop jy is regtig onskuldig .

Cherokee ·

Het ook gewonder… sonder kritiek, net gewonder oor die gedagtegang van die simpatiseerders. Eintlik ‘n mooi gebaar… vreemd maar mooi. Hartseer mooi.

charlene ·

Best die speel goed is vir die kind….. dis `n menslike manier om eer te betton vir `n klein onskuldige liefie kind wat wreed weggeneem is sonder rede…. of dis hoe ek dit sien.
Drugs is `n vieslike ding, ek glo die ma het niks gedoen aan haar kind nie, ek hoop en bid sy het nie. Maar dalk het sy iemand geld geskuld en die mense sal inkom sonder om `n merkie te los, en `n boodskap los vir die ma wat hulle geld skuld… Die wereld van drugs is geweentenloos.
Rus sag liefie kind, jy is sy by Jesus daar is geen pyn en geen hartseer. Daar is maikies.
`n kind se dood is die mees onnodigste dood ooit. Kinders verdien nie die pyn nie.

ouma ·

Genade rus in vrede engeltjie en ja die sapd gaan seker wag dat die skuldige haarself kom inboek soos in die Henri van Breda geval

Oni ·

Die openlike media het werklik die lelik in die mens voortgebring. Dit voel of mense dink dat hul moet iets se, omdat se,se is.

Elbri ·

Die “speelgoed” is ‘n teken van iemand wat ‘n hart het vir ‘n onskuldige kindjie se onnodige, voortydige afsterwe. Ek sou nogal gewonder het as iemand ‘n klip daar sou laat….!!
Rus in vrede, klein mensie.

So so hartseer ·

Wens net daar word soveel aandag ook aan jou ondersoek gegee. Mag hul die skuldige kry en daardie persoon boet. Rus in vrede meisietjie – dalk is jy beter af, as ek nou eers die dwelms ook raaklees. Dalk word jy baie ander pyne en smart gespaar.

Lance ·

Met die uiters patetiese vermoee van die polisie verbaas dit my nie in die minste nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.